Hoe ouer 'n man se o? raak hoe slegter sien ek in die nag met jaglig.
My ervaring is dat ek met die Fullfield 11 baie goed in die dag sien, Baie duidelik en ek is baie tevrede, maar besef dat dat 42 mm voorste lens minder lig deurlaat as 56 mm.
die probleem is egter in die nag, Ry twee of meer kere per week in die nag met twee arbeiders agter op, elk een met 'n Lightforce lig, nie uit keuse nie maar gedwing want die rooi- en groukatte vreet omtrent elke nag een of meer skaaplammers op.
Probleem is egter dat as ons 'n oog optel kan ek die o? goed sien maar nie kan nie die teikendier goed genoeg sien om te sien wat dit is. Kudu' se o? is v?r genoeg uit mekaar om te kan identifiseer, maar bergbokkies en katte is nie elke slag duidelik identifiseerbaar nie.
My vraag is of dit werklik betalend sal wees om R6700 te betaal vir 'n 6X Burris of RR4700 vir 'n 4X Burris 3-12 x56 of sal dit beter wees om soortgelyke Meotra te koop wat mees moontlik duurder gaan wees.
Sal 'n Meoptra se 56 mm lense meer lig deur laat as selfde grote Burris lense?
Sien op die internet advertensies beklemtoon Meoptra hul teleskope se nag-sien vermo?, Burris beklemtoon ander eienskappe.
Nou is ek in 'n dwaal, wat is die beter opsie, want die regtige duur Europese teleskope is buite my finansiele vermo?.
So moet koop wat ek kan bekostig maar wil darem ook graag beter sien met jagligte.
.
Verskoon as ek s? dat daar helse verskil is tussen 30 en 70 jaar, maar feite is katte moet geskiet word, en kan net skiet wat ek sien.
Raad/insette sal waardeer word..
Frik
Is Burris 6X 2-12x50 se nagsigvermo? as beter as Burris Fullfield 4-16x42
-
Frikjordaan
- Full Member

- Posts: 217
- Joined: Wed May 11, 2011 9:35 pm
-
Jaktrap
- Sr. Member

- Posts: 294
- Joined: Tue Nov 02, 2010 8:59 pm
Re: Is Burris 6X 2-12x50 se nagsigvermo? as beter as Burris Fullfield 4-16x42
Hallo Oom Frik
Ek het ook nou Meopta se reviews gelees en almal is baie beindruk.Die een ou reken hy sal dit oorkoop as jy nie heeltemal tevrede is nie.
Dit is nogal baie gese, maar almal se standaarde is seker nie dieselfde nie.Sal Oom die 56 mm wil he of die 50 mm.
Het Oom al n prys gekry op die Meoptas
Groete Albe
Ek het ook nou Meopta se reviews gelees en almal is baie beindruk.Die een ou reken hy sal dit oorkoop as jy nie heeltemal tevrede is nie.
Dit is nogal baie gese, maar almal se standaarde is seker nie dieselfde nie.Sal Oom die 56 mm wil he of die 50 mm.
Het Oom al n prys gekry op die Meoptas
Groete Albe
-
Frikjordaan
- Full Member

- Posts: 217
- Joined: Wed May 11, 2011 9:35 pm
Re: Is Burris 6X 2-12x50 se nagsigvermo? as beter as Burris Fullfield 4-16x42
Albe.
Het nog nie juis 'n antwoord op die vraag of 'n duurder model van die selfde maak teleskoop juis beter, meer helder, beter lig deur laat of wat ook al het as goedkoper model van die selfde maak.
wat ek raak sien is dat die duurder model se advertensies baie ander eienskappe aandui, maar of die lense juiis veel beter kwaliteit is weet ek nog nie. Glo die intree model teenoor die baie duurder een is dalk beter lens kwaliteit, maar dat die middelvlak en die heel duurder een regtig baie verskil weet ek ook nie.
Is 'n Leupold VX 2 veel swakker lens kwaliteit as 'n VX 3
Of 'n Burris 4X se lens kwaliteit as 'n 6X
Wonder of ons gewone ouens ooit sal weet
mooi loop

Karasberge Namibi
-
Fanie
Re: Is Burris 6X 2-12x50 se nagsigvermo? as beter as Burris Fullfield 4-16x42
Hallo Frik, ek kan nou nie 'n positiewe bydrae maak oor die scope nie maar ek kan met jou simpatiseer oor die gesienery. Ek dra die vervlakste lees brilletjies want naby wil niks fokus nie. Elke keer as ek iets optel om te dra dan druk die brilletjie plat as hy om jou nek hang en dan is diie ding oor die muur.
Wat 'n frustrasie. Laat weet as jy jou goed uitgesorteer het, ek sal sien as julle pos hier op die draad.
Wat 'n frustrasie. Laat weet as jy jou goed uitgesorteer het, ek sal sien as julle pos hier op die draad.
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5154
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Is Burris 6X 2-12x50 se nagsigvermo? as beter as Burris Fullfield 4-16x42
Oom Frik ek is geen ekspert nie maar ek sal s? dat dieselfde teleskoop maak en model SAL die 50mm lens beter sien as die 42mm en so die 56 beter as die 50mm.
Kom ons loer gou na die oppervlak van elke lens.
42mm 1386
50mm 1964
56mm 2464
Dit is die vierkante mm vir die verskillende lense.
Die 50mm laat bykans 1.5X soveel lig in as die 42mm en die 56 mm raak raak aan 2X sovee lig.
Nou in die nag waar lig min/skaars en baie belangrik is sal die lens deursnee van dieselfde maak en model 'n baie groot rol speel.
Net so sal die beter model van dieselfde maak en dieselfde lens deursnee beter lig deurlaat as die goedkoper een van dieselfde maak.
Ek kan dit sien op my Nikon Monarch en my Nikon Prostaff.
So die opgradeer na grootter lens is die eerste stap in die regte rigting maar as oom die beter model kan koop en die grootter lens dan is dit die geld en moeite werd.
Peet

Ja dit is, as oom in swak lig na dieselfde vergrooting VXII en VXIII gaan kyk sal oom die verskil sien, gewone man of nie.Is 'n Leupold VX 2 veel swakker lens kwaliteit as 'n VX 3
Peet
Last edited by Pvdw on Sun Apr 22, 2012 7:55 pm, edited 1 time in total.
Work to live, don"t live to work