VORTEX CROSFIRE

Post Reply
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

VORTEX CROSFIRE

Post by Vlakvark »

Hi
Wat kos 'n Vortex Crosfire v-brite Iluminated in
3-9x40
4-12x40
En hoe goed is hulle
Image
Image
User avatar
Scrappies
Full Member
Full Member
Posts: 200
Joined: Mon Feb 13, 2012 4:29 pm

Re: VORTEX CROSFIRE

Post by Scrappies »

Hi Vlakvark,

Ek skiet self met vortex scopes op al my gewere.

Ek wou ook eers die crossfire roete gaan maar al die terugvoer wat ek kon kry en raak lees het gese n man moet liewer weg bly.

Ek het laaste met die invoerders van vortex gepraat en laaste jaar was hulle antwoord aan my dat die diamondback, viper en die duuder modelle almal in die phillipeine gemaak word maar die crosfire in china gemaak word. Die glas kwaliteit is nie op standaard nie en laaste jaar was daar nog geen plan aan hulle kant om die reeks ook rsa toe te bring nie.

Ek is seker die scope sal goed werk op man se geweer as jy 3 of 4 keer n jaar skiet en jy nie te veel gepla is oor glas nie. Ons oupas het in elk geval met baie minder klaar gekom.

Hoop ek kon help.
22-250 Howa
30-06 Musgrave
303 lee Enfield
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: VORTEX CROSFIRE

Post by Vlakvark »

Scrappies dankie
Ek wou juis weet waar die Crosfire in rangorde van Vortex staan
Ek hoor net die manne praat met lof van Vortex en ek het gesien een van ons Gunshops verkoop hulle tans baie goed koop
3- 9x40  R850.00
4-12x40 R1050.00
Net gedink as dit 'n bargin is kan die manne dalk koop en ek dit vir hulle pos
maar as dit 'n swak produk is help dit nie
Dankie
Image
Image
Post Reply