Gewildste boksoort vir die pot!

Wat se bok is nommer 1 op jou lys vir die pot die jaar?

Poll runs till Sun Sep 06, 2054 12:39 pm

Koedoe
15
16%
Blouwildebees
10
11%
Rooibok
7
8%
Blesbok
4
4%
Gemsbok
24
26%
Springbok
33
35%
 
Total votes: 93

User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Gewildste boksoort vir die pot!

Post by sako 30-06 »

DWB wrote: Ek het 2 weke terug BWB op Pongola geskiet.

Ek voer die vleis vir almal en niemand kan glo dis BWB nie.

Dit is voorwaar die lekkerste wildsvleis wat ek tot op hede geproe het.

Laas jaar sin van Harrismith was nie so lekker nie.

Takbok kraai koning!
ek is self mal oor BWB.Hoekom dink jy verskil die twee se smaak,altwee is tog geskiet in natal.Het die tyd van jaar dalk iets daaree te doen,begin van seisoen is die wild nog nie bang geskiet nie maar later in die seisoen het hulle al so baie gestres van die jagtery laat dit die vleis affekteer?
immelmanw

Re: Gewildste boksoort vir die pot!

Post by immelmanw »

tobie wrote: willem ek stem ok maar saam daar.Ek het nog nie takbok probeer nie ,maar sien hulle begin hulle self nou vestig op die lusern.
Ek het gehoor hulle is baie agresief teen oor ribboke en ver wilder hulle van die plaas af.Is dit so?
Dit is so, dieselfde gebeur met bosbok en Nyala, die Nyala jaag die bosbok uit sy gebied! Die geheim is om hulle te skiet voor hulle begin baklei!
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2161
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Gewildste boksoort vir die pot!

Post by Koos Barnard »

Dags?
Vir my is springbok nommer een, maar nie bokke wat op die voorsitmetode geskiet word nie. Hulle is net rustig tot die eerste skote klap. Ook springbokke wat van bakkies af geskiet word en 'n bietjie gehardloop het smaak nie lekker nie. As jy 'n lekker vet ooi bekruip en haar skiet sonder dat sy weet van jou is die vleis bitter lekker - vir my nommer een. En die leekerste bokke vir my kom daar uit die Suide van Suidwes en die Kalahari.

Vroeg in die jaar wanneer daar nog jong groen gras is waaraan die bokke vreet is die vleis ook lekkerder as later in die jaar wanneer die hoofd\saaklik bossieveters net blare vreet. Dieselfde geld vir rooibok - lekkerste rooibok is vroeg in die jaar as hulle jong gras eet.

Maar rietbok, rooiribbok, gemsbok, eland en takbok is vir my ook baie lekker. Ek hou ook baie van koedoe fillets. Die belangrikste is maar in watter tipe veld die bok wei en hoe die skietery plaasvind (so glo ek). Terloops, ek het al vir mense zebra gevoer en hulle het gedink dis bees. Dit was van die lekkerste wat ek nog geeet het. Was 'n baie vet merrie (ons het natuurlik al die vet verwyder) en sy het nie geweet wat haar tref nie.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Gewildste boksoort vir die pot!

Post by Louis102 »

Koos Barnard wrote: .... En die leekerste bokke vir my kom daar uit die Suide van Suidwes en die Kalahari ....
Aitsa!  Ek het nog altyd geweet hierdie Oom weet waarvan hy praat!

Kom kyk ook maar die lewers van die bokke wat hier op die droe?r hardeveld in die diep suide wei - gesond met geen parasiete.  En hulle is VET vanjaar!

Mooiloop
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2161
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Gewildste boksoort vir die pot!

Post by Koos Barnard »

Louis
As ek die lewe hou draai ek my kar se neus op 8 Junie in Suidwes se rigting. Gaan eers suid van Karasburg by die Agenbags jag en dan by Dolf de Wet by Grunau en daarna Helmeringhausen toe na Jurgen Hoffmann hulle se plek toe. Gaan 'n hele twee weke daar in die Hemelland spandeer en glo my ek tel die dae af.
Mooi loop
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Gewildste boksoort vir die pot!

Post by sako 30-06 »

Persoonlik het ek nog net lekker BWB geeet,die steaks is ongelooflik lekker en dis die beste braaiwors wat ek nog geeet het.Ek gaan die eerste naweek in junie weer BWB en koedoe skiet in vryheid so ek hoop hulle smaak net so lekker.
Die probleem wat ons hier in gauteng het is springbok is nie beskikbaar nie en as die is is dit baie duur.
Sal maar n trippie moet reel daar na boshoff se omgwing om bietjie springbokke te gaan skiet.Dis darem nie te ver nie.
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Gewildste boksoort vir die pot!

Post by Chevvy SS »

Koos Barnard wrote: Louis
As ek die lewe hou draai ek my kar se neus op 8 Junie in Suidwes se rigting. Gaan eers suid van Karasburg by die Agenbags jag en dan by Dolf de Wet by Grunau en daarna Helmeringhausen toe na Jurgen Hoffmann hulle se plek toe. Gaan 'n hele twee weke daar in die Hemelland spandeer en glo my ek tel die dae af.
Mooi loop
Sies Koos, hoe moet ons nou voel!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Gewildste boksoort vir die pot!

Post by Louis102 »

Koos Barnard wrote: .... en dan by Dolf de Wet by Grunau ....
Oom Koos, dis so 'n Suidwes-klipgooi van my af, sout van die aarde mense daai!  Ek is seker hier by my is so 'n vet springbokooitjie wat jy op die huis kan bekruip, indien die tyd jou toelaat?  Laat weet net.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2161
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Gewildste boksoort vir die pot!

Post by Koos Barnard »

Louis
Baie DANKIE!! Het vir jou 'n pm gestuur.
Mooi loop
User avatar
foxripper
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 440
Joined: Tue Jan 26, 2010 4:59 pm

Re: Gewildste boksoort vir die pot!

Post by foxripper »

SITBOK!!! :)
25-06 Remington 700; 308 Musgrave Model 80
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13663
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Gewildste boksoort vir die pot!

Post by Geno »

Louis102 wrote:
Koos Barnard wrote: .... en dan by Dolf de Wet by Grunau ....
sout van die aarde mense daai!
Daar is op Kuduberg ook 'n ene mnr. Potgieter wat ook sout van die aarde is. Kyk dan nou net hoe gee hy 'n springbok sommer verniet om te jag!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2489
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Gewildste boksoort vir die pot!

Post by Flip Nel »

Dis nie verniet nie, dis a bribe vir 'n Z6 ;D
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Gewildste boksoort vir die pot!

Post by VdWalt »

Flip nel wrote: Dis nie verniet nie, dis a bribe vir 'n Z6 ;D
Dan is dit seker 'n silver springbok ...  ;D
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Gewildste boksoort vir die pot!

Post by Louis102 »

Flip nel wrote: ... Dis nie verniet nie, dis a bribe vir 'n Z6 ;D ...
Nee wat, ek's 'n Zeiss-man, alhoewel ek met goeie gesag kan getuig dat die Z6 darem so raak-raak aan die hakke van die Diavari Victory's.  Eerder:  Wie sal nou nie die kans aangryp / ooitjie opoffer om met 'n legende soos Oom Koos blad te skud nie?  Ek glo nie hy's te windgat is om so 'n nederige uitnodiging te aanvaar, soos sommige jappies wat ek ken nie, n? Geno?

Mooiloop
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Gewildste boksoort vir die pot!

Post by Gerhard »

Geno,

Byt die oubaas Louis nou raak of wat???  ;D  ;D
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Gewildste boksoort vir die pot!

Post by Vlakvark »

Klink my Louis het nie dogters nie ;D ;D ;D
Image
Image
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Gewildste boksoort vir die pot!

Post by Louis102 »

Vlakvark, ek het wel 2 Burdizzo's en 'n lekker stomp Joseph & Rodgers - knipmes.  :police:
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13663
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Gewildste boksoort vir die pot!

Post by Geno »

Oom Leeu,
Jaaaa sorry. Ek weet Oom het my al lankal genooi. Sien dit as 'n medium-termyn projek om daar in die Suide te gaan kuier!

Groete,
Eugene

n.s. Ek sal maar wegbly van daardie Burdizzo klampe af! ;D
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Gewildste boksoort vir die pot!

Post by BLOK »

Oom Leeu

Se maar as die oom se gereedskap nie werk nie ek help graag met Geno probleembeheer. Ek vra ook nie n sprinkbok nie net n paar koels.

Laat weet maar ek help graag. hahaha
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Gewildste boksoort vir die pot!

Post by Vlakvark »

Louis die man dra mos blik onderbroeke daai tang sal nie werk nie
Image
Image
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Gewildste boksoort vir die pot!

Post by Vlakvark »

Blok as jy nou al koels soek klink dit my daai .204 is Anoreksies ;D ;D ;D ;D
Geno se koels is seker tog te groot vir hom :o :o    hy skiet mos.308 :angel:
Image
Image
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Gewildste boksoort vir die pot!

Post by BLOK »

Jy vestani daai 204 koele is skaarser as hoendertanne hier, wonder al moet jy nie n klomp vir my in die pos gooi nie.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Gewildste boksoort vir die pot!

Post by Christo »

Eland vir gaarmaak vleis, Bosbok vir sagte kookvleis, Springbok vir Biltong soos min ander, Vlakvark vir meng met maalvleis.

Ai, Julie moet nou vinnig kom.

So tyd terug 'n takbok boud gaargemaak wat sy eie plek man-alleen volstaan.

Slegste vleis ooit was 'n BWB wat eers die volgende dag finaal doodgeskiet is.  >:(
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Gewildste boksoort vir die pot!

Post by VdWalt »

Louis102 wrote:
Vlakvark, ek het wel 2 Burdizzo's en 'n lekker stomp Joseph & Rodgers - knipmes.  :police:
;D Eina sjoe!
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Gewildste boksoort vir die pot!

Post by Marc »

henried wrote:
madako wrote: Takbok???

Veral as hy lekker vet is.

Anders is dit springbok.
X 2
Stem ook saam Willem se resep, seker bokke loop mooi met sekere produkte. Party proe en werk ma beter as ander.

Groetnis
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Post Reply