Etiket in die veld
- matewis
- Hero Member

- Posts: 1065
- Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am
Etiket in die veld
Naand almal,
Ek is (redelik) nuut in die jagbesigheid en as diere- en natuurliefhebber het die gogga behoorlik so jaar terug gebyt! Ek is ook 'n gholfer (meer gewillig as bekwaam!) maar as daar een ding is wat 'n man irriteer op die baan is dit iemand wat nie behoorlike etiket het nie of dink hy's net die man. Hy/sy speel dalk binne die re?ls maar daar is tog sekere ongeskrewe "gentleman's agreements" wat geld.
Ek glo dit is dieselfde as ek 1) deel van 'n jag-groep is en 2) op 'n ander man se plaas jag. Basiese dinge wat boere/gesoute jagters as vanselfsprekend aanvaar (skiet ek die jonges of die oues, ramme of ooie, dragtig natuurlik buite die kwessie, hoe besluit ons wie skiet eerste, hoe kommunikeer ek, selfone in die jagveld (glo my ek het dit al gesien!), klerkdrag, keelsny of maagtrek in die veld, kwesbokke soek (soos om saam met daai mannetjie met sy nuwe PING elke keer sy skewe dryf te soek!)..
Is daar dalk al 'n forum wat hierdie al bietjie bespreek is of waar kan ek gaan oplees om nie my naam gat te maak of die naweek vir almal ongemaklik te maak nie? Natuurlik ken ek die basiese beginsels van die wet en wapenbeheer maar sal graag die fynere, basiese maniere van die begin af wil aanleer.
Soos RSG se inbellers vir ou Nieke sou s?: Ek luister graag verder...
Baie dankie en groete

- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Etiket in die veld
Ek help die ander man se bok soek, punt. As ons hom gekry het kan die jag weer aangaan.
Meer oe sien die bloedspoor net makliker raak en hoe gouer ons die bok kry hoe vinniger
hou hy op ly.

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Etiket in die veld
SA Jagters se opleidingsmateriaal het 'n afdeling oor jagetiek wat baie insiggewend vir jou kan wees. Etiek verwys na die norme wat jy vir jouself stel wanneer jy allenig of saam met 'n gids die jagveld betree. Jy maak dus jou eie re?ls en besluit hoe jy gaan optree. Nou is dit jou gewete wat bepaal wat moet gebeur en nie gebeur nie. Gewoonlik is ons baie strawwer met onsself as met ander medejagters. Etiek is dus nie 'n eksakte wetenskap nie en word gelei deur jou persoonlike ervarings en invloede van buite. Die belangrikste is seker dat jy gelukkig voel met die wyse wat jy optree teenoor jou medemens en die prooi wat jy agtervolg.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- matewis
- Hero Member

- Posts: 1065
- Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am
Re: Etiket in die veld
Ek stem, maar 'n man voel kla soos 'n idioot as jy kwes so wil nie nog ander in die o? moet kyk om my bok te help soek nie, wil weet dit is hoe dit werk. Die man wat nie wil help nie is anders.
Nie dat ek mik vir 'n kwes nie maar dit gebeur tog!
Nie dat ek mik vir 'n kwes nie maar dit gebeur tog!
- matewis
- Hero Member

- Posts: 1065
- Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am
Re: Etiket in die veld
Dankie tripodmvr, sal defnitief gaan loer op hul site.
Op 'n ligter noot: In Braveheart s? William Wallace op 'n stadium dat hul spiese sal maak tweemaal 'n man se lengte, waarop die ander verdwaas reageer dat sekere manne langer is as ander!
Ek skat dit is seker ook so as dit by gewete kom. Wat vir my sal irriteer is dalk doodnormaal vir 'n ander.
Maar ek stem heeltemal saam met jou! Dankie
Op 'n ligter noot: In Braveheart s? William Wallace op 'n stadium dat hul spiese sal maak tweemaal 'n man se lengte, waarop die ander verdwaas reageer dat sekere manne langer is as ander!
Maar ek stem heeltemal saam met jou! Dankie
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Etiket in die veld
Ek jag al jare lank en oefen sodat ek genoeg vaardigheid het om doodskote te skiet. In die jagveld is alles nie altyd perfek nie en laat jou vaardigheid of oordeel jou in die steek - ons is bloot mense met foute. Dit is nie lekker om kwesskote te h? nie, maar ek voel dit my plig om te help waar soiets gebeur. Die missie moet wees om eers die gekweste dier te dood en dan die ander jagte te hervat. Soms met bek en afpoot skote is die' soektog nie altyd suksesvol nie - ek het dit al persoonlik beleef.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Etiket in die veld
Lekker topic die Matewis.
Jy slaan die spyker op die kop- dis verbasend hoe maklik 'n klein simpel dingetjie die atmosfeer en soms die hele trip kan versuur!!!
Gewoonlik bestaan 'n jaggeselskap uit vrinne wat mekaar goed ken en weet wat van mekaar verwag word, maar mens word wel soms saamgenooi na 'n jag waar mens nie al die gebruike/persone ken nie, en wil nie graag jou naam wegsmyt as jy dit kan verhelp nie.
Hier is so paar punte wat ek as belangrik ag in hierdie verband. (Voel gerus om by te voeg of te verskil- dis slegs my opinie):
1)wapenveiligheid. My insiens die vinnigste manier om kwaai vriende op 'n jagtrip te maak, is om nie wapenveiligheid as top prioriteit te stel deur alle jagters nie. Bespreek VOOR die jag in aanvang neem hierdie punt met alle jagters teenwoordig sodat elkeen weet wat van mekaar verwag word, en reels ooreengekom word aangaande die rig van wapens, slotte uit in die kamp, geen patroon in die loop behalwe by aanle na bok ens. ens. Hierdie kriteria kan verskil van jagter na jagter en jagtrip tot jagtrip, maar sorg dat dit bespreek en vasgemaak word voor julle begin jag. Om agterop 'n bakkie te staan en om te kyk, net om in die donker gat van jou nonchalante vriend se roer af te staar, het persoonlik nogal die vermoe om my humorsin te laat verdwyn......
2) Voorbereiding: Doen jou huiswerk voor die tyd klaar.
a) Gaan oefen om uit "field posisions" te kan skiet voor jy by die jagveld opdaag.
b) As dit moeilike terein is met 'n stapjag, raak darem bietjie fiks voor die jag. Dis M$%^RSE irriterend as jy besig is om die bok te bekruip en jou maat hyg en blaas soos 'n speenvark met 'n asma-aanval, terwyl dit klink soos Rommel se tenkbrigade in Noord afrika wat oppad is soos hy elke stok en tak raaktrap en klippe raakskop, omdat hy onfiks is......
c) Sort jou geweer voor die tyd uit. Kyk dat al die skroewe vas is en die geweer in goeie werkende toestand is voor jy gaan. Jy gaan nie noodwendig die gunsteling op die jagtrip wees as jy die oggend 10min voor julle vertrek veld toe gou eers 'n skoonmaakstok moet leen om die perdebyneste uit jou loop te stamp nie. Of insulation tape vra om die kraak in jou kolf mee vas te draai was sederd laasjaar se jag opgedoen is toe jy "per ongeluk" jou geweer van die bakkie laat afval het nie. En dan halfpad deur die eerste dag jou tjommie moet vra of jy maar met sy geweer kan skiet vir die res vd trip, want jou "ou staatmaker" is nou eweskielik nie meer so lekker nie....
Dit geld ook vir die instel van jou geweer- die paar skote op die skietbaan by die jagplaas, is bloot om te bevestig dat jou geweer NOGSTEEDS skiet waar jy hom KLAAR INGESTEL HET VOOR DIE TYD. As jy nou 'n onderlangse gebrommery onder jou jagmaats wil ontketen, dan moet jy die oggend op die skietbaan voor julle veld toe gaan, 'n pakkie en 'n half patrone vat net om eers die papier raak te skiet.... en dan terloops laat val "nee boys ek verstaan nou nie dit nie, twee jaar terug toe ek laas met die geweer geskiet het, het die skote darem op 'n pennie geval....."
d)Hofsitting: Dis maar 'n gebruik wat ek en my jagpelle 'n tradisie tydens ons jagtogte gemaak het. Een van die hoogtepunte van elke dag. Saans om die vuur is daar 'n "voorsitter", en elke lid kry 'n beurt om "klagtes" gedurende daardie dag tov sy mede jagmaats te lug. Daar word dan op 'n toepaslike "straf" besluit deur die geselskap (gewoonlik in die vorm van 'n vinger of twee versnappering uit die groen bottel met die duitse geskryf op), wat elke man vir sy wandade kry. Dis altyd in ligte luim, maar tog kry elkeen kans om klein jakkalsies uit te stryk op 'n mooi manier, sonder dat iemand ge-afronteerd voel.
Right, dis nou eers genoeg getik, voor ek gout in my vingers kry.
Ek voeg by as ek aan nog goedjies dink. Doen gerus dieselfde.
Groete
Pieter

.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
-
KalahariKlong
- Hero Member

- Posts: 891
- Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am
Re: Etiket in die veld
Baie lekker topic en ek dink oom Tripod slaan die spyker op sy kop, juis om daai rede gaan elke man se siening oor jag etiket verskil.
Al wat ek kan byvoeg in die verband is "Kies jou vriende versigtig en jou jag geselskap nog meer"
Ek het dit al oorgekom om saam met manne te gaan jag wat hoog gesien is in die gemeenskap maar as hy op die plass land is hy 'n vark, snaaks hoe dit werk as mama lief jou nie genoeg vrye teels gee nie.
Groete
KK

Only those who dare to fail greatly can ever achieve greatly
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Etiket in die veld
Etiek sentreer soos ander genoem het om jouself. Die woord respek kom baie na voor in SA Jagters se handleiding. Respek vir jouself, jou medejagters, jou gasheer en sy werkers sowel as jou toerusting.
Jagbeplanning verwys na die aspekte van korrekte kalibers en ammunisie en jagvaardigheid vir die taak wat jy aanpak (bv 223 vir jou elandjag, ammunisie wat nie wil kamer ens.) Dit spreek ook die keuse van jagmaats, geweerveiligheid, padveiligheid (baie jagters word beseer deur voertuie - in die veld of oppad na jou bestemming), drankmisbruik en sosiale gedrag aan.
Kies dus reg alvorens jou lekker jagtrip in 'n nagmerrie ontaard.
Ek hou van die bunduhof wat Pieter na verwys. Dit kan dan op ligte luim mense op hul foute wys en so 'n gekrap uitskakel.
Jagbeplanning verwys na die aspekte van korrekte kalibers en ammunisie en jagvaardigheid vir die taak wat jy aanpak (bv 223 vir jou elandjag, ammunisie wat nie wil kamer ens.) Dit spreek ook die keuse van jagmaats, geweerveiligheid, padveiligheid (baie jagters word beseer deur voertuie - in die veld of oppad na jou bestemming), drankmisbruik en sosiale gedrag aan.
Kies dus reg alvorens jou lekker jagtrip in 'n nagmerrie ontaard.
Ek hou van die bunduhof wat Pieter na verwys. Dit kan dan op ligte luim mense op hul foute wys en so 'n gekrap uitskakel.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5023
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Etiket in die veld
Interesante topic,
Ek was nog sover gelukkig om meeste van die tyd saam met mense te jag met minder jag ervaring as ek as my vriende en dan ook kliente en gewoonlik is daar nie 'n probleem om dan gehoorsame jagters saam te he nie want hulle weet hulle kan net leer van my af. Maar in dieselfde asem ken ek en weet ook nie alles nie en sal dit vir my baie lekker wees om saam ander gevorde jagters net te gaan jag en sal ek oplet en sien of ek nie slegte maniere of dinge geleer het oor die jare nie. Of natuurli ander nuwe goed en idees te leer.
Etiek in die veld het ek maar so deur die jare deur tydskrifte (Veral Magnum), boeke en my eie jagte opgetel (Ek is die enigste in ons familie wat jag)
Ek is seker as jy golf of jag DVD op tv kyk maak nie saak wie jy na kyk nie sal jy altyd kan foute uitwys van die manne al is dit klein.
Ek dink dit is seker die grootse trekpleister met jag jy kan elke dag iets nuut leer as jy mooi gaan soek.
En ek dink iets vir die kampvuur in die aande is om vir ander te vertel wat jy dalk geleer het of interesant opgetel het in die dag.
Deel jou kennis met ander jagters.

.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
- Hugo
- Hero Member

- Posts: 1977
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm
Re: Etiket in die veld
Hier my opinie: Nobody likes a smart ass. As iemand jou nie vra wat om nou te maak nie, hou jou opinie vir jouself, nederig is altyd n goeie ding in die veld, ek kan haat as manne groot praat, ekt al n ou gegids wat my try vertel hoe groot is daai rooibok, sommer 30" se hy, dan bly ek mar stil, wees nederig in die veld, want n windgat kry altyd sy dag, en dan versuur jy die hele jag en ander sin.
Nog n ding, die rokers, as iemand n stompie so dood druk in die sandd en hom daar los kry ek die horries,
So dis mar my insae, klink kras, mar dis wat my nogal pla in die veld.

.22LR Slazenger
.243 Howa
.303 Lee Enfield
30.06 Browning
.38spl Astra
Bowtech 340D
To be sure of hitting the target, shoot first and call whatever you hit the target.

- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Etiket in die veld
Hugo
Ja, daar is maar paar dinge wat so hier en daar pla en veral babelas gidse en jagters gee my weer die horries.
Mooiloop

Mooiloop en Geseende Kersfees!
- Jassie
- Hero Member

- Posts: 549
- Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm
Re: Etiket in die veld
Taffie/Hugo ek stem saam.
Hierdie soort van ding is gewoonlik nie so eenvoudig of/en malik om in woorde om te sit nie en uit te druk nie.
Daar is vir my, selfs voor veiligheid en drankmisbruik, niks wat my meer afpieps as iemand vra om 'n geweer te "leen" nie. Die oomblik as die situasie hom voordoen voel ek hoe die skaaf ernstig teen die grein oploop. Ek weet nie hoekom nie maar dit laat my BAIE ongemaklik voel. Ek het dit al hierdie ongemaklikheid by ander persone ook opgemerk. Ek dink nie dis die werklike gebruik van die geweer wat my pla nie, maar miskien die mentaliteit en "menswees" van die persoon wat dit vra, ek verloor sommer respek of so iets, ek weet nie. Terloops ek het al my geweer vir iemand aangebied, hy het hom gebruik en lekker gejag daarmee en dit het my nie gepla nie so ek weet nie wat dit is nie.
Ek moet ook verder s? dat ek lank vriende bly met ouens wat/waar ons lekker saam gejag het. Waar dit nie die geval was nie het die vrienskap ook sommer gou getaan. Ek oordeel nie sommer mense nie maar na 'n jagtrip/geweer-ervaring is my "mind" gewoonlik opgemaak.
Net my ervaring (terloops veiligheid en misbruik van drank is net so belangrik)
Groete
JAS

"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
- Hugo
- Hero Member

- Posts: 1977
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm
Re: Etiket in die veld
Moenie laat ek begin met babbelas jagters nie, ekt n gids help kuip op n plaas want ekt sommer geisn hy is getrek, toe sny die mo@r my raak, ekt my hemeur so semi verloor en op hom begin skree toe hardloop hy weg, reken die eienaar my ek moes hom gemoer het, so jis, dis nie my plek nie.
Die boogmanne wat sit en slaap en my se daar was geen wild nie en die voer wat ek uitgesit het het mos self hul goed gevat ek gemove,
Ekt al gestap saam n "ph" wat nie weet hoe n geweer werk nie, die geweer uit my hande uitgepluk toe n grooooot vark voor ons weg hol, ek se toe passop daai sneller is sentitief... Halwe sekonde later klap daar n skoot in die lig in. Ek was nie bitter nie, ek was de... In.
Die boogmanne wat sit en slaap en my se daar was geen wild nie en die voer wat ek uitgesit het het mos self hul goed gevat ek gemove,
Ekt al gestap saam n "ph" wat nie weet hoe n geweer werk nie, die geweer uit my hande uitgepluk toe n grooooot vark voor ons weg hol, ek se toe passop daai sneller is sentitief... Halwe sekonde later klap daar n skoot in die lig in. Ek was nie bitter nie, ek was de... In.
.22LR Slazenger
.243 Howa
.303 Lee Enfield
30.06 Browning
.38spl Astra
Bowtech 340D
To be sure of hitting the target, shoot first and call whatever you hit the target.
.243 Howa
.303 Lee Enfield
30.06 Browning
.38spl Astra
Bowtech 340D
To be sure of hitting the target, shoot first and call whatever you hit the target.
-
atplay
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Sun Mar 18, 2012 12:19 am
Re: Etiket in die veld
Lekker onderwerp hierdie, baie dankie vir die pitkos en voorstelle.
- johan1
- Sr. Member

- Posts: 431
- Joined: Tue Feb 14, 2012 2:57 pm
Re: Etiket in die veld
Ek verpes dit om aangejaag te word met n drankie.... toe toe toe maak gou, jys nou een agter. Ek s nie daar om te kyk wie kan die hardeste val of die meeste katte skiet nie. gaan aan as jy wil ek hou jou nie terug nie.
Gidse wat rook in die veld of wat soos 5dae oud kaalvoet myn gumboots ruik, ek wil kots die heeltyd en gril tot in my tone as ek dink hoe sif hy is.
Gidse wat jou in n skoot probeer inpraat. ...jy kan ook die skoot skiet.. want baas Piet het laasweek ook so en so geskiet. Eks nie baas Piet nie ek, en ek skiet soos ek goed dink.
Mense wat met hulle vleisie by die braai aankom en dan sommer n stuk van joune ok afsny of sommer heeltemal vat want ons is mos noou in n groep.... jinne jinne jinne.
Bring jou eiedrank en koeldrank los myne uit tensy ek offer. Hoe beplan jy? Ons gaan nie gou gou netnou inry dorp toe nie. Ek gaan nie eers saam my vrou dorp toe , hoekom moet saam jou ry want jy beplan soos jou g@#$
Los my bok uit as ons Sondag laai by die koelkamer. Laai jou eie bladskoot bok of knypkop.....
Vat asb skoon klere saam om mee terug te ry. Nie lus vir jou pensmis broek of 3dae ou sweet hemp hier langs my nie
Moenie grootbekk wees oor al jou kop, nek skote , en dan mors jy ons ander se jagtyd met jou kwesskote nie. veral nie n tweede en derde bok nie.
Moenie alewig kibbel met die boer oor dit en dat nie. Vind al die dinge uit voor die tyd en val in by dit of bly by die huis. Ons ander wil dit graag geniet, en nie met n rooigesig staan en luister hoe mean en sterk jy is nie.
net ietsie van my
n ander dingetjie. n Komplimente waar dit toekom is baie werd op sy tyd

moenie jagters kritseer met n mond vol biltong nie
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Etiket in die veld
Iets wat vir my belangrik is, is wanneer dit gebeur dat jy van n bakkie af moet skiet, nomineer baie duidelik die bok waarvoor jy gaan skiet, en die ander kant wanneer iemand anders op die bakkie staan en skiet, maak seker dat jy weet vir watter bok hy gaan skiet, en help hom en die drywer of gids kyk wat die bok doen na die skoot geklap het.
Iets wat ek hier geleer het, is hou die slot oop tydens die neem van fotos. Dit maak sommer die foto mooier

Veiligheid eerste manne!
- Hugo
- Hero Member

- Posts: 1977
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm
Re: Etiket in die veld
Johan1, so jys een van daai manne wat met die backwash slukkie speel vir ure op n aand?
Ek joke ek joke.
Ek joke ek joke.
.22LR Slazenger
.243 Howa
.303 Lee Enfield
30.06 Browning
.38spl Astra
Bowtech 340D
To be sure of hitting the target, shoot first and call whatever you hit the target.
.243 Howa
.303 Lee Enfield
30.06 Browning
.38spl Astra
Bowtech 340D
To be sure of hitting the target, shoot first and call whatever you hit the target.
- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1240
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: Etiket in die veld
Stem saam Piet
As 'n mens jou jagpelle reg kies en manne bymekaar het met min of meer dieselfde waardes raak die jag etiket ding baie makliker.
Daar is niks wat so groot flopop is ,as manne mekaar skuur op 'n jagtrip nie.

- TOKELOS
- Hero Member

- Posts: 555
- Joined: Sun Feb 06, 2011 9:11 pm
Re: Etiket in die veld
My pyne is:
Boer wat laat slaap of ons eers laat uitvat
Medejagters wat met die boer wil kibbel oor die prys of vir die boer wil vertel wat en hoe gemaak moet word - dis SY plaas en HY ken sy wild se gewoontes!
Ouens wat voor my opstaan! Ek wil vir hulle koffie in die bed gee - dis my treat.
Te veel kos wat saam gevat word - het jy gaan jag of gaan vreet?
Boere wat hul hele familie oornooi vir ete sonder om ons in te lig dat hul kom kuier!
Waarvan ek hou:
Dat almal altyd sal poog om die ander se lewe makliker te maak
Warm water om te stort na n lang dag se stap
Om onder n boom naby n windpomp n uiltjie te knip
Om saans om die vuur raad te gee en te ontvang
Die stilte met die terug ry- want elkeen jag dan weer OOR!
Bobotie, geel rys en n liter melk as ek by die huis kom!

Loop reguit op jou lewenspad, anders struikel jy dalk oor die rommel wat langsaan le.
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Etiket in die veld
Hoe se die lugwaardinne coffee tea or me sir
.
Beretta
Beretta
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Etiket in die veld
Ek het sopas vir 'n "all expenses paid" jag in Suidwes "Nee Dankie" ges?!!
Rede - ek ken die manne van geen kant af nie! Een s? hy jag elke jaar so 1 keer. Die ander 2 het al darem 'n bok geskiet (hulle kan nie onthou watse bok nie
) en moet 'n geweer by die boer leen/huur.
Nee dankie - my jagmaats en jagplekke is lankal uitgesort en ek is bevoorreg om al baie te gejag het en is nou deesdae baie kieskeurig saam met wie en waar ek jag. Noem my 'n jagsnob as jy wil, maar my jagtyd saam met my jagp?lle is vir my baie kosbaar. Ons en die boere by wie ons jag praat dieselfde taal.

Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
- Born2Late
- Sr. Member

- Posts: 255
- Joined: Tue Oct 18, 2011 9:38 am
Re: Etiket in die veld
Ek stem saam.Ek jag nie baie of gereeld nie en is baie selfsugtig as dit by my tyd in die veld kom.Jy werk die hele jaar vir daardie week en ek wil nie aangejaag word as ek wil stop en kyk hoe n perdeby sy gaatjie grawe nie.Dit is tyd weg van werk en lawaai.As die bok nie mooi staan nie of weghol is dit ook goed want dit gee my n geleentheid om weer te bekruip.
Jagtyd moet gebruik word om jouself weer te vind en jou nie op te werk vir ander ouens se gedrag nie.Miskien is ek dan ook n jagsnob.Ek bevind myself darem in goeie geselskap.

Labore Et Diligentia.
With labour and diligence.
With labour and diligence.
- matewis
- Hero Member

- Posts: 1065
- Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am
Re: Etiket in die veld
Baie dankie vir almal se 2sente
As "jong" jagter het ek sommer baie vinnig vir myself besluit dat veiligheid is ONONDERHANDELBAAR! Daai netjiese roer wat jou 'n arm en 'n been sal jou m?re niks help as jy iets doms aanvang nie - met of sonder drank in jou gat. Wanneer die huis/hut verlaat word is alle grappies op 'n stokkie. Ek is die eerste wat lekker pret sal h? rondom 'n kampvuur en die dag se skote (en nie-so-heeltemal-skote!) sal herleef, maar m?re oggend vroeg is jy vars en kan jy fokus sonder om oor jou eie oog-are te val.
'n Drinkdingetjie het sy plek, maar onthou altyd: Die drank-kabinet en geweerkluis se deure werk in verskillende rigtings - as die een oopgaan gaan die ander een toe...
Die boodskap wat ek van julle almal kry is BEPLANNING. Praat vooraf met jou groep asook die boer en maak seker jy vra jou vrae voor die bakkie gepak word. En as jy nie seker is nie - staan terug en leer, niemand sal jou kwalik neem as jy nie iets weet nie, maar wel as jy jou (en heel moontlik jou vriende saam met jou) se naam gat maak.
Lekker aand en lekker beplan vir die winter wat om die draai is!

Sarelss
- Full Member

- Posts: 223
- Joined: Wed Jan 05, 2011 10:18 am
Re: Etiket in die veld
Madako,
AMEN.
Ek het baie vriende maar jag is so belangrike saak vir my dat ek slegs saam omtrent 5 van hulle sal jag, en gereeld jag. Manne se waardes en maniere van doen verskil ongelukkig. Mens kan daai verskille oorkom og ignoreer by 'n braai of kuiertjie, maar in die jagveld soek mens mens to vrede en vreugde.
My 2 sent
Ns. Sterkte met die jag!

.22 Brno
.22 Krico
223 Howa
308 Sako
300 H&H Magnum FN
303 Lee Metford
7x64 Steyr
375 FN
12B Merkel
12B Baikal
9mm P CZ75
.22 Krico
223 Howa
308 Sako
300 H&H Magnum FN
303 Lee Metford
7x64 Steyr
375 FN
12B Merkel
12B Baikal
9mm P CZ75