Naand almal,
Seker 'n baie dom vraag, maar waarom sal jy eerder 'n "fixed scope" (bv die Leupold FX) bo 'n verstelbare een (bv VX-reeks) verkies? Die idee van verstelbare teleskope maak tog sin?
Mbt vervaardigers is die ander raad wat ek kry dat Leupold koning kraai onder die "gemiddelde biltongjagter"? Kan ek maar voortgaan en geld spandeer (geld vir 'n scope in my terme gedefinieer as in die omgewing van R5000 maks)?
Dankie vir jul hulp..
Groete
Teleskope
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Teleskope
Vaste vergroting was die norm in die beginjare van teleskope bv 4x40 of 6x40. Het baie bokke huis toe gebring. Voordele :-
1. Kleiner van bou en bre? veld van sig - maklik teiken gesien en geweer het nie baie swaarder gevoel nie en nie hantering van geweer baie beinvloed.
2. Dit wat jy sien as jy die geweer optel was elke keer dieselfde en het jou bekruip afstand bepaal.
Verstelbare teleskoop
1. Kan nou baie verder sien, maar nie noodwendig beter skiet nie.
2. Teleskope is nou baie groter en lyk soos 'n dakrak op 'n Boeing 747.
3. Geweer hanteer asof jy stroop met 'n telepel roer
4. Wanneer jy die bok op 20m raakloop is jou geweer op 25x gestel en jy sien net grys kolle - verstel nou en die bok is weg.
5. Die groter vergrotings het te veel verstellings - vergroting, parallaks en stel vir afstand. Te veel goed wat verkeerd kan loop in die jagveld.
6. Vir jag sal ek 4x12 by 40mm as die grootste voorstel synde dit sonder parallaks vervaardig kan word.
7. Die vervaardigers glimlag al die pad bank toe want hulle kan nou s? - so 'n komplekse item met die baie verstellings - moet die prys nou meer as verdubbel - en dit is presies wat gebeur het - koste van 4x40 was persentasiegewys 25 tot 50 persent van die geweerkoste.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- matewis
- Hero Member

- Posts: 1065
- Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am
Re: Teleskope
dakrak op 'n 747? 
stroop met 'n teelepel roer?
Iets s? vir my oom tripod is nie heeltemal tevrede met verwikkelinge in verstelbare teleskope se uiterlike nie??

My logika (en kom ons volstaan by "logika" in die beginner se taal) s? vir my dat ek, wat binnekort my eerste geweer sal koop, 1 - 2 jagnaweke 'n jaar sal doen, en baie in my noppies sal wees om 1 maal in 'n kwartaal 'n Saterdag by die skietbaan deur te bring (maar asb let wel steeds genoeg om eties te jag...), eerder op hierdie stadium moet fokus om 'n spesifieke vergroting mee vertroud te raak, saam met my kaliber en saam met 1 of 2 ladings. Dit kan my dalk baie tyd, patrone en heel moontlik 'n rooigesig in die veld spaar..
Maar dan kan ek ook redenaar dat ek my verstelbaar op een vergroting hou, waarom dan nou nie? Tussen nou en die volgende jagseisoen wil 'n man dalk bietjie ekspirimenteer, om solank te begin wonder aan my opsies vir my 2de geweer!?

-
Sako75
- Hero Member

- Posts: 1230
- Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm
Re: Teleskope
Ek het afgeskop met 6x vergroting op my enigste geweer. Die kombinasie was dodelik omdat ek my toerusting geken het. Ek het intussen volsirkel geloop en het nou 'n hele paar "variables" maar ek wonder baie dae of dit die moeite en uitgawes werd is - veral omdat ek die "variables" ook maar op een vergroting (gewoonlik naby die maksimum) gebruik en selde, indien ooit met die vergroting speel in die veld.
Last edited by Sako75 on Sun Apr 22, 2012 2:56 pm, edited 1 time in total.
.22H Sako P74, .222 Sako L46, .222 Sako 75 Varmint, .223 Sako Super Deluxe, .243 Sako 75 Varmint, .243 Sako 85 SS Var Lam, 260 Sako TRG (bestel), 7x64 Sako 75 Hunter, 300 WM Sako Safari, 9.3x74mm Tikka, 9.3x62 Sako 75 Deluxe
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: Teleskope
Die idee van n variable is om 1 x scope te h? wat in die bos op kort afstande baie efektief gebruik te kan word op n klein vergroting, en dan weer op die vlaktes oor langer afstande te kan skiet op die groot vergrotings. Ook as jy op die baan is gaan n klein vergroting jou baie kortwiek en gaan jy vinnig opgradeer. Jy kan slegs skiet wat jy kan sien.
Moet jou nie blindstaar teen n Leupold nie. 15 jaar gelede was jou stelling waar, maar die kompetisie het opgevang, en in baie gevalle verby gegaan en boonop nog vir baie beter pryse. Kyk maar na die Burris en Nikon reeks van teleskope. Vra my, ek het hulle almal al gehad. Ek s? nie Leupold is swak nie, ek wil net s? dat ek persoonlik dink dat hulle te duur geraak het vir wat jy kry, en dat van die goedkoper alternatiewe selfs beter is, vir goedkoper.

wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: Teleskope
Hopelik is ek verkeerd, ek sien nie advertensies vir vaste vergroting teeskope in die 12 tot 16x klas nie. Dit dwing bv. springbokjagters om 'n teleskoop met verstelbare grootte te koop.
"n Verdere vraag wat goed by die gesprek aansluit: Hou die argument dat teleskope met vaste vergrotings helderder is as verstelbares nog water?