kursus naby jhb of pta

User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: kursus naby jhb of pta

Post by JACQUES BOTHA »

"Kaapfonteinse area's ook n draai'tjie kom maak dat "

Vroeg in die nuwe jaar...

Laat weet as jy npaar manne kan aanmekaar slaan dan kom maak ek n draai.
As dit volmaan is dalk kan ek Taffie se arm draai of gesels oor so blou botteltjie en dan besluit..
Groete
Jacques
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
James Wright
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 319
Joined: Thu Mar 24, 2011 3:17 pm

Re: kursus naby jhb of pta

Post by James Wright »

Stefan,

Kan jy asb vir Dr Christo De Jager ook op die lys sit,hy kom saam my deur.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: kursus naby jhb of pta

Post by Stefan764 »

So gemaak James!!
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
PJS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 403
Joined: Wed Jul 06, 2011 11:17 am

Re: kursus naby jhb of pta

Post by PJS »

Stefan,
Ek het die doks. en bewys gemail. Hoop jy het gekry.
Groete,
PJ
Jag is 'n voorreg. Geniet en waardeer elke geleentheid.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: kursus naby jhb of pta

Post by Gerhard »

Moet net gou gou gaan werk tot so 14:00 vanmiddag.

Dan ry ek reguit Pretoria toe vir die kursus vanmiddag.

Sien uit daarna om n klomp jakkals jagters bymekaar te sien later vandag...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: kursus naby jhb of pta

Post by Gerhard »

Manne,

Wat n lekke manier om n klomp manne bymekaar te kry wat meer wil leer en ernstig is oor die beheer van jakkalse ...

JB,

Dankie vir n goeie klomp inligting en dink die mane het n klomp goeie blootstelling gekry.

Stefan,

Dankie vir jou en jou span vir al die reelings.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: kursus naby jhb of pta

Post by Pvdw »

Kan net met Gerhard saamstem. Ek en my laaitie was daar vir so uur van die kursus gewees.

Dit was lekker om gesigte by name te plaas.

Jacques was weer soos laas in Potch vlink uit die blokke en die tips en voorstelle het sommer gereeld opgekom.

Dankie vir Stefan en die manne van S&O wat als behartig het en dan ook JB wat 'n hele ent gery het om te kom deel.

Volgende keer bly ek weer die hele kursus.

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: kursus naby jhb of pta

Post by Gerhard »

Saterdag aand na die kursus lekke wors broodjies ge eet en gekuier.

Stef, ek hoop nie jy deel al die fotos nie...  ;)

Net voor 22:30 vat ek die pad om gou die praktiese gedeelte van die kursus te gaan afhangel.

Op staan plek net na 23:00. Die veld is lekke nat na die donnerstorm wat vroeg aand oor die Ooste van Pta en omgewing getrek het.

So 15 min op staan plek kry ek die jakkals in tussen die lang gras en ryg die 40gr Nosler BT tussen die gras deur.  Na nog n ruk se geroep kry ek geen verdere oe in nie en gaan soek die jakkals...

Na klomp gesukkel tussen die lang gras kry ek hom nie en skuif na die volgende staan plek waar ek n lang skoot skiet en n jakkals bietjie slimer gemaak het.  :-X :-[

Skuif na my laaste staan plek en na so 20 min se roep kom n jakkals in reg onder die wind en gaan steek vas in n land wat onlangs geploeg is.

Die Nikon se rooi dot suig vas en die keer vat ek bietjie ho?r op die jakkals en die skoot loop mooi  "DUP"

Die jakkals spring en maak n draai en val 2 tree verder weg om.

Na nog n ruk se roep kry ek geen verdere reaksie nie.

Stap uit om die jakkals te gaan haal en eers sukkel ek om hom te kry want hy l? verder as wat ek verwag het.

Die 40gr Nosler BT het sy werk baie mooi gedoen op 270 tree met n skoot mooi op die blad.

Ek moet nou net die geweer se trajek leer en dit sal kom hoe meer ek tyd in die veld en skietbaan spandeer.

Image

Die manne wat op die kursus was kan bietjie kom s? hoe oud die jakkals reun was...

Image

Oppad terug huis toe stop ek gou eers vir McDonald's 03:30 in die oggend

Image

Nie naastenby so lekke soos die wors broodjies nie. ;D
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Hugov
Hero Member
Hero Member
Posts: 684
Joined: Thu May 26, 2011 8:06 am

Re: kursus naby jhb of pta

Post by Hugov »

Wil maar ook net baie dankie se vir almal wat dit moontlik gemaak het. Jaques, Stefan en die manne van Safari, Ek het dit regtig geniet en sien reeds uit na n volgende kursus. Vroulief en die honde loop kwaai deur onder die lil skyote. ;D
Cheers H
9mm Beretta. .40 S&W Sig Sauer SP 2022. 44 Magnum Taurus. 22-250 Savage VLP DBM 1:9 . 25-06 Voere. 30-06 Brno. 300 WSM Savage . 416 Ruger Alaskan. Armed Gladiator 12 boor pomp aksie
User avatar
James Wright
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 319
Joined: Thu Mar 24, 2011 3:17 pm

Re: kursus naby jhb of pta

Post by James Wright »

Was moerse gewees,

baie dankie aan almal spesifiek Jacques wat die kurses gelei het.Ek het baie geleer en nog lekkerder saam die manne gekuier na die tyd!



Gerhard,

as ek daai prentjie so kyk is daai Jakkals ongeveer 5 jaar oud???
Sarelss
Full Member
Full Member
Posts: 223
Joined: Wed Jan 05, 2011 10:18 am

Re: kursus naby jhb of pta

Post by Sarelss »

Goeie more,

Wanneer bied julle weer 'n kursus aan in Pretoria? Ek het op een of ander manier noit die een gesien nie. Sal graag wil bywoon,
Groetnis,
ss
.22 Brno
.22 Krico
223 Howa
308 Sako
300 H&H Magnum FN
303 Lee Metford
7x64 Steyr
375 FN
12B Merkel
12B Baikal
9mm P CZ75
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: kursus naby jhb of pta

Post by Pvdw »

Ek weet Piet Breedt is aan die reel vir 'n kursus of in Nigel of by Hein op die plaas. Laas toe ek gekyk het, was daar 'n poll om te sien waar die meeste manne sal pas.

Peet
Work to live, don"t live to work
Post Reply