Hoe gemaak met slim RooiKat
- Foxhound
- Sr. Member

- Posts: 284
- Joined: Wed Jul 15, 2009 11:32 am
Hoe gemaak met slim RooiKat
Goeie naand
Wil net n bikkie raad vra i.v.m 'n Kat by 1 van my klante hier in die Bloemfontein omgewing?
Die klant het selffoonverklikkers aan van sy ooie ,met die gevolg lui hierdie aparaat hom op sy selfoon elke keer as die skape onrustig raak, vir die afgelope 2 weke het kat se kind klokslag rondom 4h kom amok saai onder die ooitjies,,die klant het my laaasweek gekontak om hom te kom help met sy beslommernis, nou my vraag aan juule kenners is ,hoe gemaak met hierdie kat???
die area wat hy vang is op n spilpunt met mielie stoppels, ongelukkig is dit effens droog en die stowwerige fyn grond maak die volg van n spoor baie moeilik om op te loop om die rigting waaruit hy vandaan kom te kry?
Ek was dus al 3 aande daar vanaf omtrent 12h in die aand,het die eerste keer net lammetjie geroep teen 3h-4h se kant maar nix het ingekom nie,het die voertuig goed gekamofleer ens.
Die volgende aand het ek eers lammetjie en toe springhaas geroep maar sonder enige sukses met rooikat, het slegs n groot blourug reun en teef geskiet,Reun weeg 12.7kg teef is maar gesoog en het die skaal op so 8.1kg getrek
moet net byse dat die jakkalse kon ek nie los nie want hulle het tussen deur die ooie deurgekom en hulle toe begin rondjaag
Aand nommer 3 het ek nix geroep nie en wou wag dat kat sy verkyning maak maar het nie opgedaag nie,het dus nognie tyd gehad om n spoor te gaan vat vanaf vars vangs in kamp met spoorhonde nie maar dit gaan my volgende aksie wees????
So manne HELP asb????
Groete hier uit Bloemies

You miss 100% of the shots you don't take...!!!
-
tafjak
Re: Hoe gemaak met slim RooiKat
Foxie
Wat is die tendens? Vang hulle elke nag of hoe. Hoe word gevreet? As binnegoed nog binne is, is dit kat, as binnegoed weg is, is dit die twee jakkalse wat jy reeds geskiet het. Word daar nog gevang?
Dit is net slimjakkalse wat hulle soos kat kan vermom. As daar nog 'n kat is gaan roep vroegaand(voor nege) so vir 30min 'n springhaas( no. 5) en ry so paar draaie om land en sorg dat jy so 2ure later weer terug is. As die kat in gekom het sal jy hom sommer sien of dan kan jy verder met die springhaas op die lug klim.
Voorspoed.
Wat is die tendens? Vang hulle elke nag of hoe. Hoe word gevreet? As binnegoed nog binne is, is dit kat, as binnegoed weg is, is dit die twee jakkalse wat jy reeds geskiet het. Word daar nog gevang?
Dit is net slimjakkalse wat hulle soos kat kan vermom. As daar nog 'n kat is gaan roep vroegaand(voor nege) so vir 30min 'n springhaas( no. 5) en ry so paar draaie om land en sorg dat jy so 2ure later weer terug is. As die kat in gekom het sal jy hom sommer sien of dan kan jy verder met die springhaas op die lug klim.
Voorspoed.
- Foxhound
- Sr. Member

- Posts: 284
- Joined: Wed Jul 15, 2009 11:32 am
Re: Hoe gemaak met slim RooiKat
hallo taf
Die tendens is dat nedie boude en soms die "briscuit" gevreet word,maar dis al, vang party aande 2keer in n ry en slaan dan soms n aand oor, alhoewel hy n aand oorslaan word die skape nogsteeds verwoed rondgejaag en lui die verklikker die klant se selfoon omtrent 15-18 per salg wat skape onrustig is, die klant het al gery om te gaan kyk of hy nie die skelm sien sodra foon gelui het nie maar net met die teleurstelling dat hy slwgs die skape in 3-4 troppies sien staan wat erg verskrik en verjaag is
Hoop dit kan jou mmer insig oor die saak verskaf?

Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: Hoe gemaak met slim RooiKat
Foxhound jammer dat ek nou van die punt af is maar ek sien tot die skape gebruik nou al die selfoon tegnologie om die baas te bel as dinge nie pluis is in die kraal nie. "Call a friend..." dit is nou 'n bakgat plan daai.
Ek hoop regtig sir taffie en die ander experts kan vir ons die regte doepa hier bery om die kietsie finaal op sy plek te sit. Ek dink jy moet jouself gereed kry om elke aand langs daai skaaptrop uit te kamp, iewer moet daai kat weer honger word. Kry somaar die boer se selfoon in die hande dat die skape jou direk wakker bel as hulle onrustig word. Dan kan jy bekostig om 'n uiltjie te knip terwyl jy vir hom wag...

SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
- katjak
- Full Member

- Posts: 246
- Joined: Sat Jan 31, 2009 8:07 pm
Re: Hoe gemaak met slim RooiKat
Foxhound. Ek dink ook jy moet met die selfoon tussen die skaap sit met geen ligte nie. Probeer ook dat al die skaap op een plek slaap vanwaar jy die hele trop en omliggende area kan sien. Gebruik dan slegs die lig waneer die alarm afgaan. Ek is seker jy behoort dan iets te kry. Laat maar as jy sukses het. Sterkte Japie
A genious is someone who shoots at something no one else can see, and hits it.
-
Ambessa
Re: Hoe gemaak met slim RooiKat
Hallo Foxhound
Lyk my daar is redelike groot menere wat hier rondsluip.
Ambessa
...volg ook die saga met groot belangstelling. Laat weet wat het(?) uiteindelik gewerk.Foxhound wrote:...raad vra i.v.m 'n Kat by 1 van my klante hier in die Bloemfontein omgewing?... ...sonder enige sukses met rooikat, het slegs n groot blourug reun en teef geskiet,Reun weeg 12.7kg teef is maar gesoog en het die skaal op so 8.1kg getrek
Lyk my daar is redelike groot menere wat hier rondsluip.
Ambessa
-
Ambessa
Re: Hoe gemaak met slim RooiKat
Hallo Foxhound
Ambessa
Lees ek reg? Die verklikker (selfoontegniek van PL?) maak alarm, maar die roofdier (rjakkals of rkat?) vang nog steeds redelik gereeld oor 'n lang tyd skape? Is dit skaap, groot lammers of kleiner lammers wat gevang word?Foxhound wrote:...die skape nogsteeds verwoed rondgejaag en lui die verklikker die klant se selfoon omtrent 15-18 per salg wat skape onrustig is, die klant het al gery om te gaan kyk of hy nie die skelm sien sodra foon gelui het nie maar net met die teleurstelling dat hy slwgs die skape in 3-4 troppies sien staan wat erg verskrik en verjaag is
Ambessa
- Foxhound
- Sr. Member

- Posts: 284
- Joined: Wed Jul 15, 2009 11:32 am
Goeie Nuus
goeie nuus
ja daardie toestelle word aan 2 of 3 van die skape in die trop om sy nek met n band vasgemaak, dan as die skape onrustig word lui die toestel jou op jou foon om jou in kennis te stel van ongeruimthede by jou skape, die manne het dit begin gebruik in ons omgewing omrede die 2 been jakkies met effens donkerder velle vreeslik aan die roer is.....
En dan die goeie nuus!!!!!!! :o
Ek het die 2 kwaad doeners by my klient toe vasgele en uitoorle!!!
Kwart oor 4 in die oggend met 'n lammetjie roep aan die voet van die randjie waar die spore vandaan gekom het nadat ek dit 1 oggend met my 3 wire haire terriers spoorgesny het,moet se as ek geweet het dis sulke kneuwels sou ek vir daai soldate van my moes Body-armour aansit,,hahaha
na sowat 3min se roep gewaar ek 2 skelm ogies loodreg van my in n wind-op rigting aan die voet van die randjie, speel lammetjie toe weer vir omtrent 40 s en toe kom die eerste 1 soos n vuurpuil op die roepertjie afgestorm, so... dat ek hom 10 tree van die roeper in die hardloop geskiet het,die man het die skaal op 18.7kg getrek
http://i767.photobucket.com/albums/xx316/Thabs_bucket/05102009215.jpg

ek het toe vir ongeveer 10min doodstil gesit en weer saggies lammetjie begin speel,slegs vir so 45sekondes met n ruspose van 2-3 min, na ongeveer 20min kom nog n oog vanuit selfde rigting en identifiseer ek nog n kneuwel..... Met die gevolg is dat ek vir wyfie so 50m vanaf manlief na die plek met die baie katte gestuur het
O terug te kom wat hierdie 2 gevag het, hul het by die spesifieke boer waar ek hul uitoorle het ,19 jong dorper x vleismerino ooitjies gevang wat nou by ram is vir eerste keer
http://i767.photobucket.com/albums/xx316/Thabs_bucket/06102009220.jpg
http://i767.photobucket.com/albums/xx316/Thabs_bucket/DSC00086.jpg

Last edited by Foxhound on Fri Oct 09, 2009 7:32 am, edited 1 time in total.
You miss 100% of the shots you don't take...!!!
- WillJak
- Hero Member

- Posts: 718
- Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm
Re: Hoe gemaak met slim RooiKat
Mooi man, wel gedaan!! Ek is seker die boer het net so groot glimlag op sy gesig soos jy!!
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: Hoe gemaak met slim RooiKat
Foxhound
Mooi katters daai, ek's skoon jaloers op daai 18.7kg meneer.

- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Hoe gemaak met slim RooiKat
DIS MOOI DIS BAIE MOOI...
DIE RAAM WAT JULLE GEBRUIK OM VAN AF TE JAG.... DIS MOOI OM TE SIEN, DIT LYK AMPER SOOS TERMINATOR SE OU RAAM EN STOEL .
AL WAT EK NIE VAN HOU NIE IS DIE BOLS DOOS (BOX)OP DIE LORRIE, MAAR DIT GEBRUIK JY SEKER OM JOU LIGTE IN TE BERE (GRAPPIE HOOR)
EN DIE KATTE IS OOK MOOI,
IN DIE JAKKALS JAGTER SE DAGBOEK STAAN SUCCESS IS THE ONLY OPTION (AS JY GEDULD HET)
GOED GEDOEN MANNE
DOEN SO VOORT.
JB

Shoot straight and tell the truth!
-
tafjak
Re: Hoe gemaak met slim RooiKat
Dawie
Pragtige katte. SW laat weet my in die oggend ure vanm?re dat hy die jongspan geskiet het en klink so bietjie afgehaal omdat hy die vreeslike rekening vir die klient moet gee. Ek vra hom ook of hy so maand of 2 gelede nog kan onthou hoeveel tewe hy geskiet het wat soog en dadelik is hy toe nie meer beswaard oor die vetterige faktuur nie.
Heinrich het my geleer dat jagters hulself bankrot skiet in die winter maar tog so bietjie vergoed word in die somer.
Die gewig maak nie die prys(R700) meer as kleintjie nie.ek's skoon jaloers op daai 18.7kg meneer.
Heinrich het my geleer dat jagters hulself bankrot skiet in die winter maar tog so bietjie vergoed word in die somer.
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: Hoe gemaak met slim RooiKat
Taffie

Dawie
Aaaaah smaak jy's ook self bietjie jaloerstafjak wrote: Die gewig maak nie die prys(R700) meer as kleintjie nie.
Dawie
- Freddie101
- Hero Member

- Posts: 1385
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am
- Foxhound
- Sr. Member

- Posts: 284
- Joined: Wed Jul 15, 2009 11:32 am
Re: Hoe gemaak met slim RooiKat
Jap dit is Terminator se ou raam, my stoel se as het afgebreek en nog nie tyd gekry om dit behoorlik reg te maak nie, die paaie hier rond is nie baie "toerusting-vriendelik" nie
Wil net by julle hoor, ek het vrydagaand nog n mannetjie kat ongeveer 150m geskiet vanwaar ek hierdie kneuwels gekry het, hoe werk die teritorialiteit van katte en kan iemand my dallk bikki meer inligting verskaf rondom dit, dit was vir my baie ongewoon om 2 volwasse mannetjies so naby mekaar te kon skiet
Groete
Foxhound
Wil net by julle hoor, ek het vrydagaand nog n mannetjie kat ongeveer 150m geskiet vanwaar ek hierdie kneuwels gekry het, hoe werk die teritorialiteit van katte en kan iemand my dallk bikki meer inligting verskaf rondom dit, dit was vir my baie ongewoon om 2 volwasse mannetjies so naby mekaar te kon skiet
Groete
Foxhound
You miss 100% of the shots you don't take...!!!
-
Ambessa
Re: Hoe gemaak met slim RooiKat
Hallo Foxhound
Ambessa
...net "hier rond" of oralste in groot dele van die land?Foxhound wrote:...my stoel se as het afgebreek en nog nie tyd gekry om dit behoorlik reg te maak nie, die paaie hier rond is nie baie "toerusting-vriendelik" nie
Ambessa
- WillJak
- Hero Member

- Posts: 718
- Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm
Re: Hoe gemaak met slim RooiKat
Ambessa, ek weet nie van orals in die land nie, maar hier by ons ook rond is die paaie en plaaspaaie nie baie toerusting vriendelik nie - die ouens reken dat die vrouens hier 'n proses van evolusie deurgegaan het en sowat 3l meer vrugwater ontwikkel tydens swangerskappe as die gemiddeld - om te kompenseer vir die bakkie se gestamp op die sinkplaat paaie....