Die jakkals jag gogga byt hard!!!

Post Reply
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Die jakkals jag gogga byt hard!!!

Post by marno »

Jho ek dink nie mens kan ooit genoeg kry van jakkals en rooikat jag nie!!  Snaaks hoe mens vinnig jou goed op bou. 

So 4 maande terug het ek niks jakkals jag toerusting gehad nie.  Ons het altyd sommer met die 303 rond gery toe ons klein was en sommer so met die spotlight die jakke geskiet wat ons sien.  Maar ons het bitter min gekry.  Toe kry ons 'n cd en kap so paar.

Nou ja toe ek jaracal ontdek het dinge verander en het ek goedjies begin bymekaar maak. 

22-250
Terminator silencer
Foxpro
Lightforce scope mount lig
Henk Ellis dimmer
Sniper soek lig
Nordik Predator call fluitjie
Catnip fluitjie
Sommer so skietstoel wat ons op die plaas gemaak het
Herlaai toerusting
NB NB!!! Bietjie kennis opgedoen en inligting gekry voor ek in die veld gaan roep het die eerste keer.


MAAR kom ek se julle ek het net gesien as mens die jakke wil skiet moet mens die regte toerusting he.

Voor ek al die goed gehad het, het ek seker 10 jakke in 10 jaar geskiet.

Vandat ek my toerusting gekry het in September het ek darem so 23 jakkies en 2 katte kon om dop tot einde Desember.  Dit is nou nie groot getalle nie en kan ook nie vergelyk met julle gesoute jak jagters nie, maar dis darem paar skaap stelers minder.  Vandat ek by my pa hulle die jakke bietjie geklop het, is daar gelukkig nog nie weer gevang nie, tot daar nuwes intrek, maar nou kan ek hulle darem bietjie onder beheer hou. 

Wat ek die meeste geniet is dat mens elke keer iets leer as mens uit gaan in die veld.  Dink nie mens kan OOIT ophou leer nie.

Groot les wat van die manne my geleer het as mens paar aande uitgaan sonder om iets te kry leer mens nogsteeds en mens moenie moed verloor nie.  Dinge draai baie vinnig.  Dit het ek gesien.

Slotsom is ek dink ek is verslaaf!!

Lekker jag manne!!!
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
User avatar
Francois Hugo
Full Member
Full Member
Posts: 154
Joined: Wed Jun 16, 2010 11:59 am

Re: Die jakkals jag gogga byt hard!!!

Post by Francois Hugo »

Marno,

Meer kan ek nie met jou saam stem nie!!!

Vir die proffesionele manne maak 'n man net die dinge moeilik as jyself wat dit 'part time" doen soos 'n willewragtig die bosse invaar en alles probeer opneuk sonder om eers die kat (die geval Jakkalse) mooi uit die boom te kyk en die regte toerusting te kry nie!!!

Ek sien maar ook hier in die Namakwaland die selfde dinge om my skoonpa se plasie gebeur en dit maak dit net meer moeilik om die ongediertes op 'n ge-ordende manier te beheer.

Die regte toerusting en tyd op die forum  en twee kursusse, het my sukses ook redelik opgejaag.

Die feit bly staan jy kan alles "fensie" kry maar as jy nie tyd in die veld deurbring nie en dit op die regte manier aanpak nie, jy meer kwaad doen as goed doen. (dink ek in elke geval.)

Ek dra weer graag my dankie oor aan al die manne op die forum wat so maklik duur verkrygde inligting met ons ander deel sonder om eens twee maal te dink!!! Dit word waardeer!!!!

Dankie nogmaals manne van nog 'n verslaafde

PS Ek hoop nie hulle vind 'n kuur vir die verslawing nie!!!!
Dooie Jakkalse doen nie kwaad nie!!!!
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: Die jakkals jag gogga byt hard!!!

Post by marno »

Aitsa! Mooi gestel da!

Ja jong wys watse great ouens op die groep is om mens te help.
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: Die jakkals jag gogga byt hard!!!

Post by Ian »

Beste Marno

'n Pel van my wat al die groot vyf geskiet het skakel my eendag en vra of ek hom nie kan neem om 'n jakkals of 2 te gaan skiet. Hy het nog nooit 'n jakkals geskiet . Ons is die aand uit en ek het hom mooi gewys hoe werk alles en hoe die jakkalse gaan reageer. Ek het die box aangesit met 'n jakkals roep en hulle het onmiddelik geantwoord en nie lank kom daar 2 in met 'n spoed en die een gaan staan op 'n miershoop en hy plant hom. Net regs van hom steek die ander een ook vas en die val ook. Leon draai uitasem om na my toe en se dat dit lekkerder is as buffeljag. Hy se dat sy adrinalien die hoogte ingeskiet het toe die 2 van ver af inkom. Jy weet as 'n grootwildjagter dit se dan is dit blerrie lekker.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4600
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Die jakkals jag gogga byt hard!!!

Post by James Wilson »

lekke Iaan!!!!
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: Die jakkals jag gogga byt hard!!!

Post by marno »

Ian wrote: Beste Marno

'n Pel van my wat al die groot vyf geskiet het skakel my eendag en vra of ek hom nie kan neem om 'n jakkals of 2 te gaan skiet. Hy het nog nooit 'n jakkals geskiet . Ons is die aand uit en ek het hom mooi gewys hoe werk alles en hoe die jakkalse gaan reageer. Ek het die box aangesit met 'n jakkals roep en hulle het onmiddelik geantwoord en nie lank kom daar 2 in met 'n spoed en die een gaan staan op 'n miershoop en hy plant hom. Net regs van hom steek die ander een ook vas en die val ook. Leon draai uitasem om na my toe en se dat dit lekkerder is as buffeljag. Hy se dat sy adrinalien die hoogte ingeskiet het toe die 2 van ver af inkom. Jy weet as 'n grootwildjagter dit se dan is dit blerrie lekker.
Hahahahaha Ou Ian! Kyk ek het nog nie groot 5 geskiet nie, maar wragties waar my hart klop elke keer kwaai as die jakke inkom! Dit bly 'n lekker adrenalien rush!
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
fiela

Re: Die jakkals jag gogga byt hard!!!

Post by fiela »

Marno,

ek skiet nie profesineel nie. Skiet net by my, die bure en nou en dan verder in die distrik. Ek het so 10jaar terug begin met die roep en skiet. EK leer nou nog!! Elke keer as daai groot rooi oe ingalop, klop my hart net soos die eerste keer.

Geniet dit en deel als! Deel die doodskote, misskote, kwesskote en sommer n gewone storie.

Lekker aand.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Die jakkals jag gogga byt hard!!!

Post by Pvdw »

Marno die is 'n siekte waarvoor ek nie medikasie soek nie!!!

Net so lekker vir my is om dit saam met die laaities te doen. Hulle skiet meer as ek mar hulle maak my trots 8) 8) Hulle is immers die volgende jak jag geslag.

'n Ander ding wat my opgeval het is al die dinge in die natuur wat ek nou optel omdat ek in die nag rondloop. Diere soos tierboskat en steenbokkies het ek maar

min van gesien voor ek jakke begin skiet het.

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: Die jakkals jag gogga byt hard!!!

Post by marno »

fiela wrote: Elke keer as daai groot rooi oe ingalop, klop my hart net soos die eerste keer.
Ditsem Fiela!!! Ek kan nie dink dat mens se hart ooit ophou klop as daai oge inkom nie.
En wat ek nooit sal vergeet nie, weet nie of dit weer sal gebeur nie, maar nou in Des toe ek deur die scope kyk en 5 kom gelyk in.  JHO!!! My hart!!!
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Die jakkals jag gogga byt hard!!!

Post by Dawid »

Marno,

Om die waarheid tese my hele budget het alreeds vir n "loop" gegaan. So by so dat my kinders my al met "grinne" aankyk...ekt altyd gedink hulle glimlag net maar toe kom ek agter dis hongerpyne. Nou begin ek al dink hoe gaan jakkalssteaks proe.. :laugh: :laugh:
Eks nog lank noggie by skiet uitgekom nie en is ook verslaaf.....een geluk en kannie maklik tronktoe gaan agv daai verslawing nie... ;D ;D
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: Die jakkals jag gogga byt hard!!!

Post by marno »

Hahahahahahahaha Dawid!!!

Nou het ek lekker gelag man!! LOL!!
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
fiela

Re: Die jakkals jag gogga byt hard!!!

Post by fiela »

Marno, ja die tyd is lekker. Ek skiet amper meer jonges net met rondry as wat ek partykeer inroep.

Ek het toevallig so rukkie terug n groot reun met my nuwe spitfire geskiet. So twee weke later skiet ek vier jonges nogal naby mekaar.
Die teef is net op die oomblik te slim vir my. Sal ha nog kry!
Post Reply