April maand tips

User avatar
Kleinpiet
Full Member
Full Member
Posts: 142
Joined: Thu Jun 30, 2011 5:40 pm

Re: April maand tips

Post by Kleinpiet »

Gou tips opgesom, wil vanaand probeer.  Goete loop alweer voetpaaie

Groete
Roelo
Full Member
Full Member
Posts: 157
Joined: Tue Feb 24, 2009 7:59 am

Re: April maand tips

Post by Roelo »

Staan op 8 vir die week en die meeste ingeroep met erdman willie vir 20min en daarna erdman/ jakkals dit werk nog elke aand die week.Almal wat geskiet is het twee twee ingekom reun en teef so hulle is klaar pare
Geweldig man Geweldig
User avatar
Chris101
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 390
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am

Re: April maand tips

Post by Chris101 »

cassie

Ek verskil van jou en jou prof pel.
Die tyd moet jou veld skoon weesof iets het iewers verkeer gegaan.
Mei maand doen jy net opruiming nuwe intrekkers{hulle vang ook nie baie nog onseker van hulle gebied}
Augustus totale skoonmaak.Dit sal jonges wees 1jr probeer hulle skiet voor hulle kleintjies kry of as kleintjies baie klein is
sonee straf hulle jou lammergetalle.

En siedaar geen jakkies.
By my het die katte egter nou weer n aanval geloods.
1 met honde opgetel 1 geskiet nog 2 oor.

Die resep het laaste 2jr gesorg dat ek slegs enkele lammers aan jakkies moes afstaan.
IN n kwaai jakkals gebied.

101
Knou die gediertes AF.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: April maand tips

Post by cassie_calvinia »

chriis
ek stem saam.
maar, dis my eerste jaar op die plaas(het in rawsonville gewerk). en ek jag maar van november af.
volgende jaar sal dit al beter gaan. maar...dit is moeilik nou, en die jakkalse is nie by lammers. so, ek gaan nou baie tyd in dag in die vald spandeer om kern gebiede te kry. en hul oor 'n maand of twee vat wanneer hul meer agresief op jakkals roep reageer. die wat dan nog lewe se kern gebiede gaan ek kleintjie tyd probeer kry. dan jag ek 'n jar lank. weet waar baie van kern gebiede is, en sal makliker gaan.
HOU HOM DAAI DIKTE
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: April maand tips

Post by Skolla »

Chris101 wrote: Ek verskil van jou en jou prof pel.
Die tyd moet jou veld skoon weesof iets het iewers verkeer gegaan.
Mei maand doen jy net opruiming nuwe intrekkers{hulle vang ook nie baie nog onseker van hulle gebied}
Augustus totale skoonmaak.Dit sal jonges wees 1jr probeer hulle skiet voor hulle kleintjies kry of as kleintjies baie klein is
sonee straf hulle jou lammergetalle.
Chris

Ek weet nie of ek jou stelling reg verstaan nie, daarom vra ek? En ek vra om by te leer, nie om te verskil nie.
Ek het die afgelope twee weke, twee gevalle gehad waar nuwe jakkalse in getrek het. Ek was gelukkig genoeg om hulle te kry.
Altwee was pare, maw reun en teef. En dan het nog n man my vanoggend gebel en ges? ek moet vannaand na hom toe kom want hy het ook twee ingekry. Ek weet nie of dit reun en teef is nie.
Wat ek eintlik wil weet? Is dit dit nie normaal dat hulle nou begin rondskuif om broeiplek te kry nie, is dit te vroeg of is dit normale rondloop en jag?
Die eerste paar was n stok ou teef met n 1 1/2 jaar reun en die ander paar was altwee so amper 2 jaar oud.

Skolla
User avatar
Chris101
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 390
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am

Re: April maand tips

Post by Chris101 »

Skolla

JYS reg ons skep VAKUUME soos ek dit stel hier by ons so elke 5.5 tot6 km
2500 tot 3000ha moet n stel jakkies he.
Nou is hulle dringend besig om te vul die bietjie oueres is die dominantste so hulle vat eerste.
Oor so 45 dae sal laasjaar se werpsels begin vul.
Met inkom is hulle onseker so vang nie rerig alles is vreemd .
Hulle begin merk egter onmiddelik die gebied om te sien of daar ander jakkie is .
Dus is hulle merkerig en honger maaar praat min doen meer.
Dis hier waar sagte dringende kossies of GRONDHONDE uitstekend werk.
Soos Niel se trek net jou slippes uit.

Hoop dit help.
Goeie tip nou tot einde Mei.

101
.
Knou die gediertes AF.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: April maand tips

Post by tafjak »

Skolla

Ja, ek wil ook saamstem met Chris(nie sy vorige posts gelees nie), lyk of die jonges nou lekker stelle vorm en begin in beweeg. Lekker stil, kyk net die kat uit die boom vir die eerste 4-6weke en dan laat waai hulle maar weer.

Slagysters is nou wenner, maar so ook geduld. Ek gaan maar deur die drils en kry so hier en daar darem nog enetjie of 2 geskiet. Sien die ouens is nou sterk in moeilikertyd. Dit maak nie die saak anders nie, wees geduldig hulle sal oppad wees as jy in hulle omgewing is. 3 hierie week geskiet wat op die 40ste minuut snuffel-snuffel in gekom het.

Enkeljakkalsroepe en veral Locator, Jakkalsblaf, tafjak1 en nog so paar wat lekker vir my werk en dan leun ek sterk op die combo's. Vier tot ses staanplekke(ou Way points) en my geduld bly waar dit moet wees. In die areas waar hulle maar so-so beheer word sal nog pakkies van 4 en 5 geskiet word totdat die area ook maar onder beheer is.

Mooiloop

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: April maand tips

Post by cassie_calvinia »

oom taf
maar 'n mens begin nou met kos, soos ek luister sagte kos. en na 'n ruk 'n enkel jak roep? of kan 'n mens maar met die jak roep begin?
ek hou noggal van oom se glen owen+.
mooi gaan
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: April maand tips

Post by BLOK »

Cassie

Ek sou se begin met kos veral snaakse kos klanke soos jack rabbit, javelina jy kan maar groerage tussenposes gee en dan eers na ten minste n half uur jakkals roep gee. Verkieslik enkel roepe soos locator, blaf, jak alleen. Self is ek ook baie lief vir jakkals blaf en het al baie met hom omgedop gisteraand weer twee ingekry met hom.

Weet nie hang seker ook maar af van die terein en weer. Gisteraand het die wind erg gewaai baie ruig plaas so maak dit moeiliker.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
C.J.
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 396
Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am

Re: April maand tips

Post by C.J. »

Manne,

In die Oos-Vrystaat het dit ook begin stil raak, kan seker die koue ook wees, het selfs die mielies en soyas onkant gevang. Ek is ook nou maar op kos vir 30 en dan enkel jak.

Groete,
C.J.
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: April maand tips

Post by tafjak »

CJ

Gewoonlik is die teken wanneer die oostewind in die nag begin oorgaan na westewind in die nag. So 6weke daarna is alles weer dooddollies.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: April maand tips

Post by tafjak »

Cassie

Kos so vir goeie ruk en dan lekker kort enkeljakkalsroep(jakkalse reageer nie sommer vokaal nie) en die ouens kom kyk maar so nou en dan.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
C.J.
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 396
Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am

Re: April maand tips

Post by C.J. »

Oom Taffie,

Dankie man, dit is nou baie interessant!

C.J.
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: April maand tips

Post by Skolla »

Chris/Taffie

Dankie.Ek dink dis waardevolle tips wat julle hier gegee het.
Dit is presies soos ek dit ook waarneem in die veld.
En dit is nuuskierige kos, enkel jakkals klanke en geduld wat hulle plat kry. O ja en ek steek my motor vreeslik weg.
Iets wat vir my goed werk is as ek beskutting(bosse of n klein rivier lopie) tussen my en die roeper kan kry. Dit wil lyk of die jakkals daardie beskutting tussen hom en die roeper wil hou en dan is hy lekker oop aan my kant en sy aandag is weg van my af. Dis iets wat Louis my baie lank terug vertel het.

Skolla
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: April maand tips

Post by cassie_calvinia »

skolla
dit maak sin. ek het al gesien hoe jak inkom, maar nie deur 'n sloot wil kom nie.
dankie oom taf! ek maak nou maar die rooi landie se shackles langer, en het shocks bestel. miskien maak die 22-250 ook sy opwagting in die 6weke!
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: April maand tips

Post by Gerhard »

Die naweek was n lekker frustrasie in die bosveld.

Ek kon darm n groot reun om dop.

Maar verder geen vokale reaksie of geen ander jakkalse nie...

Sal in Julie weer op die plaas n draai gaan maak en kyk of daar dominante stelle in getrek het...

Met die rante kan n man mooi hoor as jy Mooi huil speel hoe trek die klank deur die nag.

Die volgende twee weke behoort mooi te werk met die maan wat saam speel...

Wie sukkel ook om vokale reaksie te kry???
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: April maand tips

Post by visstok »

Ekt Vrydag aand 1 geskiet op tafjak1 nie geantwoord nie, stil ingekom, goeie vokale reaksie gekry op tafjak6, maar was windaf, so 700m tussen die mielie lande, 30min in stilte gewag maar niks. Op volgende staanplek het ek een hoor skree wat soos tafjak1 klink, hom geantwoord met tafjak1 en toe het hul lekker begin gesels, maar nie ingekom nie, wind het kwaai geraak en is toe huis toe. Groete visstok
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: April maand tips

Post by marno »

Ek het laas vrydag aand op Rooi Alleen en Mooihuil baie goeie vokale reaksie gekry.  Op my een staan plek het hulle van 3 verskillende rigtings reageer.
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
Post Reply