Etiket in die veld

Deon Joubert

Re: Etiket in die veld

Post by Deon Joubert »

Ja Vlooi.
En het ons dit nie al baie gekry nie my vriend! Amen
User avatar
johan1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Tue Feb 14, 2012 2:57 pm

Re: Etiket in die veld

Post by johan1 »

Hugo nee, darm nie. Maar jy kry ouens wat ou aanjaag en aanjaag, en as jy weer kyk is hulle weg. Dan het hulle gaan slaap of uitpas.

Ek is n groot bok vir sports, en vat lekker.... maar op my voorwaardes. Ek sal n shooter op sy tyd vat, maar die bottel hoef nie leeg te wees in 5 min nie. Hoekom moet jy so jaag om gesuip te raak en die vuurkuier en pelle mis vir n aand.

More aand is jy nog broos, en dan is dit in elk geval nie lekker nie. Deon jys skaars op die praatjies jong man waar kruip jy weg?
moenie jagters kritseer met n mond vol biltong nie
Swys14
Hero Member
Hero Member
Posts: 1045
Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm

Re: Etiket in die veld

Post by Swys14 »

Goeie en belangrike thread glo ek. Common Sense gaan hier redelik ver. Maar ek glo alle reels moet voor die jag deurgegaan word dat almal mekaar mooi verstaan en weet wat verwag word van mekaar.
CZ 537 - 7x57mm Mauser
Nosler 48 - 243 Win
Savage 12 VLP DBM - 300 WSM
Tikka T3 Lite - 22-250 Rem
Glock 19
"Niks wat die moeite werd is gebeur vinnig of maklik nie"
User avatar
gillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 957
Joined: Fri Aug 05, 2011 7:05 am

Re: Etiket in die veld

Post by gillie »

Baie punte is al genoem.  Ek sal ook net saam met sekere vriende jag. Hier so paar wat vir my kan bykom:

1. Sit jou selfoon af, of ten minste net op silent. Jy het hom hopelik net saamgebring veld toe om die bakkie te bel om te se waar ons in die veld is.

2. Rook as ons terug in die kamp is, asb.

3. Se dankie as ek jou duiwelse kwesbok van kant gemaak het, nadat jy 'n fancy nekskoot getry het waarvoor jy nie voor voorberei het nie, dit nadat ek moes pass om my bok te skiet wat saam met jou kwesbok geloop het. En nog meer, moenie my hap oor dat ek jou kwesbok geskiet het nie, dit terwyl die bloed teen sy nek afgeloop het! Dit nadat jy die oggend 9u al begin bier drink het nie, gelukkig het ek nie saam met jou ge"jag" nie. Ek verwag nie 'n medalje nie, net 'n doodeenvoudige dankie dat ek jou uitgehelp het met die bok wat hulle nooit sou kry nie, wat maar net toevallig voor my verby gekom het.
.22 LR
.222 Rem
7mm-08
8x57 jrs
300 WinMag
375 H&H Mag CZ 550
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Etiket in die veld

Post by BRNO (Pierre) »

gillie wrote:
3. Se dankie as ek jou duiwelse kwesbok van kant gemaak het, nadat jy 'n fancy nekskoot getry het waarvoor jy nie voor voorberei het nie, dit nadat ek moes pass om my bok te skiet wat saam met jou kwesbok geloop het. En nog meer, moenie my  hap oor dat ek jou kwesbok geskiet het nie, dit terwyl die bloed teen sy nek afgeloop het! Dit nadat jy die oggend 9u al begin bier drink het nie, gelukkig het ek nie saam met jou ge"jag" nie. Ek verwag nie 'n medalje nie, net 'n doodeenvoudige dankie dat ek jou uitgehelp het met die bok wat hulle nooit sou kry nie, wat maar net toevallig voor my verby gekom het.
Hierdie is so waar. Dit het met my al verskeie kere gebeur dat ek n ander man se kwesbok doodgeskiet het, wat hy my lip, of n dik bek gegee het.
Veiligheid eerste manne!
Henry 7
Hero Member
Hero Member
Posts: 511
Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am

Re: Etiket in die veld

Post by Henry 7 »

Matewis
Ek sit hier met 'n helse smile so ver ek lees wat almal s?-alles is waar en elke ou het sy eie dinge waarvan hy hou of nie hou nie-dis hoekom jy self kan besluit saam met wie en waar jy wil gaan skiet--wat die kwes storie betref dink ek nie jy hoef te veel te worry nie-wys my die ou wat dit nog nooit oorgekom het nie-sorg net dat jy hom so vinnig as moontlik kry met almal se hulp as dit nodig is!
Henry
BOKRAM
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 78
Joined: Fri Jan 23, 2009 6:15 pm

Re: Etiket in die veld

Post by BOKRAM »

Manne wat kort-kort op hul selfone is, met  'ma' of besigheid doen oor die foon, hoekom het jy dan vir die naweek weg gegaan ??

As iemand van n  'gun'  praat,as hy afrikaans is....  'My gun skiet n bietjie hoog'

En  as iemand my voorse hoe om in die veld, met My bakkie te ry, en self op jou eie grond....

Hahaha, n man mag mos maar moan ook, .......geniet die jagseisoen !!!!
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Etiket in die veld

Post by Hugo »

Bokram,

Ek noem my gun n gun, of n ghoen, of kettie,

Kwes bokke skiet, o jis tog, ek skiet n pens skoot blesbok met my gun agter die kop, stun hom net, na die jagter se hy wil nie, gelukkig sit ek nog n rondte in die kamer, toe ek hom in die langgras sien spring hy op 3m voor my en dan skiet ek vir die bok, ek mik nie, die ding moet plat, skiet ek hom agter deur die niere en hoog, ek sny sy keel en die man is boos. Maar ekt sy bok gekry.

Maand later bel hy my en teef oor hy sy mond gesny het oor n stuk koper van die punt in sy maalvleis, ek was stom.

Dank vir stank.
.22LR Slazenger
.243 Howa
.303 Lee Enfield
30.06 Browning
.38spl Astra
Bowtech 340D

To be sure of hitting the target, shoot first and call whatever you hit the target.
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Etiket in die veld

Post by Hugo »

Nog n ding, jagter kwes n Rooibok ram, ons soek seker 4ure, nader hand is ek met die cruiser om en om die kamp en my mense saam die jagter met n radio, hul radio en se hulle sien hom. Ek jaag soontoe, die jagter se dis die bok hy dood seker.

Ek se wil jy skiet of ekke, hy se nee hy wil, skiet en daar hol die bok. Kry bloed en daar staan die bok onder n boom, hy skiet hom 3de skoot plat, toe skiet hy vir hom n vars een, toe raai wie se skuld is dit, na ek hom afslag gee op die 2de ram is sy bek dik, gooi sy goed op sy bakkie groet nie en ry daar uit soos n resies perd.

Sulke houdings maak my siek.
.22LR Slazenger
.243 Howa
.303 Lee Enfield
30.06 Browning
.38spl Astra
Bowtech 340D

To be sure of hitting the target, shoot first and call whatever you hit the target.
User avatar
Philip De Bruyn(MFWIC)
Full Member
Full Member
Posts: 171
Joined: Mon Mar 26, 2012 9:23 pm

Re: Etiket in die veld

Post by Philip De Bruyn(MFWIC) »

Hallo Almal,
Ek self het al stank vi dank vannaf die boer gekry.
Ons is vroeg oggend oppad om op 'n buurplaas te gan jag want die boer wil nie he ons moet nog van sy blesbok ramme skiet nie,so ent langs sy draad af sien ons so omtrent 25 van sy swbeeste gan onder sy draad deur(hy het vi ons gese hy het draad skade gekry met die reen en nog nie reg gemaak nie) ons bel die man en begin solank kyk of ons kan help,na omtrent 6ure het ons 18 van die diere terug op sy plaas en ons hele dag is gemors vi die jag.
Nou ek sou gedink het die man sal bly wees ons het van sy diere terug gekry mar nie hy nie nee hy gan aan of dit ons skuld was dat hy te sleg was om sy drade reg te maak en net daar wil hy nie he ons moet verder jag nie.
Ons het net daar ons karkasse gelaai en die pad gevat,en dit nadat ons al klaar 60K se wild by hom geskiet het.
Nou dit is wat ek noem stank vi dank.
SPRINGBOK TOT BUFFEL .375 OR BUST

HOWA 1500 .375 RUGER AMERICAN WALNUT STOCK
Post Reply