Het Jaracal-Forum gehelp met probleemdierbeheer?

User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Het Jaracal-Forum gehelp met probleemdierbeheer?

Post by Christo »

Wat meer kan ges? word as wat hierbo reeds gedoen is. Behalwe DANKIE vir kennis en DANKIE vir vrinne.

My vrou sal natuurlik ook iets wil byvoeg. iets soos daai anner vrou/skelmpie/ huweliks ontwrigter. Eintlik is sy net jaloers, wat 'n plek soos Facebook issie soos hierdie plek van ons nie.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: Het Jaracal-Forum gehelp met probleemdierbeheer?

Post by PITSMIT »

ek stem 100% saam tafjak

ek is by verre nie n ekspert jakjagter nie maar wat ek weet het ek hier gelees en geleer en ook by mense nee vriende wat ek hier ontmoet het

baie geluk hein en taffie en al die manne wat die forum lewendig hou

die ondiere het beslis nie meer vrypas in die land nie
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
User avatar
pieter h
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm

Re: Het Jaracal-Forum gehelp met probleemdierbeheer?

Post by pieter h »

VERSEKER.Dankie aan HEINRICH ,TAFFIE en almal betrokke.Dorper teler se nou die dag teling is n lewenslange taak.EK dink vir die boer geld dieselfde wat jakkalsbeheer betref. Groete Pieter h.
User avatar
spikkels1
Newbie
Newbie
Posts: 11
Joined: Thu Feb 18, 2010 5:52 pm

Re: Het Jaracal-Forum gehelp met probleemdierbeheer?

Post by spikkels1 »

Goeie naand almal ,

Min mense op die forum is bewus van my , so net gou ?n kort bekendstelling :

My naam is Danie en ek boer in die Vryburg Kuruman omgewing . Ek is maar min op die forum ingeteken agv ?n beperkte internet toegang ( Swak selfoon opvangs en geen Telkom ? nie eers 2 kortetjies en 2 langes nie ) . My grootste belangstelling in boerdery is by bees , maar skaap het darem bygekom . Boerdery het as ?n stokperdie begin in 1994 , maar op 1 April 2009 was ek voltyds op die plaas .

Maar terug na die vraag wat gevra is heel aan die begin van die topic : Het die forum gehelp met probleemdier beheer :

In my geval , ?n besliste JA .

Ek dink ek het ?n redelike probleem gehad met probleemdiere voordat ek die forum op die internet raak ge-google het .

Daar was ernstige probleme met die bees wat baie ?dooie? kalwers gekry het . Een mooi Saterdag oggend sien ek toe hoe ?n kalf ?dood gebore? word . 4 Rooijakkalse het die koei van alle kante gepla terwyl sy in kalf was . Daar is na haar hakskene gebyt en na die neus gegryp . Die gevolg : 1 x Landy Defender afgeskryf , 1 x werker hospitaal toe vir ?n voetbesering en Snip is 2 dae later deur die vee-arts van al haar pyn verlos . Gelukkig het ek persoonlik geen ernstige beserings opgedoen nie .

Google toe maar so ?n bietjie , sluit aan by die forum , gesels met KSV , ?n kursus word gereel , lees nog so ?n bietjie op die forums , woon die kursus aangebied deur Heinrich Funk by , lees op die Jaracal Forums ?n paar nommers in PTA raak , bel die nommers , kry my vuurwapen lisensie na 32 oproepe en 1 faks en begin toe in alle erns toepas wat ek raakgelees het op Jaracal Forums en wat Heinrich op sy kursus laat val het .

Voor ek bewus was van die forum , was my statistieke as volg :

September tot Desember : 14 kalwers opgevreet by geboorte , 2 Verse keel-af gesny vanwee roofdier skade tydens geboorte , 1 Landy afgeskryf

Nadat ek van die Jaracal Forum te wete gekom het , het statistieke so ?n bietjie verander :

Geen kalwers dood gebore nie ( wel 1 x aborsie ) , geen kalwingsprobleme by verse nie , die Cruizer is darem ook nog heel en Sasha ( Snippie se vervanging ) jaag maar meerkatte . Dit is darem vanaf September tot Maart .

Om die opstel af te sluit ?

Ek was bevoorreg genoeg om ?n African Rock Python raak te loop op die plaas ( begin Maart ) , daar is nou ten minste 3 paartjies steenbokkies op die plaas , die springhase raak stadig maar seker meer en ek wag nou net vir ?n krimpvarkie om sy opdaging te maak .

Die forum kan ook nogal verslawend wees , veral as ?n mens Oom Taffie se boek (tips) begin lees . Hoe meer ?n mens lees , hoe meer kom ek agter hoe min ek eintlik weet .

Maar , baie dankie vir ?n baie suksesvolle Forum en vir al die inligting en raad wat uitgedeel word .

Groetnis

Spikkels

PS. KSV , jy moet jou gat kom sien . Ek hoor nou die aand daar is moontlik nuwe intrekkers in die omgewing . Die buurman het ook nie ?n probleem as jy daar gaan sit om beheer toe te pas nie .
User avatar
Problem Animal Control
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Tue Sep 15, 2009 8:16 pm

Re: Het Jaracal-Forum gehelp met probleemdierbeheer?

Post by Problem Animal Control »

Die forum is verslawend!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Sodra ek aan n rekenaar of "laptop" of my "blackberry" vat dan vra vroulief klaar: Wat se die mense op die forum? En die tweede ding is,kom kruip maar in wanneer jy eendag klaar is. Die beste ding wat volgens my na Coke uitgevind is. Weereens dankie manne.
9mm S&W
9mm Norinco
.38Spl Luger
.38Spl Luger
.22BRNO
.22Krico
.22Hornet
.44Magnum Ruger
.410
12Br CBC
12Br S&W
12Br S&W
.303BSA
.308BRNO (ou betroubaar)
Ruger Mini14 223

Solank daar lood in die lug is,het ons hoop!!!!
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Het Jaracal-Forum gehelp met probleemdierbeheer?

Post by Marc »

Problem Animal Control wrote: Die forum is verslawend!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Sodra ek aan n rekenaar of "laptop" of my "blackberry" vat dan vra vroulief klaar: Wat se die mense op die forum? En die tweede ding is,kom kruip maar in wanneer jy eendag klaar is. Die beste ding wat volgens my na Coke uitgevind is. Weereens dankie manne.
Hoor hoor, dieselfde gebeur hier by my  ;D

Beste is dat die forum nie "gehelp het nie", "dit hou aan en aan en aan met help"  soos daai hassie  ;)

Baie dankie aan almal wat hom aan die gang hou
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Het Jaracal-Forum gehelp met probleemdierbeheer?

Post by tafjak »

spikkels1

Dit is sulke terugvoer wat die forum(probleemdier afdeling) eintlik die moeite werd maak! Dankie daarvoor en wil ek graag hoor of ek die post van jou kan gebruik in die veldtog teen die "manne wat die beheer van probleemdiere wil ontspoor"? Ek weet dat die ontsporingsproses 'n heuglike onsuksesvolle poging van hulle kant sal wees met sulke(en nog moontlike verslae deur ander) terugvoer.

Mooiloop en rook die jakkalse!
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
spikkels1
Newbie
Newbie
Posts: 11
Joined: Thu Feb 18, 2010 5:52 pm

Re: Het Jaracal-Forum gehelp met probleemdierbeheer?

Post by spikkels1 »

Oom Tafjak ,

jy is welkom om die post te gebruik . Laat weet as daar nog iets is waarmee ons kan help .

Groete

Spikkels .

ns : en vanoggend sien ek en my buurman toe so saam-saam 'n luislang .
Post Reply