Scope opsies vir lang afstand bou

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier

Watter scope sou jy kies vir 'n taktiese langafstand doel?

Poll runs till Tue May 12, 2054 4:35 pm

Sightron SIII SS 8-32x56 LR-MOA
22
40%
Leupold VX-3 8.5-25x50 LR Target
23
42%
Vortex Viper PST 6-24x50
10
18%
 
Total votes: 55

immelmanw

Re: Scope opsies vir lang afstand bou

Post by immelmanw »

Ons eerste Tikka T3 Sporters is in die week hier! 4x 260 Rem en n paar 308's
Weet nog nie wat die prys gaan wees nie!
(Kan nie wag nie)
Groete

Willem
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Scope opsies vir lang afstand bou

Post by Marc »

Wouter Roets wrote: Hallo Luddie

Ek gaan nou jou appelkar omgooi! Jammer daaroor en ons het al persoonlik hieroor gepraat. Jy sit onsaglike tyd en moeite in hierdie projek. Jy het hier en daar n kompromie gemaak met die bou van jou geweer maar as jy alles in ag neem is die eindresultaat nie ver weg van jou idiaal nie. Soos Arnold se is die scope van enorme belang as dit kom vir jou spesifieke aplikasie. Jy het self erken jy gaan vir n tydelike opsie en dit is nie jou idiaal nie.

Met dit wat jy wil doen gaan die genot dalk by die deur uit. As ek so luister na alles dan is dit die hele tyd n kompromie wat jy maak met die scopes. As dit nie die kruishaar is nie is dit die vergroting of interne verstellings. Daar is baie opsies om die nodige gelde te verkry vir die regte scope. Verleng jou karpaaiement met twee maande, steel by jou buurman of pers hom of haar af, maar maak n plan en koop die regte scope en kry klaar! Vir iemand wat voel soos jy oor hierdie goed is dit die regte ding om te doen. Jy sal nie spyt wees nie! Onthou wat ek altyd se van losers vs winners. Wees n wenner en maak n plan!

Groetnis
Wout
Ludwig

Wouter het ware woorde hier  ;) Dis een ding wat ek ook nou al geleer het, gaan eerder daai entjie verder en kry wat regtig gaan werk en nie wat dalk sal reg wees nie  ;D

Kom ek sit ook 'n spyker in jou wiel, ek het die Leupold Mark 4 LR/T 8.5-25x50, M1, TMR, Matte gekoop met ARD en Sunshade. Wag nou in spanning vir sy aankoms dan sal ek terugvoer kan gee. Vir baanwerk en stil sit skoote gaan hy net reg wees  ;) Ek soek nie iets wat prakries is of lig om te dra nie, hy moet kan raak kyk en betroubaar wees !

Die Mk4 is 'n ware taktiese teleskoop, teenoor die Vx3 modelle, as jy takties wil gaan  ???

Ek was besig om in die 10k prysklas te kyk {Vortex het my amper gehad ;D} en na baie raad van forum lede het ek besluit om ietsie by te las en nie later spyt te wees nie  ;) {Dankie vir al die raad manne}

Sterkte met jou keuse, my geld vir die stem is op leupold, maar die Vortex modelle lyk ook goed. Kyk net na die "top end" modelle  ;)

Image

Sterkte
Marc
Last edited by Marc on Mon Mar 05, 2012 8:03 pm, edited 1 time in total.
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Scope opsies vir lang afstand bou

Post by Arnold »

Marc, koop jy die scope plaaslik? Kan ek vra hoeveel hy oor die R10k merk is?
Vir die geld van n MK4 koop ek eerder n NXS of twee Sightrons...
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Scope opsies vir lang afstand bou

Post by James Wilson »

Ludwig wrote: Manne, dankie vir almal se raad en terugvoer. Ek het vanmiddag my Sightron bestel en hy is oppad. Sal julle terugvoer gee sodra ek hom ontvang het.


James, ek hoop ek mag darm nogsteeds vir jou kom kuier  :)
ek het geen idee waarvan jy praat nie! ;D
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Scope opsies vir lang afstand bou

Post by James Wilson »

:)

nee jy moet kom. dok en piet het die naweek 4 varke geskiet. dok noggal met n 308 ;) in totaal so 9 gesien.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Scope opsies vir lang afstand bou

Post by BLOK »

Ludwig wrote: Ek het self 'n VX3 op my 300WM en laat ek jou se, daar is 'n paar Nikons en Burisse daar buite vir helfte sy prys, wat hom ore aansit. Ek sluk maar swaar deesdae aan wat Leupold bied en wat jy vir jou geld uitkry.
Amper soos ek deesdae oor Lynx voel, het jy gesien wat hulle deesdae vir die nuwe model scopes vra.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Scope opsies vir lang afstand bou

Post by Marc »

BLOK wrote:
Ludwig wrote: Ek het self 'n VX3 op my 300WM en laat ek jou se, daar is 'n paar Nikons en Burisse daar buite vir helfte sy prys, wat hom ore aansit. Ek sluk maar swaar deesdae aan wat Leupold bied en wat jy vir jou geld uitkry.
Amper soos ek deesdae oor Lynx voel, het jy gesien wat hulle deesdae vir die nuwe model scopes vra.
Blok ek stem hier saam jou, vir die pryse van Lynx deesdae koop ek veel eerder 'n ander scope, selfs Vortex se kwaliteit is beter en teen 'n baie laer prys !{PS 80% van my huidige scope's is Lynx}
Arnold wrote: Marc, koop jy die scope plaaslik? Kan ek vra hoeveel hy oor die R10k merk is?
Vir die geld van n MK4 koop ek eerder n NXS of twee Sightrons...
Arnold hy gaan my 12,5k kos by my huis met die ekstra's ingesluit  ;)  Hy kom uit die state, local sou ek net die scope alleen kon kry vir 14k. Daai ekstra 2k gaan 'n KD en Bi-pod's ook koop, bo-op die 50mm ARD en 4" Sunshade  ;D

Met die Sightron manne stry ek nie, want ek ken glad nie die glase nie. NF is nice, maar ook maar duur vir wat hulle werklik bied. Helfte van die eienaars loof hulle en die ander helfte sal jou onmiddelik ruil vir iets soortgelyk in waarde  ??? ??? ??? ??? maak 'n buitestaander se besluit bietjie moeilik.

Ek kon niemand kry wat 'n Mk4 het om te loer nie, so ek dobbel ook maar lekker hier. Moes maar meestal informasie op oorsese forums gaan oplees. {en natuurlik hier op Jaracal} Twyfel of ek totaal teleurgesteld gaan wees in die outjie  ;)

Dis ook maar net my 2c, ons kan nie almal dieselfde goetters h? nie, hoe gaan ons dan nou so lekker kan saam ges?ls  8)

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Scope opsies vir lang afstand bou

Post by Wouter Roets »

Luddie/Marc

Jy weet die lewe is interessant. Mense(ek inkluis koop Toyota) vir baie meer as net die produk. In baie modelle is daar beter opsies daarbuite, maar dit word oorgesien agv van die groter prenjie wat die produk bied. Naverkope diens, goeie heverkope en betroubaarheid speel gewoonlik die troefkaart in die meeste mense se besluit. Die bietjie duureder prys word wel betaal vir hierdie voordele.

Hoekom word daar met die keuse van teleskope hierdie adisionele voordele nie na gekyk nie? Nerens in hierdie gesprekke was daar na die gedeeltes verwys nie. Daar is nie verwys na waarborge, naverkopediens of selfs heverkoopwaarde nie. Teen hierdie tyd weet die meeste mense al dat ek n redelike Leupold man is en ek is ook die eerste persoon om te erken die maak het tekortkominge. Maar dit gaan vir my oor die groter prentjie. Moet nou net nie se ek sien dit nie raak agv die swak lense nie! ;D Ander make soos onder andere Nightforce tiek dalk meer bokse in die taktiese departement tesame met die adisoinele voordele en vandaar die prys premuim. Die vraag nou weereens is dat daar mense is wat bereid is om daarvoor te betaal en ander nie.

Groetnis
Wout
Last edited by Wouter Roets on Tue Mar 06, 2012 12:59 pm, edited 1 time in total.
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Scope opsies vir lang afstand bou

Post by Vlakvark »

+1000 Wouter daai Leupold waarborg en diens maak 'n verskil
Image
Image
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Scope opsies vir lang afstand bou

Post by Arnold »

As mens kyk na waarborg en na-verkoop diens moet mens natuurlik pryse op gelyke vlak vergelyk. Jy kan dus nie 'n persoonlik ingevoerde MK4 met 'n plaaslike NXS vergelyk nie.
Ek weet van iemand wat sy MK4 geruil het vir 'n NXS ...

Die Sightron SIII is in 'n heel ander prysklas as die NXS en MK4 en tog vergelyk hy goed in alle opsigte. Ek weetnie of die Sightron 'n gelyke het in sy prysklas nie!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Scope opsies vir lang afstand bou

Post by BLOK »

Ek het self al na die Sightrons gekyk nadat Ludwig my die eerste keer van hulle vertel het. Ek dink nogal die SIII16X42MMD sal lekker werk op die 204 vir meerkatte en tarentale skiet ek hou veral van sy fyn mildot's.

Sal maar wag en hoor wat se Snipe as hy syne gekry het voor ek koop.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Scope opsies vir lang afstand bou

Post by Arnold »

Blok, lees net 'n bietjie op oor die vaste vergroting modelle. Dit wat ek 'n tyd terug gelees het was dat die verstelbare vergroting modelle uitstekend is en dat die vaste vergroting modelle dalk nie heeltemal op par is nie.
Dalk kan Ludwig bylas?
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Scope opsies vir lang afstand bou

Post by BLOK »

Dankie Arnold.

Ek sal nog gaan oplees oor die model, Rede hoekom ek hom aan gedink het is die dun lyn met fyn mildots wat ek dink beter gaan werk op meerkatte wat klein is. Rede vir vaste vergroting is die kinders gaan hom ook meeste gebruik en hoe minder gatgets hoe makliker vir hulle.

Sal maar nog gaan lees oor hom, elkgeval nog eers n rukkie as jakkals geweer dien tot die 243 se appel deurgedruk is.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Scope opsies vir lang afstand bou

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne

Moet my asb nie verkeerd verstaan nie. Ek dink ons almal is sekerlik bewus van hoe werk dinge in die lewe. Met die meeste produkte is dit maar so dat om in die mark in te kom word daar gewoonlik sterk na prys gekyk en sodra n naam gemaak word is dit cash-in time! Die geheim van die verbruiker is seker maar om hierdie "bargains" uit te snuffel op die regte tyd. Die Sightron blyk nou die nuutste te wees en Luddie soos ek jou ken is die huiswerk deeglik gedoen. Dit is n bitter goeie produk vir die prys. Geniet hom terdee!

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Scope opsies vir lang afstand bou

Post by Arnold »

Al wat ek kan se is dat ek bly is dat ek my NXS kon koop en dat ek glad nie spyt is oor die Sightron nie. Wat Wouter se is waar en die manne moet nou maar koop terwyl die prys laag is. Een van die dae verdubbel die prys omdat die plaaslike invoerder dalk sien dat hy nou hier 'n paar ekstra rande kan maak.

Ludwig, bring jy self die Sightron in of het jy plaaslik bestel?

Ek dink ook Lynx is baie duur vir wat jy kry en dat daar ander scopes in die mark is om na te kyk. My ondervinding met hulle na-verkoop diens was nog altyd baie positief en omdat hulle plaaslik is gee dit daai een voordeel.

Dalk moet ons 'n lys opstel en die verskillende scopes klasifiseer van hoe hulle in die mark pas teen opsigte van 'n paar aspekte. Daar was so lys gedoen in Amerika deur SWFA. Baie interesant om te sien waar hulle die verskillende modelle plaas


The scale below was formed by SWFA sales staff, customer service, pro-staff and owners using personal experience, customer input and facts supplied by the manufacturers.  The ranking system is based on the following criteria.

51%  Optical Quality - How bright and clear the scope is.
15%  Specifications - Field of view, eye relief, weight, adjustment travel, etc.
15%  Durability - How do they with stand the test of time.
12%  Special Features & Options - Proprietary items (reticles, design, turrets), Zoom ratio.
7%  Warranty & Customer Service - How good are they.
0%  Value - Bang for your buck. This criteria has been removed due to O.T. member input.

In order to maintain the scale's simplicity we are not listing every single manufacture and only major manufactures will have several of their brands listed.  This scale also does not have discontinued brands or products like the old U.S.A. made Redfields, Japan Tasco or Japan Simmons Aetec.  This scale is heavily weighted toward HUNTING as being the application the scope will be used for.

This scale will be kept current with changes that the manufacturers are making that affect their rank.  Many of the lower end companies have been bought and sold a lot recently and while the names have stayed the same......the product has not.


2009 Riflescope Rating Scale

Leica ER, Swarovski Z6, Zeiss Victory

Kahles C - CL & CSX, Premier Reticle, Schmidt & Bender

Kahles KX, U.S. Optics, Swarovski PH & American Lightweight

Bushnell Elite 6500, Leupold VX-7, Nightforce NXS, IOR Valdada, Vortex Razor

Bushnell Elite 4200, Leupold VX-3, Nikon Monarch & Monarch X, Zeiss Conquest

Leupold Mark 4 VX III & VX-L, Meopta, Nikon Monarch Gold & Titanium, Sightron SIII & S2 Big Sky, Vortex Viper

Burris Black Diamond Signature Select XTR & Euro Diamond, Pentax Lightseeker, Trijicon Accupoint, Weaver Grand Slam

Bushnell Elite 3200, Leupold VX-II, Millet Tactical/Buck Gold, Nikko Stirling, Nikon Buckmaster, Sightron SI & SII, Vortex Crossfire & Diamondback, Super Sniper Fixed

Burris Fullfield II & Timberline, Leupold Rifleman & VX-I, Leatherwood, Mueller, Nikon ProStaff, Simmons

Barska, Sightmark, Swift, Truglo

BSA, Tasco, Yukon

ATN, Leapers, NcStar
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Scope opsies vir lang afstand bou

Post by Marc »

Manne
Wat 'n lekker stukkie lees word die nie.  ;D

Wouter
Jy praat waar oor al die ander opsies om te oorweeg, dis nou bo en behalwe die klariteit en betroubaarheid  ;)

Ludwig
Ek gan eers bietjie huiswerk doen oor die Sightrons dan val ek weer in ;) Klink nie of jy gaan foutmaak nie.

Arnold
Jy is reg oor die ingevoerde prysverskil en ek weet jy gaan my looi oor die feit dat hy gaan moet terug VSA toe vir herstel. My geld is op die feit dat ek nog net van twee gevalle weet waar leupolds van die begin af 'n probleem was. As ek mooi na hom kyk, gaan hy mooi na my kyk ;) ;D 8) Plaaslik gaan die Mk4 en die NXS modelle beter vergelyk.

Praat onder koreksie, maar die intree Mk4 is heelwat goedkoper as die intree NXF en die topklas NXS is ook aansienlik duurder as die top Mk4 ?
Dis hoekom ek in die middel vat, dooie rus, want soms stop daai outjie met sy golfie langs jou by die robot en gooi stof in jou luukse sportmotor se o?  :o {Niks persoonliks nie, maar dis hoe die lewe soms is :angel:, darem seker ook nie by elke robot nie  ;D}

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Scope opsies vir lang afstand bou

Post by Arnold »

Ja, daai is 'n ou lysie. Dit kom ook duidelik uit dit waaroor die scopes beoordeel word nie net uit die kwaliteit van optika bestaan nie en ek dink dit is dit wat mens onmiddelik vergelyk en nie altyd aandag aan die ander aspekte gee nie.

Marc, ek het nie 'n probleem dat jy die MK4 inbring nie maar soos jy noem vergelyk die plaaslike prys nie gunstig in die MK4 se voordeel nie. Ek was al deur die scope koop petalje en was aangenaam veras deur Burris en toe Sightron. Nightforce het my gelukkig nie verras nie en net gestand gedoen aan sy reputasie en dalk 'n ekstra punt of twee gekry toe ek met die na-verkoop diens te doen kry.

{Iets interesant oor die Nightforce, ek het gedink my scope het 'n probleem. Alhoewel ek die S&O gekoop het kontak ek direk vir Nightforce en hulle het gese hulle sal my produk vervang deur my handelaar as ek dink daar is iets fout (nie nadat dit getoets is nie!). Ek stel toe voor dat ek eers sekermaak oor die saak en dit was toe mirage en nie die scope nie, die selfde mirage op Atlantis wat die manne so gevang het by die WP ope veldskiet laasjaar.}
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Scope opsies vir lang afstand bou

Post by Marc »

Arnold wrote: Iets interesant oor die Nightforce, ek het gedink my scope het 'n probleem. Alhoewel ek die S&O gekoop het kontak ek direk vir Nightforce en hulle het gese hulle sal my produk vervang deur my handelaar as ek dink daar is iets fout (nie nadat dit getoets is nie!). Ek stel toe voor dat ek eers sekermaak oor die saak en...
Arnold dis nou daai fyn skrif wat BAAAAIE punte tel  ;)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Scope opsies vir lang afstand bou

Post by Raven »

Ludwig,

Ek wil nou nie jou "post" hijack nie, maar wil graag weet of iemand al die Zeiss Victory Diavari 6-24x56T met Rapid Z reticles gebruik of enige ondervinding van hulle het??

Dankie Raves.
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Scope opsies vir lang afstand bou

Post by Wouter Roets »

Raves

Dit wat ek al gelees het oor die teskoop en kruishaarkombinasie blyk dit n uitstekende produk te wees vir sy doel. Dit blyk n jag kombinasie te wees eerder as n taktiese een.

Die groot verskil tussen die tipe aplikasies en help my reg as ek die pot mis sit is dat n mens met n taktiese teleskoop verstellings maak op die teleskoop vir die afstand en omstandighede. Met n jagteleskoop toegerus met balistiese kruishaar is dat daar nie hierdie verstellings gemaak word nie maar dat die kruishaar gebruik word vir die kompensasie. Wanneer die vergroting ooreenstem met jou vlugbaan van die koeel los jy hom so en gebruik jy hom net so sonder vestellings op die turrets te maak. Met taktiese teleskope is dit dan van kardinale belang dat die vestellings wat jy maak presies reg moet wees en positief. Jy weet seker natuurlik al hierdie dinge maar ek se/vra dit maar vir my eie onthalwe.

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Scope opsies vir lang afstand bou

Post by Arnold »

Ludwig wrote: Een ding wat my nog altyd verstom het, is mense wat 'n taktiese scope koop met 'n mildot kruishaar, maar turrets wat in MOA verstel.
Ek dink min mense weet wat die verskil is en gebruik maar die milldots as afmik punte.
bullseye

Re: Scope opsies vir lang afstand bou

Post by bullseye »

Raven die zeiss model wat jy van praat is uitstekend vir jag doeleindes dag of nag het n lekker groot field of view .Die verstellings is puik geen probleme .DIE kruishaar is wel n bietjie te dik na my mening vir teikenskiet maar vir jag perfek .By ges? die kruishaar wat ek nou van gepraat het is die rapid z 7. Die ander voordeel van die zeiss is sy parralax, is die minste sensitief  so jy hoef nie kort kort parralax verstellings te doen nie.EK WEET Louis 102 het mildot kruishaar met taktiese turrets miskien is hy dalk dunner.Vir my werk die rapid 7 puik jy moet maar gaan skiet en so werk jy jou trajekte uit vir kruishaar.
Dan natuurlik is daar die Hensold reeks van zeiss dit is n vol taktiese scope beslis een van die bestes.Jy sal beslis nooit spyt wees oor die zeiss nie.

groetnis
BULLSEYE
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Scope opsies vir lang afstand bou

Post by Raven »

Wouter,

Jou verduideliking is doodreg, ek is opsoek na 'n baie praktiese langafstand JAG Teleskoop.

BullsEye
Dun kruishare pla my al klaar bietjie met die o? wat nie so lekker kyk nie. Ek het ook na die Rapid z 7 gekyk, maar kry hom nie op Zeiss se website. Zeiss het 'n baie lekker ballistiese program waar jy alle data van jou lading invoer en dan kry jy 'n "optimal vergroting" van hulle wat dan mooi op die afmik merkies sal val vir jou spesifieke lading.

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
bullseye

Re: Scope opsies vir lang afstand bou

Post by bullseye »

Raven ja zeiss het n lekker program maar ek sal aanbeveel dat jy nogsteeds maar skiet op elke afstand om seker te maak. my scope is op n 22-250 ek moes n paar skote skiet maar ek weet waar om af te mik op elke strepie.Klipspringer het vir my ingebring daar is vrek baie opsies met turrets en kruishare ek is seker dat klipspringer jou sal kan help.DIE Z7 werk vrek lekker om af te mik in wind.Ek het met Hendrik gesels van safari &outdoor en my vertel van die model.Vir jag gaan jy nie beter kry nie. As jou kaliber n plat trajek het sal ek dalk na die z-1000 varmind kyk.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Scope opsies vir lang afstand bou

Post by Marc »

Ludwig

Baie geluk, nou jeuk jy seker lekker  ;D ;D ;D ;D ;D
Daar l? nou al vir twee weke 'n kolf in my kas, bipods op alles, en wag vir sy stukkie staal. Die glasie is ook al sterk oppad. Hopelik sal hy teen einde April aangetrek wees  >:(

Terloops sien hierbo twee soorte is nou nek aan nek  :o

Geniet hom !!!!

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Post Reply