Renoster Stropery
- Hartskoot Hennie
- Sr. Member

- Posts: 339
- Joined: Tue Jun 21, 2011 8:28 am
Renoster Stropery
More manne.
Ek hoor vanoggend op die nuus dat daar gister nog 'n Renoster koei en kalf vermoor is in die Kruger Wildtuin...
Wat kan ons doen? Sekerlik moet daar 'n antwoord wees om die hele grusame spul optelos? Kan ons regtig nie iets doen om 'n verskil te maak nie?
Kan hulle nie 'n groep ou rekkies of taakmag manne instuur om die stropers aantekeer nie? Maar dan weer wat van die privaat grond met Renosters op? En dit gaan nie die probleem oplos nie. Soos die Engelsman se: "Prevention is better than cure."
Ek weet nie, maar ek is seker ek is nie al ene wat so voel oor die saak nie... Die anti jagters en "omgewings bewuste" mense raak 'n klomp snert kwyt, oor hulle geen benul het van natuur bewaring nie, en hulle maak afleidings asgv. emosionele kortermyn persepies wat gefokus is op 'n individuele dier of klein groep, en nie op die voorbestaan van 'n spesie nie.
Kan dit werk as hulle die handel wettig maak? Ek meen as dit wettig word sal die swartmark prys val en manne sal begin boer met renosters en so sal die spesie vermeeder oor hulle 'n groter lewendige ekonomiese waarde het, maw. dat die dier meer werd as net sy horing sal wees?
Ek kan verkeerd wees maar ek het gehoor dat die SAJWV besig is met 'n saak om die probleem te probeer oplos?
Groete,
Hennie

9mm Parabellum - Glock 26 Gen 4
.243 Ackley Improved - Howa 1500
7x57mm Mauser - Musgrave K98
.375 H&H Mag - Winchester M70 Safari Express
.460 Weatherby Mag - DNWW CZ 550 Magnum
12 Gauge - Beretta Mod. S 686
70 lbs - Bowtech Realm X
.243 Ackley Improved - Howa 1500
7x57mm Mauser - Musgrave K98
.375 H&H Mag - Winchester M70 Safari Express
.460 Weatherby Mag - DNWW CZ 550 Magnum
12 Gauge - Beretta Mod. S 686
70 lbs - Bowtech Realm X
- Jakkalsgat
- Hero Member

- Posts: 2703
- Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am
Re: Renoster Stropery
Almal van ons oe en aa oor "rhino poaching" , die probleem is dat die werklike "poacher" wat die werk doen, doen dit heelwaarskynlik vir minder geld as wat enige een van ons in 'n maand spandeer aan alledaagse inkopies. Die sondebokke bly die eindverbruiker wat nog steeds in hierdie moderne tyd glo soos sy net so onnosel voorvader dat 'n vergroeisel op 'n renoster se neus vir hom 'n beter seks lewe kan verskaf. Ons sal nie die "poaching" gestop kry voordat dit nie te laat is nie want jy sal nie in die inwoner van een van die mees tegnologiese gevorderde lande se kop, groot of klein kry dat die mees primitiewe dierlike instink voortplanting of dan seks is nie en om dit beter te maak het jy LIEFDE nodig. Die konsep van liefde kan hy nie verstaan nie omdat hy nog nie by die woord van GOD uitgekom het en kon leer van liefde nie. So die enigste manier om"rhino poaching" te stop is om vir hulle te bid en hulle te probeer opvoed as Christene.
As alternatief vertel vir hulle dat 'n vraatjie of moesie op 'n vark se gat beter werk as renosterhoring!
Op die manier kan die varkboere ook 'n beter prys vir hulle produk kry. Die konsep sal makliker verkoop word want dit is iets fisies wat hy kan sien, uit of afsny, verbrand, fynkap, snuif of meng met uitgebraaide varkvet en aan sy, jy weet wat smeer hopenlik nadat hy dit met fyngekapte rissies gemeng het.
Groete
Jaco Stander

Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!
Groete
Jaco Stander
Groete
Jaco Stander
- Boogjagter
- Full Member

- Posts: 113
- Joined: Sat Jan 14, 2012 2:56 pm
Re: Renoster Stropery
Hennie, ek stem saam die ding gaan oor vraag en aanbod en die insentief om teen 'n sekere risiko 'n sekere inkomste of "return" te kry op wat jy insit. Huidig is die return teenoor inset baie groter vir die wilddief, want die vraag is groot in die ooste en die aanbod klein, wat pryse opjaag. Ek verstaan daar is R7 miljard se horings in SA staatsbesit en 'n groot hoeveelheid ook in Namibie en Zimbabwe se staatskluise. As die goed op die mark gestort word behoort die prys tydelik te val en die insentief vir die wildief dalk te verlaag. Hopelik kan dit die ringkoppe wat by CITES sit kans gee om behoorlik gereguleerde handel met die horings in plek te kry, wat die insentief groter vir boere sal maak. Daar word effektief met takbokke geboer vir hul horings en mens hoor nie die groenes hul beste broekke bevuil daaroor nie, maar probeer dit met 'n renoster voorsel en skielik is dit 'n aartssonde...
Sien SAJWV het 'n verklaring uit waarin hulle ook die verkoop van horings as oplossing voorle.
Sien SAJWV het 'n verklaring uit waarin hulle ook die verkoop van horings as oplossing voorle.
- Hartskoot Hennie
- Sr. Member

- Posts: 339
- Joined: Tue Jun 21, 2011 8:28 am
Re: Renoster Stropery
Dankie tog... Ja jong, dis moeilik want mens wil iets doen om te help, maar wat?
Al wat mens lyk my kan doen is duim vashou en bid dat die SAJWV en ander soortgelyke organisasies die regering en ander kan oortuig om vir hulle te luister...
Al wat mens lyk my kan doen is duim vashou en bid dat die SAJWV en ander soortgelyke organisasies die regering en ander kan oortuig om vir hulle te luister...
9mm Parabellum - Glock 26 Gen 4
.243 Ackley Improved - Howa 1500
7x57mm Mauser - Musgrave K98
.375 H&H Mag - Winchester M70 Safari Express
.460 Weatherby Mag - DNWW CZ 550 Magnum
12 Gauge - Beretta Mod. S 686
70 lbs - Bowtech Realm X
.243 Ackley Improved - Howa 1500
7x57mm Mauser - Musgrave K98
.375 H&H Mag - Winchester M70 Safari Express
.460 Weatherby Mag - DNWW CZ 550 Magnum
12 Gauge - Beretta Mod. S 686
70 lbs - Bowtech Realm X
-
Ian
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm
Re: Renoster Stropery
Hennie en al die ander manne
Die slegte nuus wat ek vir julle het is dat ons eie mense (boere) is ook betrokke met die "poachig". Gaan kyk vandag se Beeld op die voorblad. Jy is heeltemal reg dat hulle die handel in renosterhoring moet wettig. Met alle respek gaan ek geen name noem nie maar daar is groot renosterboere wat baie hard baklei om dit te wettig. Die grootste probleem is dat die volgende Cites vergadering eers in 2013 gaan plaasvind. So, daar gaan nog baie renosters val tot daardie tyd.
Mag dit nou ook 'n einde kry.
Mooi dag

- axe942
- Full Member

- Posts: 152
- Joined: Mon Sep 12, 2011 6:11 pm
Re: Renoster Stropery
Hannes
9mm Vektor SP1, 12Br Beretta A300, .22 Anschutz, .243 Tikka, .308 Israeli Mauser, 8x57 Mauser
9mm Vektor SP1, 12Br Beretta A300, .22 Anschutz, .243 Tikka, .308 Israeli Mauser, 8x57 Mauser
- Hartskoot Hennie
- Sr. Member

- Posts: 339
- Joined: Tue Jun 21, 2011 8:28 am
Re: Renoster Stropery
Dis skrikwekkend... Hulle se daar word tot dusver vanjaar 1 Renoster elke 17 uur doodgemaak... 
http://www.landbou.com/nuus/nuus-artike ... r-gestroop
http://www.landbou.com/nuus/nuus-artike ... r-gestroop
9mm Parabellum - Glock 26 Gen 4
.243 Ackley Improved - Howa 1500
7x57mm Mauser - Musgrave K98
.375 H&H Mag - Winchester M70 Safari Express
.460 Weatherby Mag - DNWW CZ 550 Magnum
12 Gauge - Beretta Mod. S 686
70 lbs - Bowtech Realm X
.243 Ackley Improved - Howa 1500
7x57mm Mauser - Musgrave K98
.375 H&H Mag - Winchester M70 Safari Express
.460 Weatherby Mag - DNWW CZ 550 Magnum
12 Gauge - Beretta Mod. S 686
70 lbs - Bowtech Realm X
-
Biltongjagter
Re: Renoster Stropery
JAG IS ?N WETTIGE AKTIWITEIT
Ons het die ondergemelde e-pos op 5-3-2011 aan Mnr Foeta Krige, die Uitvoerende Regiseur van Monitor en Spektrum by RSG gestuur, na aanleiding van programme wat verlede week uitgesaai was.
Beste Mnr Krige,
Na aanleiding van ?n insetsel wat u verlede week op RSG uitgesaai het oor die aankeer van die amptenare van die Nasionale Krugerwildtuin in rensoterstropery in die wildtuin, rig ons graag die volgende versoek asseblief.
In die berig is verwys na jagters wat die renosters dood gemaak het, en na onwettige jag.
Ons versoek is dat u asseblief u verslaggewers sal versoek om NIE na enige onwettige doodmaak van wilde diere te verwys as jag nie. In effek is daar nie so iets soos onwettige jag nie. Die konsep, jag, is inherent ?n wettige aktiwiteit wat deur wetgewing gereel word, en enige iets wat dus nie wettig geskied nie, is gewoon kriminele dade as dit by die doodmaak van wilde diere kom.
Die probleem is dat onwettige aktiwiteite ? soos die stroop van renosters ? met jag gekoppel word, en daar dan dan onbewustelik (en ons glo dis absoluut onbedoeld) die indruk gelaat word dat wilde diere onwettig gejag word en dat dit dan bygevolg, jagters is wat die onwettige dade pleeg.
As Vereniging distansieer SA Jagters- en Wilbewaringsvereniging hom in die sterkste moontlike terme van enige onwettigde daad wat by die doodmaak van wilde diere ter sprake is, en stel dit katagories, dat ?n persoon wat hom- of haarself aan die onwettige doodmaak van wilde diere skuldig maak, nie as ?n jagter bestempel kan word nie, en ook nie as sodanig deur die jagtersgemeenskap aanvaar word nie (dit geld vir jag op die sogenaamde langplaas ook).
Hierdie benadering gaan ook vir die beroepsjagters (sogenaamde professionele jagters) wat byvoobeeld en na bewering, die dames van die nag verlede jaar vergesel het om kwansuis renosters te ?jag?. Alle aanuidings is dat die ?beroepsjagter(s)? na bewering die skietwerk gedoen het en nie die dames nie. Ons kan nie sterk genoeg daarteen teenkanting bevestig nie. In ons benadering is die sogenaamde ?beroepsjagter(s)? die werklike skuldiges, baie meer as die dames, want die beroepsjagters is veronderstel om te weet wat hulle doen ? die dames is gewoon pionne in ?n geldspel.
Ons vra ook hoe is dit dat die grondeienaar nie beswaar gemaak het teen die feit dat die beroepsjagter(s) dames op die plaas gebring het om die renosters te skiet, terwyl dit sekerlik vir almal duidelik moes wees dat die dames nie enige iets van geweerhantering af weet nie. Dan is die boer en die sogenaamde professionele jagter(s) mos eintlik die skuldiges en nie die dames nie.
Baie dankie dat u in u programme soveel aandag aan die probleme rondom renosterstropey skenk. Dit is ?n euwel wat ons te alle koste in hierdie land moet uitroei.
Vriendelike groete
Herman Els.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Renoster Stropery
So bek moet j?m kry!!!!!!!!!!!!!
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Renoster Stropery
Hoor hoor !7mm wrote: So bek moet j?m kry!!!!!!!!!!!!!
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner