Middag manne,
Ek is in die mark vir 'n nuwe geweer en het lus vir 'n 308 (Goedkoop om mee te skiet en te laai asook min probleme met akuraatheid??). Ek het reeds 'n 22-250 en 300WM beide die geweere is varminters (Remington 700 VSSFii in 22-250 en Tikka T3 varmint SS in 300WM)
Die vraag waaroor ek nou sit en top is of ek nou weer 'n swaar geweer moet koop of vir iets lig gaan? Ek kyk na die Howa SS varmint in die 'heavy weight' klas en die steyr scout in die 'veer gewig' klas. Ek weet hul verskil soos dag en nag in prys sowel as aanwending maar is mal oor beide van hierdie gewere.
Wat sou julle aanbeveel?
Groetnis,
Frikkie
Lig vs swaar
- WillemS
- Sr. Member

- Posts: 385
- Joined: Wed Sep 15, 2010 4:30 pm
Re: Lig vs swaar
Frikkie
As jy 'n koedoe wil gaan soek te voet in 'n lekker bergagtige deel gaan 'n varmint profiel baie swaar raak! As ek jy is sou ek n ligter geweer kry vir die kere wanneer hy ver gedra moet word!
Willem
As jy 'n koedoe wil gaan soek te voet in 'n lekker bergagtige deel gaan 'n varmint profiel baie swaar raak! As ek jy is sou ek n ligter geweer kry vir die kere wanneer hy ver gedra moet word!
Willem
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4597
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Lig vs swaar
frikkie, die vraag is seker maar wat sal jou aanwending wees?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- Frikkie die Rot
- Sr. Member

- Posts: 254
- Joined: Sun Dec 11, 2011 9:39 pm
Re: Lig vs swaar
James,
Dit is maar redelik gemeng. Van voorsit jagte, stap en jag, baanskiet ens. En natuurlk die hardnekkige gejeuk in 'n man se bas om 'n nuwe geweer te koop.
Dit is hoekom die keuse so moeilik is.
Dit is maar redelik gemeng. Van voorsit jagte, stap en jag, baanskiet ens. En natuurlk die hardnekkige gejeuk in 'n man se bas om 'n nuwe geweer te koop.
Dit is hoekom die keuse so moeilik is.
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Lig vs swaar
James

Mooi loop
Francois
die vraag is seker maar wat sal jou aanwending wees?
Mooi loop
Francois
-
blaser
- Hero Member

- Posts: 1609
- Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm
Re: Lig vs swaar
Ek glo n geweer kan my eerder dood skop as wat ek my dood dra aan n geweer
- Jakkalsgat
- Hero Member

- Posts: 2703
- Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am
Re: Lig vs swaar
Frikkie de rot
Ek dink jy is redelik reg om van duiker tot kameelperd te skiet wat ek dink is, koop vir jouself 'n staalborsel R 29 - 95 by Senwes want jy het dele wat jeuk en gekrap moet. :

Groete
Jaco
Ek dink jy is redelik reg om van duiker tot kameelperd te skiet wat ek dink is, koop vir jouself 'n staalborsel R 29 - 95 by Senwes want jy het dele wat jeuk en gekrap moet. :
Groete
Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!
Groete
Jaco Stander
Groete
Jaco Stander
- Rinkhals
- Jr. Member

- Posts: 79
- Joined: Fri Jul 08, 2011 5:16 pm
Re: Lig vs swaar
Rot,
Waarna jy soek is 'n hekoopmakertjie om jou 300 en polonies te dra!
Waarna jy soek is 'n hekoopmakertjie om jou 300 en polonies te dra!