More al die mense op die forum, ek het n bietjie raad en hulp nodig; ek kort n skietstoel vir iemand wa nie altyd raak skiet nie,
dalk kan n goeie stoel die ding doen! Kan enigeen dalk vir my e-pos adresse / kontakno,s gee waar om n stoel te bestel.
Ek weet van skietstoele op forum ( 3D + Bushpig ) maar ek sal ook wil kyk na Allen Truter se stoel en as daar nog goeie stoele in die mark is! Stuur asb ook fotos. Wil graag eerste keer reg koop, anders moet ons dalk by die huis sit in die duur
"lazy-boy" en jakkie gaan daarvan hou.
Groete Willem
