Mei maand tips
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Mei maand tips
Vir tot en met die middel van Mei maand roep ek op die volgende resep.
1. Staan plek
2. Werk die wind
3. Reel 1
4. Begin met klein kos klanke vir 15 min. Dan Rooi Alleen... Weer kos klanke vir 15 min...
5. Moenie skaam wees om stil te bly nie.
Wat se tips het julle nog ??
Middel Mei maand sal ek begin om aktief na stelle te soek as die paar seisoen begin....

FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- Boertjie
- Hero Member

- Posts: 763
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm
Re: Mei maand tips
Gerhard
Ek begin nog met n enkel jakals roep, as hy my antwoord sal ek n springbok vir baie kort rukke speel met lang stiltes tussen in.Sal ook nie weer n jakals roep binne 45 min speel nie.
Geduld speel nou n groot rol.
Boertjie

-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Mei maand tips
Behalwe miskien om genoeg warm klere te onthou, kan die Standaard Roepmetode soos deur Heinrich beskryf, nie sommer as die "top-tip" vir die moeiliker tyd, geklop word nie.
Een uitsondering waar ek wel 'n alternatiewe roeptegniek sou probeer: 'n Goeie roepplek is dalk in die omgewing waar neste verlede jaar skoongemaak is, sonder dat die stel grotes (ouers) gesneuwel het - dit net as daardie stel ouers vir goeie 'n tyd (3 maande) met rus gelaat was. So van middel Mei af kan hierdie plan dalk net werk. 'n Enkel jakkalsroep en stilte kan hulle dalk net inkry, ek sou selfs oorweeg om geen kos te gebruik nie, miskien net so 3 kreune van 'n springbok met 'n baklei vreet klankie na 'n hele lang ruk van stilte. As dit nie werk nie, glo ek nie jy het veel verloor / weggee / slimgemaak nie.
As niks meer wil werk nie, probeer ek hierdie tyd meer "squeeky"-tipe klanke om mee weg te spring en gooi een of twee mooihuil joedels tussen die kosroepe in. 'n Goeie alternatief vir die Mooihuil Joedel, is daardie enkel Jakkalskreet van Tewis.
Mooiroep
Louis

Goeie dade oortref goeie woorde.
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Mei maand tips
My resep het redelik gewerk vanag...
Kon darm 13 jakkalse om dop en toe n bonus kry ek toe sommer twee skote in op n bosvark beer en sog op 200m met die 222 en 40gr VMax'e...
Kon darm 13 jakkalse om dop en toe n bonus kry ek toe sommer twee skote in op n bosvark beer en sog op 200m met die 222 en 40gr VMax'e...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- theedge
- Hero Member

- Posts: 5012
- Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Re: Mei maand tips
WOW stunning Gerhard ek laaik die bonus by my is dit anders om ek soek vark dan kry ek bonus (jakkals) hahahah - netjies maatGerhard wrote: My resep het redelik gewerk vanag...
Kon darm 13 jakkalse om dop en toe n bonus kry ek toe sommer twee skote in op n bosvark beer en sog op 200m met die 222 en 40gr VMax'e...
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !

Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !

-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Mei maand tips
Gerhard, baie mooi man!
Nou wil ek graag by jou weet, dink jy die Standaard Roepmetode kon dalk min of meer die selfde resultate tot gevolg gehad het? Of het die spesifieke volgorde waarin jy die klanke gebruik het (bv. slegs 15 min kos voor eerste enkel jakkalsroep) baie bygedra tot jou goeie sukses?
Ek het geen idee nie, wonder maar net soms of ons nie te veel nadruk op die klanke en die horlosie plaas, tydens 'n roepsessie nie? Ek het bv. verlede jaar ook redelik sukses met Boertjie se resep hieronder gehad. Het die manier hoe klanke suksesvol gebruik word, nie dalk iets te doen met hoe "in tune" die man wat roep met die natuur is nie? Ons kom baie keer uit die besige stad of van voor die dolle program op TV en vergeet dat die ritme in die natuur daar buite, nie die selfde dolle pas van die mensdom handhaaf nie?
Ek weet nie, wonder maar net.

stan man
Re: Mei maand tips
gisteraand begin roep so half nege .die maan het soos n spotlight geskyn.ons het begin met klein varkie wat kerm, toe so na 20 min het ek n enkel jakkals roep gegooi. het so na 10 min n jong teef gepiets. het daarna steenbok in distress gespeel en toe nog n teef geskiet.
gaan vanaand n probleem kat soek ,hou maar duim vas. ek hoop ek kry darem iets en lyk nie soos n fool nie.
ek nog maar net n kinders.

Jason
- Full Member

- Posts: 171
- Joined: Sat Feb 28, 2009 9:59 pm
- Geno
- Administrator

- Posts: 13662
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Mei maand tips
Louis,Louis102 wrote:
Gerhard, baie mooi man!
Nou wil ek graag by jou weet, dink jy die Standaard Roepmetode kon dalk min of meer die selfde resultate tot gevolg gehad het? Of het die spesifieke volgorde waarin jy die klanke gebruik het (bv. slegs 15 min kos voor eerste enkel jakkalsroep) baie bygedra tot jou goeie sukses?
Ek het geen idee nie, wonder maar net soms of ons nie te veel nadruk op die klanke en die horlosie plaas, tydens 'n roepsessie nie? Ek het bv. verlede jaar ook redelik sukses met Boertjie se resep hieronder gehad. Het die manier hoe klanke suksesvol gebruik word, nie dalk iets te doen met hoe "in tune" die man wat roep met die natuur is nie? Ons kom baie keer uit die besige stad of van voor die dolle program op TV en vergeet dat die ritme in die natuur daar buite, nie die selfde dolle pas van die mensdom handhaaf nie?
Ek weet nie, wonder maar net.
Ek roep nie volgense die horlosie nie...
15 min is maar net n "guideline"
Ek werk so drie kos klanke deur met stilte en as ek niks reaksie kry nie speel ek dan rooi alleen...
Ek het met Jason laas week gesels nadat ek laas week Woensdag gestoei het met die standaard metode en na n groot gesukkel 4 jakkalse om gedop het.
Ek het toe Donderdag aand die resep getoets en beslus beter reaksie gekry.
Maandag aand se laaste 3 jakkalse het ek geskiet gedurende die kos klanke voor ek Rooi Alleen gespeel het.
Ek het redelike goeie antwoord gekry op Rooi Alleen wat gehelp het om jakkalse wat nie in gekom het nie te plot vir n volgende staan plek.
Meeste jakkalse het nou stil in gekom.
Slegs 2 het Maandag aand in gekom as n stel. (Reun en Teef beide jong jakkalse)
Gaan beslus op die resep bly tot laat in Mei maand en sal dan verander as ek sien ek het stelle wat agresief begin in kom.
Tot dan wil ek maar nog steeds soveel moontlik jong jakkalse teiken deur kos en alleen jakkals roepe te gebruik...
Ek weet nie stem jy saam met my taktiek?
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- marno
- Hero Member

- Posts: 713
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am
Re: Mei maand tips
Ek kan beaam vriend Jason se resepte werk. My baie gehelp al.
Dankie ou Jason!
Dankie ou Jason!
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Mei maand tips
Nee Gerhard, duidelik werk die taktiek, sal nie kla as iets baie goed werk nie. Inteendeel, ek gebruik dikwels soortgelyke taktiek in hierdie tyd, afhangend van watter tipe jakkalse ek dink in die omgewing is. As ek weet / dink dis jonger jakkalse, sal ek egter langer kos gebruik.Gerhard wrote: ... Ek weet nie stem jy saam met my taktiek? ...
As ek jou reg vestaan is die taktiek maar slegs 'n verkorte weergawe van die standaard roepmetode? Enigste ding wat my bietjie laat wonder is dit: 15 minute kos voor die eerste jakkalsroep mag dalk somtyds net te kort wees. Daar mag dalk 'n jong jakkals oppad wees na jou kosroep en as die jakkalsroep so vinnig in die roepsessie gespeel word, mag dit so 'n jakkals dalk afskrik. Dit is maar die rede hoekom Heinrich 'n langer periode van kos voorskryf. Dit beteken nie dat jy in 'n omgewing waar daar redelik baie jakkalse is, dalk meer jakkalse gaan skiet nie met die "verkorte" weergawe nie.
Die getal jakkalse wat 'n jagter skiet, het my egter nog nooit be?ndruk nie. Ek dink ons l? soms te veel nadruk daarop om getalle na te jaag - verstaan dat beroepsjagters seker so daarna moet kyk. Wat vir my as boer egter belangriker as getalle is, is hoe die jakkalse wat agtergelaat word, daarna uitsien. En daarmee s? ek geensins dat jy besig is om aan te jaag nie, ek ken jou erns en weet jy wil die ding reg doen.
Groete
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Mei maand tips
Stem nogal goed hiermee saam, dit verg nie veel om 10 jong dom jakkalse in n aand te skiet nie wat impressif is is as n jagter dan daai een of twee wat na n paar 10jak sessies gemis is kan inroep. Ek dink n jagter wat sy sout werd is is die jagter wat die skelm jakkals kan inroep. Daai verg nou kennis en vernuf.Louis102 wrote: Die getal jakkalse wat 'n jagter skiet, het my egter nog nooit be?ndruk nie. Ek dink ons l? soms te veel nadruk daarop om getalle na te jaag - verstaan dat beroepsjagters seker so daarna moet kyk. Wat vir my as boer egter belangriker as getalle is, is hoe die jakkalse wat agtergelaat word, daarna uitsien. En daarmee s? ek geensins dat jy besig is om aan te jaag nie, ek ken jou erns en weet jy wil die ding reg doen.
Groete
Louis
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Mei maand tips
Louis,
Jy is reg totale is nie n ding wat ek jaag nie.
Ek weet egter dat ek op die 4 plase redelik predasie druk verlig het.
Maar dat op die bure se plase wel nog vol jakkalse is agv vokale reaksie wat ek gekry het.
90% van die 23 jakkalse wat ek laas week geskiet het was jong jakkalse.
Die beplaning is om weer in Junie terug te gaan om die stelle te gaan soek en so weer eens n predasie bestuur siklus van een keer elke 3 maande roep en skiet aan die gang te kry.
Mooi Loop.
Jy is reg totale is nie n ding wat ek jaag nie.
Ek weet egter dat ek op die 4 plase redelik predasie druk verlig het.
Maar dat op die bure se plase wel nog vol jakkalse is agv vokale reaksie wat ek gekry het.
90% van die 23 jakkalse wat ek laas week geskiet het was jong jakkalse.
Die beplaning is om weer in Junie terug te gaan om die stelle te gaan soek en so weer eens n predasie bestuur siklus van een keer elke 3 maande roep en skiet aan die gang te kry.
Mooi Loop.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Mei maand tips
Gerhard, ek verstaan heeltemal en is seker jy gaan uitstekende werk op daardie plase doen. Nou, dink jy die sukses met die "resep" behoort huidiglik goed te werk vir alle situasies, of is daar uitsonderings waar 'n mens die ding effens anders moet benader?
Dit is duidelik dat jy glo die roep-sequence soos deur jou omskryf werk beter as die standaard roepmetode op hierdie stadium, korrek? Sal jy vir 'n boer / jagter die selfde tegniek aanbeveel op 'n 10 000ha skaapplaas in die karoo (met goeie elektriese jakkalsproef omheinings) waar slegs 1 of 2 jongetjies ingekom het toe die krag af was a.g.v. 'n donderbui? Wat van 'n 10 000 ha plaas met maksimum 5 jakkalse op, waarvan jy nie seker is oor die ouderdom nie, maar daar moet minstens 1 slim stel oor wees? Sal 'n mens vir sulke situasies, die selfde tegniek aanbeveel, as dit waarmee jy sukses gehad het, waar die jakkalse duidelik oorbevolk is?
Interessante gesprek hierdie, sal ook graag wil hoor wat 'n guru soos Taffie reken op hierdie een?
Groete & Mooiloop
Louis
Dit is duidelik dat jy glo die roep-sequence soos deur jou omskryf werk beter as die standaard roepmetode op hierdie stadium, korrek? Sal jy vir 'n boer / jagter die selfde tegniek aanbeveel op 'n 10 000ha skaapplaas in die karoo (met goeie elektriese jakkalsproef omheinings) waar slegs 1 of 2 jongetjies ingekom het toe die krag af was a.g.v. 'n donderbui? Wat van 'n 10 000 ha plaas met maksimum 5 jakkalse op, waarvan jy nie seker is oor die ouderdom nie, maar daar moet minstens 1 slim stel oor wees? Sal 'n mens vir sulke situasies, die selfde tegniek aanbeveel, as dit waarmee jy sukses gehad het, waar die jakkalse duidelik oorbevolk is?
Interessante gesprek hierdie, sal ook graag wil hoor wat 'n guru soos Taffie reken op hierdie een?
Groete & Mooiloop
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Mei maand tips
Louis,
Soos seker alles in die natuur is daar nie "hard and fast rules" nie...
Dit geld die selfde vir jakkals roep natuurlik ook.
Oor die vrae wat jy vra oor jakkalse in die twee senario's kan n mens baie bespigel.
Ek kan nie regtig n antwoord gee nie omdat ek nog nooit in die gebiede geroep het nie... (Taffie en Jason behoort goeie antwoorde te kan gee)
Wat ek wel agter gekom het is dat mens nie baie regiet moet wees met jou roep metodes nie.
Mens moet hom so bietjie aan pas soos wat jy goed dink totdat jy die resep kry wat werk vir jou in jou area waar jy jag.
Heinrich se standaard roep metode is die basis van die metodes waar rondom aan gepas kan word.
Die rede vir my "resep" met kos vir on geveer 15 min of 3 kos klanke met stilte tussen in en dan Rooi Alleen is dat daar nie agresiewe klanke gebruik word nie, dit betekin soos jy self goed weet dat jy nie die jong jakkalse gaan intimideer nie en dat hulle wel stil stil sal kom kyk wat gaan aan.
Maar met die selfde resep sal jy wel ook n dominante stel of dan wel ouer jakkals ook uit oorl?.
Soos ek reeds ges? het sal ek teen einde Mei maand begin om die stelle te teiken in hulle gebiede dws die gebruik van meer agresiewe jakkals klanke as ook kos klanke...
Op die einde van die dag moet die jagter soveel tyd moontlik spandeer in die veld en sy eie resep kry wat vir hom werk vir sy area vir die spesifike tyd van die jaar...
Mooi loop

Net so Gerhard, ek dink dis presies wat ek aanvanklik probeer s? het in hierdie onderwerp. Dis nie altyd die beste om "resepte" slaafs na te volg nie. Som eers die unieke situasie waarmee jy te doene het, goed op voor jy die "resep" kies - en as jy nie seker is nie, gebruik maar eerder die Standaard Roepmetode soos deur Heinrich omskryf, seker die veiligste?Gerhard wrote: ... Op die einde van die dag moet die jagter soveel tyd moontlik spandeer in die veld en sy eie resep kry wat vir hom werk vir sy area vir die spesifike tyd van die jaar ...
Ek staan seker in die voorste gedeelte van die ry as dit kom daarby om nuwe klanke / metodes te beproef en dis vir my lekker om hieroor te gesels. Daarom kritiseer ek nie enige iemand se "resep" nie, wil veel eerder uitwerk hoekom sekere goed beter werk / nie werk nie.
Mooiloop
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
-
stan man
Re: Mei maand tips
ek het op die stadium 5 plase waar ek help met die probleem,en ek probeer om 2 te diens in n maand. op die ou end werk die ook maar so eenkeer elke drie maande uit.dit werk vir my goed. en ja ek stem saam met die pare ding.
op die een plaas waar ek nou geskiet het ,het ek n volwasse reun en n teef gepiets. ek het daar ook n lot jonges opgetel. op die spesifieke plaas is daar jare laas geskiet,en daar is bitter min natuurlike kos. daar was n klomp jakkalse met blou oorpakke en hulle honde wat die hele eko sisteem opgeneuk het. die ou oom wie se grond dit was het die plaas vir 15 jaar laat le ,en nou dat sy kleinseun daar boer moet hy alles herstel,maar met die dat hy nou vee daar aanhou het die honger jakkalse hulle kans gesien.
ek dink ek gaan nog vir n wyle daar moet besig bly,maar ek sien uit daarna om die probleem te probeer oplos.
op sy ander plase sal ek nog uitkom.dit is net n merske voorreg om so in die natuur te kan werk,al is dit net deeltyds.

julle manne moet maar aanhou gesels.ek leer baie en steel met die oog en oor.
- Boertjie
- Hero Member

- Posts: 763
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm
Re: Mei maand tips
Gerhard
Hoeveel word jy betaal vir die jakke wat jy geskiet het?
Nagfooi en per jak?
Hoeveel word jy betaal vir die jakke wat jy geskiet het?
Nagfooi en per jak?
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Mei maand tips
Boertjie,Boertjie wrote: Gerhard
Hoeveel word jy betaal vir die jakke wat jy geskiet het?
Nagfooi en per jak?
Vra vir Jason hoe betaal die manne aan die kant van die Vaal revier...
Een boer het my darm n tenk petrol se geld gegee vir die jakkalse wat ek die afgelope week geskiet het...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Mei maand tips
Ek stem saam Louis.Louis102 wrote:Net so Gerhard, ek dink dis presies wat ek aanvanklik probeer s? het in hierdie onderwerp. Dis nie altyd die beste om "resepte" slaafs na te volg nie. Som eers die unieke situasie waarmee jy te doene het, goed op voor jy die "resep" kies - en as jy nie seker is nie, gebruik maar eerder die Standaard Roepmetode soos deur Heinrich omskryf, seker die veiligste?Gerhard wrote: ... Op die einde van die dag moet die jagter soveel tyd moontlik spandeer in die veld en sy eie resep kry wat vir hom werk vir sy area vir die spesifike tyd van die jaar ...
Ek staan seker in die voorste gedeelte van die ry as dit kom daarby om nuwe klanke / metodes te beproef en dis vir my lekker om hieroor te gesels. Daarom kritiseer ek nie enige iemand se "resep" nie, wil veel eerder uitwerk hoekom sekere goed beter werk / nie werk nie.
Mooiloop
Louis
Standaard Roep metode is die basis waarvan gewerk moet word.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- Boertjie
- Hero Member

- Posts: 763
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm
Re: Mei maand tips
Gerhard
Geen wonder julle skiet so baie daar nie.My prys is R300 per aand R700 per jak.Jy moet Jason vra hoe is die jakke hier by my,hy weet.Hy kon in 4 nagte 2 jakke skiet.

Last edited by Boertjie on Thu May 03, 2012 10:37 am, edited 1 time in total.
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Mei maand tips
Ja Boertjie.
Die boere kan nog nie in die wereld in sien dat hulle moet betaal vir n jakkals wat op sy grond geskiet word nie.
Ek vra R750 vir die eerste 2 jakkalse per nag en dan R500 n jakkals vir die wat ek daar na skiet op die selfde nag as ek kliente het wat betaal.
Die boere by wie ek jag in die Dullstroom distrik ken ek al van kindsbeen af en daar help ons mekaar maar op ander maniere.