Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Is daar dalk iemand wat al aansoek gedoen het vir 'n portuguese mauser en vir my moontlik die motiveering kan stuur wat hulle gebruik het. Wil dit as 'n riglyn gebruik vir my aansoek. Sal seker nie regtig jag met hom nie want patrone is te duur . Maar wil hom onder toegewyde jag in kry.
Nee jammer jong, ek kan nie portugees praat nie. Ek ken wel 'n paar portugese, maar hulle is maar nors ouens en sal nie die kafee-dinge los om te help nie ...
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
Ja Spanner jou ou grapkas Wat sal die lewe wees sonder humor?
FE, jou motivering moet fokus op die feit dat jy met oopvisier wil skiet. Deesdae se roere het swak of geen ystervisiere.
Vir toegewyde jag: motiveer dat jy met oopvisier wil jag, aangesien die 6,5 Portugees goeie ystervisiere het.
Sportskiet werk ook baie maklik as jy lid is as sportskut by SA Jagters: Trek die bosveld skietoefening af van SA Jagters se website, en highlight die gedeelte wat se dat jy die skietoefening met oopvisier kan skiet. Laat SA jagters jou aansoek ook endosseer.
As jy 'n versamelaar is, is die goedkeuring van jou aansoek feitlik gewaarborg. Die 6,5 Portugees is sekerlik een van die mees interessante militere gewere in SA geskiedenis. Die gewere is deur Portugal via Mosambiek aan die Unie van SA geskenk. Genl. Louis Botha het hierdie gewere aan sy mense uitgereik toe hy Duitswes-Afrika gaan vat het by die Duitsers. Jou versamelvereeniging sertifiseer jou Portugees as 'n versamelbare wapen in lyn met jou tema van SA Militere gewere, en "bob's your uncle".
PM jou e-mail adres aan my.
Groete
Joe
6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag
FE wrote:
Is daar dalk iemand wat al aansoek gedoen het vir 'n portuguese mauser en vir my moontlik die motiveering kan stuur wat hulle gebruik het. Wil dit as 'n riglyn gebruik vir my aansoek. Sal seker nie regtig jag met hom nie want patrone is te duur . Maar wil hom onder toegewyde jag in kry.
FE wrote:
Is daar dalk iemand wat al aansoek gedoen het vir 'n portuguese mauser en vir my moontlik die motiveering kan stuur wat hulle gebruik het. Wil dit as 'n riglyn gebruik vir my aansoek. Sal seker nie regtig jag met hom nie want patrone is te duur . Maar wil hom onder toegewyde jag in kry.
Groete,
FE
Groete,
Dagse,
Indien jy nie regkom nie kan ek dalk van hulp wees.Doen al motiverings vir die afgelope 7 jaar.Van alle aansoeke is 2 afgekeur en beide se apel het geslaag.Skree maar.