Hoe nou gemaak?

Post Reply
Biltongjagter

Hoe nou gemaak?

Post by Biltongjagter »

In 1982 koop ek vir my seun (toe 3 jaar oud) 'n FN Sauer .270 jaggeweer teen R 800.00 + 4% AVB (Algemene Verkoop Belasting) = R832.00.
Lisensieer geweer in my naam - knaap is nog te klein.

Jaar 2000 dra ek geweer oor op seun se naam nog onder die ou lisensie bedeling. En net daar begin die vonke spat!!!
SAPD reken dit is 'n outomatiese wapen - seker vanwe? die FN in die naam FN Sauer. Dit kos toe dat geweersmid amptelik geweer ondersoek en skriftelik verklaar dat dit 'n doodgewone enkelskoot jaggeweer is en NIE 'n outomatiese wapen nie.

Lisensie word uitgereik - ou groen lisensie - en ons glo die probleem is opgelos.

Nuwe wet 60 van 2000 mbt vuurwapen lisensies noodsaak die jong man om sy lisensie in 2006 te hernu en ook aansoek te doen vir bevoegdheid sertifikaat. Doen so en wag, wag en wag tot vervelens toe.

Vrydag, 17 Februarie 2012 skakel die knaap my, hoogs ontsteld vertel hy my dat hy 'n plastiese kaart bevoegdheid sertifikaat ontvang het - nogal sonder vervaldatum daarop - MAAR sy geweer lisensie is slegs vir twee (2) jaar geldig - verval weer iewers in 2013 - uitreikingsdatum op lisensie is iewers in 2011.

Hoe nou gemaak?

Klink my die spul ape daarbo iewers, het nooit die sogenaamde outomatiese geweer kode of wat ookal reggestel nie, en nou reik hulle lisensie uit wat slegs vir 2 jaar tydperk geldig is - as dit van toepassing is op outomatiese geweer lisensies!

Enigiemand wat raad het vir hierdie gemors aan owerheidswe? se kant, laat weet asseblief hoe kry mens dit reggestel?

Groete,
Koos.
Last edited by Biltongjagter on Sat Feb 18, 2012 12:56 pm, edited 1 time in total.
DieKraai
Full Member
Full Member
Posts: 120
Joined: Sun Jan 29, 2012 3:45 pm

Re: Hoe nou gemaak?

Post by DieKraai »

Dit wys net weereens hoe onbevoeg hulle is. Jammer eks so negatief, maar die ouens het my al baie kwaad gemaak!Daar is 'n SAPS vorm "SAPD 521 Kennisgewing van verkeerde inligting" sekerlik bedoel is vir so 'n situasie om hulle in kennis te stel van die fout. Ek dink 'n geweersmid moet ook 'n verslag skryf wat saam met die vorm ingestuur moet word wat verifieer dat die inligting verkeerd is en reggestel moet word.

Sterkte met dit.
:)
22-250 Rem Howa
260 Rem Broughton
S&W Mod 29 44 Mag
CZ550 375 H&H (in die pyplyn)
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3653
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Hoe nou gemaak?

Post by JPS »

Oom Koos,
Laat hy kyk wat staan op sy lisensie kaart.
My .303hernuwing ook gekry met net 2 jaar geldig.
Die kn(ape) daar in PTA het hom gelisensieer as : "Conducting Busnness in hunting".   

Sterkte
viperian

Re: Hoe nou gemaak?

Post by viperian »

Hi manne

Ek was self n DFO en glo my as ek vir julle se dat julle julle vrek sal skrik of lag as julle weet war die wapen kennis is van meeste lede wat met die aansoeke werk.
Meeste van hulle het geen belangstelling in wapens nie en dit is maar net nog n eenheid waar hulle werk.
Baie van ons "burgers" is boonop gekant teen vuurwapens en hulle werk met jou aansoek.
Soos julle kan sien is ek nie meer daar nie, ek kon regtig nie meer aanskou hoe onbevoeg ons polisie geword het nie.
FN Sauer pragtige wapen hoop jy kom reg

Groetnis
Ian
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Hoe nou gemaak?

Post by Hein M. »

:D

Ou groen kaat is geldig.  Till kingdom come.

Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
GERT vd M
Hero Member
Hero Member
Posts: 650
Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm

Re: Hoe nou gemaak?

Post by GERT vd M »

As jy weer aansoek doen laat die FN weg. Ek glo hulle moet net weet wat werklik nodig is
                        Groetnis
                          Gert
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Hoe nou gemaak?

Post by theedge »

Biltongjagter wrote: In 1982 koop ek vir my seun (toe 3 jaar oud) 'n FN Sauer .270 jaggeweer teen R 800.00 + 4% AVB (Algemene Verkoop Belasting) = R832.00.
Lisensieer geweer in my naam - knaap is nog te klein.

Jaar 2000 dra ek geweer oor op seun se naam nog onder die ou lisensie bedeling. En net daar begin die vonke spat!!!
SAPD reken dit is 'n outomatiese wapen - seker vanwe? die FN in die naam FN Sauer. Dit kos toe dat geweersmid amptelik geweer ondersoek en skriftelik verklaar dat dit 'n doodgewone enkelskoot jaggeweer is en NIE 'n outomatiese wapen nie.

Lisensie word uitgereik - ou groen lisensie - en ons glo die probleem is opgelos.

Nuwe wet 60 van 2000 mbt vuurwapen lisensies noodsaak die jong man om sy lisensie in 2006 te hernu en ook aansoek te doen vir bevoegdheid sertifikaat. Doen so en wag, wag en wag tot vervelens toe.

Vrydag, 17 Februarie 2012 skakel die knaap my, hoogs ontsteld vertel hy my dat hy 'n plastiese kaart bevoegdheid sertifikaat ontvang het - nogal sonder vervaldatum daarop - MAAR sy geweer lisensie is slegs vir twee (2) jaar geldig - verval weer iewers in 2013 - uitreikingsdatum op lisensie is iewers in 2011.

Hoe nou gemaak?

Klink my die spul ape daarbo iewers, het nooit die sogenaamde outomatiese geweer kode of wat ookal reggestel nie, en nou reik hulle lisensie uit wat slegs vir 2 jaar tydperk geldig is - as dit van toepassing is op outomatiese geweer lisensies!

Enigiemand wat raad het vir hierdie gemors aan owerheidswe? se kant, laat weet asseblief hoe kry mens dit reggestel?

Groete,
Koos.
Gaan sien daai dfo seker daai wapen is as besigheid gerig.  Ek sal laat hulle dit nou regmaak voor die hernuwing
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Image
Biltongjagter

Re: Hoe nou gemaak?

Post by Biltongjagter »

JPS skryf -
"Conducting Busnness in hunting".
   
Jan net soos met jou .303 hernuwing, staan daar dieselfde storie op sy hernude lisensie wat net 2 jaar geldig is.

Lyk my een of ander kn(aap) by SAPD se vuurwapen lisensie afdeling, het die blink gedagte gekry om jagters op di? manier, so te s? deurlopend met lisensie aansoeke besig te hou!!!

Soos DieKraai skryf, moet hy nou maar noodgedwonge die SAPD 521(g) vorm voltooi en inhandig - seker weer wag tot in lengte van dae voor dit afgehandel sal wees.

Hein, ek hoop hierdie wat jy s?
Ou groen kaat is geldig.  Till kingdom come.
bly veel langer as 2 jaar waar!

Byt probeer hulle ons maar byt, op alle denkbare maniere.

Groete,
Koos.
Biltongjagter

Re: Hoe nou gemaak?

Post by Biltongjagter »

Verder mbt hierdie kwessie van die uitreiking van 'n 2 jaar geldige lisensie onder die beskrywing van: "Conducting Business in hunting".

Is ek reg as ek s?, om 'n jagbesigheid te kan bedryf, mo?t jy 'n geregistreerde professionele jagter wees?

Indien dit wel so is, hoe kry die SAPD dit dan reg om 'n 2 jaar geldige vuurwapen lisensie uit te reik aan 'n persoon onder die beskrywing "Conducting Business in hunting", sonder dat so 'n persoon aan die bepalings van hulle eie wetgewing voldoen?

Sien punt 2 hieronder wat in rooi gedruk is.
Amendment of section 16 of Act 60 of 2000, as amended by section 4 of Act 43 of
2003
11. Section 16 of the principal Act is hereby amended by the deletion in subsection (1)
of paragraph (c).
Insertion of section 16A in Act 60 of 2000
12. The following section is hereby inserted in the principal Act, after section 16:
"Licence to possess firearm for professional hunting
16A. (1) A firearm in respect of which a licence may be issued in terms
of this section is any?
(a) handgun which is not fully automatic;
(b) rifle or shotgun which is not fully automatic; or
(c) barrel, frame or receiver of a handgun, rifle or shotgun contemplated in
paragraph (a) or (b).
(2) The Registrar may issue a licence in terms of this section to any
natural person who is a professional hunter if the application is accompanied
by a sworn statement or solemn declaration from the chairperson of an
accredited professional hunting association, or someone delegated in
writing by him or her, stating that the applicant is a professional hunter and
registered member of that association.

(3) A firearm in respect of which a licence has been issued in terms of this
section may be used by the professional hunter for his or her private use and
professional hunting purposes where it is safe to use the firearm and for a
lawful purpose.
(4) Every accredited professional hunting association must?
(a) keep a register which contains such information as may be prescribed;
and
(b) submit an annual report to the Registrar which contains such
information as may be prescribed".
Hoe nou gemaak?

Groete,
Koos.
Biltongjagter

Re: Hoe nou gemaak?

Post by Biltongjagter »

Met besoek aan SAPD se AVB (DFO) te Potch., hoor my seun die volgende:

1.  Stelsel toon aan dat die geweer gelisensieer is onder afd. 15 (Section 15) van die vuurwapen wet wat s? dit is vir gebruik deur 'n geleentheidsjagter - lisensie geldig vir 10 jaar.

Hy kry toe darem drukstuk van wat op die stelsel is uit hulle uit net vir ingeval!!!

2.    Hulle s? ook aan hom:  Moenie vorm SAPD 521(g) voltooi en inhandig nie - dit sal CFR net onnodig deurmekaar maak.

Nogtans s? hulle hy moet aansoek doen vir 'n herdruk van sy lisensie aangesien dit blyk 'n drukfout te wees wat aan hom uitgereik is.
Maar hy moet maar self daarvoor aanvra omdat hulle dit nie vir hom kan doen nie.

Wat 'n openlike erkenning dat hulle, die CFR en SAPD kantore, nie die vaagste benul het wat om hulle aangan nie.

Groete,
Koos.
Last edited by Biltongjagter on Tue Feb 28, 2012 3:56 pm, edited 1 time in total.
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Hoe nou gemaak?

Post by Beretta »

Koos
Al wat ek gaan se oor hulle is jy kan maar net lag vir hulle.
Beretta
Post Reply