Bosbok jag

User avatar
Kallie404
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 424
Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm

Bosbok jag

Post by Kallie404 »

Naand manne

Ek het gister middag n draai gaan stap met my 30.06  teen die rivier op ons plaas en op hierdie stok-ou bosbok ram afgekom. Sy horings is al letterlik stompies afgewerk maar sy kondisie is tops, ondanks die droogte hier by ons. Ek het hom bekruip en op sowat 20 meter n nek skoot geskiet om vleis skade te voorkom, hy het soos n sak patats net daar geval. Daarna gou huis toe gery om die kamera te gaan haal en my laaitie sodat hy sy eerste "jag" kon ervaar !!

Gerhard dankie dat jy weer my help met die fotos ;)
Last edited by Kallie404 on Sun Mar 25, 2012 8:16 pm, edited 1 time in total.
404 Jeffery
500 NE Merkel
30.06 BRNO
30.30 L/A Marlin
.222 Sako
.12 Boor Berretta
.12 Boor Miroku
40 S&W Glock
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Bosbok jag

Post by Gerhard »

Kallie404 wrote: Naand manne

Ek het gister middag n draai gaan stap met my 30.06  teen die rivier op ons plaas en op hierdie stok-ou bosbok ram afgekom. Sy horings is al letterlik stompies afgewerk maar sy kondisie is tops, ondanks die droogte hier by ons. Ek het hom bekruip en op sowat 20 meter n nek skoot geskiet om vleis skade te voorkom, hy het soos n sak patats net daar geval. Daarna gou huis toe gery om die kamera te gaan haal en my laaitie sodat hy sy eerste "jag" kon ervaar !!

Gerhard dankie dat jy weer my help met die fotos ;)
Image

Image

Image

Image
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Bosbok jag

Post by Gerhard »

Baie geluk Kallie,

Die bosbok het baie karakter en hoe beter om jou bulletjie sy eerste jag te laat geniet nie... :D
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Bosbok jag

Post by Frederik »

Pragtig mooi gedoen !
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Bosbok jag

Post by BLOK »

Pragtag

Dit is wat ek eerder in n trofee sien as horings met lengte, kyk ook hoe lekker duk is sy nek. Voorwaar n bok om op trots te wees. Kan jy dink hoe skelm moes hy in sy lewe gewees het om so oud te word.

Baie geluk
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Bosbok jag

Post by Jakkalsgat »

Gerhard

Hierdie is 'n mooi bok en verseker werd om trofee te word.

Blok

Lang horings werk ook nie vir my soos 'n bok soos die wat karakter het nie.

Groete
Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Bosbok jag

Post by Marc »

BLOK wrote: Pragtag

Dit is wat ek eerder in n trofee sien as horings met lengte, kyk ook hoe lekker duk is sy nek. Voorwaar n bok om op trots te wees. Kan jy dink hoe skelm moes hy in sy lewe gewees het om so oud te word.

Baie geluk
Stem 100% saam, lengte is nie alles nie, form en die algehele voorkoms is meer belangrik as duime.

Hoe bevooreg was die ou man nie dat iemand soos jy hom kon kom verlos van sy ou dae se smarte en elende na 'n lang suksesvolle lewe.

Baie geluk, voorwaar 'n prag bok  ;)

Groetnis
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Bosbok jag

Post by visstok »

Baie geluk, regtig n baie mooi trofee daai! Groete visstok
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
User avatar
Kallie404
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 424
Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm

Re: Bosbok jag

Post by Kallie404 »

Dankie manne vir die mooi woorde ;) Dit bly maar altyd n voorreg om so n mooi dier te kan jag. Die spesifieke plek waar ek die bok geskiet het was nog altyd goed vir my gewees...... ek het omtrent so 6 jaar terug ook n bosbok ram geskiet van so 15 duim en so 8 jaar terug n koedoe bul van so 55 duim, almal sowat 50 meter uitmekaar van waar hierdie ram gele het. Ek sal die fotos soek en vir Gerhard weer pla om dit op te sit. Eintlik ongelooflik as mens daaroor dink ???
404 Jeffery
500 NE Merkel
30.06 BRNO
30.30 L/A Marlin
.222 Sako
.12 Boor Berretta
.12 Boor Miroku
40 S&W Glock
User avatar
Rigby
Full Member
Full Member
Posts: 164
Joined: Tue Dec 13, 2011 5:58 pm

Re: Bosbok jag

Post by Rigby »

Geluk Kallie
Dis dalk net die mooiste bosbok wat ek nog ooit gesien het!
Ek het 'n verwoede droom om eendag een van daardie ou strydos buffel bulle te mag jag - daai oukies wat se horings afgebreek en toe nog verder glad afgewerk is (amper daai skrum-pet weergawes). Mooier is daar nie vir my nie.
En hierdie bosbok van jou is presies in dieselle klas. Kyk hoe mooi dik is sy nek ook!

Nogmaals geluk

En ek hou baie van die foto met jou klong by - hy konnie vir 'n beter eerste meemaak vra nie.

Groete
Christo
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Bosbok jag

Post by douw »

Baie geluk Kallie.

Goed gedoen!!! 8)

Groetnis
Douw
LIFE IS TRUELY GENEROUS TO THOSE WHO PURSUE THEIR DESTINY
User avatar
Kallie404
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 424
Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm

Re: Bosbok jag

Post by Kallie404 »

Dankie manne,
Christo welkom terug uit Duitsland, het gewonder wanneer jy terug is. Ek glo ons sal mekaar sien by Huntex ;D

Terwyl jy nou so praat van buffels.....ek het toevallig laas week by my buurman op Phalaborwa n stel horings gekry wat jy moet sien !! Ek sal n foto of twee neem en hier opsit. Dit is n stel "textbook" horings, lekker span , seepglad afgewerk met mooi ronde punte. En om te dink die leeus het hom gevang op Letaba Ranch, daai Rigby van jou so beter gewees het ;)
404 Jeffery
500 NE Merkel
30.06 BRNO
30.30 L/A Marlin
.222 Sako
.12 Boor Berretta
.12 Boor Miroku
40 S&W Glock
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Bosbok jag

Post by BRNO (Pierre) »

Goed gedoen Kallie! Waar, en teen watter rivier was dit gewees? Is dit n matoppie daar in die agtergrond?
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Dippies
Hero Member
Hero Member
Posts: 521
Joined: Fri Aug 12, 2011 2:11 pm

Re: Bosbok jag

Post by Dippies »

Dis n mooi die. Goeie werk hiervan gemaak Kallie
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Bosbok jag

Post by Geno »

Kallie,
Geluk met die great bok! Soos die manne reeds ges? het, perfekte bok om te skiet, en 'n pragtige trofee!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Romac
Newbie
Newbie
Posts: 33
Joined: Wed Jul 27, 2011 7:04 pm

Re: Bosbok jag

Post by Romac »

Baie geluk Kallie.

Mooi gedoen............ :)
300 Win Mag, 243, 12 Boor O/U
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Bosbok jag

Post by BLOK »

Kallie404 wrote: Dankie manne,
Christo welkom terug uit Duitsland, het gewonder wanneer jy terug is. Ek glo ons sal mekaar sien by Huntex ;D

Terwyl jy nou so praat van buffels.....ek het toevallig laas week by my buurman op Phalaborwa n stel horings gekry wat jy moet sien !! Ek sal n foto of twee neem en hier opsit. Dit is n stel "textbook" horings, lekker span , seepglad afgewerk met mooi ronde punte. En om te dink die leeus het hom gevang op Letaba Ranch, daai Rigby van jou so beter gewees het ;)
En ons wag nog vir die stelhorings??
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Renier
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Tue Aug 30, 2011 3:35 pm

Re: Bosbok jag

Post by Renier »

Mooi so Kallie. Ek's bly om te sien jou seun is perdfris en reg vir die jag!
9mmP RAP
.308 Musgrave
.338 WM Winchester
User avatar
Ferdi
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 427
Joined: Mon Mar 05, 2012 1:48 pm

Re: Bosbok jag

Post by Ferdi »

Mooi bok Kallie

En die eerste jag saam met laaitie -"Priceless"

Hou net vir Blok weg van die horings of mis weg netnou wil hy daaraan proe ;D ;D ;D
375 H&H Mag CZ 550 Lux
300 Win Mag Howa
303 Lee Enfield Mk4Nr2
243 Win Weatherby Vanguard
12br Winchester Mod 1300
.45 Colt Hebride
.22 Norinco JWA15
User avatar
Ferdi
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 427
Joined: Mon Mar 05, 2012 1:48 pm

Re: Bosbok jag

Post by Ferdi »

Weg ek so tweekeer in eensin Jammer vir daardie een manne
375 H&H Mag CZ 550 Lux
300 Win Mag Howa
303 Lee Enfield Mk4Nr2
243 Win Weatherby Vanguard
12br Winchester Mod 1300
.45 Colt Hebride
.22 Norinco JWA15
User avatar
Kallie404
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 424
Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm

Re: Bosbok jag

Post by Kallie404 »

Hello Manne

Christo (Rigby) en Blok soos belowe die fotos vd buffel horings wat ek by my buurman gekry het ( Hy is die reservaat bestuurder langs Letaba Ranch, Phalaborwa ). Soos voorheen genoem is het die leeus hom gevang.( Die buffel, nie my vriend nie !! ;D) Sy basisse meet rofweg + -- 17 duim en sy span  + -- 43.5 duim. Dit is n perfekte stel horings in enige iemand se boek!!  Mooi afgewerkte punte en die res ook seepglad afgewerk.

Ek was bevoorreg om al buffels te gejag het, maar so-iets bly nog steeds my droom !!

Dankie Gerhard vir die plaas vd fotos !! ;)
Last edited by Kallie404 on Mon Apr 02, 2012 4:44 pm, edited 1 time in total.
404 Jeffery
500 NE Merkel
30.06 BRNO
30.30 L/A Marlin
.222 Sako
.12 Boor Berretta
.12 Boor Miroku
40 S&W Glock
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Bosbok jag

Post by Gerhard »

Kallie404 wrote: Hello Manne

Christo (Rigby) en Blok soos belowe die fotos vd buffel horings wat ek by my buurman gekry het ( Hy is die reservaat bestuurder langs Letaba Ranch, Phalaborwa ). Soos voorheen genoem is het die leeus hom gevang.( Die buffel, nie my vriend nie !! ;D) Sy basisse meet rofweg + -- 17 duim en sy span  + -- 43.5 duim. Dit is n perfekte stel horings in enige iemand se boek!!  Mooi afgewerkte punte en die res ook seepglad afgewerk.

Ek was bevoorreg om al buffels te gejag het, maar so-iets bly nog steeds my droom !!

Dankie Gerhard vir die plaas vd fotos !! ;)
Image

Image

Image
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Bosbok jag

Post by BLOK »

Jo Jo!!

Daai is nou n bitter mooi stel buffel horings nie dat ek n trofee jagter is nie maar as ek eendag n buffel skiet sal ek droom van so een. Kyk hoe duk is hulle ook van voor af. Wonder as die man vir jou kon stories vertel. Waar hy leeus uitoorle het, watter krokodil hom al amper beetgekry het.

Baie mooi horings.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Bosbok jag

Post by Gerhard »

Die bul het n mooi drop in sy horings en n baie mooi boss...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Bosbok jag

Post by theedge »

Kallie baie netjies wonder nou net is die tros smile oor die bok of die bulletjie, Baie netjies maat stem dit is vir my ook n mooi troffee nie die lente van die horing nie,  bok met karakter
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Image
Post Reply