Herlaai data 243 Winchester
- Louis Nel
- Jr. Member

- Posts: 63
- Joined: Tue Feb 03, 2009 8:40 am
Herlaai data 243 Winchester
Goeie dag ouens
Kan iemand dalk 'n goeie lading met S365 kruit aanbeveel met die 75 V-Max punte. Ek sukkel om tyd op die skietbaan deur te bring om alle ladings te toets.
Of enige ander lading wat goed werk met die 75 VMAX punte.Twist 1:10 met ' 23 en half " loop.
Groete

Last edited by Louis Nel on Fri Jun 18, 2010 11:59 am, edited 1 time in total.
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: S361 vir 243Win
Hein
Jy moet ook sommer lekker warm primers gebruik, CCI 250 is nie warm genoeg nie, iets soos Fed 215. S365 is baie beter in my opinie, is mos maar S361 se vervanging. Op jou ligter punte kan jy S355 of selfs 335 gebruik.
Ek het S361 probeer gebruik maar kon glad nie goeie groepe kry nie, maar op daardie stadium glad nie van warm primers geweet nie.
Net my 2c.
Francois

- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: S361 vir 243Win
Baie dankie vir julle terugvoer!
Die artikel - uit 'n 2004 Magnum - berig dat 'n herlaaier die S361 kan laai vir ho?r snelhede en dat looplewe langer is.? Dit het my oog gevang, want dit klink soos 'n wen-wen.
Blykbaar was die S361 wat voor 1985 vervaardig is, nie op standaard nie en die produksie daarvan is tot en met Sept. 2004 gestaak.? Somchem het toe hierdie poeier vir Accurate in die VSA begin maak en dit was toe weer vir die plaaslike mark beskikbaar - en die kwaliteit was uitstekend.
Die S361 is 'n "ball"-tipe poeier terwyl S365 'n "extruded" tipe is.? Laasgenoemde brand vinniger - en daar is 'n prys om te betaal as jy baie skiet.? Die meeste herlaaiers wat ek ken laai met die S365.? Akkuraatheid is - soos julle ook s? - is die belangrikste oorweging.
Koos s? egter ook daar dat twee goeie papierskieters S361 met sukses gebruik. 'n Mens moet seker maar kyk wat jou roer se gunsteling poeier (en punte) is
Francois,
Ek laai my 223 met CCI Small rifle primers.? Het nog nie op die pakkie gelees wat soort dit is nie, want ek het gedog almal gooi maar net 'n standaard vonkie uit
?
Wat is die verskil tussen die verskillende soorte primers?? Sal graag meer wil weet.
Hein M.

Last edited by Hein M. on Sun May 24, 2009 3:35 pm, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: S361 vir 243Win
Hein
Hein
Kyk na die nommer van jou primers, CCI se small rifle primers is 400 met hul magnum weergawe 450 en hul bench rest weergawe BR4, so is hul large rifle primers CCI 200, 250 vir die magnums en BR2 vir die groot geweer bench rest weergawe.
Bench rest is maar net meer aandag aan gegee en die quality control is beter, baie meer gelyke vlam, magnum is veronderstel om n sterker vlam te he, maar CCI se m/primer is nie n magnum primer in die regte sin v/d woord nie. Federal 215 is n "regte" magnum primer wat stukkies magnesium in het wat met die afgaanslag regdeur die kruit skiet om dit sodoende beter te laat ontbrand, dit is nie sooo kritiek by ons kruit nie, maar soos jy opgemerk het, S361 is n bolkruit, en bolkruit ontbrand nie so geredelik soos stafies kruit nie, ook waar groot hoeveelhede te sprake is, 80-100gr kruit, moet daar liefs van n regte magnum primer gebruik gemaak word om konstante goeie ontbranding te verseker.
Hoop dit help, mooi loop

- Janjak
- Hero Member

- Posts: 529
- Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm
Re: S361 vir 243Win
Hein,
ek wou se, roep al die kinders in die omgewing en steek aan die brand maar toe onthou ek kruit se prys....
Ek weet van n Brno 243 wat sy baas amper op die oor geslaan het met die slot agv S361. Ek self het hom in die laat 80s en begin 90 gebruik maar ook nie van beter geweet nie.
As jy die April 2004 Magnum het, Koos Barnard praat daar van S365, S355 en S335 soos Francois ook noem.
Ek self gebruik S355 met 80gr punte en dit werk mooi.
Dis die jakkals se oor wat moet brand en mos nie myne nie.

-
Andre
Re: 243 Win Herlaai data met 75 Hornady -V-Max
Geweer: .243 Littelton
punt: 65gr Hornady V-max
Dop: Norma
Kruit: S355 @ 42,5gr per patroon
Primer: CCI BR2
Totale patroonlengte: 67 mm
Spoed: 3400 f's
Groetnis
Andre Theron
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: 243 Win Herlaai data met 75 Hornady -V-Max
Buda
Die twist ding werk so.....
n Vinnige twist 1 in 8 duim, sal alle punte stabiliseer. In n 6mm van 55-107 gr. n Stadige twist loop, 1-14", gaan net jou ligte punte stabiliseer, tot so 70gr. Jy gaan egter nie dieselle spoed kry as jy n 65 gr punt in n 1-8 loop skiet as wat jy dieselle punt in n 1-14 loop skiet nie, omdat ...............As ek moet verduidelik, laat weet. Dis maar die groot rede hoekom ons ligte punte op n stadige twist loop skiet, optimale performance, lees SPOED
Dis egter nie die alfa en omega nie, my broer skiet n standaard 243, 105gr A-Max punte, teen 3200 ft/sec uit n 1-14 twist loop, raar maar waar...........SONDER DRUK.
Mooi loop

Ja3
42gr S365 in 1-10 loop, nie die vinnigste lading, maar skiet 8.5 mm groepe in my gun.
Hoop dit help
Mooi loop
Francois
42gr S365 in 1-10 loop, nie die vinnigste lading, maar skiet 8.5 mm groepe in my gun.
Hoop dit help
Mooi loop
Francois
- Louis Nel
- Jr. Member

- Posts: 63
- Joined: Tue Feb 03, 2009 8:40 am
Re: 243 Win Herlaai data met 75 Hornady -V-Max
Kieterkat
Skiet tans die 87 Vmax met 44.4 S365 lading. Die akkuraatheid is goed. My beste lading bly maar die 87 Vmax mer 40.5 grein VMax. Ek gebruik 'n magnum primer op die lading. Spoed is so 3090 ft/sek. Nie die vinnigste een nie, maar uiters akkuraat. Die voordeel van die lading is dat dit geen druk tekens wys nie. As ek die geweer vasknyp in Allen se skietarm op my skietstoel, skiet dit lekker "smooth".
Gaan laai maar, en skiet op die skietbaan. Elke geweer het sy resep.
Francois
Baie dankie vir jou verduideliking. Verstaan sommer dadelik meer. Ek sou graag die 65 greiners wil probeer, maar sien nie kans om 'n hele pakkie te koop en slegs 20 te gebruik nie. Wens die handelaars wil begin los punte vir ons verkoop ,om 'n lekker lading uit te werk. Ek het jou lading probeer, maar my groepering maak bietjie oop. Wou die naweek skietbaan toe, maar Bloem kry lekker reen op die staduim. Sal jul op hoogte hou as ek 'n lekker lading gekry het.
Groete
Louis

Tienie
Re: 243 Win Herlaai data met 75 Hornady -V-Max
More ek skied ok tans met die 75g v-max en kry goeie groeperings. Ek het 'n remigton 700 243. 26dium loop 1-10 twist ek skied s365 44.5grein en my col is 69mm. teen so rondom 3290fps
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Herlaai data 243 Winchester
Hi
Kan julle my help,ek kan eindelik my roer gaan optel, het liksens gekry. Nou het ek hulp nodig.
Ek wil graag laai met 1 van die 2 patrone vir eers, wat sal julle voorstel asook watter kruit om te gebruik en hoeveel, primers en doppe?
Berger 88gr High BC Flat base
Nosler Balistic tip 90 gr
Sierra Pro hunter 100gr.
Dit sal meestal gebruik word vir jag. Indien julle al met iets anders gejag het en goeie resultate gekry het, laat my asb. weet.
Luister graag
Groetnis
SJ

Last edited by Monrique (SJ) on Fri Jan 15, 2010 5:10 pm, edited 1 time in total.
-
Danie Lombard .243
Re: .243 Win
Hallo daar SJ.
Jong 'n 243 kan mens nogal besig hou as jy by sy gat kant begin herlaai. OPPAS VIR 'N 243, HY BARS SOMMER, MAAR DAN MOET JY HOM VREESLIK DIE M**R IN MAAK.
Daar is baie kruite wat kan en sal werk in 'n 243, maar glo tog vir ons 243 mal manne, hy hou sterk van S365 en 'n magnum primer,bv CCI250. Standaard primers werk ook goed, maar ek gebruik maar die warmer primers.
Dit is altyd beter om met die start load te begin, maar ek dink die ander manne sal saam stem met die volgende;
dat die meeste 243 wat ek al mee te doene gekry het goed skiet en gropeer met;
in die geval van 'n 100gr punt, 40,0 40,4 en 41,0gr S365. BEGIN EERS LAAG EN WERK STADIG OP.
in die geval van 'n 85 tot 88gr punt, 43,0 tot 44,4gr. weer BEGIN EERS LAAG EN WERK STADIG OP.
Ja, die hoevelheid kruit het in 'n minder mate te doen met groepeering, maar op 'n 243 is BULLET SEATING DEPTH die belangrikste.
Eksperimenteer rond, dieper en vlakker, 1,0mm op 'n slag, en as hy begin gropeer, verstel dan die diepte met 0,5mm.
NB NB NB NB!!!! MOET NOOIT DIE PUNT TEEN DIE GROEWE LAAT DRUK EN DAT DIE SKOOT SKIET NIE. 'n 243 se kamer druk hou niks van dit nie. Jy kan dalk jou geweer en of jou self beskadig. Ja ek weet, dit klink erger as wat dit is, maar wees versigtig.
Jy het 'n goeie keuse gemaak in die kaliber. Hy is sommer baie oulik en skaam en skirik vir niks daarbuite nie.
Eendag as ek groot is, gaan ek vir my 'n BUFFEL koop op 'n veiling, en ek gaan hom aflaai daar tussen my rooi koeie daar by die krip en lek bakke. En op 'n dag gaan ek hom walk en stalk, bekruip, plat seil so deur die rooi gras, en hom pot met my 243. Ek se vir jou, ek dink hy sal hom goed vrek skiet. Ek dink 'n 105 gr is net die ding. So 'n lang, dun spyker.
Vra gerus weer raad. Hier's klomp 243 manne wat jou graag sal help met raad.
Lekker skiet en ladings toets.
Danie

- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: S361 vir 243Win
Ek skiet reeds die afgelope 4 jaar S361 op my 243W
Last edited by 243Songdaug on Wed Dec 28, 2016 4:43 pm, edited 1 time in total.
-
Danie Lombard .243
Re: S361 vir 243Win
Hallo al die 243 manne.
Ja, S361 werk beslis puik. Federal se magnum primer steek die 361 lekker aan die brand. Waar die 361 baie goed werk is by die swaar 243 punte bv. 105 en 107 greiners. Die S361 stoot hul vinniger as S385 en S365. Vir die ligter punte kan mens soms 'n probleem kry dat die 243 se dop volume effens te kelin raak, en 'n ou met KOMPREST LOAD te make kry, a.g.v. die stadige brand snelheid van S361, gebruik mens dus meer van die kruit, vandaar die oor vol dop.
Ek gebruik dit al geruime tyd weens koste van kruit en omdat dit so lekker werk met die RCBS UNI FLOW.

Yip Francois. ek stem saam met jou. 100%
Ek speel al lank met 'n 243. Nog net nie beesmis en skaap drolle gelaai nie, verder alles. Goue reel met 243.
Swaarder punte, stadige kruit. Ligte punte, vinnige kruit.
55gr S321 S335
60-70gr S335 S365
70-90gr S335 S365 S341
100-107gr S365 S361 S385 S341 en in ekstreme gevalle S355. Ek hou niks van S355 op 243 nie, werk wel goed op 270. 130gr.
Moet net nie S321 gebruik op swaar punte nie, jy mag dalk 'n harder boem met so 'n lekker duidelike metal ping hoor.
Laai veilig en hou kop.
Groete Danie.

Hallo Francois.
Soos altyd, begin ma eers laag, jy weet mos van 'n 243, maar alle 243 wat ek van weet stoot 'n 85 en 87 lekker met 44,0 tot 44,4 gr S365. Ek gooi tans 44,5gr S365 by my 87 V max'e. Groepeer lekker klein.

theterminator
Re: S361 vir 243Win
ek sal nie weer daaroor praat nie as niemand weer daaroor praat nie, ek het nie die onderwerp begin nie
om terug te kom na die 243
s-361 as dit 100 grein en swaarder is
s-365 vir 87 - 90 grein punte
s-355 vir 65 - 75 grein punte
s-335 vir ligter punte
CCI 200 primers in alle gevalle
magnum primers is net nodig vir groot hoeveelhede stadigbrandende poeier
ek gebruik selfs CCI 200 op my 375 en die kerel het spoed en skiet onder 'n duim op 100
243 werk op hul beste met koele tussen 80 en 100 grein en 365 poeier
as julle wil speel of sukkel doen al die ander
groetnis
clarence

More se Terminator en al die 243 manne.
Waar wat jy se oor die 243 ladings. S365 werk beslis die beste.Ek stem heelhartig saam.
Die prys van stokkies kruit maak dit deesdae duur om met dit te skeit.
Al hoe meer skuts gebruik tans bal kruit oor kostes en die aangename laai praktyk met die uniflow en bal kruit.
Wil graag ook die volgende se oor die gebruik van 55gr punte in 'n 243. Daar is sekerlik nie 'n beter varmint kombinasie met die gebruik van 55gr punte in die 243 loop nie. Jy het nie nodig om modifikasies aan te bring en te laat ackley om van die 243 'n super plat skiet snel ren jaer te maak nie. Net sleg wat mens betaal in loop leeftyd met die gebruik van 55gr punte in 'n 243. Ek het alle kruite beproef op die 55gr punte, en slegs S321 het die weesinlike speod gegee sonder hoe kamer druk en gevare.
Ek sou steeds 55gr sierra blitz kings gebruik het as hul prys nie so die hoogte in geskiet het nie. Die 55gr punt teen 4100ft/sek. haal 'n slim lig sku slim jakkals daar ver uit. Die punte is sommer ook baie akkuraat en jy sukkel nie om hul te laat gropeer nie.

JOHANNIC
- Hero Member

- Posts: 725
- Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm
Re: S361 vir 243Win
Danie ek volg hierdie post al so 6 maande,ek skiet S321 43gr 55gr noslers die laaste 2 jaar.
Ek het die koeels in my 243 ruger(m77 varm) 4280 vps gedruk sonder druk probleme maar die groepe het begin oopmaak,die beste groepe het ek op 4150 vps gekry.
Ek het met die sierras n probleem opgetel, omdat my twist te vinnig is "verdwyn die koeel in n wit rook" nogal snaaks om te sien
groete johan

Biebers
Need for speed
Need for speed
-
JOHANNIC
- Hero Member

- Posts: 725
- Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm
Re: S361 vir 243Win
Danie
Ek het vergeet om te se die S321 is baie hitte sensitief, as n reel skiet ek uit n "coolbag" uit en dit los my probleem op.

Dawie
14 twist is my volgende skuif,die stywe twist 9 doen goed maar die regte twist vir die 55gr is 14,omdat hy heelwat stadiger is sal jy ook meer spoed kry en sal hy ook meer akuraat wees(so se hulle)
Die vinnige twist is geneig om die koeel te oorstabiliseer teen hoe spoed.

Hi daar Taffie.
Nee man nog nooit 65gr op 243 gebruik nie, ma hy sal ook lekker hol en mooi groep, glo ek.
Johan
Daai koele van jou wat in die nuut verdwyn, was dit flat base blitzkings 55gr?
Ek het al daai punte gestoot tot 4200ft/sek, maar beste groepe was net bo 4000ft/sek.
Die trajek het geensins verskil met die ekstra 200ft/sek nie, dus het ek maar gegaan vir die akuraatheid.
My loop se keel is tans lekker gebrand en daar lek gas verby as die kruit begin ontbrand en die punt in die lands in beweeg. Dus gebruik ek nie nou met die kaput keel 55gr punte nie, en hul prys staan my tans ook nie aan nie, maar dat dit 'n wenner punt is, is 'n feit, vir culling en varminting natuurlik. My kaput loop eet tans 87 v max en 105 a max.
LANK LEWE DIE 243.

- Jaco Swart
- Hero Member

- Posts: 804
- Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm
95 gr Hornady SST in 243 WIN- soek raad
Middag almal.
Ek het vandag vir my 95 gr Hornady SST gekoop om in die 243 te skiet. Ek wil oor die algemeen jakkalse , vlakvarke , rooibokke en so nou en dan miskien die verdwaalde koedoe met dit skiet.
Ek het 'n Sako Forrester 243 en soek graag aanbevelings oor die ladings , kruit, lengte asook waar my minimum en maksimum sal l? in terme van grein kruit wat ek moet laai.
Verder verneem ek ook of daar reeds manne is wat met hulle skiet in 'n 243 , en wat die vleisskade is as jy nou op die blad moet skiet.
Is die punte akkuraat ?
Groete
Jaco

JACO SWART
Rustenburg
Noord-Wes
Rustenburg
Noord-Wes
- Jagtersdok
- Global Moderator

- Posts: 2034
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm
Re: 95 gr Hornady SST in 243 WIN- soek raad
Daai koe?ls is baie akuraat.
Vleisskade op die blad is heelwat, maar dit is immers 'n super shock tip.
Hulle hou van wind agter hulle gatte in die 4 roere wat ek hulle al getoets het.
Baie naby aan maximum skiet hulle baie tight. Vat jou chroni saam en moenie oor 3200ft/sek gaan nie
Jy kan maar jou ladings by 50% begin wat die Somchem boek aangee vir 100gr punte en begin opwerk met S365. Laai net 1 patroon op min, 20% en 35% en maak seker jou kamer is nie baie styf nie. Jaag hulle deur chroni en check die spoed en vir druk tekens

NEELS NIEMAND, CENTURION
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]

- paul
- Jr. Member

- Posts: 50
- Joined: Thu Oct 01, 2009 8:57 pm
Re: Herlaai data 243 Winchester
HALLO ALMAL
EK IS NOU LEKKER DEUR MEKAAR MET AL DIE GOED WAT JULLE SE HIER OOR LADINGS EN KRUITE.
KAN IEMAND WAT WEET MY ASB REG HELP OOR MY LADING.EN DALK MEER INLIGTING VERSKAF ASB.
EK HET DIE WAPEN SMUT GEVRA OMMY TE HELP EN DIT IS WAT HY MY GEGEE HET,SO NOU WEET EK NIE OF HY NONNENS PRAAT NIE.
EK LAAI MET 70GR SIERA BLITZKING MET PMP RIMERS EN 47.2GR KRUIT 361.
GROETE