Ek plaas die onderwerp onder geweerjag want dit is in 'n mate van die moeilikste skiet wat 'n mens kan kry.
Hierdie Gemsbok is gesteek deur 'n ander bul en die se horing breek toe af in die skof. Die bul is 2 keer gepyl met 6 mg Etorphine en Azaperone mengsel en het geen teken getoon van induksie nie. (Merk die 2 pyle in sy blad area).Daar moes vinnig 'n ander plan gemaak word en die het het 'n derde pyl geneem met 30 mg Xylezine. Die bul het afgegaan maar was nie mooi onder verdowing nie en ek was maar skrikkerig om die horings in die hande te kry. Ons het die horing suksesvol verwyder en die wond behandel en die bul het volkome herstel vir nog 'n "barfight".
Chemiese wildvang
-
Ian
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm
Chemiese wildvang
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Ian
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm
Re: Chemiese wildvang
Hierdie Gemsbok is deur wildvangers afgelaai met pype op die horings. Ses maande later het ons die pype verwyder en wat 'n vrot gedoente was dit nou nie. Ons het die horings behandel en sy het volkome herstel. Ek het Gemsbokke in die klipveld gesien wat die hele trop met pype afgelaai was en al daai horings het afgevrot. Nou nie 'n mooi gesig om Gemsbokke sonder horings te sien nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5023
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Chemiese wildvang
Ek het nou weer by 'n veraarts gehoor dat 'n blou wildebees amper x3 die dosis van 'n renoster moet kry om onder te gaan. 
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Chemiese wildvang
Dankie vir die onderwerp Ian. Dit is nogals interresant.
Is die norm om die pype so lank op die horing te hou, of moes dit al vroeer verwyder geword het? Hoe word dit dan later verwyder?
Is die norm om die pype so lank op die horing te hou, of moes dit al vroeer verwyder geword het? Hoe word dit dan later verwyder?
Veiligheid eerste manne!
-
Ian
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm
Re: Chemiese wildvang
Frederik, ja 'n renoster neem 2/3 wat 'n Nyala byvoorbeeld sal neem. Dit is lagwekkend om met hulle te werk want hulle tel die voorpote hoog op in die lug voordat hulle afgaan.Frederik wrote: Ek het nou weer by 'n veraarts gehoor dat 'n blou wildebees amper x3 die dosis van 'n renoster moet kry om onder te gaan.![]()
Ek het 'n rooibok driekeer gepyl en die moes ons later doodskiet want die middel het geen reaksie op hom gehad nie. Jy kry so 1 uit 'n 100 diere wat heeltemal anders reageer op die middel en van hulle kan ook vrek.
BRNO, Die wildvangers moet die pype verwyder voordat hulle van die trok afklim. Dit is die regte manier maar van die mense is lui en het ook seker klaar die geld in die bank so wat "worry" hy. Die manne wat hulle storie ken is baie vinnig en dit is 'n belewenis om te sien. Hulle het ysterplate wat hulle die bok mee vasdruk en dan sny 'n ander persoon met 'n matmes die pype af.
Mooi dag
-
Ian
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm
Re: Chemiese wildvang
'n Bosbok dek 'n Nyalaooi op die plaas en ek besluit ek gaan sy drange stop. Ek het seker drie maande gesukkel om hom in die hande te kry. Ek het die dag op die plaas aangekom en daar sien ek weer die Bosbok saam met die Nyala"s en ek stop net daar en maak 'n pyl op en skakel die plaasbestuurder om die mense te bring om te kom help. Vyf minute later is die bok gepyl en net weg. Ons het +-10 minute gesoek en kry hom in 'n digte bos waar hy gaan wegkruip en so ook afgegaan het. Ek het hom na 'n ander kamp geskuif waar ek weet dat hy nie meer met die Nyala's kan inmeng nie.
Hierdie foto is geneem net voordat hy die ooi gedek het.
Hierdie foto is geneem net voordat hy die ooi gedek het.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Ian
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm
Re: Chemiese wildvang
Sy drange so 'n bietjie omver gegooi.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Ian
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm
Re: Chemiese wildvang
Ek sien twee Sebra's wat lelik gebaklei het en dat die etter uit hul wonde loop. Die een hings het baie kruppel geloop en die bo-been was erg geswel. Ek het die twee gepyl en die wonde behandel en hulle gespuit vir infeksie. Hier is die hings met die besering aan die bo-been.
Die tweede hings het 'n gat amper so groot soos my hand in sy boud gehad.
Die tweede hings het 'n gat amper so groot soos my hand in sy boud gehad.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Ian on Wed Feb 29, 2012 7:09 am, edited 1 time in total.
