Maglightkat

Post Reply
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Maglightkat

Post by johan »

Kom gisteraand skemer van die huurgrond af terug huistoe,op die Rooihoogte pad sien ek n rooikat teen die pad sit.
Ry gou by Flippie Loock in en beduie hom,ons laai sy skietstoel en daar gaan ons....katjagters !

Maar na n uur se lig en soek ens gee ons moed op en draai huis toe.Amper by Springfontein tel hy die kenmerkende helder blou/groen oog teen die berghang op....ons probeer nader, maar boeta daai wereld is skurf met ysterklip ens.

En kater is baie skaam om sy oog te wys en kans te gee vir n skoot en dis hier net kort van 400 tree,na seker n uur se gesukkel kry Flippie n skoot in,bo-oor te veel toegelaat vir die 223tjie,na n tyd nog n skoot en nou weet ons nie daai skoot het nie te sleg geklink nie ?

Nee maar goed ek sal die stoel beman en Flippie sal my 4sel Maglight vat en vir kater loop haal.

Daar gekom,die kol platgesoek, kater nerens te vinde nie,volgende oomblik hoor ek hoe val die Maglight doef !

Hier sit ou Flip met die kat aan sy agterbeen en daai kat spring en dans soos n afkop hoender !

Flippie het die kat op n klip sien sit en anderpad kyk....hy sit toe die flits af en bekruip die kat in die volmaan so vyf tree en wiks die +- 10kg wyfiekat n enkele doodskoot oor die kop met die 4sel !
Sy het nie n merkie aan haar gehad nie,alby skote was dus mis.

Mooi gedoen Flippers !!
Last edited by johan on Wed Mar 07, 2012 11:24 am, edited 1 time in total.
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Maglightkat

Post by DawieKotze »

Is dit Flippie wat daar naby Graaff Reinette boer? Daai man is so taai soos 'n ratel met daai maer lyfie! En as jy saam met hom die berge wil in walk en stalk, moet jy weet - 'n lafenisse aan die einde van die dag het nog nooit sooooooo lekker gesmaak nie!

Het al baie lekker by hom gejag en gekuier.
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
Vosman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Thu Aug 11, 2011 7:58 am

Re: Maglightkat

Post by Vosman »

Dit lyk my die enigste sagte plek op Flippie se lyf is sy TANDE!! ;D
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: Maglightkat

Post by johan »

Dis nou daai einste kerel waarvan jy praat,RATEL moes sy middelnaam gewees het !
Toe hy die kat klop, toe gaan die te kwaai tekere na sy sin,toe vat hy vir kietsie aan die agterpoot en houvas !
Dit was n gesig om deur die verkyker te aanskou....
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Maglightkat

Post by theedge »

Ja kyk somige manne het dit maar net in hulle - nou weer leker gelag - sien die spil so in die geestesoog
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Image
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Maglightkat

Post by Gerhard »

Nee Wragtag Die Man Mag Maar!!!
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Jassie
Hero Member
Hero Member
Posts: 549
Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm

Re: Maglightkat

Post by Jassie »

WATTER KLANK HET HY GEBRUIK????
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Maglightkat

Post by Marc »

Vosman wrote: Dit lyk my die enigste sagte plek op Flippie se lyf is sy TANDE!! ;D
;) ;) ;) ;) ;) ;) ;) Hy is 'n YSTER !
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Maglightkat

Post by Gerhard »

Johan,

Ek bly vergeet om jou te vra.

Hoe groot is die duik in die Maglight gewees...  ;D
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: Maglightkat

Post by johan »

Behalwe vir die spatsel bloed en die nerfaf strepie.......ZERO !
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Maglightkat

Post by Gerhard »

Nee wat dan is daai Maglight gebou om te hou... ;D
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Maglightkat

Post by visstok »

Daai groot maglight's is goeie wapens as jy sonder n roer jakkals gaan optel, myne het so bietjie meer skade op gedoen, haas wat by my voet opspring en toe gooi ek, haas hardloop seker nou nog maar my maglight is nie meer wat hy was nie! Groete visstok
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Maglightkat

Post by tafjak »

johan

Maar ou Flippers is weer vreesloos, verlede jaar moes hy ook een van my "afblad" katte gaan haal en later hoor ek net die ou soek klippe(reken hy soek klippe in darie w?reld). Langstorie kort, die kat is later die oggend eers vankant gemaak. Maar die petalje was nogal giggelwekkend darie tyd van die oggend.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: Maglightkat

Post by johan »

Taffie

(reken hy soek klippe in darie w?reld).

Ek wil nou nie snaaks wees nie,maar iemand wat nog nie my ou buurman(Flippie) se wereld gesien het nie, sal nie verstaan van KLIPPE nie.

Hy het eers n klip indie hand gehad,toe besluit hy die Magliht is n beter wapen (Hy het natuurlik seker onthou van jou afblad episode ! ek dink die ronde ysterklippe daar is net net te groot om lekker mee te gooi ? )

Die Colborn span ( 22sterk ) het darem n telling van sewe (almal reuns ???? ) en twee katte behaal in 14 dae.

PS 14/03/12  14h30
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Maglightkat

Post by DawieKotze »

Hierdie is by Flippie geneem. Ons soek ribbokke en glo my - daars nie net baie en groot klippe nie, maar m@#$se berge!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
Post Reply