5.56mm en 223Rem?

User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

5.56mm en 223Rem?

Post by Hein M. »

Hallo k?rels!

Dalk is hierdie vraag alreeds iewers aangespreek, maar ek sal graag die antwoord wil weet.  Ons almal weet dat 223 jaggewere 5.56  ammo kan vuur.  Die vraag is of die kaliber van die 2 verskil -en watter nadele is daar vir die geweer indien jy wel met hierdie patrone skiet?  Met 'n Tikka sukkel jy nogal  om die gevuurde 5.56 dop uit die kamer te kry, want die kamerdimensies is meer presies as die van sommige ander fabrikate.  Daar is 'n waar gesegde as dit by vuurwapens en patrone kom:  Skiet net die patrone wat bedoel is vir die spesifieke geweer.  Is hierdie 'n oortreding van di? re?l? ???

Hein M.
Last edited by Hein M. on Wed Sep 30, 2009 8:15 am, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: 5.56mm en 223Win?

Post by Gerhard »

Hein,

So ver ek weet is dit presies die selfde kaliber.

5.56mm is net die militere beskrywing van die 223 REM en nie Win nie...

Is daar iemand met meer detail?
Last edited by Gerhard on Wed Sep 30, 2009 7:27 am, edited 1 time in total.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: 5.56mm en 223Rem?

Post by Hein M. »

Gerhard,

Ja, jammer oor daardie fout... ::)  Laataand posts het sy nadele...  My 223 en 243 kom beslis nie uit dieselfde oond nie...

Nee, ek het al vanuit verskeie oorde gehoor dat die 5.56 ammo nadelig is vir 'n jaggeweer se loop. (Ander ouens se stories ;)).
Die volmantel-punte veroorsaak wel geweldige vleisskade, maar daar is niks fout met akkuraatheid nie en die trompsnelheid van hierdie milit?re surplus ammo is nogal indrukwekkend.

Hein M.
Last edited by Hein M. on Wed Sep 30, 2009 8:29 am, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: 5.56mm en 223Rem?

Post by JACQUES BOTHA »

HEIN.
Vleis skade, dit behoort nie te wees nie. Ek het al gesien en ervaar hoe daai volmantel koel deur n springbok se kop fluit. En ek het al lyf skote gesien waar daai bok bitter ver hardloop voor jy sien hy is gekwes..klein gaartjie in en klien gaatjie uit.
Die akkuraatheid van die patrone wissel van batch na batch. Ek sal eerder hulle akkuraatheid as aanvaarbaar klasifiseer maar nie as uiters akkuraat nie..
En die gebruik daarvan om wild te jag KEUR EK PERSOONLIK TEN STERKSTE AF........ Dis onverantwoordelik en nie aan te beveel nie.
Ek dink as jy die antwoord soek op die 5,56 en 223 moet jy kyk na die verskil tussen 223 en 224 . Meeste 223 rem en 222 kalibers keit met 224 ammo eintlik.
Die geskiedenis en lees stof oor die  223 en 224 kalibers is maklik beskikbaar op die web..
As jy meer info soek .ek sal vir jou n paar links deurgee om na te gaan kyk.
Groete
Jacques
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: 5.56mm en 223Rem?

Post by Hein M. »

Jacques,

Dankie vir die inset.  Op al hierdie 223 jaggewere staan die syfers "223 cal.".  Op die verpakking van die  punte waarmee ons herlaai staan daar "224".  Sal ook op die net gaan rondsnuffel vir nog inligting, want dit is nogal verwarrend.

Hier in die Noordweste (Clanwilliam en omgewing) skiet ons meestal duikers met die 223.  As jy hom op sy blaaie deurskiet met 'n army-patroon, kan jy net die boude en die agterste deel van die rugstring gebruik.  Doen dit al vir 15 jaar, so glo my maar.  So ons laat fluit hom ook maar deur die kop, al is dit baie riskant.  Die bokkies rig baie skade aan die jong rooibostee aan en beheer is dikwels nodig.

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: 5.56mm en 223Rem?

Post by Hein M. »

Het op hierdie wyshede afgekom. 

http://www.winchester.com/lawenforcement/news/newsview.aspx?storyid=11

Dit verklaar dan ook die "simptome" soos hierbo bespreek.

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: 5.56mm en 223Rem?

Post by Janjak »

Hein

Een van die batch na batch redes vir akutaatheid waarna Jacques verwys is die lading veskil tussen die batches.
Ek het al heelparty getrek en tot 27,7gr S321 gekry. Daar moet bietjie meer poeier seker wees om daai Semi Auto aksie te span.
Moenie hulle net indruk en skiet in enige geweer nie. Maak seker van die batch.
Ek weet van n Sako wat hulle opeet. Een van ons maters op die forum se Sako......
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: 5.56mm en 223Rem?

Post by Hein M. »

Jannie,

Mensig, met daardie hoeveelheid S321 kan ek verstaan dat die doppe se wande baie dikker is ;D  Gewoonlik sien jy die eerste tekens van druk op die slagdop.  Dalk is dit minder sigbaar op die Berdan primers. 
Alles in ag geneem sal dit wys wees om hierdie ammo heeltemal weg te hou van jaggewere.  Moet egter dit noem dat 'n vriend se Musgrave M90 ook al duisende "hanteer en weerstaan" het.  Ten spyte daarvan skiet hy BESONDER goed in die veld met hierdie patrone.  Ek haal my hoed af :o

Hein M.
Last edited by Hein M. on Wed Sep 30, 2009 7:41 pm, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: 5.56mm en 223Rem?

Post by Janjak »

Hein,
ek het hulle altyd getrek en 24,6gr S321 regdeur gegooi en my Brno het hulle mooi geskiet.
Ek dink die fabrieks PMP met die 55gr FMJ was 25 of 25,5gr gewees, bietjie beter as 27?
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: 5.56mm en 223Rem?

Post by Hein M. »

Jannie,

Weet nie wat PMP se ladings was nie.  My 223 het nog nooit 'n gekoopte patroon gesien nie ::)  Herlaai maar met S321, V-Max of Sierra 55gr. punte.  Maar hoe dit ookal sy, wat spoed aanbetref kan jy nie NABY daardie 5.56 patrone se spoed kom sonder om erge drukprobleme te ervaar nie.

Ek wonder - teoreties gesproke - of jy 'n jaggeweer-loop kan koop waarin jy spesifiek hierdie 5.56 patrone met veiligheid kan skiet.  As jy nou byvoorbeeld 'n groot voorraad van hierdie ammo het...

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: 5.56mm en 223Rem?

Post by Christo »

Al die 223 fanatics  ;D

Ek skiet met PMP doppe en het so tyd gelede 'n groot box SHOTS 55gr. Noslers gekoop. Laai S321 @ 26gr. en skiet 'n Mini14. Die doppe is 'n stryd om bymekaar te maak na so 'n sessie maar ek het die meeste van die doppe seker al 5 tot 7 keer herlaai. Op gonge op 75m en 160m gee ek niks toe nie en die gonge vertel goeie stories. Die geweer ( ek het nog 2 op standby ) is seker die lekkerste "speelding" op die skietbaan en 'n probleemdier kom nie sommer weg as die eerste skoot mis is in die dag nie. Ek het nou die dag uitgewerk dat daar ? 290-300 reloads in een blik is, lekker om te weet dit kos jou nie die w?reld nie.

O ja die 55gr. SHOTS is nogal heel akkuraat en "konsistant" in gewig as jy die moeite doen om hulle te weeg.

Net my ou stukkie trivia

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: 5.56mm en 223Rem?

Post by Janjak »

Hein & Christo
Ek het heelwat van DAAAAAi doppe wat geprime is en nou net een keer sal kan skiet, as iemand sou belangstel?
Op daai Mini 14 sal hulle werk want dan hoef jy nie so kwaai te soek nie.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: 5.56mm en 223Rem?

Post by Hein M. »

Christo,

Is daardie Mini 14 dan nie hoeka vir die ware jakop (5.56) gemaak nie?

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: 5.56mm en 223Rem?

Post by Christo »

Jannie, PM my met 'n prys boetman.

Ek wag en laat weet.


Hein

Die FN (R1) se liksens is al hier. As jy wil kom skiet bel my. Jy's mos naby, wat van moremiddag se kant.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: 5.56mm en 223Rem?

Post by Hein M. »

Christo,

Ai, ek kom nou eers weer by my rekenaar uit... >:(  Geluk in elk geval met die liksens.  Dit is meer waardevol as die Currie Cup ;D

Dalk eerskomende naweek?  Sal jou bel.

Hein M.
Last edited by Hein M. on Mon Oct 05, 2009 3:31 pm, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: 5.56mm en 223Rem?

Post by Francois Marais »

Hein

Daar is niks fout met die punte van ex-weermag ammo nie, dit gaan maar oor die ladings, soos Jannie tereg opgemerk het. Die patrone is/was gelaai om die sluitstuk te kan cycle, die word gedoen met gas wat uit die loop getap ward deur n gat in die loop, soos jy seker weet. Logies as jy van die gas aftap jy met meer moet wegspring om selle eindresultaat te kry.

In n slot geweer kan hierdie patrone uiters hoe druk veroorsaak, kyk ma na jou primers, soos jy opgemerk het, jy sal sien dat hulle sommer leka plat is op daai doppe. My Sako het ook baie van hulle deur hom, het ma net punte getrek en met 50gr jagpunte vervang om die druk so effe af te bring.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: 5.56mm en 223Rem?

Post by Hein M. »

Francois,

Dankie vir die reply!  Ja, is dit nie 'n gesukkel om daai gas port skoon te maak met daardie weird tooltjie nie ;D

Sal in die vervolg beslis maar die punte trek. 

Weereens dankie!

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
B C
Newbie
Newbie
Posts: 33
Joined: Wed Jun 02, 2010 7:26 pm

Re: 5.56mm en 223Rem?

Post by B C »

Ek het ook 'n Tikka 223 en het veral in die begin baie met die 5.56mm rondtes geskiet sonder enige probleme. My ondervinding van daai punte is dat dit vleis mors wanneer hy been vang en begin tol, maar as dit 'n skoon longvleis hou agter die blaaie deur is hol 'n blesbok dat jy dink hy is gekwes en kry dan vinnig weer lood en dis veral daai houe wat baie vleis mors.  ;D
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: 5.56mm en 223Rem?

Post by Piet Breedt »

hein wrote: Hallo k?rels!

Dalk is hierdie vraag alreeds iewers aangespreek, maar ek sal graag die antwoord wil weet.  Ons almal weet dat 223 jaggewere 5.56  ammo kan vuur.  Die vraag is of die kaliber van die 2 verskil -en watter nadele is daar vir die geweer indien jy wel met hierdie patrone skiet?  Met 'n Tikka sukkel jy nogal  om die gevuurde 5.56 dop uit die kamer te kry, want die kamerdimensies is meer presies as die van sommige ander fabrikate.  Daar is 'n waar gesegde as dit by vuurwapens en patrone kom:  Skiet net die patrone wat bedoel is vir die spesifieke geweer.  Is hierdie 'n oortreding van di? re?l? ???

Hein M.

Hein, nog n rede hoekom die Tikka's meer sal sukkel om n stywe dop uit te kry, is omdat sy slot nie "pre extraction" het, wat help om die dop uit te haal. As jy met n geweer skiet wat pre extraction het, sal jy nie eers weet van die potensie?le druk probleem van agv doppe wat vassit in gewere sonder pre extraction soos n Tikka..
Last edited by Piet Breedt on Mon Aug 30, 2010 7:26 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Dawie D
Hero Member
Hero Member
Posts: 548
Joined: Tue Sep 01, 2009 7:52 pm

Re: 5.56mm en 223Rem?

Post by Dawie D »

Hein
As ek jou kan raad gee oor daai 5.56 ammo, probeer om die punt so 1.5mm af te grine aan die voorkant van die punt,(grine todat jy die lood kan sien in die punt) dit maak die punt n bietjie ligter so jou druk behoort af te neem en die groot voordeel is dat die punt nou die selfde is as baie van jou sagte punt fabrieks punte en baie meer geskik vir jag. Ek oes baie wild op hierdie manier.
Ek hoop dit werk vir jou.
Groete Dawie
As ek jou sien gaan jy val
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: 5.56mm en 223Rem?

Post by Hein M. »

Piet,

Dankie vir die inligting oor die Tikka.  Leer iets nuuts!

Dawie,

Daardie praktyk klink of dit die akkuraatheid gaan beinvloed.  Raak daardie punt nie erg "onstabiel" as daar met hom gepeuter word nie?

Ek trek maar liewer die punte - jammer koeels ;D - en laai dit met die regte lading.

Groetnis!

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Dawie D
Hero Member
Hero Member
Posts: 548
Joined: Tue Sep 01, 2009 7:52 pm

Re: 5.56mm en 223Rem?

Post by Dawie D »

Hein

Dis interesant,dit doen nie iets aan die akkuraatheid van die punt as jy voor n stukkie weg vat nie MAAR sodra jy aan die punt se agterkant iets doen raak hy totaal onakkuraat soos byfoorbeeld met n mes n merk krap op die punt se agter kant.

Sterkte Dawie
As ek jou sien gaan jy val
User avatar
Izak H
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Sun Jun 14, 2009 9:38 am

Re: 5.56mm en 223Rem?

Post by Izak H »

hein, ek het ook op 'n tyd R1 patrone so af gegrind & het met my 308 20mm groeperings geskiet op 100m. Izak
Danie Lombard .243

Re: 5.56mm en 223Rem?

Post by Danie Lombard .243 »

En ek sluit aan by Isak H.

Ek skiet elker jaar die winterslag koei met 'n grinder geskuurde stomp neus R1 koeel. Ek maak hom sommer lekker plat voor ;D. Vat seker so 4mm af.
Niks skiet 'n koei so mors dood verk soos daai stomp plat koeel nie. Het die winter twee koei geslag. 1ste een voor die kop geskiet by die kroontjie. Koeel gaan nie diep in kop nie, gaan nie eers naby die nekwerwels nie. Verlede maandag 2de winter koei geskiet op die linker oor soos vir deur die ore so op 50 meter. Koeel is nie deur die kop nie. Nie deur die ore nie, net in die oor in.

Ek noem dit my koei skiet koele.
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: 5.56mm en 223Rem?

Post by KSV »

Danie,

Kry vir jou kat skiet koele.  Vra vir Jaco.

Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Post Reply