Keuse tussen Nikons

Post Reply
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Keuse tussen Nikons

Post by wlm »

Ek moet kies tussen 'n Nikon 6-24x50 (thin reticule) en 'n 8-32x50 (nikoplex) vir my 7.62 plankgeweer.
Gaan hom gebruik vir Springbok-skiet asook veldskiet-kompetisies. Ek is lus vir 'n teleskoop met 'n m@#rse vergroting maar die dun kruishaar van die 6-24 is eersteklas. Sou 'n mildot-kruishaar ook wou bekyk, maar Nikon het nie een nie?
Help asb. met raad.
User avatar
Dawie D
Hero Member
Hero Member
Posts: 548
Joined: Tue Sep 01, 2009 7:52 pm

Re: Keuse tussen Nikons

Post by Dawie D »

WLM

Al wat ek nie hou van daai mill dot's nie is dat n springbok se kop nie eers uitsteek agter daai dot as hy so 250m en verder is nie. Vir teiken skiet en naby skote is hy seker reg, dis maar n persoonlike keuse.
As ek jou sien gaan jy val
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Keuse tussen Nikons

Post by wlm »

Kom ons los vir eers die mil-dots en maak 'n keuse tussen die 2 Nikons wat ek genoem het.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Keuse tussen Nikons

Post by Hein M. »

Willem

Vir die plank sal ek 'n x42 vir die voorste verkies (persoonlik).  Jy gaan mos in die dag skiet.  Dan kan jy hom laer "mount" vir beter wangdruk op die kolfkam...  Hoekom daardie VREESLIKE vergroting?  Vir alle praktiese doeleindes is x12 meer as voldoende.  Behalwe as jou naam Piet Breedt is :))

http://www.safariandoutdoor.co.za/item/ ... f_mill_dot

Die prys is ook baie mooi!

Hein
Last edited by Hein M. on Sun Jan 22, 2012 6:58 pm, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
ablm468

Re: Keuse tussen Nikons

Post by ablm468 »

Wlm

Ek het ook 'n 6-24x50 |Nikon op my plankgeweer en moet s? ek is baie impressed met hom. My keuse het geval op die BDc nadat ek op youtube gesien het heo hulle hom gebruik. Die hele idee agter die BDc reticle is dat dit werk soo peepsights. Jou oog het die vermo? om baie beter te sentreer op 'n teiken as om 'n kruishaar te gebruik.  Kyk maar na die manne wat oop visier bisley skiet hulle gebruik ook net peepsights.

Daar is baie om telees op beide Nikon se webwerf sowel as op youtube oor die BDC. Ek sluit hier 'n link na die youtube webwerf en ook 'n foto van 'n 11mm grope wat ek op 100m geskiet het op die eerste probeerslag met my scope en 155gr match noslers.

http://www.youtube.com/watch?v=Q08-pyEoNzU

[img width=560 height=420]http://i1111.photobucket.com/albums/h46 ... ng2411.jpg[/img]

Hoop nie ek upset jou applecart nie maar die bdc werk uitstekend vir my.

Groetnis
Hansman
Last edited by ablm468 on Sun Jan 22, 2012 7:16 pm, edited 1 time in total.
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Keuse tussen Nikons

Post by wlm »

Hansman
Ek het gedink die "ringetjies" sal potensieel minder akkuraat wees as die fyn kruishaar. Hoe dik is die kruis haar van die BDC-kruishaar.
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Keuse tussen Nikons

Post by wlm »

Hein
Hoe beter ek sien hoe beter skiet ek. Die kolf gaan ek verander dat die kam hoog genoeg is om stewige wangkontak te verseker. Die jakkals-teiken is maar klein op 300m!
Last edited by wlm on Sun Jan 22, 2012 8:06 pm, edited 1 time in total.
ablm468

Re: Keuse tussen Nikons

Post by ablm468 »

Wlm

Ek het ook aanvanklik gedink die dikker kruishaar van die BDc gaan my pla maar het gou agter gekom dat die bdc kruishaar baie goed werk aangesien jy nie die teiken toemaak met 'n kruishaar nie maar eerdeer deur die sirkeltjie van die bdc kruishaar kyk en dan die sirkeltjie presies sentreer op die teiken soos die bisley skuts en die boogskuts dit doen.

Nikon gee ook gratis sagteware op hulle webwerf waar mens die presiese trajek en m,ikpunt van jou koel kan bepaal op die bdc kruishaar.

Besoek gerus die volgende link: http://www.nikonhunting.com/spoton

Ek probeer jou nie oortuig nie, lig slegs my opinie.

MKy volgende scope sal weer 'n bdc reticle wees, ek dink die punt is as mens nog nie met een geskiet het nie lyk dit vreemd maar in praktyk werk dit baie goed.

As jy in die Oosrand omgewing is pm my, ek skiet gewoonlik op 'n Vrydag middag of Saterdag oggend, jy is welkom om saam te kom enself te kom skiet met my roer en dan 'n ingeligte besluit te maak.

Groetnis

Hansman
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Keuse tussen Nikons

Post by wlm »

Hansman
Dankie vir die aanbod. Dit sou baie lekker wees. Williston is ongelukkig bietjie ver. Bring liewer jou roer en dan skiet ons 'n springbok.  :)
Dankie vir die raad. Ek sal moeite doen om deur DBC-Nikon te kyk, voor ek koop.
Willem
ablm468

Re: Keuse tussen Nikons

Post by ablm468 »

Wlm

Plesier ek sal graag nog wil springbokke skiet, jag maar altyd hier in die bosveld, maar Williston is soos jy s? wyd. Aai tog as ek ma net ryk was

Groetnis

Hansman
jl1904
Full Member
Full Member
Posts: 108
Joined: Mon Jan 02, 2012 1:13 pm

Re: Keuse tussen Nikons

Post by jl1904 »

Naand Wlm,

My keuse sou die 6-24 wees met target (dun) reticle in Monarch formaat.

Eestens is dit 'n scope wat jy wil gebruik oor lang afstande, oor lang afstande word teikens klein en dus wil jy he jou reticle moet so min van die teiken toemaak as moontlik en jy jou mikpunt presies kan kies.

Ek verkies die 24x bo die 32x omdat dit klaar moeilik genoeg is om daai reticle op 24x stil te hou selfs oor "n sandsak en neem in ag dat mens jou scope op die grootste vergroting inskiet.

My raad sal wees om altwee te probeer toets en soveel inligting insamel as wat jy kan en dan die een te kies waarmee jy die gemaklikste voel.

Johan
Gamo CFX, .22 Brno, .223 CZ 527, .243 Howa varmint, 6.5x55 Swede, 30-06 Brno, 300WSM Howa, 303 BSA Nr1 Mk3, 375 H&H , CZ 712 semi auto 12br, Marlin 45-70, 9mm Para CZ
User avatar
Tim - Karoo
Newbie
Newbie
Posts: 10
Joined: Tue Jun 22, 2010 3:06 pm

Re: Keuse tussen Nikons

Post by Tim - Karoo »

Hansman

Hoe vind jy die Nicon se BDC reticle in die nag. Ek will vir my een aanskaf (vir 'n .223) maar ek wil nie gekortwiek word as ek na 'n jakkals of 'n kat skiet in die nag nie. Ek is baie impressed met die BDC video clip. Al wat my maak huiwer is sy toepassing in die donker.

Ek hoor graag.

Tim
Post Reply