Herlaai Tips
- tokelossie
- Newbie

- Posts: 40
- Joined: Thu Mar 22, 2012 4:53 pm
Re: Herlaai Tips
Hello Wouter en Ludwig
Ja baie dankie vir die artikel oor 300 win mag en dit help my alreeds n helse hou.
Al wat ek nogsteeds by julle sal wil weet of die 150gr GMX my sal help om die TPL te verkort, waarmee ek met die probleem sit dat my magasyn kas my lengte mos baie beperk en veroorsaak dat die jump ver is? Soos ek reeds vir jou gese het veroorsaak die Accubond dat ek sit met n lang patroon wat nie in my magasyn pas as ek die jump kleiner maak nie.
So van jump gepraat, hoe ver kan die jump wees voor dit gevaarlik begin raak en jou tande kan begin verloor?
Thanks julle ouens
Kosie

Don't look back, that's not the way to go!!!!
Ruger 300 Win Mag, Tikka 243, Bruno 22 Hornet, Mossberg 12 boor, BSA .22

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Herlaai Tips
Die sprong van die koe?l lyk my is 'n algemene probleem vir baie herlaaiers. My raad is laat die patroon in jou magasyn pas en laai dan tot jy die spoed en akkuraatheid kry wat jy na mik. Moenie jou ore uitleen aan hulle wat praat van amper teen die lande ens nie. Daardie reels geld vir bankskiet gewere. Jou jaggeweer moet 'n patroon vrylik kan kamer en jy wil nie sukkel met iets wat nie in die kamer wil pas nie.tokelossie wrote: Hello Wouter en Ludwig
So van jump gepraat, hoe ver kan die jump wees voor dit gevaarlik begin raak en jou tande kan begin verloor?
Thanks julle ouens
Kosie
As jy kan, begin so 1 na 2mm vanaf die lande of met 'n patroon wat in die magasyn pas. As jy nou redelike akkuraatheid gekry het dan kan jy die TPL op of afwaarts begin verstel en sien of dit sake verbeter. Baie mense berig van uitsonderlike akkuraatheid selfs met spronge van 8mm of meer.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- tokelossie
- Newbie

- Posts: 40
- Joined: Thu Mar 22, 2012 4:53 pm
Re: Herlaai Tips
tripodmvr
Baie dankie vir daai inligting. Myne is nou 5 mm en groepeer nie te sleg nie so sal maar nog speel
Baie dankie vir daai inligting. Myne is nou 5 mm en groepeer nie te sleg nie so sal maar nog speel
Don't look back, that's not the way to go!!!!
Ruger 300 Win Mag, Tikka 243, Bruno 22 Hornet, Mossberg 12 boor, BSA .22
Ruger 300 Win Mag, Tikka 243, Bruno 22 Hornet, Mossberg 12 boor, BSA .22
- Geno
- Administrator

- Posts: 13643
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Herlaai Tips
Iemand het my die volgende tip gegee, ek dink amper dit was Wouter.
As jy sukkel om akkuraatheid naby die lands te kry, kom 7mm terug.
Ek het dit probeer, en dit werk!

Goed, beter, 6millimeter!
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8001
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Herlaai Tips
Dan val die koeels in die doppe ... 
- Geno
- Administrator

- Posts: 13643
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Herlaai Tips
Nee wat, nie as jy lang genoeg koele gooi nie. Jy weet mos self met daai 6.5mm van jou hoe lank 'n koe?l kan wees 
Ek kom met my .25-06 en 75gr V-max nie naby die lands nie oor die loop al redelik weggebrand is, die koele wil dan nie lekker grip op die nek nie, toe soek ek maar 'n sweetspot dieper in die dop in, en dit werk goed.
Ek kom met my .25-06 en 75gr V-max nie naby die lands nie oor die loop al redelik weggebrand is, die koele wil dan nie lekker grip op die nek nie, toe soek ek maar 'n sweetspot dieper in die dop in, en dit werk goed.
Goed, beter, 6millimeter!
- Jan Thuynsma
- Jr. Member

- Posts: 75
- Joined: Mon Jan 09, 2012 4:54 pm
Re: Herlaai Tips
Ek soek en ek soek mar ek kry nie 'n antwoord nie.
Ek wil weet is dit nodig om te krimp op 'n 6.5x55 140sierra boat tails en wat gebruik mens en hoe doen jy dit ?
My partone ry somtyds los bakkie en ek is bang dat dit dalk te maklik sal indruk in die dop in.
Verder wil ek ook weet is dit normaal om verskillende TPL's te h? op verskillende punte?

Jan
6.5x55 SM
.22 Hornet
.22lr
6.5x55 SM
.22 Hornet
.22lr
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7557
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Herlaai Tips
Hallo Jan
Krimp van koeels kom gewoonlik in met kalibers wat aan die rowwe kant is in die recoil departement. Dit is om te verhoed dat koeels nie teruggeruk word in die dop in die magesynkas onder recoil nie.
Met jou 6.5x55 behoort dit geensins n probleem te wees nie solank daar darem so 1mm speling in die magesynkas is. Selfs onder dit behoort dit ook nie n probleem te wees nie. Wanneer n mens laai strewe n mens ook in die omgewing van 103% dopfulling sodat dit ook help sodat die koeels nie maklik terugdruk nie.
Die meeste helaaiers hou nie van krimp nie want dit kan baie keer tot n kan wurms lei met akkuraadheid. Faktore soos nekwanddukte van die dop, lengte van die dop ens speel n groot rol in die druk wat op die koeel toegepas word deur die dop met die krimpproses en die weer kan op sy beurt lei tot verskillende drukvakke(shotstart-pressure). Die meeste koeels in die kleiner kalibers beskik ook nie oor n cannecture om in te krimp nie. Die gebruik van n factory crimp soos die een van Lee is dan al uitweg. Daar is twee maniere naamlik roll crimp wat deur die meeste seater dies gedoen kan word en die een van Lee soos reeds genoem.
Doe roll crimp word horisontaal oor die koeel gemaak en die facktory crimp word vertikaal saam met die koeel gemaak as jy die patroon regop hou. Die proses om die rol crimp te doen is as volg. Seat die koeel in die dop op die verlangde lengte sodat die dop gelykstaande is aan bo kant van die krimp groef(crimping cannecture). Nie aan die begin van die groef nie maar aan die einde sodat daar omtrent 0,1mm se spasie oor is voor die ent van die groef. Draai nou die boonste gedeelte van die seating die heeltemal uit. Hierdie gedeelte bevat die skoen wat die koeel indruk in die dop. Sit die patroon in die voetstukskoen en lig die pres tot op sy hoogste. Draai die die set af totdat jy voel hy maak kontak. Laat sak die arm van die pres en gee die die set n halwe draai dieper. Lock die die set en lig die press tot bo. Jy sal ligte weerstand voel aan die bokant van jou stroke. Doen dit stadig en laat sak en siedaar jou koeel is gekrimp deur die dop. Hy moet duidelik n ronding maak in die krimpgroef in. Moet nie sommer meer as n halwe draai gaan nie want dan is die kans dat jou dop op die nek en skouer soos n konsertina gaan lyk. Dit gebeur sommer maklik!
Seat ook eers al jou koeels voordat jy krimp. Dit moet n enkele proses uitmaak sodat al die koeels dieselde druk ontvang. Soos reeds gese MOET alle doppe tot op die selfde lengte gesny word en die doppe moet nie gebur word aan die buite kante nie. Baie min ook aan die binnekant. As daar burs wel aan die buitekant van die dop is agv die terugsn van die doppe moet dit net afgehaal word totdat dit haaks is maar die dop moet nie ingesny word aan die buitekant nie en so min as moontlik ook aan die binnekant. Hy moet aan die binnekant net n klein gedeelte gegee word maar noe so baie soos wat n mens gewoonlik doen nie. Kyk ook maar dat die doppe se nekwande nie veel verskil in dukte nie en indien outside neck tune om net die high spots weg te vat. Hierdie moet veral mooi nagegaan word wanneer jy nog steeds goeie akkuraadheid wil he uit die kombinasie. Hierdie metode kan ook net gedoen word met koeels wat n krimpgroef het.
Die Lee Factory crimp is n die op sy eie. Seat jou koel na die verlangde TPL ongeag of die koeel n krimpgroef het of nie. Doppe hoef ook nie ewelank te wees nie, net solank hulle in jou kamer gemaklik pas. Lig die press tot bo soder n patroon. Skroed die Lee die todat hy kontak maak met die skoen. Laat sak die press en gee die Lee die nog n halwe draai dieper in. Lock die die set in plek. Sit jou patroon in en lig die press tot bo. Dit kan n bietjie krag vat maar darem nie die tipe wat jou vinger sal afbreek in jou anale holte nie! Laat sak hom en siedaar weereens. Jou dop is i die lengte van die nek gekrimp om jou koeel. Presies dieselfde krimp as wat die meeste fabrieks amunusie mee uit kom. Weet Speer waarsku teen sekere van hulle koeels wat nie so gekrimp moet word nie.
Kom ons praat gou oor jou senario Jan. Koeels word nie sommer deur die skud van n bakkie se dashboard sommer teruggedruk in die dop nie. Neck tension moet baie min wees vir dit om te keur. Meet maar die TPL aan die einde van die dag net om seker te maak. Deur MTM groen kassies te gebruik(ongelukkig die duur een met die ronde gaaitjies) en die koeel onderste bo daaraan te sit sal dit nog meer verhinder. Of sit hulle regop met n sponsie wat algemeen beskikbaar is bo-op sadat die kinders nie kan beweeg nie. Jy kan dit met jou regte kinders ook doen op lang ritte.
Om op te som ek beveel nie krimp aan op kalibers sommer onder 338 Win Mag nie. Ek krimp nie eers my 375 Ackley Improved nie. Em maak gebruik van hoe dopfulling om terugset te bekamp en so ook op die 338 Win Mag. Wanner jy nie dit kan vermag nie kan n krimp voordelig wees. Krimp is in my oe net vir hierdie klas kalibers en op waar dit n moet raak. krimp kan ook gebruik word waar baie hoe dopfulling bestaan sodat die koeel nie weer uitdruk nie. My 458 Lott is juis so n geval. Vir die kleiner kalibers bly maar eerder weg want dit is totaal onnodig. Ek weet nie van n enkele kompitisie skut wat daarvan gebruik maak nie.
Groetnis en lekker laai manne!
Wouter

RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- Jan Thuynsma
- Jr. Member

- Posts: 75
- Joined: Mon Jan 09, 2012 4:54 pm
Re: Herlaai Tips
Dankie Wouter
Nou sal ek vrede he
Wat die 103% vulling aan betref die ladings wat ek op die 6.5 gebruik is baie laag en ek kry nie naasteby 'n vol dop nie. Ek weet nou nie of ek 'n hoer lading moet probeer nie. Ek jaag nie spoed nie die geweer moet net akuraat skiet. Ek is ook nie 'n groot baan skut nie inteendeel glad nie. Net om seker te maak diengeweer is nog reg.
Ek gebruik maar standaard ladings.
Ek gooi sommer gewoonlik paar patrone in die geweersak se sy sakkies en as ek op die plaas kom gaan hulle broek sak toe. Ek was maar net bekommerd dat as die goed nie gekrimp is dit tot skade kan lei. Het seker maar my oe te veel uitgeleen aan 'n artikel van Lee of een of ander amerikaner wat reken vir die veld moet jy krimp maar nie nodig vir baan skiet nie.
Weereens dankie altyd leker om te hoor van mense wat weet en nie op hoorse 'n opienie het nie.
Lekker aand

- foxripper
- Sr. Member

- Posts: 440
- Joined: Tue Jan 26, 2010 4:59 pm
Re: Herlaai Tips
Wouter,
Dankie vir die topic en jy het gese ons mag maar dom vrae vra
Ek het so vroee kers geskenk gekry wat by Nampo gekoop is, sal dit eers volgende week kry.
Dis n Leyman skaal, DPS 1200..die outjie lyk sommer spoggerig.
Wil net weet is die manne se ondervinding? Probleme? User friendly etc etc??
Sal nog oplees oor sy specs maar klink my die ding kan koek bak ook
Groete

25-06 Remington 700; 308 Musgrave Model 80
- Raven
- Hero Member

- Posts: 1910
- Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm
Re: Herlaai Tips
wouter,
Wil net gou seker maak oor iets.
As ek 165gr Hornady GMX wil herlaai, begin ek met 70gr S385 as minimum, of moet ek BARNES se ladings gebruik volgens Somchem.
Seker 'n dom vraag, maar ek wil net seker wees oor premium punte herlaai.
Raven

Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7557
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Herlaai Tips
Hallo Foxripper
Ek gebruik die Lyman self al vir n klomp jaar en is baie tevrede. Daar is so paar truuks met hom en dit is heelwat bespreek hier op die forum. As jy sukkel om dit op te spoor skree maar dan gaan ons weer daardeur. Maar wees gerus oor jou vroe kersgeskenk want volgens my is dit een van die beteres!
Raves
Begin liewer op 68gr en gee vir my die spoed wat jy gekry het sodat ons kan kalibreer op QL sodat jy sommer die nodespoed het. Onthou net om al die gegewens deur te stuur. Hornady se GMX kan jy op gewone loodkern herlaaidata werk met die ladings.
Groetnis
Wout

Last edited by Wouter Roets on Fri May 25, 2012 3:40 pm, edited 1 time in total.
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Herlaai Tips
Twee vrae van my kant af:
Wat sal die aanbevele wydte van die nek van n dop wees nadat dit terug gekrimp is voor herlaai in .30 kaliber. Dieslefde Lee factory neck krimp waarvan jy hierbo gepraat het se shaft wat in die dop indruk is 7.73mm dik, en die wydte van n .30 koeel se stert is 7.79mm. Die koeel kan vrylik met die hand in die dop gedruk word. Moet ek dan weer krimp sonder die shaft in die die? Indien ek dit so doen kom ek by n mate van 7.37mm waar die koeel dan natuurlik baie styf in die dop indruk.
Kan jy dalk voorbeelde opsit van waar doppe se nekke wat nie meer geskik is om weer te herlaai nie.

Veiligheid eerste manne!
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Herlaai Tips
Praat jy van Lee se neck sizing die? Ek vind dat jy nogal redelik gewelddadig moet wees om die nek terug te druk - veral PMP doppe wat harder is. Die 0,06mm = 0,002 duim is genoeg om die koe?l vas te hou. Probeer om harder te druk totdat jy nie die koe?l met die hand kan indruk nie.Pierre - BRNO .06 wrote: Twee vrae van my kant af:
Wat sal die aanbevele wydte van die nek van n dop wees nadat dit terug gekrimp is voor herlaai in .30 kaliber. Dieslefde Lee factory neck krimp waarvan jy hierbo gepraat het se shaft wat in die dop indruk is 7.73mm dik, en die wydte van n .30 koeel se stert is 7.79mm. Die koeel kan vrylik met die hand in die dop gedruk word. Moet ek dan weer krimp sonder die shaft in die die? Indien ek dit so doen kom ek by n mate van 7.37mm waar die koeel dan natuurlik baie styf in die dop indruk.
Kan jy dalk voorbeelde opsit van waar doppe se nekke wat nie meer geskik is om weer te herlaai nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Herlaai Tips
Ja, dit is die een waarvan oom Driepoot praat. hy soek genoeg elbow ghries.
Veiligheid eerste manne!
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Herlaai Tips
n Vriend van my skiet n .308 Musgrave. Hy herlaai, en kry redelike groepe geskiet met die geweer.
Vanaand sit ons en kom agter dat die klaar geskiete doppe is krom, amper soos piesang vormig. Wanneer dit in die Full resize die gesit word is dit so erg dat ons saam hard moet stoei om die die dop weer uit die die te kry. Dit is Lapua doppe, en hy reken dat hulle slegs twee of drie skote al geskiet het.
Wat kan dit veroorsaak, en kan dit n invloed he op akkuraatheid?
Net vir interresandheid. hy het toe ook n paar African elite patrone daar, en die is reeds krom nog voor hulle geskiet is.

- Hein (Haan)
- Hero Member

- Posts: 1088
- Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm
Re: Herlaai Tips
Hallo manne, kan julle vir ons meer vertel van die roetine en gewoontes wat julle volg om konsekwenteit(consistency) so hoog moontlik te hou as dit by herlaai kom. En hoe julle dan daai konsekwenteit kan meet. Ek dink dit is baie belangrik en glo daar ook baie faktore wat dit beinvloed.Ek is self nog nuut in die herlaai ding so wil graag dit reg kry van die begin af 
Baie dankie vir al julle info en tyd.
Baie dankie vir al julle info en tyd.
-
Henk
- Jr. Member

- Posts: 70
- Joined: Tue Mar 22, 2011 10:23 pm
Re: Herlaai Tips
Wouter,
Ek hoor nou die dag by 'n gunshop dat jy nie 'n "necksize die" nodig het nie. Gebruik sommer die "bullet seater" en skroef net die "seating" gedeelte uit, dan het hy dieselfde afmetings as 'n "necksize die".
Ek sukkel om die waarheid hiervan in te sien en het nog nooit vantevore daarvan gehoor nie. Kan iemand dalk help

Skiet naby....skiet raak !!
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3529
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Herlaai Tips
henk,
ek weet nie so lekker van daai een nie!
groetnis
ek weet nie so lekker van daai een nie!
groetnis
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
-
Beyers
- Hero Member

- Posts: 1409
- Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm
Re: Herlaai Tips
Dalk moet dit die Full Length die wees?
-
Henk
- Jr. Member

- Posts: 70
- Joined: Tue Mar 22, 2011 10:23 pm
Re: Herlaai Tips
Beyers,
Dan het jy steeds net 'n .........full length die !
Ek aanvaar dat jy wel die full length die se decapping pin moet gebruik, maar ek sluk BAAAIE swaar aan die hele idee. Jy sal in elk geval seker al jou settings op die seater die verloor en moet dan van voor af opstel......
Dan het jy steeds net 'n .........full length die !
Ek aanvaar dat jy wel die full length die se decapping pin moet gebruik, maar ek sluk BAAAIE swaar aan die hele idee. Jy sal in elk geval seker al jou settings op die seater die verloor en moet dan van voor af opstel......
Skiet naby....skiet raak !!
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7557
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Herlaai Tips
Henk
Ek dink die verkoopsman moet vir so bietjie opleiding gaan of dalk eendag self probeer laai!
Ek dink wat hy bedoel het is dat jy jou full length die kan gebruik om net neck sizing te doen. Dit is wat baie van ons doen maar n mens vang nog soms n stukkie van die body van die dop met hierdie proses wat die gebruik van n net n necksizer meer voordelig maak.

Last edited by Wouter Roets on Sat May 26, 2012 8:52 pm, edited 1 time in total.
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Herlaai Tips
Wat is die regte manier om die senario te hanteer. My TPL vir n spesifieke patroon is 84mm, en nou druk ek die punt in die dop, maar ek maak dit slegs 81mm. Is dit ok om met die hammer tipe "bullet puller" slegs so bietjie tik werk te doen tot die patroon langer is en nou kan jy hom weer terug druk na 84mm, of is dit beter om die koeel te trek en dan weer van vooraf begin?
Veiligheid eerste manne!
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Herlaai Tips
PierrePierre - BRNO .06 wrote: Wat is die regte manier om die senario te hanteer. My TPL vir n spesifieke patroon is 84mm, en nou druk ek die punt in die dop, maar ek maak dit slegs 81mm. Is dit ok om met die hammer tipe "bullet puller" slegs so bietjie tik werk te doen tot die patroon langer is en nou kan jy hom weer terug druk na 84mm, of is dit beter om die koeel te trek en dan weer van vooraf begin?
Tik hom maar effe met die puller. Dit gaan jou baie moeite spaar, want jy mors maar kruit as jy die koeels trek...
Mooiloop!
Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
-
Beyers
- Hero Member

- Posts: 1409
- Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm
Re: Herlaai Tips
Henk
Mens kan die .........Full length die gebruik om partial sizing te doen.
Vir full length size druk mens die ram ten volle op met die seat in posisie, dan skroef mens die ......full length die in todat dit die seat raak. Om partial sizing te doen skroef mens die die uit. Mens toets met 'n dop hoeveel jy die die moet uitskroef. Mens kan die volle lengte van die nek size of selfs 0,5mm minder. Die toets is egter of die slot nog gemaklik toegaan.
Hoop jy verstaan nou my vraag? "Dalk moet dit die Full Length die wees?"
Ek dink die verkoopsman het homself weerspreek of hy is 'n gevaar vir die samelewing

Henk wrote: Beyers,