Zeiss 4.5-14x44 rapid z 800

Post Reply
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2480
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Zeiss 4.5-14x44 rapid z 800

Post by Nico Harris »

Ek het vandag my zeiss 4.5-14x44 gekry! Hy het die z800 kruishaar...ek het hom eers gekoop en toe geleer hoe hy werk! Jy gaan na zeis se web tuiste http://www.zeiss.com/sports , daar kies jy die rapid z calculator. Nou sit jy al jou details in soos koeel gewig , bc en spoed. Die geweer word gezero op 200yds. Daarna gaan jy na die reticle analysis form toe. Daar druk jy optimize power! Nou se die calculator vir jou op watter vergroting jy moet skiet sodat die afmerkings in die scope oor een stem met jou geweer se trajek! My 243 met 87gr vmax koeels teen 3061ft/s zero so- hoof kruis- 200yds
                                                                                                                                                3-278yds
                                                                                                                                                4-405yds
                                                                                                                                                5-504yds
                                                                                                                                                6-600yds
                                                                                                                                                7-694yds
                                                                                                                                                8-784yds
die vergroting waarop ek die scope moet stel is 10.28x! Wat dink julle manne van die sisteem? dink julle dit kan werk?

aangeheg is n foto van die kruishaar. wat ek nog baie like van die scope is dat sy eye relief dieselfde bly op enige vergroting!!

groete

nico 
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2480
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Zeiss 4.5-14x44 rapid z 800

Post by Nico Harris »

My 243 is net in vir n bedding job! as hy terug kom sal ek al die afstande toets seker tot op 500m en terugvoering gee!

groete

Nico
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
bullseye

Re: Zeiss 4.5-14x44 rapid z 800

Post by bullseye »

Nico jy sal nooit spyt wees nie, jy moet hom net gewoont raak.jy gaan hom baie geniet.
groetnis
Bullseye.
Klopper
Full Member
Full Member
Posts: 219
Joined: Fri Feb 17, 2012 7:19 am

Re: Zeiss 4.5-14x44 rapid z 800

Post by Klopper »

Moet hy spesifiek op daai verstelling wees sodat die reticle gekalibreer is?
Vraag - die Nikon BDC - moet hy ook op n' sekere verstelling wees on gekalibreer te wees?
Skiet hom in die hol kol, Pa soek die vel!
User avatar
Johnnie De Wet
Hero Member
Hero Member
Posts: 550
Joined: Thu Mar 22, 2012 7:59 pm

Re: Zeiss 4.5-14x44 rapid z 800

Post by Johnnie De Wet »

Klopper wrote: Moet hy spesifiek op daai verstelling wees sodat die reticle gekalibreer is?
Vraag - die Nikon BDC - moet hy ook op n' sekere verstelling wees on gekalibreer te wees?
Baie interissante vraag, waars die slim manne?
Johnnie
Danie Lombard .243

Re: Zeiss 4.5-14x44 rapid z 800

Post by Danie Lombard .243 »

Alle verstelbare vergroting teleskope met ballistiese of mill dot kruishare moet die vergoting groter en kleiner gestel word/gekalibreer word om die trajek te laat aanpas by die kruishare m.a.w. hold over. Die rede hiervoor is baie maklik om te verstaan. Dink so daaroor, waneer die teleskoop se krag groter gedraai word bv. na 20X toe bly die kruishaar se grote, as mens deur die teleskoop kyk, net so groot soos op bv. 6X krag. Kruishaar bly konstant dieselfde grote. Al wat die groter vergroting stelling doen is om te teiken te laat groter lyk in die teleskoop/ZOOM. 

Kom ons skep 'n senario om dit mooi te verduidelik. Kom ons se jy le aan op 'n jakkals teiken, lewens grote jakkals teiken op 200 meter. Jy stel jou teleskoop op 10X krag en nou bekyk jy die jakkals deur die teleskoop. Die kruishare sal miskien net ter verduidelikong inpas van bors lyn tot rig lyn binne die 3 onderste strepies van jou kruishaar. Draai jy nou die teleskoop na 20X krag toe sal die jakkals veel groter verskyn in jou teleskoop en nou bv. sal die hele jakkals inpas in dalk 8 van jou teleskoop se strepies op die kruishaar. Net soos die jakkals se bors tot rug lyn verander het in die teleskoop se strepies tydens vergrtoing verstelling sal jou koeel gate se inpas verander op die strepies as jy na koeel gate kyk op 'n teiken. Ek verwys na koeel gate op verskillende afstande geskiet op dieselfde teiken terwyl daar op dieselfde plek (bull) gemik is. Hoe verder die afstand, hoe laer print die koeel op die teiken.

Nou moet mens gaan proewe skiet op die skietbaan en bepaal hoe jou patroon val op elke afstand en duidelike merke maak op die teiken waar die koeel gate sit op die papier bv. 100m Zero, 200m 2" laag, 300m 9" laag, 400m 20" laag ens ens. Stel nou die teleskoop groter en kleiner terwyl die hoof middel kruishaar op die mik punt (bull) gehou word en terwyl jy stel, let op waneer die strepies ooreen stem met die koeel gate merke op die teiken. So kalibreer jy jou scope se ballistic hold over om aan te pas by jou geweer se trompsnelheid en tiepe koeel.

Elke tiepe koeel en trompsnelheid op dieselfde geweer sal veroorsaak dat die vergoting verander en sal dus soos bg. moet aangepas word om te laat werk. Dit is die rede hoekom mill dot/ballistic hold over teleskope se vergroting kan verstel word is.

Hoop jul kon my verduideliking verstaan. Beter om iemand prakties te verduidelik op 'n skietbaan as met geskrewe woord.

Danie
Post Reply