Blink doppe

User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Blink doppe

Post by Hilux01 »

Ek is onseker of hierdie vraag ak gevra is nie
Ek maak my doppe skoon met die warm water, wynsteensuur en sunlight resep

Ek vind egter dat die doppe baie dof raak na n rukkie, hoe gemaak om die doppe mooi te laat blink

Henk
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: Blink doppe

Post by Hilux01 »

Dankie Ludwig

So n ou sal maar op die einde die tumbler pad moet loop.
Brillo of Nevr Dull? waar kry ek so iets?
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Blink doppe

Post by Raven »

Ek het ook maar 'n klein hartjie as dit kom by mooi skoon blink doppe.

Ultrasonic cleaner en dan Brillo as daar doppe is wat dalk vlek of nie mooi blink.

Ek maak gewoonlik so 50doppe in 'n uur met ultrasonic skoon, laat hulle droogword en volgende aand Brillo lappie en cordless drill blink hulle gou-gou. Dit gee 'n man die alleen tyd wat jy soms nodig het  :-X  :)

Brillo kan morsig wees om te gebruik en vat tyd, maar dan kan jy elke dop mooi deurkyk veral as hulle al so 4-5 keer herlaai is. Dopvoorbereiding geskied so oor 3 aande by my. Die finale gedeelte van kruitgooi en koeel/punte indruk - altyd alleen op 1 aand. Ek probeer om nooit alles in 1 nag te doen.
Herlaai kan gevaarlik wees en 'n man moet kophou - maak nie saak of jy al 20 jaar herlaai.

Norton
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Blink doppe

Post by Christo »

Raven wrote: E Dit gee 'n man die alleen tyd wat jy soms nodig het  :-X  :)

finale gedeelte van kruitgooi en koeel/punte indruk - altyd alleen op 1 aand.............. Ek probeer om nooit alles in 1 nag te doen..............................Herlaai kan gevaarlik wees en 'n man moet kophou ............
3 aande beteken die eerste 2 is met eish, dan verloor 'n man net een aand.  :angel:
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: Blink doppe

Post by Hilux01 »

Norton

Dit maak sin, by neem doppe skoon maak ook so 2 aande en dan staan die doppe oornag voor ek dink aan prime en kryt
As jy se jy gebruik n boor, beteken dit jy "buff'die doppe?
Sien jy kan Ultrasonic cleaner koop vir so R4k deesdae, wat gebruik jy as skoonmaak middels ens?
Henk
Last edited by Hilux01 on Thu Mar 01, 2012 1:44 pm, edited 1 time in total.
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Blink doppe

Post by BLOK »

Ek gebruik soos Ludwig se die boor maar ipv middels gebruik ek sommer van daai skottelgoed sponsies met die groen harde lappie aan die een kant hy maak n dop darem vir jou blink soos min ander dinge.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Dippies
Hero Member
Hero Member
Posts: 521
Joined: Fri Aug 12, 2011 2:11 pm

Re: Blink doppe

Post by Dippies »

BLOK wrote: Ek gebruik soos Ludwig se die boor maar ipv middels gebruik ek sommer van daai skottelgoed sponsies met die groen harde lappie aan die een kant hy maak n dop darem vir jou blink soos min ander dinge.
Ek gaan die triek try vannaand. Moet hoeka doppe voorberei.

Moet n man die doppe eers sonic clean of net reguit met die sponsie?

Thanks BLOK
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Blink doppe

Post by BLOK »

Dippies

Sonic sal hulle seker aan die binne kant skoner maak, maar ek het nie n sonic cleaner nie, As jy daai sponsie gebruik, gebruik jy die groen harde kant nie die spons kant nie. Jy sal sien dit werk baie lekker en ek doen dit al baie lank so.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Francois Hugo
Full Member
Full Member
Posts: 154
Joined: Wed Jun 16, 2010 11:59 am

Re: Blink doppe

Post by Francois Hugo »

Hello Manne,

Gee asseblief weer daardie verhouding van die sunlight seep en wynsteen suur met hoeveel water. Dan ook hoe lank jy dit in die mengsel moet hou ook. Ek verbeel my dit is erens op die forum genoem maar kry nou nie die "topic" se naam ingedagte nie, vir die soek daarvan nie.

As ek reg onthou moet 'n man dit dan nie afspoel met skoon water daarna nie??

ek weet dit werk uitstekend maar het nou weer die resep "verloor"

Groete uit die Namakwaland

Francois
Dooie Jakkalse doen nie kwaad nie!!!!
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Blink doppe

Post by Raven »

Christo, praat jy nou van daai spesiale lang Rooi glas van jou  ;D

Die voggies bly maar altyd eenkant tot ek klaar gelaai het  ;)
Norton

Hilux,
Lees bietjie deur wat Ludwig vir jou gegee het van 6mmbr se website.
Ek gooi net 'n teelepel sunlightliquid en amper halwe koppie wit asyn by.
R4000 is bietjie duur ou maat, ek het myne van smartreloader gekry vir R1300.
As doppe vlek gebruik jy te veel wit asayn - onthou net om doppe mooi aftespoel na ultraclean.
Enigste voordeel vir my met ultrasonic is hy maak die doppe silwerskoon aan die binnekant, as jy dit reg doen, sal dit wees asof jy elke keer met nuwe doppe herlaai.
Norton
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: Blink doppe

Post by Hilux01 »

Manne

Baie dankie nou het ek weer lekker lees werk vanaand

Francois,

ek gebruik so 2l kookwater, 1 tee lepel sunlight en dan opgehoopte tee lepel wynsteen suur (Tartaric Acid)
Ek maak so 30 - 50 doppe skoon deur dit goed deur te speol en roer in die kook water, as die doppe begin verkleur is dit te lank in die water, gewoonlik so 15min is genoeg by my, dan spoel ek dit af met gedistileerde water voor ek begin droog vryf.

Kan iemand bevestig sal sommer goed wees om te hoor of ek dit regdoen
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
Camo Joe
Full Member
Full Member
Posts: 115
Joined: Thu Nov 03, 2011 8:21 am

Re: Blink doppe

Post by Camo Joe »

Dag se,

Wil sommer ook gou hoor terwyl ons op topic is,is daar nie iets wat jy in die tumbler kan byvoeg om die doppe mooi blink te kry nie,ek tumble tans met rys en ja die doppe kom blink uit ma as n man kan verbeter,hoekom dan nie,

Ek hoor graag,

Mooi loop,
"Blaming guns for killing people is like blaming pencils for bad spelling"
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Blink doppe

Post by BLOK »

Joe

Gooi so teelepel Brilo by, nog nie self probeer maar ek hoor dit werk net nie Brasso nie dit is baie sleg vir doppe.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Camo Joe
Full Member
Full Member
Posts: 115
Joined: Thu Nov 03, 2011 8:21 am

Re: Blink doppe

Post by Camo Joe »

Dankie Blok,

Sommer vanaand aanskaf en in gooi,moet betjie dop werk doen vir die veldskiet se voorbereiding,

Mooi loop,

CJ
"Blaming guns for killing people is like blaming pencils for bad spelling"
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Blink doppe

Post by Beretta »

Manne
Ek maak my doppe eers in die ultra sonic cleaner skoon was hulle af en blaas hulle met die kompressor droog.Dan gooi ek hulle in die tumbler sommer so oornag.Brillo of frankfort arsenal se polish of Flitz polish.Wat ek ook doen is om n stuk paper towel saam integooi in die tumbler dit vang alle ander vuilgoed op die papier en nie op jou doppe nie.Jy kan jou self in die doppe sien so mooi blink hulle as jy eers klaar is.Nog n ding wat ek doen is as die media vuil is gooi dit in n sykous Sunlight liquid was hom mooi skoon niks gemors nie.Los hom sommer so in die son en hy word mooi droog jy kan dit lank gebruik
Beretta
User avatar
Dippies
Hero Member
Hero Member
Posts: 521
Joined: Fri Aug 12, 2011 2:11 pm

Re: Blink doppe

Post by Dippies »

BLOK wrote: Dippies

Sonic sal hulle seker aan die binne kant skoner maak, maar ek het nie n sonic cleaner nie, As jy daai sponsie gebruik, gebruik jy die groen harde kant nie die spons kant nie. Jy sal sien dit werk baie lekker en ek doen dit al baie lank so.
Moet se die harde sponsie trick werk soos n bom. Gooi doppe in sonic cleaner dan paar vrywe met daai spons dan blink daai dop soos n spieel.

Thanks ou Blok

groete Dippies
Camo Joe
Full Member
Full Member
Posts: 115
Joined: Thu Nov 03, 2011 8:21 am

Re: Blink doppe

Post by Camo Joe »

Ludwig,

Dankie vir die raad,jy was so paar ure te laat gewees,hehe,soos jy se ek gan myself nou vir n tydtjie besig hou :-\

Ma so leer n man,al hoewel die doppe aan die buitekant baie mooi skoon is,is die enigste probleem wat tans kop uit steek is dat die doppe vol rys en brillo gestop is,hehe,dom vang aan,

Dink my rys was betjie te min vir die hoeveel heid brillo wat ek in gegooi het,wat net een eetlepel was,
"Blaming guns for killing people is like blaming pencils for bad spelling"
Camo Joe
Full Member
Full Member
Posts: 115
Joined: Thu Nov 03, 2011 8:21 am

Re: Blink doppe

Post by Camo Joe »

Ma jy weet mos,man wil mos he hulle moet baie blink en nie net betjie nie ;D ;D

Dink wat ek gaan doen is om hulle net met n stokkie of iets in die lyn aan die binne kans so skoon as moontlik te kry en dan in skoon rys tumble,ek dink dit sal van die residue aan die binne kante ook ontslae raak,

Ek sal dan die rys en brillo mix hou en as ek weer doppe skoon maak dan net helfte van daai mix met skoon rys meng,dan behoort hy mooi te loop,ek dink inelkgeval sal ek elke keer as ek klaar n brillo tumble gedoen het die doppe weer in skoon rys tumble net om seker te maak daar is nie brillo residue oor op die doppe nie,
"Blaming guns for killing people is like blaming pencils for bad spelling"
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Blink doppe

Post by Marc »

Manne

Dankie vir al die insette, baie geleer hier. Ek tumble hulle oornag en dan bosrel ek die nekke per hand. Soos Blok s? daai groen skottegoed sponsie werk soos 'n bom, maar is hard op die hande.

Groetnis
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Blink doppe

Post by BRNO (Pierre) »

BLOK wrote: Ek gebruik soos Ludwig se die boor maar ipv middels gebruik ek sommer van daai skottelgoed sponsies met die groen harde lappie aan die een kant hy maak n dop darem vir jou blink soos min ander dinge.
Blok, JY IS DIE BESTE! Dankie vir die tip. My ou vaal doppe vergelyk baie mooi met die nuwe Normas, en dit vat feitlik geen tyd met die sponsie nie.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Blink doppe

Post by BLOK »

Altyd bly as mens kan help. Ja dit werk baie maklik
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: Blink doppe

Post by Hilux01 »

+1

Dis sommer lekker om weer mooi blink doppe te he  ;D
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Blink doppe

Post by Carl »

Ek het onlangs raak gelees om voertuig politoer by die media te gooi. Gisteraand so bietjie getoets met ou doppe. Na so 2 ure in die tumbler het hulle soos nuwes geblink 8) moes my bril opsit!

Moet nou net bevestig die politoer het nie ammoniak in dan is dit die wiel vir Sannie. Ek het gaan oplees en selfs die Koper en Brass vereniging waarsku net teen ammoniak.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Blink doppe

Post by tripodmvr »

As dit by media kom het ek bietjie eksperimenteer. Die klein sago het nie goed gewerk nie - die groter korrels is beter, maar in die 7 na 30 kalibers sit hulle in die nek vas. Rys werk ook goed maar sit weer in die slagdopgat vas.

As ek luister na die mini staal stafies wat nou gemaak word doen hulle alles wat 'n soniese en gewone tumbler tesame doen. Hoor net dat jy 'n roterende masjien nodig het. Niemand van julle dit al probeer in die gewone tumbler nie?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Fanie

Re: Blink doppe

Post by Fanie »

Die gebruik van ultrasoniese baddens is in my opinie heeltemal oor verhewe en in meeste gevalle nie die beste manier om die skoonmaak van meeste items te versnel nie.

Die ultrasoniese omsetter laat die bak se onderkant sowat 0.2mm beweeg, afhangende van hoe kragtig die omsetter is en waarvoor hy ontwerp is.  Die frekwensie speel ook 'n rol.

Die werking van die ultrasoniese bad vibreer die bodem van die bak teen die omsetter se resonante frekwensie, dus is holtes van 'n sekere grootte meer geneig om skoon te word omdat die turbulensie in daardie spesifieke grootte holte ooreenstem met die frekwensie.  Die korrekte aanwending van ultrasoniese skoonmaak is bv om keramiek plate mee skoon te maak waarvan die porie van die keramiek verstop geraak het. Die porie se groote is in verhouding met die ultrasoniese frekwensie.  Die onverstopte (of skoongemaakte) keramiek wand het die eienskap om kooks (vir oonde) daaraan te kaat vaskleef wanneer die kooks in water vervoer word oor afstande in stede om bv voertuie te laat ry.  Die kooks word dan met 'n skraper afgeskraap wat op 'n vervoerband val waar dit reeds minimum waterinhoud het en vinnig uitdroog en dit  reis so na die oond.  Die water word net weer geserkuleer.

Die turbulensie van die vloeistof versnel die skoonmaak omdat daar vloei is, amper soos om die vloeistof te roer.

Die beweging van die vloeistof is egter nutteloos as jy nie die regte middel gebruik om die skoonmaak te laat gebeur nie.  Ek het al motorwerktuigkundiges gekry wat 'n bad wil gebruik om motor onderdele in water skoon te maak.  Dit werk nie, dis net die regte middel in vloeistof vorm wat die skoonmaak laat plaasvind.

Ek het so ruk terug 'n ander skoonmaak metode raakgeloop wat moontlik beter resuktate vir doppe mag he as die ultrasoniese bad (wat nogal duur is) en die 5000 uur se verwagte leeftyd van die omsetter mag verbygaan.  Dit is eenvoudig 'n elektriese motor met 'n koppelstuk aan die as wat 'n seker afstand van die as se middelpunt af gekoppel word (maw off-center) en is meganies aan die bak gekoppel.  As die afstand 0.5mm is dan is die afstand van die bodem 1mm beweging. 

Nog 'n metode wat ek al gesien het werk op dieselfde manier as die elektriese haarknippers, dit is 'n spoel met 'n kern en die kern is meganies aan die bak se onderkan gekoppel, die 50Hz resoneer die bak se bodem, die uitwyking word bepaal deur die materiaal dikte en die spoel se induksie.  Hier is geen meganiese beweging nie, net elektries wat 'n baie lang leeftyd behoort te gee.

Ek is bykans seker as mens net 'n pomp gebruik wat die vloeistof bo in 'n bak laat in stort op die doppe en weer van onder af laat vloei na die pomp toe kan mens dalk beter resultate as die ultrasoniese bad kry.  Onthou dit is die vloei van die vloeistof oor en deur die doppe wat die skoonmaakwerk doen.  Ek weet ook van 'n hele paar ouens wat skottelgoed wassers gebruik vir skoonmaak van sekere goed omdat die spuit van die (warm) vloeistof die skoonmaak geweldig versnel.

So se nou jy gebruik 'n pompie wat die water (met skoonmaak middel) op jou doppe wat in 'n rakkie gepak is laat val, dan kan jy die slagdop se holtes moontlik baie skoner en vinniger skoon kry as in die ultrasoniese bad, draai die dop om sodat die vloeistof van die anderkant op die doppe val en meer turbulensie binne veroorsaak dan kan jy dieselfde resultaat behaal.

Alternatiewelik kan die vloeistof van een kant deur na die anderkant vloei, deur die doppe af en toe te roer sal die holtes meer blootstelling aan die vloei ondervind.

In alle gevalle sal warmer vloeistof temperatuur die skoonmaak drasties versnel.

'n Geskikte pomp behoort van die vistenk pompe te wees waarvan die draaiende dele in plastiek gehul is en geen metaal dele word aan die vloeistof blootgestel nie.  Die draaimoment word deur induksie gedoen en draai in keramiek laers.

Die waks beskerming wat mens vir oppervlaktes kry (bv mnr Min) kan met 'n lappie aan die blink rondtes gevryf word, die was lagie behoort ook die oksidasie wat die doppe dof maak af te weer.
Post Reply