Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Het enige van julle die groot protes (soos die aktieviste dit genoem het) teen die uitdun van robbe langs die Namibiesekus gevolg? Ek het nog niks in die nuus gesien nie, maar hul webblaaie het belowe om dinge dubbel so moeilik vir die pro-uitdunning groepe en die Namibiese regering te maak, as verledejaar se poging. Dit is duidelik dat hulle al meer ondersteuning kry en ander groepe soos "Stop trophy hunting now," "Stop SA hunting," "Animal shame," "The Seals of Nam," en "Stop the Slaughter of the Namibian Seals" op Face Book groei redelik vinnig. Daar is sekerlik mense wat deel van meer as een van die blaaie se "lidmate" is, maar dis nogal 'n spannetjie wat as aktief aangesluit wys. Wonder watse impak hulle regtig op owerhede en wetgewers het? Om hul kommentaar te lees is nogal goed vir my lae bloedruk, maar 'n oordosis is moontlik...
Volg dit maar in die Republikein, ek plaas vir jou die laaste drie artikels.
10.02.2012
Toerismeraad weet niks van boikot
DIE Namibiese Toerismeraad (NTB) dra geen kennis van ?n oproep deur ?n internasionale diereregte-organisasie dat dit deelname aan ?n toerismekonvensie in Berlyn geweier moet word nie. Seals of Namibia het ?n formele aansoek aan die organiseerders van die Internasionale Toerismeraad se Berlynse Konvensie (ITB) gerig om Namibi? se deelname in Maart te weier.
Die versoek spruit uit Seals se protes teen Namibi? se omstrede jaarlikse robbe-oes. Hulle grond hul protes- en boikotaksie voorts op wat hulle bestempel as ?die direkte skending van Namibi? se Dierebeskermingswet van 1962? wat bepaal dat dit ?n oortreding is om enige dier te ?martel, skend of wreed te slaan, skop, aanpor of skrik te maak.? NTB het by monde van sy skakelbeampte, Maggy Mbako, ges? sover dit hulle aangaan, gaan voorbereidings vir Namibi? se deelname by die ITB volstoom voort. ?Ons (NTB) het geen kommunikasie van Messe Berlin ontvang oor die voorgestelde protes- en boikotaksie nie.? Volgens Mbako word die tipe aangeleenthede deur die ITB se sekuriteitsafdeling hanteer.
?Ons sal leiding van hulle ontvang oor hoe om sulke gevalle te hanteer, sou dit ons pad kruis.? Intussen s? Pat Dickens, veldtogbestuurder van die beswaardes, die boikot het die volle ondersteuning van ?n aantal beroemdes insluitend die Verenigde Nasies se woordvoerder vir vrede, dr. Jane Goodall. Ethical Traveller, ?n nie-winsgewende organisasie wat die ekonomiese mag van toerisme gebruik om menseregte en die omgewing te beskerm, het volgens Dickens ook Namibi? van sy lys van ?etiese bestemmings? afgehaal, vanwe? die land se voortsetting van sy jaarlikse robbe-oes.
Amerika, Mexiko, die Europese Unie en Rusland het na bewering ook alle invoere van robprodukte verban, terwyl die W?reldvereniging vir die Beskerming van Diere, Bont voor Dieren in Nederland en Respek vir Diere in Brittanje in briewe ook beweer dat ekotoerisme-inisiatiewe ?driehonderd keer meer? inkomste vir Namibi? as die jaarlikse robbe-oes sal oplewer. In die lig hiervan en in met inagneming van die negatiewe publisiteit wat die robbe-oes reeds ontvang het, meen Seals of Namibia dit is genoegsame stukrag vir ?n algehele boikot teen Namibiese deelname aan die Berlynse Toerismekonvensie.
Die organisasie erken dat ?n ekonomiese boikot nie iets is wat ligtelik opgeneem en uitgevoer moet word nie, maar die ?skrale N$500 000 tot N$1 miljoen? wat die robbe-oes in inkomste genereer, is genoegsame motivering om eerder te fokus op die inkomste wat ten opsigte van ekotoerisme in die land se sak kan beland. Van die Namibiese maatskappye wat beswaardes gevra word om in die boikotaksie te teiken, sluit in Namibi? Brouerye, Namdeb, De Beers, Air Namibia, Namibiese Toerismeraad, Hangana, Bank Windhoek en Namibia Dairies.
1.03.2012
Robstrelers skaad land
Bernard Esau: Minister van Visserye en Mariene Hulpbronne In Mei vanjaar sal ?n volledige verslag oor die voorkoms van robbe langs die suidweskus van Afrika beskikbaar wees n? ?n omvattende opname waaraan drie lande en die Benguela-stroomkommissie deelgeneem het.
Dit kan selfs ?n faktor word in Seal Namibia se huidige pogings om Namibi? as gevolg van die oesmetodes uitgesmyt te kry uit ?n internasionale toerismekonvensie wat in Berlyn gehou gaan word.
Die stryd om die robbe is gister deur die Minister van Visserye en Mariene Hulpbronne, mnr. Bernard Esau, opgehaal toe hy sy jaarlikse raadpleging met verteenwoordigers van die visbedryf op Walvisbaai gehou het. Volgens hom het die robdebakel nou ?n kritieke fase bereik. Hy s? die robbe word as ?n belangrike natuurlike hulpbron beskou wat benut moet word. ?Alles moet net binne die raamwerk van die wet geskied.?
Die Minister het gepraat terwyl toeriste en hengelaars met beweringe gekom het dat hulle langs die noordkus op honderde dooie robbe afgekom het. ?n Aanvaarde verklaring vir die verskynsel is dat dit almal jong robbe is wat van honger vrek omdat die volgende paarseisoen aangebreek het en dat baie koeie terug is see toe met die kleintjies wat nog nie vir hulself kon sorg nie.
Die meeste van die robbe l? by Horingbaai, maar dit is blykbaar waar die stroom hulle uitspoel nadat die vrektes by die kolonie by Kruiskaap ingetree het.
Esau het ges? sy Ministerie handhaaf ?n beleid dat oop gesprekke oor die oesmetodes van die robbe gevoer kan word. Die geweeklaag van Seals Namibia en hul maats het nogtans al hoe erger geword. Hy vind dit jammer dat die genoemde instansies so optree en ook hiervoor moet ?n oplossing gevind word.
?Ons is bereid om alle belangegroepe te woord te staan. Ons wag op voorstelle op ander oesmetodes as die wat nou gevolg word.?
Verlede jaar is op die lugopname langs die kusgebied van Suid-Afrika, Namibi? en Angola in samewerking met die Benguela-stroomkommissie besluit. Die ontleding van gegewens uit die lugopname in Desember word nou gedoen. ?Die aansien van Namibi? staan op die spel,? het Esau ges?. ?Ons sal egter voortgaan om ons seebronne ingevolge die wet en in ooreenstemming met internasionale gebruike te oes.?
Opnames van die robvoorkoms word elke drie jaar uitgevoer met die laaste waarnemings voor Desember wat in 2009 gedoen is. Drie jaar gelede was die robbron gesond. Wanneer die robkwota vir vanjaar bepaal word, sal rekening met die bevinding in die onlangse lugopname gehou word.
13.03.2012
Robstrelers se veldtog begin
Die seisoen van die robstrelers het begin. Die geldmasjien van die versetbewegings en robmammas teen die oes van robbe langs die Namibiese kus het verlede week weggetrek met die reisekspo van die New York Times. Vrydag het dit oorgegaan in die amptelike veldtog. In Kaapstad word m?re betoog en in Durban Saterdag.
Volgens Pat Dickens van The Seals of Namibia word die Kaapse en Durbanse veldtogte onderskryf deur instansies by name Beauty Without Cruelty en World Events to End Animal Cruelty. Nog betogings gaan voor die Namibiese ambassade in Brussel en die Namibiese ho? kommissaris se kantore in Londen gehou word. Chicago, Denver, Boston, San Diego, Melbourne, Sydney en Toronto gaan ook aan die beurt kom.
Die veldtog geniet blykbaar die steun van verskeie Suid-Afrikaanse kunstenaars ? Verity, Faizel Sayed, Braam Malherbe, Cito van Wonderboom en die model Christina Storm.
The Seals of Namibia se Pat Dickens s? al opsie wat vir die robdoedies oorbly, is ?n verdubbeling op verlede jaar se poging. Om dit te bereik, moet Namibiese sport, produkte en toerisme geboikot word.
Namibi? het ?n kraampie gehad by die reisekspo van die New York Times. Op die byeenkoms het die veroordelaars van die roboes vlugskrifte versprei en honderd groot baniere vertoon. Op die baniere was daar foto?s van hoe robbe doodgeslaan word. Die robmalles het ook hul weergawes van die roboes aan onskuldige ekspogangers gegee.
The Seals op Namibia het ook kennis geneem van die Minister van Visserye en Mariene Hulpbronne, mnr. Bernard Esau, se verhoging van die robkwota in 2012. Verlede jaar was dit 85 000 robbe. Vanjaar is dit 91 000.
In sy mediamedeling verwys Dickens na die Namibiese owerstes as ?n ?regering van wolwe?.
En die duisende robbe wat nou langs die noordkus vrek? Die rede is hongerte weens ?n oorbevolking. Nie een is doodgeslaan nie.
Ek hou veral van die laaste reel in die koerantberig. Ek stem saam dit is seker nie n mooi gesig nie maar seker maar een van die dinge wat gedoen moet word om die robbe se getalle onder beheer te bring. Maar ja dit is seker nog n lang debat wat ek dink verder kan strek as die een van eties jag.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time "SPEED KILLS"
Die mense wat iets het teen die uitdun van robbe het nie n clue wat rerig aangaan nie. Ek was nou laasmaand in henties en daar derduisende robbe. Daai robbe moet eet!! Ek het met parkeraat bietjie gesels wantdie strande was vervuil met dooie robbe, ek vra toe of hulle vrek geslaan is? Hy kyk my so snaaks aan en se nee meneer hulle vrek van die honger! Daar is nie meer genoeg kos vir hulle in die see nie! Wonder hoe gaan henties se vis oor so 10jaar lyk?
Groetnis
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
Die mense wat iets het teen die uitdun van robbe het nie n clue wat rerig aangaan nie. Ek was nou laasmaand in henties en daar derduisende robbe. Daai robbe moet eet!! Ek het met parkeraat bietjie gesels wantdie strande was vervuil met dooie robbe, ek vra toe of hulle vrek geslaan is? Hy kyk my so snaaks aan en se nee meneer hulle vrek van die honger! Daar is nie meer genoeg kos vir hulle in die see nie! Wonder hoe gaan henties se vis oor so 10jaar lyk?
Groetnis
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
Ek stem saam, die anti-oes robliefhebbers protesteer uit onkunde of a.g.v. verskuilde agenda's. Wat maak van 'n rob 'n uitverkore spesie?? Volhoubare benutting (eerder selfs onder-benutting) van hierdie bron is juis die rede hoekom die robbe so floreer aan die Namibiese kus. Enige realistiese, logiese mens wat die robkolonies besoek, sal sommer oombliklik sien daar daar juis te veel robbe is, eerder as wat hul voortbestaan bedreig word. Verder weet elkeen wat ons viswaters van ouds ken, dat die afname in die vispopulasie angswekkend was - die paar vissermanne kan tog nie alleen daarvoor verantwoordelik gehou word nie.
Lees met my trip onlangs na Kaap Kruis dat 'n rob gemiddeld net so onder die 4 kg vis per dag gemiddeld vreet (tot soveel as 9kg). Dit wemel v/d robbe - sekerlik tien duisende (indien nie honderde duisende) robbe by Kaap Kruis alleen, wat nog te s? van al die ander kolonies aan ons kus?? Maak hulle die som van hoeveel ton vis 'n dag deur die rob populasie verorber word? Dit is rampspoed vir ons vispopulasie. Die probleem is nie dat die robbe ge-oes word nie, die probleem is dat daar hopeloos te min van hulle ge-oes word. Die druk op die visbron is eenvoudig net te hoog. Moet ons wag dat die robbe uitvrek van die honger as ons visbron tot niet is of sal ons die robbe eerder 'n slag oordentelik oes dat die visbron kan herstel? Laasgenoemde is tog meer logies.
As die vis-populasie weer aansterk dat die blinklywe weer soos van ouds aan die Namibiese kus loop, dan kan ons die robbe vir so jaar of twee met rus laat om die onkundige aktiviste te paai. Dink God het vir ons gesonde verstand gegee om te gebruik, jammer dat emosie en verskuilde agenda's soms daarmee inmeng.
Selfde pad as die olifante die kalahari raak net groter in Botswana maar die groenes sal nie 'n vinger lig nie sal liewers die goed wil laat vrek uit honger as lood.
Die betrokke Regerings Dept se navorsing het gewys dat die robbegetalle begin groei het toe die oes van die robbe begin het. So as die oes stop sal die getalle stabiliseer op die hoeveelheid kos beskikbaar. Daar vrek egter elke jaar duisende weens hongerte ens. langs die kus. Ry maar net van Luderitz na Walvis langs die kus as die lam? tyd is.
Die getalle groei weens die stimelasie van die oes.
So waaroor die groenes raas weet nugter, seker om ne een van die donners iets weet van ekonomie, bestuur van hulpbronne en al daai inteligente goete nie.
Last edited by JK on Wed Mar 14, 2012 6:58 pm, edited 1 time in total.
Daai is nou net soos die stelling van hoe meer jakkalse ons skiet hoe meer gan daar wees!
Ek se dun die goed ordentlik uit! Ek soek nog n paar robvellies en n beursie!
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
Klink nou net soos malennema, Het groot bek maar weet niks waarvan hy praat nie!!!! En dan wil die klomp dommes hom nog vir presedent he? Domste nasie nog ooit!!
Ek dink nie die uitdun van rob getalle is regtig die probleem nie, inteendeel ek weet ook dat hulle getalle minder gemaak word. Die probleem is oor hoe dit gedoen word en ek weet ook dat die manier heel bekostigbaar is en dat die media soos gewoonlik op loop gaan met 'n video waar iemand 'n rob met 'n piksteel doodslaan maar kyk net 'n slag daarna, dit is wreed, punt. Ek is seker hulle kan dit beter doen met 'n .22 pistool of so iets. Almal van ons weet dat as rob getalle nie beheer word nie gaan hullle die vis reserwes uitwis. Almal weet ook dat olifante in Afrika die bome en bosse uitwis en dat hulle getalle ook beheer moet word. Ons grootste probleem is die media wat dit vir die res van die wereld wys. Hierdie is nie jag nie maar plein, teregstelling en dit is 'n probleem. Elkeen van ons wat onself 'n jagter noem sal saamstem dat die manier waarop dit gedoen word baie wreed kan voorkom.
Groete Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!
Dit mag wreed voorkom, net soos 'n jakkie wat dalk bietjie sleg geskiet word en vir maar sekondes tjank en te kere gaan op 'n video, of die ou wat 'n olifant onlangs meer as tien skote moes ksiet voor hy dood is, ook op video en sommige boogjagte waar diere 'n tweede en soms derde pyl geskiet moes word en op video beskibaar is. Maar die wreedheid is nie die werklike probleem nie. As jy met die "anti" groepe begin redeneer besef jy baie gou dat hulle diere gelyk en selfs hoer as mense stel. Doodmaak is eintlik vir hulle 'n probleem en die stoere aktiviste gebruik nie eers melk of eiers nie, want die kom van diere en is in hulle oe verkeerd.
Die bietjie wat ek oor die robbe kon oplees wys dat die uitdun metode wereldwyd as die mees menslike beskou word. Die groot bulle word geskiet en die welpies word met 'n piksteel bewusteloos gelsaan en dan met 'n dolk in die hart gesteek. Die rob is net so gou dood soos 'n bok wat in die hart geskiet word. As dit reg toegepas word, word troppies van van vyf tot tien uitgekeer en doodgemaak op 'n slag. Dat van die oesspanne nie altyd by die reels hou nie is ook waar. Ons kry dit maar in die jaggemeenskap ook. Dis waar die skietgoed vir die "anti" groepe vandaan kom.
Dankie, ja dit is so dat die "Tree huggers" diere sien as ons gelyke en selfs hoer en daar is van hulle wat glo dat hul van die dier afkomstig is en ek kan nogal partykeer ooreenkomste tussen hulle en ape sien en stem ek nie met hulle saam oor baie goed nie. Hulle het ook soos jy tereg gese het 'n probleem met die doodmaak en gebruik van enige dier. Al wat ek se is dat die metode van doodmaak waar daar volgens my geen vorm van kamera behoort te wees nie steeds wreed is maar 'n paar maande gelede was daar ook op 50/50 'n program oor doodmaak metodes by abbatoirs en dit was ook as wreed gesien. My punt is dat daar nie sulke beeldmateriaal behoort te wees nie.
Ek het nie 'n probleem met die oes nie, ek oes self, moet dit dan net nie verfilm en uitsaai nie.
Groete
Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!
Alles van die rob word gebruik / verkoop. Ek kan onthou dat selfs die robbe se peesters goeie geld gegaan het 'n klompie jaar gelede (raai aan wie dit verkoop is?) Wat 'n student nie alles sal doen vir 'n ou geldjie nie ... ek moes as deel van my vakansie werk een jaar, o.a. die voorraad robpeesters van 'n vismaatskappy op L?deritz tel. Glo dit het vandag seker die selfde ho? waarde - die gedroogde rob pielietjies dien glo die selfde doel as renoster horing. Verskil is dat robbe nie 'n bedreigde spesie is nie en gelukkig word niks verder vermors nie, dit is as ek nou reg onthou.
Soos ek die ding sien wil die groenes van die wereld niks doodgemaak h? nie. In die wereld vandag is dit if you pay your way you stay" ek meen hoekom is daar soveel wildplase vandag, omdat wild 'n waarde het, net soos met skaap of beesboerdery, as daar nie 'n waarde aan iets geheg kan word nie hoekom moet hy bewaar word.
As wilboere nie wild kan verkoop en sodoende 'n lewe maak nie is daar mos geen sin in om wildplase te h? en wild te bewaar nie. Dit is dieselfde met die robbe, dit is net erger met hull in my o? aangesin hulle nog 'n bedreiging inhou vir die visbronne ook.
Ek meen die wereld is besig om mal te word, dieslefde probleem geld in Duitsland met die wildevarke, daar is miljoene van hulle maar hulle mag nie gejag word nie. Hulle mag egter toegelaat word om die natuur totaal te verwoes, waar is die balans.
As dit van die groenis afhang moet alles gelos word tot ons as mens uitvrek van die honger omdat al die ondiere kan maak wat hulle wil. Maak my sommer die do.... in.
Hansman, daar moes meer met jou tipe insig gewees het!
Vissermanne hier aan ons kus sou al waargeneem het, dat daar van tyd tot tyd, letterlik 100de der 1000de jong robbe uitspoel wat vrek van die honger. Ek het van tyd tot tyd al waargeneem dat vir tien talle kilometer strand langs, jy enige plek kan stop, en binne elke 50m, sommer 'n hele paar dooie robbe sal sien l?. Daaroor het die groenes boggerol te s?, behalwe om die skuld daarvan op die oesery te pak. Net soos wat die doodmaak van jakkalse kamtig meer jakkalse tot gevolg het. Selfde pot tjol wat hulle oral verkoop as hulle in 'n hoek is.
Ek is doodseker dis minder wreed en pynlik om op die mees menslike manier doodgemaak te word, tydens 'n oes, as om van honger te vrek. MAAR, nou ja, ons sal hulle nooit oortuig nie. Sommige van hierdie oordrewe groen aktiviste is so verknog aan hul emosioneel opgesweepte tonnelvisie, dat realiteit nooit daar sal insink nie. Jammer.
Die branderplank ryer wat deur 'n haai doodgebyt is nou onlangs is waarskynlik die gevolg van die boom drukkers se kapsie teen die uitdun van die robbe.
Daar is nie genoeg vis vir die robbe nie, hulle is besig om te vrek van die honger en dit lok die haaie wat die maklike prooi soek. Die haai het waarskynlik gedink die branderplank ryer is 'n rob en die ou probeer eet. Haaie eet mense baie selde, daar moet iets wees wat die haai sal sneller om tot aanval oor te gaan.
Die koerant sal natuurlik nooit se dat die haai aanval die skuld is van die onnosel boomdrukkers nie. Iemand kan 'n lewe maak uit die robbe sonder dat daar 'n paar idiote is wat nou oornag weer skatryk wil word en alles uitmoor en daarna verdwyn. Die sleutel tot enige sukses is maar altyd balans.
Last edited by Fanie on Sun May 06, 2012 2:03 am, edited 1 time in total.
Afgryse oor die slagting van robbe
2012-06-28 00:48
Elise Tempelhoff
Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het met ?afgryse en skok? kennis geneem die grootste diereslagting ter w?reld begin wel eersdaags in Namibi? wanneer 85 000 robwelpies doodgeslaan en 5 000 bulle doodgeskiet word.
Andries Venter van die NDBV het gister ges? hulle het vandeesweek ?n verslag van die Namibiese ombudsman ontvang waarin hy bevind die robslagting mag voortgaan.
Volgens die NDBV het adv. John Walters, Namibiese ombudsman, in sy verslag geskryf hy kan die robslagting nie keer nie.
Hy het wel aanbeveel die sogenaamde ?uitdunning? moet ?minder wreed? wees, soos dat welpies met net een hou oor die kop geslaan en daarna onmiddellik geslag moet word.
Hy meen die mees praktiese manier om die welpies dood te maak, is om hulle dood te slaan mits hulle onmiddellik bewusteloos is en dan geslag word.
Venter het ges? die NDBV gaan die saak nie daar laat nie en is besig om met internasionale dierewelsynsorganisasies vennootskappe aan te gaan om dit te probeer keer of kort te knip.
Die Namibiese regering voer reeds etlike jare aan die robbevolking het ?ontplof? en dat die diere die land se visvoorraad in die Atlantiese Oseaan opvreet.
Die Namibiese regering kan dit nie met statistieke en wetenskaplike bewyse staaf nie, al het die NDBV en verskeie ander organisasies hulle al daarvoor gevra, het Venter ges?.
Volgens hom gaan die NDBV en die World Society for the Protection of Animals (Wisper) ekonomiese druk op die Namibiese regering plaas om van die jaarlikse slagting af te sien.
Hulle gaan die Namibiese toerismebedryf teiken en mense waarsku oor wat in die volgende vyf maande by Cape Cross, ?n gewilde toerismebestemming, gebeur.
Die NDBV verwag groot openbare teenstand teen die slagting en Walters se bevindings.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time "SPEED KILLS"