zeis, swarof, smith&b, Leopold

Post Reply
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

zeis, swarof, smith&b, Leopold

Post by cassie_calvinia »

gou 'n paar vragies vir die manne wat met die scopes ervaring het.
hoe verskil die z3. z4, z5, z6 van mekaar?
is die smith &b 'n goeie scope?
wat ek eintelik wil weet, ek het my oog op die schmith &b vr my 22-250. 2.5-10x56.
hulle so 15k. soek nie 'n scope waar ek moet worry oor parralax nie. my droom is die z6, maar wetie of ek dit oor my hart gaan kry om 25k uit te haal. dis hoekom, is die z4, en z5 baie verskil van die z6?
mense ek praat nou dat ek my skaars verstaan
hoop jul kan help.
ek voel net, sig is 1 van jou belangrikste goed in die nag, so ek bereid vir 'n paar rand meer.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: zeis, swarof, smith&b, Leopold

Post by Marc »

Cassie

Klink my jy het klaar besluit, want jou topic begin met 'n rits make en dan prat jy oor 'n hand vol  ;)

S? jou wat, bel Oom Koos Barnard, hy het jou 'n Z6 vir R18 000  :o :o :o  8) 8) 8) 8) en ek glo nie hy sal jou bedonner nie  ;D

http://jaracal.com/index.php/topic,1012 ... #msg135022

Kersvader het nogie al sy pakkies afgelewer nie  8)

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: zeis, swarof, smith&b, Leopold

Post by DSBW »

Cassie

Almal wat jy noem behalwe die Leupoldt is Europees. Almal baie baie goed, moeilik om te onderskei tussen die drie. Die verskil tussen die z reekse Swaro's is buis dukte, en ander "features", maar al die z reekse bied ongelooflike kwaliteit. Z6 is hul nuutste ontwikkeling, eenvoudig foutloos in my opinie, maar ek sal enige Swarofski aanbeveel, soos enige Zeiss behalwe die Conquest, soos enige S&B.

Leupoldt nie in hierdie klas nie, maar ek doen al baie jare kompetisie skiet met 'n Leupoldt, wat my persoonlik aanbetref die beste nie-Europese teleskoop, as jy verstaan wat ek bedoel, in my geval lewer die Leupoldt al vir 9 jaar foutlose werkverrigting.
bullseye

Re: zeis, swarof, smith&b, Leopold

Post by bullseye »

s&b is n puik scope.Die z3 is swak veral die lense hulle blur op die kante maar verstellings is goed en brx kruishaar is puik. Soek vir jou n scope wat groot field of view het.Z6 ken ek nie maar glo hy sal saam met Zeis victory reeks en S&B kan vergelyk.  Groetnis  Bullseye
Agentkoos
Full Member
Full Member
Posts: 149
Joined: Sun Jun 13, 2010 5:59 pm

Re: zeis, swarof, smith&b, Leopold

Post by Agentkoos »

EK het n Z3 en n Z6 en ek dink die Z3 is loshande die beste waarde vir geld in die Swarovski reeks. Het die Z3 en Z6 soos n verkyker langs mekaar gehou en die Z3 staan nie veel terug vir  die Z6 nie.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2161
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: zeis, swarof, smith&b, Leopold

Post by Koos Barnard »

Bullseye
Ek kan ongelukkig nie met jou saamstem dat die Z3 swak is nie. Ek skiet hierdie scopes byna elke dag van my lewe en glo dis uitstaande gehalte vir die geld wat jy betaal. So sal ander op hierdie Forum wat hulle het kan getuig. Ek het twee wat ek heeltyds op my gewere gebruik. En ja, hulle staan min terug vir die Z6. Natuurlik is die Z6 beter - hulle is immers baie duurder. Ons het verlede jaar oor die 400 Z3s alleen verkoop en ek kan getuig dat die mense baie tevrede is met hulle. Willem Immelman het self hier op die forum geskryf dat van die Europese scopes wat die meesgte terugkom na S& O toe Zeiss is. Dit kom nie uit my mond nie. Teen huidige pryse sal jy bitter ver moet gaan soek om die Z3 te troef.

Cassie bel my by 072-281-6304 dan vertel ek jou presies wat die verskille is tussen al die Swarovskis. Terloops die prys op die Z6 wat ek het is gedrop na R16500. Daar is iemand wat 'n opsie geneem het maar die man het nog nie die scope betaal nie. Die normale retailprys van die scope is R29000. Ek het al scopes aan mense op die Forum verkoop, hulle sal kan getuig dat ek nie 'n skelm is nie.
Mooi loop
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: zeis, swarof, smith&b, Leopold

Post by tafjak »

Ou Cassie

Gaan koop 'n Swarovski, maak nie saak watter model nie. Sorg net dat die optiese lens 44mm en groter is, met die 50- en 56mm lense die beste natuurlik.

Ek hou van die idee om iets te kry sonder paralaks ens, dit maak dinge in die nag net makliker! Ek dink jy kan 'n Swarovski kry wat vir jou die werk uitstekend sal doen vir minder as R15 000.

Mooidink
Mooiloop en Geseende Kersfees!
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: zeis, swarof, smith&b, Leopold

Post by Stefan764 »

tafjak wrote:
Ek hou van die idee om iets te kry sonder paralaks ens, dit maak dinge in die nag net makliker!
Ek wil nou nie hier uit my beurt uit praat nie, maar toe oom Taff hierdie ene post toe besluit ek ek deel dit gou met julle.

Die Z3, 4-12x50mm het ons nou die dag hier vergelyk met teleskope in sy klas, selfde vergroting, sonder paralaks. Die Z3 het op 12x vergroting op 200m (ja, 200m) feitlik geen paralaks fout nie. Die enigste ander scope wat saam met hom geen teken van n paralaksfout op 200m (ja, gerange op 200m  ;D ) gewys het nie was die Leupold VX3 4,5-14x50mm. Soos oom Tafman tereg se hierso, paralaks kom by julle groot jakkalsmanne eerste of tweede op die prioriteitslys en ek wou maar net se dat na n redelike intensiewe toetsie slaag die Swarovski Z3 die toets met lof.

Vir rondom R12 000 is daar op die oomblik nie nog n scope soos die Z3 beskikbaar nie....

Groete
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: zeis, swarof, smith&b, Leopold

Post by tafjak »

Stefaans

Dit is die soort goete wat ons soek vir die nag! Mooiman! Die prys pas eintlik nie by so scope nie, maar, nouja!

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: zeis, swarof, smith&b, Leopold

Post by Stefan764 »

Oom Taff

Ons het n ysterpaal op 200m gevat en die kruishaar, op 12x, op n dooierus in die middel van die paal gesit. (Hoe breed is n ysterpaal, 30mm??) Jy kon jou kop geskuif en gedraai en geswaai het nes jy wil, daar kom nie lig tussen die kruishaar en die paal deur nie. Met ander woorde, volgens my somme, beweeg die kruishaar minder as 30mm (basies n halwe MOA). Nou vir op 200m dink ek dis blerrie goed.

Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: zeis, swarof, smith&b, Leopold

Post by cassie_calvinia »

dankie vir die raad stephan en oom taf!
die wolpryse nie te sleg, en ek jeuk maar lekker!
mooi loop
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: zeis, swarof, smith&b, Leopold

Post by tafjak »

cassie

Met vandag se wolpryse moet jy die beste scope h? om die produksie hoog te hou!
Mooiloop en Geseende Kersfees!
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 831
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Re: zeis, swarof, smith&b, Leopold

Post by Lamtjop »

Taffie.
Baie raak ges? - en met die vleispryse wat so val, nog meer! Elke lam moet tel.
Groete
Post Reply