Ai die duine bly maar mooi!!!

User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Ai die duine bly maar mooi!!!

Post by Raven »

Nog darem net 'n paar maande voor dit weer jagseisoen is..(kyk hoe objektief is ek nou  ::) )
Van my laaste jagtrippie die jaar met 'n paar vriende en kliente.

Image

Image

Image


Groete Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Ai die duine bly maar mooi!!!

Post by Christo »

Raven

Die size Springbokke kry jy net daar. Hier in die Karoo is hulle mos aangepas op by Jacques se geweer aan te pas.

Bonzai  ;D en die prys tag is gewoonlik meer.

Ek het nog nie reuse geskiet maar 'n tyd terug by Grunau een van so 27kg karkas. Seker nie trofee size nie maar was dit nou vir jou lekker gewees.

Lyk asof dit 'n lekker jagparty was, sien net koffiebekers orals.  ;)

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Gernie
Hero Member
Hero Member
Posts: 771
Joined: Tue Apr 07, 2009 4:24 pm

Re: Ai die duine bly maar mooi!!!

Post by Gernie »

Raven

Hulle kan nou maar se wat hulle wil oor die "bosveld", maar daai rooi duine doen iets aan 'n man wat jy nie kan beskryf nie. Die mooiste dele van die Kalahari bly maar vir my daar in die Van Zyls rus omgewing. Waar was julle gewees?

Ek wil nou nie brag nie, maar swaarste springbok wat ek nog gesien het was 42 kg, was ook die plaas rekord.
As daar nie lood in die lug is nie, kan die bokke nie val nie...
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Ai die duine bly maar mooi!!!

Post by Louis102 »

Gernie
Gernie wrote: Ek wil nou nie brag nie, maar swaarste springbok wat ek nog gesien het was 42 kg, was ook die plaas rekord.
Alla W?reld!  Plaas rekord!?  Dit klink eerder na 'n w?reld rekord!  Hoe is hy geweeg?

Louis 
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

Re: Ai die duine bly maar mooi!!!

Post by Robert »

Mooi bly darm mooi.

Wens ek was daar. die plaas rekort by my is darm 'n stewige 38 kg. kop, pote en binne goed uit.

"n ou ram wat seker al 'n klop lammers terug geploeg het in die veld. ::) :P

Nie 'n tand in sy bek oor nie en sy eers spogerige pronk, net 'n borsel kop oor. :'(

Ons moet waardeer as ons in die veld is. dit is die Hemese Vader se tuin en is dalk die laaste keer dat ons dit geniet!!!!! :D

mooi loop

Robert
Oorwining deur opleiding
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: Ai die duine bly maar mooi!!!

Post by Janjak »

Aaaai nou maak julle my verlang.

Ons het 2002 in die duine gejag en dit was baie lekker. Askham se wereld.

As julle daaikant n jakkals uitdun en n springbok jag reel is ek ook in. Dis bitter ver maar ek sal nie een keer kla nie.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Ai die duine bly maar mooi!!!

Post by JACQUES BOTHA »

AI
mANNE JULLE MAAK MY DAREM SO EFFENS BROOS VOEL, HOE MOET EK NOU VOEL AS EK JAGTERS UITNEEM EN EK SE VIR HOM DIS N BITTER GROOT SPRINGBOK EN ONS WEEG HOM EN HY SLAAN 25 KG  DIS N GROOT N RAM IN DIE VRYSTAAT..
OF IN DIE KAROO EN DIE GEMIDDELD SLAAN  12.5 KG.....NEE JULLE MANNE VAN SUID WES SAL MY DWING OM TE KOM JAG BY JULLE...EK BELOWE OM DIE SUIDWES LIED UIT VOLLE BORS TE SIN.. IN SUID WES WIL EK GRAAG BLY DIS DIE WERELD NET VIR MY...
GROETNIS EN WAARDEER DIT ASB JULLE IS GESEEN MET DAAI TIPE BOKKE..
Shoot straight and tell the truth!
tafjak

Re: Ai die duine bly maar mooi!!!

Post by tafjak »

Raves

Ek sien onder die boom hang 'n rooster wat ek kan gebruik. As ek daar by julle uitkom, moet julle my tog Henties toe vat. Ek wil 'n sweep saamvat om darie jakkalse 'n helse pakslae te gee. Louis kan dan die distresse opneem met sy Olympus-recorder.

Voorwaar lekker tussen die duine. Gelukkig hoef ek nie meer die 40kg op die rug in darie sand rond te dra nie. Sou maar gebars het in die toestand wat ek nou is.

Taffie
User avatar
Gernie
Hero Member
Hero Member
Posts: 771
Joined: Tue Apr 07, 2009 4:24 pm

Re: Ai die duine bly maar mooi!!!

Post by Gernie »

Louis
Dit klink eerder na 'n w?reld rekord!  Hoe is hy geweeg?
Hy is geweeg deur 'n jack russel wat hom rond gesleep het...Moet jy almal gee op die forum? Ons almal is nie daai manne met die blink gewere en die groot stories nie.

Die Kalahari het groot springbokke!!!!!!!!!!


Jannie
Dis bitter ver maar ek sal nie een keer kla nie.
Ja dit is ver daai, maar die moeite werd. Upington is so 1160 km hier van Nelspruit af, kan nie wag om weer bietjie Desember huis toe te keer nie. Daai Askham/Van Zyls is van die mooiste plase.
As daar nie lood in die lug is nie, kan die bokke nie val nie...
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Ai die duine bly maar mooi!!!

Post by Raven »

Taffie,

Vir jou ruk ons sommer 'n nuwe rooster uit, vir daai skaap rib.

Het julle manne al die " GRAAF /STOEL/ROOSTER" kombinasie gesien of gebruik.

So warm soos dit nou is in Nam, kyk almal net weste se kant toe.

Groete
Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
namhunt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 387
Joined: Mon Aug 17, 2009 3:44 pm

Re: Ai die duine bly maar mooi!!!

Post by namhunt »

Raven

Daai regterkantse springbok op die laaste foto het 'n interesante stert.  :D

Groete
Daan
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Ai die duine bly maar mooi!!!

Post by Raven »

Namhunt,

Jong hulle teel sommer aan met die wille katte...  ;D  ;D

Groete
R
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Ai die duine bly maar mooi!!!

Post by Louis102 »

Ja nee, daai stert is mooi ge-"taper"  :D
Goeie dade oortref goeie woorde.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Ai die duine bly maar mooi!!!

Post by Louis102 »

Gernie
Gernie wrote: Die Kalahari het groot springbokke!!!!!!!!!!
Jy's bitterlik fyn gesnaar.  Ek betwyfel nie dat die Kalahari groot springbokke het nie.  Met "hoe is hy geweeg" het ek slegs bedoel:  Net die karkas - warm of koud; vel aan of af; kop en pote aan of af; pens en harslag in of uit.  Hoe hy geweeg is kan 'n groot verskil maak aan die persepsie van die persoon wat jou "post" lees.  As ek mag, dink ek dit kan naby aan enige rekord wees as dit koue karkas gewig alleen was.  Beskou dit asb. as 'n kompliment!

Louis

Ns.  Behalwe natuurlik vir die Natalse rekords, daar is alles blykbaar groter.  (Jammer Gernie, ek het laas vergeet om vir hulle moeilikheid te gee toe hulle oor varkies gespog het  ;))  En probeer asb. maar my stories vemy as hulle jou omkrap.
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Rooies
Hero Member
Hero Member
Posts: 587
Joined: Fri Mar 06, 2009 9:26 pm

Re: Ai die duine bly maar mooi!!!

Post by Rooies »

Raven
Net om daai mooi monsterus  F250 op die duin te sien is net so mooi. Lyk my julle oge daar oorkant sien swak in die nag, of is die spots net lekker goedkoop daar.(lol) Baie indrukwekkende face op die lorrie.

groete
rooies
243 Howa]
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi



"Forgive your enemies, but never forget their names."
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: Ai die duine bly maar mooi!!!

Post by WillJak »

Raven, jy is reg, die duine bly maar mooi - daar is nou maar net een Kalahari en hy het sy eie betowering.

Ek hoop nie jy gee om as ek ook hier ietsie ingooi nie - die een is geneem na so vinnige vlagie re?n naby Groblershoop:

Image
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Ai die duine bly maar mooi!!!

Post by Christo »

Wiljak

Ek sien al my tent daar onder die doringboom. Daar ie darem niks wat so lekker ryk soos vars natgere?nde veld nie. Selfs nie eens al het die hael jy beetgekry soos die jaar vir my daar by VicWes nie.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Ai die duine bly maar mooi!!!

Post by Louis102 »

As ek dan nou ook die vrymoedigheid mag h? om my sentimentele klip in die bos te mag gooi.  Nie dat ek s? die rooi sand het nie sy bekoring nie, maar...

Daar is iets aan die gestapelde klipkoppies van die hardew?reld wat my hartsnare roer, my fasineer, my laat wonder.  Om koelte en lafenis te soek in die skadu van 'n natuurgeboude lapa waar 'n weerlose varingtjie sy nis vind by die opvangdruppels onder tonne en tonne woestyn verweerde rots.  Wie het al almal deur die eeue en eeue heen onder hierdie einste klipdak van God gesit?  Het hulle die selfde gewonder terwyl 'n springbok rugstring oor die Kouboom kole prut?

Image  Image Image
Last edited by Louis102 on Sat Nov 14, 2009 11:06 am, edited 1 time in total.
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Ai die duine bly maar mooi!!!

Post by Freddie101 »

Louis
Lyk my jy het jou roeping gemis. Het jy nie digters in jou familie nie.
Ja die natuur bly maar mooi.

Lyk my ons moet so n forum trippie suidwes toe reel. Het al so baie visvang stories gehoor ek wil dit ook nog eendag gaan try.
En die duine ook verken.
Groete Freddie
yol bolsun
tafjak

Re: Ai die duine bly maar mooi!!!

Post by tafjak »

Fred
Freddie101 wrote:

Lyk my ons moet so n forum trippie suidwes toe reel. Het al so baie visvang stories gehoor ek wil dit ook nog eendag gaan try.
En die duine ook verken.
Nou praat jy my maat. Dit is hoog op my prioriteitslys!
tafjak

Re: Ai die duine bly maar mooi!!!

Post by tafjak »

Freddie

As alles goed gaan is ek so by die 5de Januarie oppad soontoe. Dit is 'n lekker tyd van die jaar, nie so koud nie en dae lekker lank.

Die manne wat wil saam moet net laat weet. Glo nie ek is op die "Soek/Wanted" poster vir die 80's se moleste nie. So as die paspoorte en goeters reg is, kan hulle die hek oop los vir die 6de en 7de Jan.

Lyk ou Meerkat gaan nie versoeking kan weerstaan nie, eet weer heeldag olywe en knoffel.

Groetnis
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Ai die duine bly maar mooi!!!

Post by Louis102 »

Raven

Lyk my die monde begin water en die harte trek 'n punt in hierdie rigting.  Sal ek nog so lok-asie gooi?  Is hierdie miskien iets soortgelyks waarna jy verwys, as jy s? ons begin wes kyk in die somer hitte?

            Image   Image

Gister was hy nog leeg, maar so lyk 'n stampvol Torrabaai op die aand van 1ste Desember - in die middel van die verlate en eindlose kilometers Skedelkus-viswater strande.  Viskoors sal op di? datum weereens in die rooi loop, jy sal die opwinding op die klam seeluggie aanvoel.  En verlede jaar se kabbeljoue sal groter en groter raak om die aand se kampvuur.  Stiptelik om 22h00 raak die kragopwekkertjies stil wat die vriekaste vol skaaptjops en -rib koud moet hou.  Donker-oggend vroeg hoor jy die vierwieltrekke opstart.  Die vistokke buig krom waar hulle soos ystervarkpenne in die Bullbar-kokers staan en daar gejaag word na die gat wat die beloofde vangs vir die dag moet oplewer.  En gaandeweg maak die vrieskas se vleis plek vir die blinklywe en 'n vet galjoen.  Wat 'n belewenis!  
Last edited by Louis102 on Sat Nov 14, 2009 5:08 pm, edited 1 time in total.
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

Re: Ai die duine bly maar mooi!!!

Post by Robert »

Louis

Jy mak nou nie mooi nie. Hier is mense wat werk en kwyl om 'n slag so te gaan hengel. Ek sal maar eendag so bietjie minder gaan wild jag, meer brakke probeer skiet en dan wegbreek om vis te gaan jag in Nam.

Hou aan foto's opsit dan sien ek darm waar ek wil gaan

Robert
Oorwining deur opleiding
Ambessa

Re: Ai die duine bly maar mooi!!!

Post by Ambessa »

Hallo Louis102
Louis102 wrote:...Wat 'n belewenis!
Ai. Lyk my sand (wit of rooi) met of sonder water trek soos 'n magneet?

Ambessa
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Ai die duine bly maar mooi!!!

Post by Christo »

Image

Dit was baie lekker - Ek vang 13 Kabeljoue in minder as 2 ure. Daar was seker 50+ bakkies. Sulke gelukkies kom maar min in 'n man se lewe.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Post Reply