Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

tafjak

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by tafjak »

Ambessa

Daar is nog net aan die Voorsitter 'n woord gegooi. Hy sal die vergadering looi.

My uitgangspunt is slegs dat dit 12jaar geneem het vir die jakkalse om die huidige getalle te bewerkstellig. Hoeveel gaan daar oor 12maande wees as die manne nie op hierdie staduim kan saamwerk nie. Volgende jaar gaan die werk 2keer meer wees om die goed na beheersde getalle te neem.

Ek jag op die oomblik nie meer in my eie omgewing(waar ek bly) nie, nie genoeg nie. Dit bekommer my dat die manne nie die skrif aan die muur sien nie. So, ek het nou die Voorsitter ingelig wat ek dink en wat ek reken die uiteinde van die saak sal wees. Omdat ek ook nie meer die vergaderings kan bywoon nie agv werksverpligtinge(het darem 'n verteenwoordiger daar) het ek goedgedink om die Voorsitter in te lig.

Ek dink op die oomblik dat die jakkalse 'n groter bedreiging vir die boere inhou as die eeu of 2 gelede se Boereoorlog.

Groete

Taffie
Ambessa

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by Ambessa »

Hallo Tafjak
tafjak wrote:...nog net aan die Voorsitter 'n woord gegooi. Hy sal die vergadering looi...  ...slegs dat dit 12jaar geneem het vir die jakkalse om die huidige getalle te bewerkstellig. Hoeveel gaan daar oor 12maande wees as die manne nie op hierdie staduim kan saamwerk nie. Volgende jaar gaan die werk 2keer meer wees om die goed na beheersde getalle te neem.
Sterkte met die inisiatief. Op nasionale vlak besef die leiers (NWKV, SASKV, RPO en WRSA) wat die impak en die implikasies is. So ook meeste ander sektore (?) van georganiseerde landbou. Hoekom suurdeeg die besef nie deur tot op plaasvlak nie? Of is dit 'n geval van weet-maar-wil-eintlik-nie-weet-nie-want-dan-doen-iemand-anders-dit-dalk-namens-my-en-ook-nog-verniet-daarby?

Wonder maar net...?

Ambessa
tafjak

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by tafjak »

Ambessa wrote: Of is dit 'n geval van weet-maar-wil-eintlik-nie-weet-nie-want-dan-doen-iemand-anders-dit-dalk-namens-my-en-ook-nog-verniet-daarby?
...................................


300% reg!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
User avatar
Chris101
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 390
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by Chris101 »

Hier in my omgewing is helse probleme.
Alle boere wat ek vanjaar meer as 20 jakkies uitgehaal het nou n foxpro en stoel behalwe 1.
Nou se hulle vir my die foxpro met USA geluide kry nie jakkalse geroep nie.
En shame hulle verloor baie lammers.
Die 1 wat lojaal gebly het se dat dit goed gaan.

Dan is dit seker nie my skuld nie?????
Knou die gediertes AF.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by Christo »

Chris101 wrote: Nou se hulle vir my die foxpro met USA geluide kry nie jakkalse geroep nie.
Weet hulle nie dat die jakkies hier net 'n Afrikaan taal verstaan nie. Die jakkies lyk dalk soos 'n Coyote maar dit is ook al. Hy sal dalk sy gebied beskerm teen die nuwe indringer maar dalk is dit ook al.

Net my stukkie nonsense so oppie Sondag.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by Christo »

O ja, om 'n pro te wees is ook 'n voordeel.

Christo

ns: dit tel nou nog nie vir my nie.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
katjak
Full Member
Full Member
Posts: 246
Joined: Sat Jan 31, 2009 8:07 pm

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by katjak »

Taffie.  Vroeer op n post het ek genoem dat hoe meer jy skiet, hoe meer word hulle. Ek wil nou graag my stelling n dieper betekenis gee.  1) Ek weet van heelparty ouens waar ek gaan jag. Ek roep en skiet binne 5-10 minute sommer 2 jakke. Die reun en teef. Nou s? die ou vir my maar dit was dan verspot maklik. (oor ek weet wat ek doen ja) en dan hoor jy vir die volgende 9 maande niks van hom nie. Skielik op n dag bel hy. HELP!!!!.  Kom jy die aand daar vra jy uit oor hoe waar waneer. Nee hy ry net met die lig want jou vorige jag daar was dan grappies. Hy het ook darem al een geskiet. Roep jy die aand Begin die jakke jou vloek. As jy een kry na lang gespook en ander een wys jou net stert s? die ou maar jy moet mos kry, want jy is dan jagter. Dit is die gedrag wat maak dat hulle meer teel want nou bly net skelmes agter en Hulle neste spoor moeiliker op en hulle beskerm kleintjies meer wat maak dat die volgende jaar getalle jou oorval. Nou kry hulle buurman se seun  en hy mis weer 2-3 van daai jonges en daar het jy dit. Binne 2 jaar verdubel jou getalle. Ons moet net die mens kry om vir een slag saam te staan en dan eers sal ons n duik in hulle getalle kan maak.  Japie
A genious is someone who shoots at something no one else can see, and hits it.
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by WillJak »

Was dit nie juis "samewerking" wat groot gebiede in die verlede skoon gehou het van jakkalsprobleme nie?  Dit kan gedoen word.
Louis, jy is heeltemal reg en dis juis wat die groenes en ander beterweters ons nie wil laat besef nie - verwarring word gesaai en so bly die manne verdeeld - en onder wan indrukke. Dit is tog bewys in die verlede toe daar samehorige, gesamentlike optrede oor groot gebiede was dat die probleem die hoof gebied kan word - soveel so dat in van die probleem areas daar een en selfs twee generasies boere is wat nie met jakkals probleme grootgeword het nie en dit maar so paar jaar terug leer ken het.

Vandag is omstandighede anders met die ontvolking van die platteland, die toename in wildsplase ens - maar ons het ook meer kennis, gereedskap en profesionele jagters wat hulle nie toe gehad het nie. En dit is ook vandag bewys in areas waar die manne saamstaan en saamwerk - Taffie het 'n klient waar ek al een of twee keer saam gejag het - die man het by die 5000 ooie wat lam en hy hardloop op speen persentasies van 98%+ - maar hy sorteer die bure uit - ons ry waar ons moet, ons skiet en hy betaal - en sorteer dit met die buurman uit na die tyd.

Nee, die probleem bly by die saamstaan - en die manewales, soos Japie dit so mooi hier uiteen gesit het, want dit is presies wat gebeur - en vele variasies daarvan, soos Chris ook onder andere getuig. Vrydag weer gesien hoe 'n boer vir sy seun 'n Foxpro koop, darem met die regte klanke op, maar die jongman het nog nie kursus gedoen nie, het nie 'n stoel of 'n raam nie ens ens. Nou, daai mannetjie se agterent gaan jeuk om sy nuwe speelgoed net te "toets"- en die gevolg?????
Ek is so pas klaar geskiet op die ou manier - selfs vir ou kliente. Van more af ry ek nie van die plaas af as die man nie my kilometers en my nagfooi wil betaal nie - ek het gisteraand vir 'n ou klient gaan jag, gulhartig en met oortuiging genooi. Ek het vroe?r die week langsaan gejag met absoluut geen, maar geen reaksie van die jakkalse af nie - gisteraand kom ek toe agter hoekom - hulle was self in die veld om te roep, het alles verwilder en toe gif gegooi. Ek het een oog gesien wat op omtrent 500m al omgedraai en gee pad het - wat nou daar oor is is die slimste van die skelmste se leermeesters. Net die Liewe Vader gaan daai jakkals doodmaak van ouderdom - ek kan hom niks meer maak nie.

Ek dink dis een van die ander probleme met die saamstanery - elke boer is koning op sy plaas en met reg is dit so. Maar die gevolg is dat hy moeilik saam met ander werk en nie voorgeskryf wil word deur 'n klub of vereniging nie.
Ambessa vra die vraag oor hoekom die georganiseerde Landbou op nasionale vlak besef dis 'n probleem maar dit suurdeeg nie deur na die grondvlak toe nie. Ek dink nie dis die geval nie - nasionale organisasies is bewus van die probleem omdat hulle lede op grondvlak dit onder hulle aandag bring - ek dink die probleem l? in hoe die probleem op grondvlak benader word - die neiging is om dit vir iemand anders te los om op te los - NWVK weet mos nou van my probleem as lid en hulle moet nou kom met 'n oplossing - dis mos hoekom ek ledegeld betaal .........
En dan is daar natuurlik die ding wat Ambessa genoem het -weet-maar-wil-eintlik-nie-weet-nie-want-dan-doen-iemand-anders-dit-dalk-namens-my-en-ook-nog-verniet-daarby?" Elke distrik het maar 'n paar van die manne ook....

Iemand het hier genoem van iets soos 17 lammers wat gelaai was uit 'n aankoms van 250 - dis 6.8% Maar dan is daar boere wat nie 3 of 2 of selfs 1% van sy lammer omset aan jakkalsbeheer wil spandeer nie - maar hy kla oor hy 30 en 40% speen persentasies het. Want dis mos maklik om die goed te skiet, so hy betaal langtand. Tot hy homself verkeerd bewys het en dan wil hy die profesionele jagter blameer as hy nie almal op een aand geskiet kry nie - of hy is die eerste een wat loop en vertel die profesionele jagter skiet net die jonges... want dis mos maklik, maar die grotes wat hom aanhou vang die skiet die jagter nie - maar wat hy vergeet om by te voeg is dat hyself die oues so slim gemaak het dan net tyd of die Liewe Vader daai jakkals nog gaan doodmaak. Dis soos Taffie s? - begroot vir jou jakkals beheer soos jy begroot vir diesel, elektrisiteit, lone, heinings ens - op die einde van die dag betaal die verhoogde speen persentasie nie net die jakkalsrekening nie, maar ook die diesel en ander.....

En die jagters se kant is ook nie altyd skoon nie - ons het 'n goeie begin gemaak hier maar ons sal meer moet doen om die kaf van die koring te skei - want dis die kaf wat die koring 'n slegte naam gee - omdat hulle ook dink dis maklik, dit onder kosprys doen want dis nie hulle inkomste of passie nie, verdwyn in die moeilike tye...... en die jakkalse slim maak sodat die manne vir wie dit 'n passie is en dit voltyds doen (en ook die boer) na die tyd sukkel met die skelm jakkalse - en intussen hou hulle nie op met vreet nie.

Die ding gaan net regkom as ONS ONS onderskeie huise in orde kry, dit ONS jakkalse word en ONS doen iets daaraan vir ONS self - saam.
Last edited by WillJak on Sun Oct 04, 2009 7:27 pm, edited 1 time in total.
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by Louis102 »

WillJak wrote: Die ding gaan net regkom as ONS ONS onderskeie huise in orde kry, dit ONS jakkalse word en ONS doen iets daaraan vir ONS self - saam.
As daar enige iemand getwyfel het oor hoe dit is, lees hierdie stukkie van Wiljak want dit is presies in die middel van die senter van die "bulls eye".

Willjak, as ek mag vra, hoeveel nagte per trip moet die produsent uitsit vir die professionele jagter en hoeveel trips deur die professionele jagter is nodig (per jaar) om die jakkalspopulasie effektief te beheer?  S? dit is op 'n gemiddelde grootte plaas in jou omgewing.  Die opvolg vraag is dan of dit die moeite werd is om 'n "pro" in te kry as die bure nie ook die selfde doen nie en as buurman se boetie en sy maatjies naweke met roepers jakkalsjag speel?

Ek wonder hoeveel jakkalsjag roep apparate swerf die w?reld vol?  Hierdie tendens gaan nie gestop word nie, want soos jy tereg opmerk lyk dit so maklik as die "pro" dit suksesvol doen.  Wetgewing gaan ook nie die aankoop van 'n roeper verbied nie.  Ek dink Heinrich Funck het hierdie ding lankal sien kom en besef dat behoorlike opleiding, bewusmaking van die gevare van onoordeelkundige roepery en natuurlik openbare gesprek soos hier op die forum uiters noodsaaklik gaan wees om te verhoed dat die hele besigheid totaal hand uitruk.  Ek dink hy het meer gedoen as wat enige iemand van een persoon kan verwag, maar in my opinie is dit steeds te min.

Sou 'n mens dit kon regkry om AL die ernstige jagters onder een faandel in te kry, behoort 'n bewusmakingsveldtog daardeur gefinansier te kan word ten voordeel van almal.  Ongelukkig, net soos by die boere, wil die jagters ook nie almal hul samewerking gee nie en gaan die rugryers in hierdie geval ook die vrugte verniet probeer pluk.  Die realiteit is dat "samewerking" en "ONS" twee woordjies is wat maar moeilik in die praktyk werklik inslag vind, slaag en deel van die kultuur word.  MAAR die hoop beskaam nie, het ek mos iewers gelees?

Weereens, jou stukkie wat jy geskryf het beskryf ons uitdagings baie mooi.  Kan ons dit nie in die Landbou Weekblad laat publiseer nie?  Dit tesame met Tafjak se vergelyking met hoe waterplante versprei, skets 'n mooi prentjie van die realiteit.

Groete
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Ambessa

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by Ambessa »

Hallo Willjak

Puik gestel. Soos Louis102 vra, hoekom stuur jy dit nie na LBW nie?
WillJak wrote:...vra die vraag oor hoekom die georganiseerde Landbou op nasionale vlak besef dis 'n probleem maar dit suurdeeg nie deur na die grondvlak toe nie. Ek dink nie dis die geval nie - nasionale organisasies is bewus van die probleem omdat hulle lede op grondvlak dit onder hulle aandag bring - ek dink die probleem l? in hoe die probleem op grondvlak benader word - die neiging is om dit vir iemand anders te los om op te los
...bedoel eintlik dat die boere op grondvlak ook moet saamstaan soos die leiers van die verskllende vee- en wildbedrywe toenemend skouer-aan-skouer die uitdaging benader en oplossings daarvoor soek.

Ambessa
boeta
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by boeta »

Ooms

Stem 100% saam met Willjak

Ek weet ook van paar kliente wat self roepers gekoop het,nou bel hulle my,ek is ni eers lus om te gaan nie.Hulle maak dat ons super jakalse gaan kry en hoe gaan ons hulle dood kry want reop werk ni meer ni.Ek dink nee ek weet dat daar gaan nog groot probleme in die toekoms wees as daar nie deur gedring word tot sekere mense nie,maar soos da reeds gese is elke man is baas op sy eie plaas niemand kan hom iets  se of wys maak ni.

Die probleem le ni net by sulke boere wat eie roepers het ni maar die probleem gaan die buurman toe ook,ek het al die geval gehad.

Boeta
An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by Beyers »

Die naweek op die stoep van die GRGC gesit en luister hoe die boere praat. Julle sit nie met 'n nuwe probleem nie. Daar is voor die gebruik van jakkalsdraad die gebruuik gewees dat die vee in krale geslaap het. Daar is meegaande probleme daarmee, veld wat uitgetrap raak om die krale en al die pestelensies wat maklik deur die trop versprei asook die feit dat die vee langer vat om vet te raak. Met die koms van die jakkaldraad is daar met slagysters en die feit dat die drade verkeer beheer het 'n ruspose gewees. Daar was nou op elke plaas 'n "trapper" wat slagysters gestel het en gereeld die slagysters gaan nasien het. In sy omswerwinge het hy die drade reggemaak. Distriksrade het ook betaal vir jakkals velle. Die jong boere het ook afgeleer om self die ongedierte beheer toe te pas. Deesdae is die tendens weer om vee te kraal, miskien moet daar eers in die ou boere se dagboeke gaan kyk word hoe hulle dit gedoen het voordat daar verander word. Jakkals vanger se rol is deesdae die terrein van die professionele ongedierte beheer.

Net kommentare
Skiet maar
Beyers
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by WillJak »

Dankie Louis, Ambessa en Boeta, ek is bly om te sien almal ervaar dit so - my enigste vrees hier is dat soos altyd ons vir die manne preek wat wel in die kerk sit. Ambessa, as jy gene? is sal ek die stuk so bietjie verwerk en dit vir jou deurstuur vir kommentaar en vandaar na LBW stuur?
Willjak, as ek mag vra, hoeveel nagte per trip moet die produsent uitsit vir die professionele jagter en hoeveel trips deur die professionele jagter is nodig (per jaar) om die jakkalspopulasie effektief te beheer?  S? dit is op 'n gemiddelde grootte plaas in jou omgewing.  Die opvolg vraag is dan of dit die moeite werd is om 'n "pro" in te kry as die bure nie ook die selfde doen nie en as buurman se boetie en sy maatjies naweke met roepers jakkalsjag speel?
Louis, ek gaan die vraag in die algemeen antwoord - dit gaan uit die aard van die saak verskil van plaas tot plaas en die omvang van die aanvanklike probleem. Die kort antwoord is 2 jagaande (weer in ag genome) 3 keer per jaar met moontlik nog een of twee aande tussenin om spesifieke probleme aan te spreek. Dit veronderstel natuurlik dat die jakkalse nog werkbaar en nie heeltemal slim gemaak is nie. Aanvanklik gaan die kostes effens ho?r wees omdat getalle wat geskiet word ho?r gaan wees, maar later gaan dit dramaties afneem.
Kom ek probeer 'n voorbeeld gee - hierdie is aanvanklike koste en 'n "worst case scenario": Eerste 6 aande se jag (dis nou oor die jaar) word 20 jakkalse geskiet. Gemiddelde afstand gery is 60km. Dus 6 x 60 x R4 = R1440. 6 x R750 (minimum fooi, wat eerste jakkals insluit) = R4500. 14 oorblywende jakkalse x R650 = R9100. Som totaal VIR DIE EERSTE JAAR = R14 350, of te wel sowat R1200 per maand
Baie boere maak die verlies sommetjie as ongeveer R500 per lam - selfs teen hierdie skade verrekening is dit gelykstaande aan sowat 28 lammers, of te wel sowat 3% van die gemiddelde lammeroes hier in ons omgewing.
Die werklike skade, indien produksie koste, verlies aan toekomstige aanteel, verlies aan wolproduksie, verlies aan uiteindelike verkoopsprys en vervanging van die dooie dier in ag geneem word, verloop egter nader aan sowat R3000 tot R3500 per dier oor 'n tydperk van 3 tot 5 jaar. Dan is die koste van beheer maar gelykstaande aan sowat 4 of 5 lammers of te wel tussen .5 en .63% van lammer omset.

Of dit die moeite werd is om 'n "pro" in te kry as buurman se boetie en sy maatjies saamspeel? Uit die aard van die saak is dit makliker en beter as hulle dit nie doen nie, maar oor die algemeen is dit juis d?n dat jy eerder die "pro" moet inkry as om self met die jakkalse te probeer woel na boetman hulle slim gemaak het. Maar die oplossing bly samewerking oor groot areas.
Ek wonder hoeveel jakkalsjag roep apparate swerf die w?reld vol?  Hierdie tendens gaan nie gestop word nie, want soos jy tereg opmerk lyk dit so maklik as die "pro" dit suksesvol doen.  Wetgewing gaan ook nie die aankoop van 'n roeper verbied nie.  Ek dink Heinrich Funck het hierdie ding lankal sien kom en besef dat behoorlike opleiding, bewusmaking van die gevare van onoordeelkundige roepery en natuurlik openbare gesprek soos hier op die forum uiters noodsaaklik gaan wees om te verhoed dat die hele besigheid totaal hand uitruk.  Ek dink hy het meer gedoen as wat enige iemand van een persoon kan verwag, maar in my opinie is dit steeds te min.
Roep apparate is daar baie - reken dan ook nog die tuis vervaardigdes by en ook die ouens wat sommer die bakkie se radio luidsprekers gebruik en jy is op die rand van chaos....
Opleiding, opleiding en nogmaals opleiding - daar slaan jy die spyker op die kop - ook oor Heinrich - hy is sonder twyfel die mees ingeligte en ervare jakkalsman in die land en het loshande meer as enige 10 ouens saam gedoen om die probleem aan te spreek. Maar hy's te min - en ek dink daar is 'n ander onderliggende probleem, of eintlik twee:
Een - daar is 'n inligtings en "opvoedingstaak" wat aangespreek moet word ten opsigte van die boere op boereverenigingsvlak. NWVK het nou vir Niel wat inligtingsdae aanbied, maar dit is spesifiek op sy metode geskoei - ek praat meer van iets wat die algemene stand van sake, die probleme en uitdagings onder die loep neem en werk na gesamentlike oplossings. Ek voel so ernstig hieroor ek het al begin om so stuk saam te stel en speel met die gedagte om dit vir boereverenigings aan te bied - of daar 'n vraag na so iets sal wees, sal ons maar moet sien.
Twee - die kursus en opleiding is baie belangrik en jy kan nie daarsonder nie, maar Heinrich is die eerste man wat vir jou sal s? dat daar geen plaasvervanger vir tyd in die veld is nie. En die boer wat vir homself en miskien 'n paar bure skiet kry net eenvoudig nie die ure en blootstelling in wat 'n profesionele jagter doen nie. En ek persoonlik dink dat na die eerste kursus jy op jou eie moet probeer vir so maand of wat - en dan w??r 'n opvolg kursus moet doen wat spesifiek rondom jakkalsgedrag sentreer - mens leer mos baie makliker as jy eers self die ding gedoen het en foute gemaak het. Sodoende kan opleiding meer effektief gedoen word.
Sou 'n mens dit kon regkry om AL die ernstige jagters onder een faandel in te kry, behoort 'n bewusmakingsveldtog daardeur gefinansier te kan word ten voordeel van almal.  Ongelukkig, net soos by die boere, wil die jagters ook nie almal hul samewerking gee nie en gaan die rugryers in hierdie geval ook die vrugte verniet probeer pluk.  Die realiteit is dat "samewerking" en "ONS" twee woordjies is wat maar moeilik in die praktyk werklik inslag vind, slaag en deel van die kultuur word.  MAAR die hoop beskaam nie, het ek mos iewers gelees?
Daar is 'n manier om al die ernstige en profesionele jagters onder een vaandel te kry en ho? standaarde te stel en dit is alreeds in ontwikkeling - hou maar die spasie dop - daar kom 'n ding.....
...bedoel eintlik dat die boere op grondvlak ook moet saamstaan soos die leiers van die verskllende vee- en wildbedrywe toenemend skouer-aan-skouer die uitdaging benader en oplossings daarvoor soek.
Ambessa, ek dink die antwoord bly dieselfde - die boere is geneig om die saamstanery te los vir die liggame wat hulle verteenwoordig - dis mos hoekom ledegeld betaal word of nie.....
Last edited by WillJak on Mon Oct 05, 2009 1:50 pm, edited 1 time in total.
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
User avatar
CHRIS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by CHRIS »

WILJAK
- my enigste vrees hier is dat soos altyd ons vir die manne preek wat wel in die kerk sit.

Die vrees het seker waarde maar ek wil darem net dit s? dat ek darem ook nou al hoe meer begin twyfel of ek moes registreer. Ek het al kursus gedoen (Heinrich het sommer op my plaas aangebied) en het al die toerusting, maar die feit van die saak is dat as jy nie elke moontlike aand uitgaan en dit wat jy geleer het toepas nie bly jy n minderwaardige jagter wat dalk daardie jakkals wat die boer n graad geggee het, help jy tot dr graad omdat jy meer weet as die gemid boer maar helfte van die pro,s

Groete Chris
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by WillJak »

Chris,

Wat jy s? is baie waar, maar ek dink jy't reg gedoen om te registreer - dit wys jy aanvaar verantwoordelikheid en jy't erns met die ding en in die proses leer ons almal van mekaar. Almal van ons leer nog elke keer as ons veld toe gaan en almal van ons het in die leerproses 'n paar jakkalse skelm gemaak - ?rens moet jy begin en daar is net absoluut geen plaasvervanger vir tyd in die veld nie.

Ek dink nie die probleem l? by ouens soos jy wat weet wat hulle weet en weet wat hulle nie weet nie, dit l? by die ou wat 'n roepstel en stoel of raam gekoop het, een of twee keer vir die pro op sy plaas bestuur het en nou self probeer. Of sommer agter van die bakkie af skiet oor die "rollbar" met die springhaas wat bl?r oor die bakkie se luidsprekers.

Die ander manne kan dalk met my verskil maar ek dink nie profesioneel beteken noodwendig hoe GOED jy dit doen nie, maar hoe eerder hoe REG jy dit doen. Daar is jakkalse wat Taffie gaan skiet wat ek nog nie by gaan uitkom nie, daar is jakkalse wat ek gaan skiet wat die boer nie gaan by uitkom nie - MAAAR dit hang af hoe jy hulle hanteer. Wat ek bedoel met REG vs GOED is dit - ek is dalk nie goed genoeg om daai spesifieke jakkals vanaand te klop nie maar as ek hom REG en profesioneel hanteer gaan ek of Taffie of iemand anders hom nog kan skiet op 'n ander aand. As ek hom VERKEERD hanteer deur elke nag vir 'n week lank al agter hom aan te ry en roep, of te veel en te hard te roep, of lang skote op hom skiet, of my staanplekke verkeerd gekies het, sodat hy onder my wind kon inwerk ens ens soos wat van die boere geneig is om te doen - d?n gaan almal met hom sukkel.
Die belangrikste ding wat enige ou kan leer is hoe om die jakkals reg te hanteer - die res kom met die tyd - maar al skiet jy hom nie - as jy hom reg hanteer het bly hy hanteerbaar, en dis die geheim - en waar die ding van die wa af voeter.

Caller  ;D ;D ;D ;D ek sal nie weer s? "ver@tt@r" nie - jammer vir al die nasien werk - ek sal ook nou maar praat van baie slim.... ;D ;D ;D
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by Louis102 »

Willjak
WillJak wrote: ...Daar is 'n manier om al die ernstige en profesionele jagters onder een vaandel te kry en ho? standaarde te stel en dit is alreeds in ontwikkeling - hou maar die spasie dop - daar kom 'n ding.....
Al wat ek, uit jou stelling hierbo, so tussen die lyne kan probeer lees is dat wetgewing die manne gaan dwing in 'n rigting in?  As so iets dan op hande is, soos jy wil laat blyk, is daar plek vir die Jaracal Roofdierjagters Register en moet daar enigsins verder energie op spandeer word???  Laat weet bietjie omdat dit lyk of jy hierdie goedjies vir jouself reeds uitgesorteer het.

Een punt waarop ek moet verskil is die persepsie dat geen boer 'n bekwame roofdierjagter kan word nie.  Dat daar professionele manne is wat uitstekend is, betwyfel ek nie in die minste nie, maar ek weet ten minste van een wat nog 'n ding of twee te leer het voor hy op 'n aanvaarbare vlak volgens my sal wees.  Ek is 'n voorstaander daarvan dat roofdierjagters op hulle vernuf en ondervinding beoordeel word en nie noodwendig of iemand dit voltyds, al dan nie, doen nie.  Dit gaan hier oor aanvoeling, belangstelling en passie vir hierdie tipe werk, maak nie saak of jy 'n boer is of nie.

So dink ek.  Sal graag wil hoor hoe jy/julle daaroor voel.

Louis

Ns. Terwyl ek getik het, het jy my gedeeltelik beantwoord in jou vorige post aan Chris.  Ek het egter soveel moeite gedoen dat ek die post maar in elk geval deurstuur
   
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by WillJak »

Louis, as ek die idee gegee het dat ek nie dink enige boer kan 'n bekwame roofdierjagter word nie, dan vra ek om verskoning. So 'n stelling of geloof sou bloot nie waar wees nie - daar is van die manne wat k?n - en ek vermoed Chris is een van hulle, en ek ken 'n hele paar ander ook - onder andere Johan hier op die forum.....
Maar dis ook waar dat die oorgrote meerderheid van mense (boere, boere se kinders, naweekjagters, die bok oes manne ens) wat die roep metode probeer die ding aanpak sonder om eers 'n kursus te doen, sonder die regte toerusting, toewyding en geduld en dis waar die probleem l? - hy het mos nou al een of twee keer vir Sir T bestuur en dit lyk dan so maklik (oor die man 'n PRO is wat dit maklik laat lyk in leeuw?reld waar almal anders sukkel) - en nou maak hy 'n sommetjie en hy sien as hy 'n roeper koop is dit so 9 jakkalse en hy skiet sommer maar oor die rollbar want 'n stoel is nog 9 of 10 jakkalse - en dis waar dit skeef loop. Dis hoekom ek hierbo praat van "REG" en "GOED" - ek dink dis waar die verskil l?.


Oor jou ander vraag rondom die wetgewing - nee, dis nie wetgewing nie en ek twyfel ook sterk of wetgewing binnekort ingestel sal word in die verband, behalwe miskien hier en daar 'n onwerkbare getorring deur van die provinsies. Soos met ander goed gaan self regulering hier 'n rol speel - en ek dink die Jaracal Register is van groot en onskatbare waarde, sal altyd 'n rol h? om te speel en is beslis die energie daarop spandeer werd - dit is tog immers waar die ding begin "gel" het soos die Engelsman s?. Maar ek glo daar is ook plek vir 'n Profesionele Register, waar die werklike voltydse, profesionele manne kan en moet registreer en hier moet ho? standaarde gestel word - net die absoluut profesionele jagter moet daar kan registreer en hy sal sy kant moet bring om dit te kan doen. Maar ek wil nie nou te veel s? nie en ook nie met 'n ander man se kallers ploeg nie - as die tyd ryp is sal die ding wel na vore kom.
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by Louis102 »

Dankie Willjak

Ek hou die spasie met groot belangstelling dop.  En oor die res stem ons saam, die vingers het net gejeuk om aan 'n rofie van 'n ou seerplek te krap.  Die rofie sal seker een van die dae heeltemal afval, lyk of hy mooi gesond word en geen letsel sal laat nie.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by WillJak »

;D ;D ;D Louis, ons het almal maar 'n rofie of 'n ingroei toon nael of 'n ander sensitiewe plek - maar dis die hele punt - ons moet rondom die goed begin werk en fokus op wat regtig die probleem is - en hoe dit effektief aangespreek kan word. Dit sal seker maar hier en daar 'n skaafplek of tone trappery afgee, maar dis bysaak as dit ONS jakkalse word wat ONS almal saamwerk om te beheer.
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
Ambessa

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by Ambessa »

Hallo Willjak
WillJak wrote:...ander manne kan dalk met my verskil maar ek dink nie profesioneel beteken noodwendig hoe GOED jy dit doen nie, maar hoe eerder hoe REG jy dit doen.
Baie waar... ...dit is om die regte dinge reg te doen wat die spesialis roofdierjagters gaan laat uitstaan.

As die posts op die forum gelees word, is dit duidelik hier is reeds baie manne (wil nie name uitsonder nie, lees net) wat dit so doen, tog verskil hulle almal hier en daar volgens eie gewoonte of ondervinding of smaak, maar hulle doen die basiese ding reg.

Sonder twyfel het Jaracal met groot toewyding baie hiermee te doen gehad, naamlik om die fondasies reg te l?...

Ook korrek, almal moet iewers begin om ondervinding op te doen deur die regte dinge reg te doen.

Ambessa
User avatar
CHRIS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by CHRIS »

Wiljak

Baie dankie jy het my darem laat beter voel. Net vir intresantheid ??? .

Ek het 2008 kursus hier by my op die plaas gereel en toe al my bure gevra om dit by tewoon, ek het 8 gevra waarvan 2 ges? het dat dit teduur is , 1 oom het ges? hy sal die helfte van my geld betaal dan skiet ek sommer vir hom ook(amper vang hy my) en die res was hier.(sir Taffie ook) Van die 5 (bure) wat die kursus gedoen het skiet net ek. So wat hulle geleer en terug gerap het is dat dit hulle sien dat hulle temin weet om self  uit tegaan. Wel die 2 wat nie wou kom nie, skiet natuurlik ook, 1 met  bietjie toerusting en 1 willewragtig, moggetroffe gelukig sonder cd net rondjaag.

Die punt sit jou preek ook in media

groete Chris
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by WillJak »

Die punt sit jou preek ook in media
Chris, met Ambessa se ondersteuning en kontakte probeer ons om hom in LBW te kry - gaan interesant wees om die reaksie te sien.... ;D ;D ;D

Vir die ou wat insien hy weet te min om veld toe te gaan is daar hoop - en vir die ou wat bereid is om die laaaang koue ure in die stoel in te sit om te leer. Maar die man wat self op sy eie aankarring of rondjaag en skiet......En die groot probleem hier is soos iemand anders genoem het (ek dink Boeta) is dat daai ouens sommer maklik jou of die ander bure se jakkalse ook skelm maak, want hulle loop oor die grense.

'n Ou wat s? Heinrich se kursus is te duur het geen erns met die saak nie. Wat daai man jou kan leer op 'n kursus is van onskatbare waarde - al besluit jy op die ou einde om nie self te skiet nie - as jy aandag gee en vrae vra dan leer jy so baie oor die algemene gedrag, siklusse, gewoontes ens van jakkalse dat selfs dit jou 'n voorsprong kan gee met jou roofdier beheer.

Maar hoor wat ek vandag vir jou s? - die ouens gaan nou vinnig moet wakker skrik en hulle bure moet wakker maak waar nodig - ons is op die punt waar die jakkalse hulle plase onder hulle gaan uitvreet. As die ouens dink daar was laasjaar en die jaar voor dit jakkalse, wag tot hierdie oes inkom en self begin vang - en as hulle gelos word om volgende jaar aan te teel........
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
boeta
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by boeta »

Skiet by n boer 2 maande trug die reun,kry ni die teef ni,was ook net daar vi die een aand.Bel hom 2 weke daarna om te hoor of hy al die teef kon vang met ysters,nee se hy,ek moet maar weer kom maar hy wil hoor of sy buurman nie wil saam maak ni dan sal hy my bel.Vandag bel ek hom,se hy vir my R4 n km is te veel vi hom maar in selfde asem sy hy die teef vang dat dit klap,ek verstaan nou glad ni my petrol geld is mos baaaaaie minder as die lammers wat die teef die 2 maande gevang het.Hoe laat verstaan jy so n boer van die probleme voorkant toe,daai teef weet ek het kleintjies.Hoeveel lammers gaan hulle oor 2 maande vang,ek raak bang vi die ou se part

Ek verstaan dit net ni

Boeta
An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
Cois
Full Member
Full Member
Posts: 192
Joined: Thu Feb 05, 2009 11:26 am

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by Cois »

Boeta

Ek hoor wat jy se en dit maak vir my ook nie sin nie, die boere wil he mens moet hul probleme verniet vir hulle oplos. Hier by my kerm die manne oor die reiskoste maar kan n hoop geld vir die chopper betaal wat dan niks skiet nie. Die manne het die meulimekopter hier by ons nou al vir twee weke of bietjie langer en het soos ek hoor nog net 4 geskiet, dis n paar jakkies met helse prys tags. Die manne se somme maak my dom!!!!

Cois
Al jakkals wat nie skaap vang nie is n dooie jakkals
tafjak

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by tafjak »

Cois
Cois wrote: vir hulle oplos. Hier by my kerm die manne oor die reiskoste maar kan n hoop geld vir die chopper betaal wat dan niks skiet nie. Die manne het die meulimekopter hier by ons nou al vir twee weke of bietjie langer en het soos ek hoor nog net 4 geskiet, dis n paar jakkies met helse prys tags. Die manne se somme maak my dom!!!!
Ek begin alhoemeer hiervan hou. Ek gaan nog net my Ooreenkomste klaar jag en die laaste oorkoms verstryk oor 12maande. Daarna sal die jakkalspryse en kilometerpryse aansienlik aagepas word en ek reken alle voltydse jagters behoort die te doen. Ek weet dat Proffesionele manne by choppersgebruikers 'n goeie inkomste sal verdien......ek is egter nie 'n vark nie en glo nie dat ek so drasties sal wees nie. Ons moet net saamwerk en die hele poging in die geheel sien.

Taffie
Post Reply