Kraaie

Post Reply
Avibus

Kraaie

Post by Avibus »

Hi Julle

Miskien kan julle my help.

Jare terug het ons so 'n maand voor lamtyd eiers begin uit sit in die veld vir die kraaie wat taamlik 'n probleem was. Gewoonlik naby 'n windpomp het ons hierdie "eier restaurant" gehad. Daagliks is kapok eiers uitgesit. Die kraaie begin gou gewoond raak aan die eiers by die restaurant. Sodra die eerste lam aankom het ons die eiers ingespuit met Aplha Chlorolese. Later was die produk net Chlorolese.

Op een dag het ons sommer dan ontslae geraak van die kraaie sonder enige sekondere vergiftiging. Die rede vir die eiers is hulle dra dit nie weg nie, hulle eet dit net daar en dan, raak stil stil aan die slaap en groet sonder enige stress.

Nou het ek hoenders en alweer probleme met baie kraaie. Enige voorstelle wat ek kan gebruik om die eiers mee in te spuit, wat smaakloos en kleurloos is met dieselfde effek, want die produk is blykbaar van die mark af.

Groetnis
tafjak

Re: Kraaie

Post by tafjak »

Avibus

Ek gaan raai dat jy nie baie raad in hierdie verband gaan kry nie.

Taffie
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Kraaie

Post by Caller »

Avibus

Het julle die dooie kraaie opgetel en verbrand? Ek ken nie die produk waarvan jy praat nie, maar onthou tog net dat die dooie kraaie, sekondere vergiftiging kan veroorsaak.

Met sekondere vergiftiging word eitlik bedoel dat die dier wat weens gif vrek, ander diere kan laat vrek omdat die gif nie in die eerste dier se liggaam afbreek nie.

Wanneer ander diere as die kraaie die vergiftigde eiers eet, word dit onselektiewe / onoordeelkundige gebruik van gif genoem.

En dit bly onwettig.

Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Kraaie

Post by JACQUES BOTHA »

Prof Caller
As jy n produk gebruik wat soos spierverslapper werk of soos narkose by mense is dit nie vergiftiging nie en kan daar nie sekondere vergiftiging plaasvind nie.
Dis soos n slaappil die kraaie slaap net bietjie langer....al vergiftiging wat plaasvind is die vrot vogels..
Dis maar wat ek dink  ek weet nie so baie van gif nie, ek weet nie eens van aartappelgif nie...ek spuit ook ni eens my vrugtebome nie
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Kraaie

Post by Caller »

Jacques / Almal

Om enige dier in die Vrystaat te verdoof of te immobiliseer of onder narkose te plaas, sonder 'n permit of sonder dat jy 'n geregistreerde veearts is, is onwettig.

Sover ek weet is dit in die ander provinsies ook die geval.

Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Kraaie

Post by JACQUES BOTHA »

PROF CALLER.
dANKIE VIR DIE SINVOLLE OPMERKING OOR DIE WETTIGE ASPEKTE. Soos u natuur is het jy weer gelees in die artikel wat jy wou, dit het eintlik gegaan oor die vergiftiging, Die aspekte soos in die ordinansie vervat en wettig of onwettig is nog nie ter sprake gewees nie, maar da nkie vir jou versiendheid en die inligting rondom die wet. Die man moes seker n register ook iewers teken met die aankoop van "gif"  Self al koop jy dei ernstioge gif vir miere  by die huis moet jy nog steeds register teken. En dit sluit nou nie doom of baygon se spuitblikke in nie,
Vind daar sekondere vergiftiging ook plaas indien die geitjie die vlieg eet wat met doom gespuit is? Ek weet nie, maar jy kan dalk meer inligting op die onderwerp plaas....asb
Jacques
Shoot straight and tell the truth!
intercooler

Re: Kraaie

Post by intercooler »

Ek het nie geweet wetgewing is een van die fake in Rekenaar studies nie nou toe mens leer tog elke dag iets nuut.  ???
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Kraaie

Post by JACQUES BOTHA »

INTERCOOLER:
DIS NOGAL IN SINVOLLE OPMERKING WAT GEEN SIN MAAK NIE, DIS MAKLIKER AS JY SE OF VRA WAT JY BEDOEL. DAN VERSTAAN ONS ALMAL JOU DALK...
"MENS LEER ELKE DAG IETS NUUTS" MOET NET NIE OPHOU LEER NIE..DAN RAAK JY IN DIE MOEILIKHEID EN AAN DIE ANDERKANT LEER ONS ALMAL ELKE DAG IETS NUUTS EN TOG STAAN DAAR IN DIE BYBEL DAAR IS NIKS NUUTS NIE... SO LEER MOET ONS MA LEER MY VRIEND.
GROETE
JACQUES BOTHA
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
worshond
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Thu Sep 10, 2009 3:56 pm

Re: Kraaie

Post by worshond »

[imgImage][/img]
Post Reply