Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Soos elders genoem het ek 'n hok wat ek met ystervark pee stel het al baie ystervarke gevang, twee tierboskatte, een jakkals en een gruokat. hier is die Tierboskat. Allie katte vrygelaat, hulle help ons baie met Springhaasrot plaag in die mielielande.
Last edited by Foxcreek on Sat Sep 25, 2010 10:37 pm, edited 1 time in total.
Food grown in depleted soils is itself deficient, and animal products derived from stressed beasts bear a burden of guilt.
Foxcreek
Lees in nov se sa wild en jag dat mannetjies tussen 10 en 18 kg word. dit is swaarder as baie rooikatte. Nie geweet hulle word so swaar nie. Wyfies Tussen 8.7 en 12.5 kg. N Buurman
het al ook so een in n hok gevang hier in Tarkastad. Maar ek weet nie van nog nie.
Maak hulle nie skade nie?
Groete freddie
Hier by ons is meer bees- en melkboere en maar min skaapboere, so hulle is nie 'n probleem nie. Die outjie van Natuurbewaring s? vir my sy slagtande sit te na aan makaar om 'n lam te vang(sien onderste foto). Hoe waar dit is weet ek nie, want vir my is dit nie hoe ver sy slagtande uitmekaar uit sit nie maar hoe groot hy sy bek kan ooprek om 'n lam se gorrelpyp toe te druk.
Hier by ons los ons hulle want hulle help ons om die Springhaasrot populasie laag te hou.Hulle is baie lief vir vo?ls en as hulle oud raak is hulle geneig om hoenders te steel.
Hier by ons is hulle volop en jy sal omtrent elke keer as jy gaan jakkies roep een sien waar hy by die muisgate sit en wag vir 'n snack. En soos jy kan sien hulle raak groot. Hulle het lang bene en staan baie ho?r as enige rooikat.
Foxcreek.
Food grown in depleted soils is itself deficient, and animal products derived from stressed beasts bear a burden of guilt.
En hulle word hondmak - 'n vriend het twee hans groot gemaak op 'n plaas naby Hoedspruit - hulle het los rond geloop en te lekker gespeel met die half mak bosbok wat op die rivierwal bly daar naby. Aanvanklik het hulle net om die huis geloop, toe verder gaan verken en toe hulle eie potjie begin krap - maar hulle kom s? nog so een keer in twee weke dag - en die een bly sommer vir 'n dag of twee voor hy weer die pad vat. Slaap lekker uit op die bank op die stoep en vreet hom trommeldik aan die melk en katkos, dan loop hy weer.
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...