Soek raad 243

Post Reply
carlo nolte
Newbie
Newbie
Posts: 12
Joined: Sat Apr 28, 2012 1:49 pm

Soek raad 243

Post by carlo nolte »

Soek raad!

Wil weet of ek moet laat akley, by wie kan ek aan my geweer laat werk want wil nuwe loop en kolf laat op sit. Moet ek hout/sintestiese kolf op sit watter tipe loop (twist ook) ens. Gaan geweer net gebruik vir jakkals jag! Is in Loxton distik!! Baie dankie vir hulp!! Carlo
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Soek raad 243

Post by Arnold »

Carlo
Watter koeels wil jy skiet en hoe lank gaan jou loop wees?

Gelamineerde hout is vir my mooi maar sinteties is dalk beter vir 'n werksgeweer. Sorg net dat as jy sinteties gaan dat dit kwaliteit is.
carlo nolte
Newbie
Newbie
Posts: 12
Joined: Sat Apr 28, 2012 1:49 pm

Re: Soek raad 243

Post by carlo nolte »

Arnold wil graag rondom 70 gr punte skiet en het klaar lapua doppe as dit iets mag beteken!! Baie dankie!!
Calldo
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 56
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:49 pm

Re: Soek raad 243

Post by Calldo »

Naand Callie

Sterkte met die soektog!

1 op 12 twist, 26 duim, sinteties, ackley!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Groete
Calldo
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Soek raad 243

Post by tripodmvr »

1 tot 10 is normale groefdraai. My gedagtes sou s? ten minste 1 : 8 vir swaarder koele. As jy dan 'n nuwe loop en kolf beoog gaan dan vir groefdraai wat swaarder koe?ls kan stabiliseer.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Gerard

Re: Soek raad 243

Post by Gerard »

Watse koe?ls skiet mens met 'n 12 duim spiraal in 'n 6mm?
carlo nolte
Newbie
Newbie
Posts: 12
Joined: Sat Apr 28, 2012 1:49 pm

Re: Soek raad 243

Post by carlo nolte »

gerard ek wil graag 70gr skiet en slim mense se 1 op 12 twit reg vir dit
Gerard

Re: Soek raad 243

Post by Gerard »

Daar is 'n paar re?ls van toepassing hier, rondom twist, koe?llengte en afstand.

Ons praat binne die konteks van een kaliber, in die geval, 6mm.

1.  Hoe korter die koe?l is, hoe korter is die afstand waaroor dit aangewend sal word.
2.  Hoe korter die koe?l is, hoe stadiger is die spiraal wat nodig is om die koe?l te stabiliseer. Die stabiliteitsfaktor moet meer as 1 wees, volgens 'n formule wat nie met Greenhill, Miller of soortgelyke metodes bepaal is nie.
3.  Indien die skietafstand minder as 'n bepaalde verhouding met die kaliber en spoed vorm (243Win is ongeveer 400m), maak dit nie saak as die s/f meer is nie, daar is geen maksimum syfer nie.

Dus: 
a)  Jy gaan nie verder skiet as 400m nie.
b)  'n 12" spiraal sal 'n 70gr loodkern koe?l stabiliseer.
c)  Jy kan egter nie 'n langer koe?l skiet nie, dit sal nie stabiliseer nie.
d)  Dit maak nie saak as die s/f van 'n 70gr koe?l meer as 1 is nie, dus kan jy 11, 10 of 'n 9 duim spiraal ook gebruik sonder enige nadeel vir die 70gr loodkern koe?l.
e)  'n 12" spiraal beperk jou tot 70gr terwyl 'n 9" spiraal geen nadeel vir die skiet van 70gr loodkerns het nie, maar langer koe?ls kan ook gebruik word.

Ek dink nie jy moet soveel geld spandeer om beperkings te koop nie.  Gebruik 'n 10 of 'n 9 spiraal wat minder beperkings het en hou so jou opsies oop. 
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Soek raad 243

Post by Jagtersdok »

Ek sou gegaan het vir die 1-9, Ackley hom en dan kan jy die langer mono's lekker stoot, nie korter as 26" nie

Wel dis my volgende loop.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Danie Lombard .243

Re: Soek raad 243

Post by Danie Lombard .243 »

Carlo

Oor jou vraag van watter 243 deel ek graag met jou dievolgende.

Ek is 'n boer wat vir jare met skaap (op klein skaal) geboer het. Bees is my hart se punt. Dus met die skaap boerdery moes ek vroeg in my lewe begin probleem dier beheer toepas en ek is in die diep kant ingegooi. Toe ek begin jakke en katte jag was daar nie 'n jaracal gewees nie, ook nie ouens wat wou raad gee nie. Elke ou wat jakke gejag het, het gedink hy het al die kennis en mag en wou nie raad gee of kennis deel nie. Kennis is niks werd as mens dit nie kan deel nie. Ek deel graag my kennis met jou t.o.v. 'n 243 (6mm) kaliber.

Vir die jag van ongediertes is daar sekerlik nie 'n beter kaliber as 'n 6mm nie. Daar is baie manne wat met my gaan verskil. Hier in my kant van die vrystaat boer ons met gras en ons hou diere aan wat die gras omskakel in 'n bemarkbare produk. Tydens 'n normale tot goeie jaar se reenval groei die rooigas drie voet hoog en in uitermattige goeie jare groei die rooigars oor die 4 voet hoog. Tydens die tyd is die gras halms en sade hooger as 'n 4wd bakkie se bonnet. As ons wereld so lyk is jak en kat jag 'n groot uitdaging. Al wat te siene is van die ondier is sy oe. Ek moes ook gou leer die verskil tussen die nag diere se oog kleur, die manier hoe die oe op en af en sywaarts beweeg as die dier beweeg, stap, draf en hardloop. Glo my, mens leer dit aan soos mens leer spore in die sand lees. Dit is sulke tye met die lang gras dat 'n 243 (6mm) kal tot sy reg kom. Dit vat 'n bul van 'n koeel om akkuraat op medium tot ver afstande bo van 'n bakkie af deur lang gras 'n dood skoot te skiet. Gras is nie 'n koeel in vlug se vriend nie. Ek het baie respek vir 'n 243 gekry hier in my wereld en aard van boerdery. Die plaas waar ek woon en waar my skape altyd geloop het is hoog bo seevlak. 1366m bo seevlak. Dit is hoog vir die platte VS. Net vir interesantheid, die R700 Bloemfontein-Bultfontein teerpad is 15km oos van my en die teerpad is om en by 80m laer as my huis. Dus le ek hoog en die wind waai meeste van die tyd hier tussen die koppies. Die wind waai soms so sterk dat en n vrou menigte nagte moet gaan windpompe briek om skade te voorkom. Soos jy dus kan aflei moes my jak en kat geweer in sterk wind en deur langs gras sy kant moes bring. Die .224 kal kan nie kers vashou in die omstadighede nie. Dus is my raad aan jou is as volg:

Kyk gerus na 'n std 10" groefdraai 243 Win met 'n lekker lang loop, 26" tot 28" en nie ackley nie. 85gr  87gr en 88gr punte het vir my sover die beste resultate gegee vir my tiepe jag. Ek het gou gevind dat die tiepe koeel gewig nie stadiger as 3300fps moet wees nie. Ek het al baie toetse gedoen met spoed tot op 300 meter (jy skiet nie sommer in die nag verder as 300 meter nie) en my ondervinding was dat die trajek nie veel verbeter het met 'n trompsnelheid van meer as 3300fps nie. Ek gaan nie hier noem tot waar ek al 'n 243 gedruk het t.o.v. trompsnelheid nie, jy sal dink ek leef in 'n verbeeldings wereld. Glo vir my, 3300fps is 'n versadige spoed vir 'n .243 met 85, 87 en 88gr koeels.

Ek tik alweer 'n opstel, ek sluit af. 243 Win std 26" - 28" loop  10" twist Win doppe S361 kruit 87gr V max 3300fps    en die wind kan maar waai en die gras kan maar lank wees, die kombinasie loop goed saam en gee nie probleme nie. Niks ge fire form nie, net laai en skiet. Baie Baie akkuraat.


Danie
Gerard

Re: Soek raad 243

Post by Gerard »

Nog re?ls wat mens nie kan ignoreer nie, ten opsigte van stabiliteit, spiraal en koe?llengte:

1.  Hoe ho?r die stabiliteitsfaktor is, hoe meer weerstand bied die koe?l tot destabilisasie. 
2.  As dit dus iets te?kom wat destabilisasie veroorsaak, is dit meer geneig om weer te stabiliseer na die invloed verwyder is en die destabilisasieimpuls moet groter wees hoe ho?r die s/f is.
3.  Daar is net drie maniere om stabilisasie in 'n gegewe kaliber te verhoog: Maak die spiraal stywer, maak die koe?l korter, stoot die spoed op.
4.  Temper die keuse van die koe?l se lengte (en dus BC) met die afstand wat nodig is om die werk gedoen te kry met 'n plat trajek, goeie windskuif weerstand en kort vlugtyd.

Met ander woorde: 'n Nege spiraal sal met dieselfde koe?l 'n ho?r s/f gee as 'n 12 spiraal.  Daar is 'n beter kans op sukses as daar per ongeluk deur gras of blare geskiet word.  'n Stywer spiraal gee meer keuses as a stadiger spiraal indien onder 400m geskiet word met 'n 6mm.
Danie Lombard .243

Re: Soek raad 243

Post by Danie Lombard .243 »

Oom Gerard  Ek stem 100% saam met oom se stelling dat 'n stywer spiraal die skut veel meer keuses bied as 'n stadiger spiraal.

10" twist en .243 is "PEAS AND CARROTS"  Hulle loop saam.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Soek raad 243

Post by tripodmvr »

Daar het jy nou getuienis van 'n man wat al baie jakkies met die 243 geskiet het. Gerard se inligting onderstreep wat hy ges? het. Kies dus 1-10 of 1-9 loop en kry jou skietding reg.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Soek raad 243

Post by Danie01 »

Ek nou nie n groot kenner nie en leer die afgelope tyd baie meer van gewere ens op die forum.

Ek sal stem vir 1:9 spiraal sodat jy die swaarder koele, bo 100gr ook kan stabiliseer, want indien jy ackley kan jy wel daardie swaarder koele vinniger stoot as gewone .243 en so word wind en gras nog meer uitgeskakel.

Ek het my .243 ook laat ackley en die fireform storie is nie n rede om nie te ackley nie. Ek skiet jakkies en springbokke net so dood en raak terwyl ek fireform en mens kan jou lading reeds ho?r gooi om by ackley specs te kom. Praat gerus met Wouter, ek seker hy sal jou mooi kan help en verduidelik.

Fireform is nie moeite nie, werk vir jou lading uit soos gewoon en as al jou doppe klaar gefireform is kan jy n klein aanpassingtjie doen om by jou node van ackley dop uit te kom. My lading met virgin dop is ,2gr minder as met ackley dop.

Groete
Danie
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Soek raad 243

Post by Arnold »

Hi Gerard
Sal 'n 1:10" twist Howa die 95gr Sierra genoegsaam stabiliseer? Die koeel is 1.18" lank.

Is daar dalk iemand wat die 95gr Berger of Sierra in hulle 10 twist 6mm skiet?
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Soek raad 243

Post by Marc »

Gerard wrote: Nog re?ls wat mens nie kan ignoreer nie, ten opsigte van stabiliteit, spiraal en koe?llengte:

1.  Hoe ho?r die stabiliteitsfaktor is, hoe meer weerstand bied die koe?l tot destabilisasie. 
2.  As dit dus iets te?kom wat destabilisasie veroorsaak, is dit meer geneig om weer te stabiliseer na die invloed verwyder is en die destabilisasieimpuls moet groter wees hoe ho?r die s/f is.
3.  Daar is net drie maniere om stabilisasie in 'n gegewe kaliber te verhoog: Maak die spiraal stywer, maak die koe?l korter, stoot die spoed op.
4.  Temper die keuse van die koe?l se lengte (en dus BC) met die afstand wat nodig is om die werk gedoen te kry met 'n plat trajek, goeie windskuif weerstand en kort vlugtyd.

Met ander woorde: 'n Nege spiraal sal met dieselfde koe?l 'n ho?r s/f gee as 'n 12 spiraal.  Daar is 'n beter kans op sukses as daar per ongeluk deur gras of blare geskiet word.  'n Stywer spiraal gee meer keuses as a stadiger spiraal indien onder 400m geskiet word met 'n 6mm.
Dags?

Ek neem aan dat mens 'n ho? SF soek vir jag na aanleiding van bogenoemde, maar hoe nou gemaak vir teiken skiet  ??? Die webwerf s? 'n lae SF is beter vir afstande verder as 500m of kyk ek nou soos my ......  :angel: Help my bietjie oor hoekom dit dan so is, of gan dit bllot oor die feit dat as mens teiken skiet daar geen destabilisasieimpuls gaan wees nie. Ek neem ook ann mens tel nie wind hier in nie, maar eerder voorwerpe soos gras ens.

Dankie
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Soek raad 243

Post by FHM »

carlo nolte wrote: Soek raad!

Wil weet of ek moet laat akley, by wie kan ek aan my geweer laat werk want wil nuwe loop en kolf laat op sit. Moet ek hout/sintestiese kolf op sit watter tipe loop (twist ook) ens. Gaan geweer net gebruik vir jakkals jag! Is in Loxton distik!! Baie dankie vir hulp!! Carlo
...en as jy dalkies daaraan dink om n eland te gaan skiet met die 243....moet GROOT ASSEBLIEF vir niemand op die forum se nie... ;)http://jaracal.com/index.php/topic,9029.0.html
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Gerard

Re: Soek raad 243

Post by Gerard »

Arnold,
Loodkern 95gr is omtrent so lank as wat mens in 'n 10" spiraal kan gebruik vir jagdoeleindes.  Vektor het vir 'n kort rukkie 9" spiraal 243Win gewere gemaak en hulle het tot by 105gr goed gewerk.  Interessant is dat die nuwe 244Rem ook met 'n 9" spiraal gemaak word.  Die ouer, maar andersins identiese, 6mm Rem was op 'n 11" spiraal gebou en het nie goed gedoen nie.

Marc,
Ons bly by die 243Win en skote onder 400m.  Daar is net een nadeel met 'n baie vinnige spiraal en koe?ls wat dan korter is as wat net nodig is vir stabiele vlug:  Enige afwyking in die dikte van die mantel, word oorgesit in 'n afwyking van die vlugbaan.  Hoe groter die s/f en hoe groter die afwyking, hoe groter die groep.  Dit is egter net van toepassing op bankskiet, waar die verskil tussen wen en 2de plek een millimeter kan wees.  Mens kloof hare hiermee vir veldskiet en so aan.

Waar skote verder as 400m gaan, word die boog van die trajek 'n faktor.  Die spiraal/koe?llengte moet so gekies word dat die punt sal begin sak wanneer dit oor die boog van die trajek gaan.  Die lang as van die koe?l moet nie so sterk gestabiliseer wees dat dit draaimoment weerstaan, soos wat dit oor die boog beweeg nie.  As die s/f so hoog is dat die lang as die druk op die punt weerstaan en die koe?l se lang as nie die vlugbaan volg nie, begin val die koe?l sywaarts op die agterkant van die trajek. 

Dit bevoeter die ballistiese koefissi?nt want die koe?l maak 'n groter gat in die lug.  Die tol van die koe?l, met die groewe wat in die skag gedruk is met die loop en aan die rigting van beweging blootgestel is, veroorsaak dat die koe?l onaanvaarbaar uitrol in die rigting van die spiraal van die loop.  Mens verloor tweekeer met die verlaging in b/k en die uitrol.  Albei is ook onvoorspelbaar van skoot tot skoot want die druk op die punt en neusboog sal wissel namate wind wissel.

As enigiemand 'n eland skiet met 'n 69gr HV koe?l van GSC, neem mooi fotos, gee vir my die feite en ek sal 'n Gallery blad daarmee doen.  ;D  ;D

http://www.gsgroup.co.za/05gallery.html
Danie Lombard .243

Re: Soek raad 243

Post by Danie Lombard .243 »

Iets t.o.v. 10" spiraal en lang koeels.  Ek het lank met groot sukses 105gr A MAX geskiet in 'n 10" spiraal .243 Win Truvello loop @ 3000fps gelaai met S361 kruit. Volgens die A MAX pakkie moet en kan die koeels slegs stabiel skiet in 9" spiraal en vinniger lope. Nie waar.

Voor ek 'n .308 Win besit het vir papier skiet het ek met my .243 Win en 105 A MAX koeel geskiet vir papier komp, seker by die 500 skote sonder enige probleme, baie akkuraat. Ek het 4 pakkies 105gr A MAX oorgehad en dit persent gegee vir 'n vriend in Pta. Hy skiet tans die koeels in sy Parker Hale 10" spiraal .243 Win ook met groot sukses met goeie groepe tot op 300 meter. Die aplikasie is vir die SAJWV vlakte tabel komp.

Dus kom die straat praat nie altyd ooreen met dit wat in die praktyk werk nie. Volgens my ondervinding stabiliseer 'n 10" spiraal .243 vanaf 55gr tot en met 105gr akkuraat en suksesvol. Het baie toetse gedoen en het ondervinding van .243 laai.

Beste resultate t.o.v. trajek en spoed vir 'n .243 Win is 85gr  87gr  88gr @ 3300fps  Vir jag doel waar lyfskote (hart/long) geskiet word 100gr @ 3000fps
Gerard

Re: Soek raad 243

Post by Gerard »

Ek het lank met groot sukses 105gr A MAX geskiet in 'n 10" spiraal .243 Win Truvello loop @ 3000fps gelaai met S361 kruit. Volgens die A MAX pakkie moet en kan die koeels slegs stabiel skiet in 9" spiraal en vinniger lope. Nie waar.
  Ja en nee.  Hoekom?  Die 105gr A Max is 'n VLD koe?l en die manne wat lope en koe?ls maak s? dit kan nie so werk nie.

Vanaf Shilen se webwerf:
6mm/.243
- 8" Special for VLD bullets over 100 gr
- 10" For bullets up to 120 gr. and VLD under 100 gr.

Die Lilja Precision Barrels se webwerf s? dat 105 en 107gr VLD 243 koe?ls vra vir 'n 8" spiraal en dat 100gr koe?ls 'n 10" spiraal vra.  Dit is onder op die bladsy by http://www.riflebarrels.com/products/ca ... _rates.htm

Sommige koe?l vervaardigers gee ook riglyne soos byvoorbeeld die wat Danie noem van Hornady met die 105gr A Max.  Berger se webwerf s? dat hulle 105 vra vir 'n 8" spiraal en Sierra s? hulle 107 vra vir 'n 7" tot 8" spiraal.

Die rede is omdat die loop- en koe?lvervaardigers aanbevelings maak wat in alle omstandighede van temperatuur en lugdruk sal werk.  Faktore wat stabiliteit beinvloed is lugdruk, temperatuur en humiditeit.  Daarom kan mens met 'n stadiger spiraal wegkom in die binneland as by die kus.  In die binneland is die lugdruk laer want die elevasie is ho?r.  Gewoonlik is die humiditeit laer en so ook die temperatuur.  Dit is alles goed wat kan meewerk tot 'n laer spiraal vereiste.

Gebruik dus die 105gr A Max in 'n 10" spiraal onder die regte toestande en jy sal daarmee wegkom.  Vat daardie selfde lading na die laeveld toe of onder die berg by Cradock en jy is in die moeilikheid.
Last edited by Gerard on Sun Jun 10, 2012 1:33 am, edited 1 time in total.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Soek raad 243

Post by Marc »

Dankie Oom Gerard

Nou maak dit bietjie meer sin. Ek hou hierdie post fyn dop, want my 243 is ook in wording  ;)

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Soek raad 243

Post by Piet Breedt »

My .243 Savage het n 26" 1/9.25 twist loop. Ek wil die 87gr Bergers skiet in kompetisies en die 87 V-Max vir j akkalse. Wat beveel julle gesoute .243 manne aan moet ek gebruik, kruit primers en ladings, en wat se spoed kan ek verwag daarmee?
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Soek raad 243

Post by JACQUES BOTHA »

Piet
Die heel beste raad is : Skiet die kompetisie en jakkals met jou kruppel2-50..
Jy het mos al gewys wat hy maak en hoe akkuraat hy is...
Jy wil reeds alles in jou guns het met kompetisie en jag --so jy het mos gese die kruppel2tjie waai mider en het  beter trajek--
Wat is jou rede vir die verandering dan?
Of is dit net omdat jy wil en kan en gaan?
Mooi skiet
Jacques
(as jy rerig die 243 wil skiet is die beste raad as volg---sny jou kamer vir m 6mm 250 ugly(OF ..XT.XT.CS.GC) ---minder kruit SELFDE PERFORMANCE OF BETER????)
Shoot straight and tell the truth!
Post Reply