Hier die mannetjie het my geruime tyd gepla, foto's op kameras gekry en spore op die duin en ook lam wat gevang is. Ek vermoed daar is nog een, volgens die spore wat daar le na hy gevang is.
Eers 'n paar ystervarke in die hok gevang en van kant gemaak en toe so 10 dae na hok gestel is, toe sit hy daar, redelik vies vir my.
Snaakse ding gesien, die kaapse vos is een nag deur die rooikat doogebyt, volgens die hardloop spore, was net na buitjie reen vroeg more, so daar was nie ander spore nie, net hulle 2 s'n. Iemand anders dit al gesien en hoekom sal hy so iets doen?
[img width=560 height=420]http://i1185.photobucket.com/albums/z34 ... CT0087.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i1185.photobucket.com/albums/z34 ... G_0002.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i1185.photobucket.com/albums/z34 ... G_0008.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i1185.photobucket.com/albums/z34 ... G_0009.jpg[/img]
Die hok staan nog daar met sak onder die hok, maar nou die dag 5de ystervark uitgehaal, so ek wag nog vir nr 2 se opwagting.
Mooi dag
Kalahari


