Sonic Cleaner : Herbesoek vir terugvoer

Post Reply
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Sonic Cleaner : Herbesoek vir terugvoer

Post by tripodmvr »

Ek het gaan krap op AHN (Oz jagforum) en daar word toe verwys na die soniese skoonmaker wat Vlakvark soveel moeite gedoen het om vir ons te stuur. Sien die een kerel het dit vir net 17 dollar aangekoop.

Hulle rapporteer ook die gebruik van 2 of drie siklusse, gebruik van wynsteensuur en spreek ook redelike tevredenheid uit. Ek is nog baie tevrede met myne en 'n mens moet net bietjie dink en daar is baie ander dinge wat hy kan skoonkry. Het bv. 'n geblokte stortkop ingegooi en hy is weer prima.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Sonic Cleaner : Herbesoek vir terugvoer

Post by Vlakvark »

Hi Tripod Die winkel wat ek dit by gekoop het, het nou weer van hulle gehad vir $25.00 maar hulle was 50ml kleiner as die wat ek vir julle gekry het

http://aldi.com.au/au/html/offers/2827_19811.htm
Image
Image
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Sonic Cleaner : Herbesoek vir terugvoer

Post by Vlakvark »

Hier is die een wat hulle nou weer gehad het

http://www.aldi.com.au/au/html/offers/2827_20640.htm


onthou om die mandjie uit te haal vir dop skoon maak dit gee hom meer skoon maak krag
Image
Image
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4600
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Sonic Cleaner : Herbesoek vir terugvoer

Post by James Wilson »

ek gebruik my sonic cleaner net om seker te maak die binnekant en die flashole's is skoon. ook as ek haastig is om weer te begin laai sal ek die doppe so 3 siklusse van 8min deur sit en dan sal ek hulle droog en herlaai. ek gebruik wynsteensuur saam met die consentrate. as ek dan nog tyd het voordat ek gaan laai sal ek die doppe vir 24-huur in die tumbler sit. ek het nou al gelees in party herlaai manuals dat die skrywers nie hou van geweer doppe tumble nie, ek kan egter nie n fout daarmee sien nie. ek gooi so 1 keer elke 10 tumbles ook n bietjie MR muscle in en saam met daardie s/cleaner is die doppe werklik skoon en mooi blink.

ek het ondervind dat as jou dop binne regtig vuil is agv van ander redes soos bloed wat agterop die bakkie in die dop ingeloop het, maak die tumbler dit nie werklik skoon nie. die s/cleaner sukkel egter nie op die "interne" probleme op te los nie.
Last edited by James Wilson on Sat Apr 21, 2012 9:44 am, edited 1 time in total.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Sonic Cleaner : Herbesoek vir terugvoer

Post by tripodmvr »

Ek dink die lekkerste van die soniese skoonmaker is die feit dat jy hom kan los om sy eie ding te doen. Het nie toesig nodig nie en hy doen goeie werk. Tyd is nie sommer 'n faktor by dopvoorbereiding nie. Die ander ding is hoe maklik die stel skoonmaak na die tyd.

Tumbling is ook een van daardie aksies wat oornag gedoen kan word. Dit is ook 'n ding wat eenvoudig is en uitstekend werk.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Fanie

Re: Sonic Cleaner : Herbesoek vir terugvoer

Post by Fanie »

Julle weet dit seker en ek se dit nou net vir die ouens wat dit nie weet nie.

Ultrasoniese skoonmaak werk net as jy die regte oplos middel in die bak gebruik vir die tipe wat ook al jy skoon wil maak.  Ek kry ouens wat my bel en dink dis een of ander wonder apparaat wat met water enige iets skoonmaak en dit is nie so nie.  Die skoonmaak of oplos middel is steeds die belangrikste enkele vereiste om goeie resultate te kry.

Wat die ultrasoniese vibrasie wel doen is om skoon te maak waar jy nie maklik met kwasse en lappe bv kan bykom nie bv in klein holtes en in nate.  Resonansie speel soms ook 'n rol so as die holte of naat nie lekker werk nie en jy sit die item in 'n skoonmaker wat teen 'n ander frekwensie werk dan lyk dit weer soos oe verblindery.  Die frekwensie is 'n funksie van die energie oordraer (transducer) wat nie kan verander nie.  Die piezo oordraers word gekeek om 'n sekere hoeveelheid energie te kan oordra en omdat hulle fisies groter is om die meganiese werk te doen as bv die dun klank skyfies, is hulle frekwensie gebonde, so as jy die drywer frekwensie verander word anders as sy resonante frekwensie dan verbrokkel die oordraer homself letterlik (soos in hy self-destruct).

Oppas vir sommige skoonmaak goed, benzine bv is reeds gevaarlik ondat die vel dit maklik absorbeer en in 'n ultrasoniese bad gebeur vel absorbsie super vinnig.

Koper verhard as dit vervorm word, as jy dit teen so 180o in ma se oond bak vir 30 minute of so dan word dit weer sag en krimp sonder om te kraak vir die ouens wat meer keer wil laai.  Bak na hulle skoon is voor jy krimp anders brand die vuilgoed vas.

Dink aan my as julle so lekker skiet.
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Sonic Cleaner : Herbesoek vir terugvoer

Post by Cobus(Cobb) »

Laat ek gou kom saam piepie....

My Sonic hol soos 'n droom, wat Tripod s? oor die self werk sonder supervision is gaaf.
Primer pockets word in boor met pocket cleaner gou gedoen(anders raak cleaner mengsel te vuil)Ek gooi gedistileerde water en Lyman Turbo Sonic cleaner sousie mengsel, loop 3 siklusse, dan gou droogvryf/blaas, dan op vensterbank as ek nie haastig is nie, anders in oond teen 60? vir so 30min.

Die cleaner het een dag sommer net opgehou werk, die liggie het gebrand maar geen vibrasies gehad nie, 'n ligte klap teen die kant, toe hol hy weer pragtig.

Moetnie jou doppe in die mandjie wat voorsien is sit nie, dit verhinder die skoonmaak proses.
Ek het ook al pistool parte in hom gewas en dit kom ook baie skoon uit, maar het die pistool van "gunblue" tot silwer verander...lyk nou sommer beter.
Angelique en Danielle se juwele swem ook soms lekker in die cleaner, maak dit ook mooi skoon.

Weereens dankie Vlakvark, jou moeite word vandag nog waardeer.

Cheers 
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Sonic Cleaner : Herbesoek vir terugvoer

Post by Christo »

Cobb wrote:
Angelique en Danielle se juwele swem ook soms lekker in die cleaner, maak dit ook mooi skoon.

Weereens dankie Vlakvark, jou moeite word vandag nog waardeer.

Cheers
Hier die selfde. Ek kan amper shop opsit so kom die juwele vir skoonmaak.

Dankie Vlakvark.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Dries Skiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1097
Joined: Mon Oct 01, 2012 10:01 am

Re: Sonic Cleaner : Herbesoek vir terugvoer

Post by Dries Skiet »

Hi Almal

Ek spook nog die hele tyd met my sonic cleaner, lees toe bietjie hier en haal toe ook die mandjie uit, 1x 480sek siklus en silver skoon is my doppe.

Dankie vir die goeie raad, ek het ding amper weg gegooi.

Groete

Dries
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Sonic Cleaner : Herbesoek vir terugvoer

Post by JTM »

So soos dit lyk vir my moet jy nog steeds tumble saam met jou sonic cleaner? Soos ek ook verstaan is die sonic cleaner net vir kaal doppe natuurlik , maar met 'n tubler kan jy nog jo rondtes tumble na dit klaar gelaai is. Doen julle dit so? Wat voeg julle by die tumble media om te help met die pollitoer van die rondtes?
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1230
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: Sonic Cleaner : Herbesoek vir terugvoer

Post by junglejulian »

dit is nie n goeie idee om ammunisie(gelaaide rontes) in die tumbler te sit nie.die vibrasie veroosaak dat die beskerm lagie wat op die kruit is afkom wat die verbrandings spoed affekteer en self gevaarlik is omrede die druk dan te hoog kan wees.tumblers is net bedoel vir metaal(doppe,koeels en goed soos juweliersware)
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1520
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Sonic Cleaner : Herbesoek vir terugvoer

Post by swc-tr »

Moet glad nie ammunisie in 'n tumbler sit nie, die dryfmiddel word beskadig, verander die brandspoed en het al tot katastrofiese resultate gelei!
User avatar
Dries Skiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1097
Joined: Mon Oct 01, 2012 10:01 am

Re: Sonic Cleaner : Herbesoek vir terugvoer

Post by Dries Skiet »

Ek stem, die wrywing en vibrasie kan groot 11-1-11 maak. GEEN MAAR GEEN LEWENDIGE AMO IN TUMBLER!!!!!!!!!!!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13663
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Sonic Cleaner : Herbesoek vir terugvoer

Post by Geno »

Tumble van rondtes is verkeerd.

PMP tumble gelaaide ammo. Dis dalk waar die moeilikheid inkom!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Sonic Cleaner : Herbesoek vir terugvoer

Post by JTM »

Sien , daar leer mens nog iets... :o
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Sonic Cleaner : Herbesoek vir terugvoer

Post by BRNO (Pierre) »

JTM wrote:Sien , daar leer mens nog iets... :o
Stem. Ek wou nog voor die vreeslike skommelinge van die forum die vraag stel. Nou leer ek sommer hier :D
Post Reply