Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

tafjak

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by tafjak »

Louis

So Dawid was die "beste man" of hoe?
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by Freek »

Ja kerels julle praat wyshede hier. My swaer noem my 'n waar ding gisteraand - "die lewe is soos 'n rol toilet pappier, aan die begin rol hy lekker stadig af maar hoe nader jy aan die karton tolletjie of die core kom hoe vinniger rol dit af". So moenie toe laat dat pappier afrol wat jy nie gebruik nie, jy mors net en mis uit op baie... ;)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by Louis102 »

Tafjak

Dawid se verhaal is een van my gunsteling verhale in die Bybel.  Immers het 'n ou wat skaap opgepas het een van die beroemdste konings geword.  Ek kan maar net droom om van daardie tipe stoffasie gemaak te wees.

Was hy die beste?  Of was sy gebede verhoor?

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1891
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by jaracal »

Louis
Dawid se hart was reg daarom was hy 'n man na God se hart. Daar is 'n uitsonderlike mooi boodskap van Dawid op www.kosbareperel.com wat afgelaai en na geluister kan word.

groete
Hein
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
tafjak

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by tafjak »

Louis
Amper soos met skole rugby - albei spanne bid dat hulle moet wen - nou hoe gemaak?  Dan kla ons soms dat ons gebede nie verhoor word nie!
Ek noem dit wat jy ges? het en doen dit met die grootste respek vir die Here.

Dit is reg om te bid, maar as jou span nie wen moet jy weet dat dit nie beste span was vir die dag nie. Ek glo nog steeds dat die Here nie die swakste span sal laat wen nie al lyk die wenspan nie altyd na die beste nie. Die span met sterkste geloof sal wen.

Ek het bedoel dat die sterkste span die een is met die sterkste geloof en as jy dit nie so verstaan het nie is ek jammer en gaan nie verder hieroor verder met jou argumenteer nie.

Vriendelike groete

Taffie
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by Caller »

Taffie

Ag nee jong, wat dan van Simson?  ??? Hy moet seker jou grootste hero weer met daai klomp jakkies wat hy gevang het, se sterte aanmekaar geknoop het en aan die brand gesteek het. Sal bitter graag wil weet wat sy vangtegniek was. ;D Toegegee daar waar hy gebly het kry jy nie regte vlekkies nie, blykbaar die Arabiese Woestynvos (lyk maar soos ons Kaapse vos). Is seker maar ook so dom soos ons ou draaijakkalsies.

Groete

Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
tafjak

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by tafjak »

Caller

Ek en Kruger spot nou die dag, met respek natuurlik oor die geval. Ons wonder toe ook of die ou nie miskien meer geduld gehad het nie.

Taffie
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by JACQUES BOTHA »

EK spot sommer net terug TAFFIE:

AS HY MEER GEDULD GEHAD HET SOU SY NAAM JOB GEWEES HET EN NIE SIMSON NIE....lag ....
ek wens soms ek het meer geduld.....
Shoot straight and tell the truth!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by Louis102 »

Hein

Het Dawid nie vir Betseba se man na die voorste linies gestuur om te sneuwel nie?  Hy het mos 'n slinkse plan met haar gehad?  As so 'n man se hart reg is, is daar mos nog hoop vir hierdie ou sondaar!?
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Mountainman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Sun Jan 18, 2009 3:39 pm

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by Mountainman »

;D Jy sien!  ;)
Groete

M

Fear the Government that fears your guns!
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by Christo »

Common sense is wat kortkom

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1891
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by jaracal »

Dawid se hart was reg omdat hy elke keer ware berou teenoor God getoon het vir sy sonde as dit aan hom uitgewys was. Dit is wat ons ook moet doen. Ons sondig eerstens teenoor God en dan teenoor die ander party. As ons dit begryp sal ons siening en hart verander.

Hein
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
tafjak

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by tafjak »

Wie se skuld is dit dat die jakkalse se getalle so hewig in die laaste 18maande toe geneem het?

Die jakkalse of die Mens s'n.
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by WillJak »

Ou Taffie, gewoonlik as mens vra wie se skuld is iets, dan dink mens so :"die een het dit of dat gedoen en daarom is dit sy skuld" Ek gaan my antwoord op jou vraag so bietjie verbloem en so s?: Partykeer veroorsaak jy 'n ding omdat jy NIE gedoen het wat jy moes nie, want ons is mos lief om te dink 'n probleem sal self weg gaan as ek hom net ignoreer.....

Laat die manne maar hulle eie afleidings maak vir waar ek dink die skuld meestal l
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by Louis102 »

tafjak wrote: Wie se skuld is dit dat die jakkalse se getalle so hewig in die laaste 18maande toe geneem het?
Natuurlik is dit Tafjak se skuld.  Is hy dan nie veronderstel om die beheer toe te pas nie?
Goeie dade oortref goeie woorde.
tafjak

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by tafjak »

Ek dink dat saamstaan die antwoord is. Nie saam staan en skinder nie, maar saamstaan.
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by WillJak »

saamstaan.
Hoe gaan daai ou liedjie - my kombers en jou matras en d??r l? die ding......

Saamstaan beteken mos saamdoen... of hoe?
Last edited by WillJak on Sat Oct 03, 2009 6:20 pm, edited 1 time in total.
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by Louis102 »

Taffie

Net soos vir 'n ou jakkals moet die yster maar mooi toegemaak as dit vir jou uitgesit word, anders trap julle nie sommer daarin nie  ;D  Ek's bietjie dom, waarop grond jy die stelling dat jakkals getalle so drasties toegeneem het?

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
tafjak

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by tafjak »

Louis

Ek het donderdag middag by die huis gekom nadat ek 04h10 uit die veld gekom en het so 90min lank skuins gaan staan. 06h00 in die bakkie gespring(vorige dag reeds goedjies reggepak) en hom laat diens in Aberdeen so 160km verder. 14h00 was die bakkie klaar en die laaste 110km huistoe gery. Weer so bietjie skuins gaan staan en kon die nag glad nie slaap nie en aan alles gedink. Vrydag oggend 05h00 in die pad geval Uitenhage toe om stoel so bietjie te diens en 'n paar sakies afgehandel en was toe weer teen 17h00 terug , net betyds om op bakkie te klim om jakkals wat my baie probleme gee te gaan skiet.

So ek ek het baie tyd gehad om te dink. Ek kom toe tot die slotsom dat dit eintlik baie eenvoudig is om die probleemdiere te beheer. Ons moet net saamstaan en die ding doen. Bv. Klipplaat boerevereniging is 100 000 hektaar groot en as elke hektaar se baas besluit en besef dat dit 'n voordelige aksie sal wees om saam te werk. Nie 99 000 hektaar nie maar, 100 000 hektaar se base. Sukses-stories sal rondloop en voor lank is almal op die job om dit te laat werk.

Dit is verseker nie die jakkalse se skuld dat hulle so baie is en nog meer word nie. Hulle teel maar aan en word groot en teel maar weer en so gaan dit aan.

As 'n waterplant elke dag sy eie oppervlakte verdubbel en dit neem 19 dae om dam se oppervlak halfpad toe te groei, neem dit slegs een dag om res toe te groei. Op dag 19 sou dit die helfte minder arbeid kos het om dam skoon te maak, maar o wee die 20ste dag. Jakkalse verdriedubbel hulle getalle per jaar!!! Dan kom smokkel idiote met ons koppe en vertel ons iets anders, net om die saamstaan weer op te neuk. Skoenmakers moet hulle by hul lese hou.

Probleemdierbeheer is deel van boerdery soos 'n elektiese/diesel- en arbeidrekening.

Groetnis

Taffie
Last edited by tafjak on Sat Oct 03, 2009 9:27 pm, edited 1 time in total.
Ambessa

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by Ambessa »

Hallo Tafjak
tafjak wrote:...so 90min lank skuins gaan staan...  ...14h00 was die bakkie klaar en die laaste 110km huistoe gery. Weer so bietjie skuins gaan staan en kon die nag glad nie slaap nie en aan alles gedink...  ...So ek ek het baie tyd gehad om te dink...  ...Dit is verseker nie die jakkalse se skuld dat hulle so baie is en nog meer word nie. Hulle teel maar aan en word groot en teel maar weer en so gaan dit aan.
...al die baie slaap maak mens net skerper.

Hoe gaan ons die boere kry om wel vinnig te leer om saam te staan vir effektiewe roofdierbestuur?

Ambessa
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by Louis102 »

Tafjak
tafjak wrote: ...Probleemdierbeheer is deel van boerdery soos 'n elektiese/diesel- en arbeidrekening...
Het geweet jou vraag het nie sommer uit die lug geval nie, daar moes meer daar agter wees.  Jy is weereens in die kol volgens my.  Was dit nie juis "samewerking" wat groot gebiede in die verlede skoon gehou het van jakkalsprobleme nie?  Dit kan gedoen word.

As ek die selfde punt uit 'n ander hoek kan benader - Ek hoor menige produsent kla oor vleispryse, swak gradering ens. waarvoor die skuld gewoonlik voor die voete van die kleinvee abatoirs gel? word.  Of spekulante wat op 'n veiling "verneuk" het en sodoende die boer se diere "gesteel" het.  Weet nie of dit in jou omgewing die selfde is nie, maar hier by ons sien ek min manne wat die vinger in sy eie rigting wys.  Met reg ook, want 'n boer wil graag goeie geld vir sy produk h? en sy inkomste verbeter.

Wat my egter dronkslaan is dat min boere egter bereid is om diegene wat 'n goeie diens aan die boerdery gemeenskap lewer, die selfde kans op 'n goeie inkomste gun.  Hoeveel keer het ek nie al gehoor dat hardwerkende, suksesvolle mense sonder enige bewys van 'n soort, deur ons ou nasietjie verdink word van skelmstreke en bedri?ry of diamant smokkelary nie?  Dit net omdat hulle suksesvol is?  Ons kla oor die tien rand per kop wat ons te min vir ons produk ontvang het, maar ter selfder tyd ondersteun ons nie 'n aksie / dienslewering wat ons baie meer in die sak kon bring  of baie tyd spaar nie?  Somtyds het ek baie simpatie met diegene wat 'n bestaan maak deur met ons boere te deel.  Daar is diegene wat my nou gaan roskam oor my stellings, maar dis iets wat my al lank pla.  
Last edited by Louis102 on Sat Oct 03, 2009 10:41 pm, edited 1 time in total.
Goeie dade oortref goeie woorde.
tafjak

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by tafjak »

Louis

Die Boerevereniging waaraan ek behoort het presies 2weke om te besluit of hulle in die toekoms met jakkalse uit orde gaan boer of jakkalse onder beheer. Slegs 2weke gaan die verskil maak. Die 19de dag of die 20ste dag!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by Louis102 »

Tafjak

Ek hoor wat jy s? en hoop die profeet sal in sy eie midde waardeer en geglo word.  En dat klein jakkalsies nie die wingerd sal vernietig nie.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Ambessa

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by Ambessa »

Hallo Tafjak / Louis102
Louis102 wrote:...Ek hoor wat jy s? en hoop die profeet sal in sy eie midde waardeer en geglo word.  En dat klein jakkalsies nie die wingerd sal vernietig nie.
Slaap julle dan nooit nie of is die wakker bly om beter te dink ;) ?

Einste vraag wat heeltyd by my wroeg.

Baie boere (gelukkig nie almal nie) is eerste om te kla maar deesdae ook laaste om hand uit die mou te haal - veral as dit oor roofdierbeheer gaan.

Waarom?

Ambessa
Ambessa

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by Ambessa »

Hallo Tafjak
tafjak wrote:...Boerevereniging waaraan ek behoort het presies 2weke om te besluit of hulle in die toekoms met jakkalse uit orde gaan boer of jakkalse onder beheer. Slegs 2weke gaan die verskil maak. Die 19de dag of die 20ste dag!
Hoe is hierdie stap bewerkstellig? Klink my daar is sommer baie hard gepraat?

Ambessa
Post Reply