Skade in die Steenkamps Berge

Post Reply
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Skade in die Steenkamps Berge

Post by Gerhard »

Ek het die naweek weer n draai gaan maak op die plaas in die Steenkamps berge.

Nie om te jag nie maar die keer om bietjie tyd saam met my dogtertjie op die plaas te spandeer.

Die buurman se huis is nie ver weg van ons af nie en hy ken my al van dat ek 5 of 6 jaar oud is.

Ek het vir Oom Hannes ook al n hele klomp jakkalse ge oes oor die jare.

Saterdag oggend bel hy my en vra ek moet asb gou draai kom maak en kom kyk hy het groot skade gehaad deur die nag.

(Vrydag middag en aand was swaar weer en reen gewees)

Hy het n klompie perde op die plaas en een van die jong vulletjies het baie mak geword en sy klein kinders was baie lief gewees vir die vulletjie.

Die vul was al redelik groot (blesbok of bietjie groter) en hy wou hom Vrydag uit die kamp jaag maar hy wou nie deur die kamp helk gaan nie.

Die is wat hy my toe vat om te gaan kyk...

[img width=560 height=420]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 060767.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 060768.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 060769.jpg[/img]

Byt merke aan die keel...

[img width=560 height=420]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... LmpwZw.jpg[/img]

Die byt merke is baie breer as wat n jakkals se e dit toe laat.  

Binne goed is uit getrek en rond gesleep

[img width=560 height=420]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 060776.jpg[/img]

Hier kan gesien word waar die jakkalse beweeg het.

[img width=360 height=480]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 060777.jpg[/img]

Die vul moes gele en slaap het toe hy gevang is.

Die enigste roof dier in die omgewing wat in staat is om die vul te kon vang is n Bruin Hyena.

Daar is en was nog nooit luiperd gesien bo in die berge nie en die vreet aan die karkas lyk nie soos n kat se manier van vreet nie.

Die jakkalse het wel ook baie gevreet deur die nag aan die karkas.

Ek hoor graag wat julle dink...
Last edited by Gerhard on Mon Jan 09, 2012 10:58 am, edited 1 time in total.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: Steenkamps Berge

Post by Ian »

Gerhard

My siening is ook Bruin Hyena. Die vel wat afgeskeur is en die ribbes wat geeet is wys dat dit nie jakkalse kon wees nie. Die slegte nuus is as dit een was is daar nog tussen 10 tot 15. Die feit dat die hartslag nog daar is se vir my dat dit nie jakkalse was nie. Verseker nie 'n luiperd nie want hulle eet gewoonlik eerste die boud of blad. Die jakkalse het wel later kom eet maar hulle is nie die sondebokke nie. Het jy dalk die bytmerke gemeet?

Groete
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Steenkamps Berge

Post by Gerhard »

Ek het ongelukkig nie die byt merke gemeet nie Ian.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: Steenkamps Berge

Post by Ian »

Ek weet waar is jy die naweek wat kom.

Sterkte
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Steenkamps Berge

Post by Gerhard »

Ian wrote:
Ek weet waar is jy die naweek wat kom.

Sterkte
Nee Ian,

Ek kan dit ongelukkig nie bekostig om nou weer af te ry nie. Al sou ek graag wou.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Dawie D
Hero Member
Hero Member
Posts: 548
Joined: Tue Sep 01, 2009 7:52 pm

Re: Skade in die Steenkamps Berge

Post by Dawie D »

Gerhard

Bruin hyena is dit nie. Hy sou duidelik aan die kop gevang het en die skedel been sou gebreek of gekraak gewees het.
Die merke aan die nek lyk volgens die foto meer na krap merke as byt merke so ek dink dis een van daai 25kg rooikatte se werk daai.

Dis maar wat ek kan aflei van jou foto en beskrywing

Dawie
As ek jou sien gaan jy val
User avatar
Kallie404
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 424
Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm

Re: Skade in die Steenkamps Berge

Post by Kallie404 »

Hello Gerhard

Jammer maar so n bietjie van die punt af, praat jy van oom Hannes Botha dalk ??? As dit hy is ,sout van die aarde  mense daai. Ek het my eerste vaalribbok en oorbietjie by hom gejag in 2000. Laas jaar het ek weer n monster vlakvark by sy broer gejag naby Burgersfort. Groete
404 Jeffery
500 NE Merkel
30.06 BRNO
30.30 L/A Marlin
.222 Sako
.12 Boor Berretta
.12 Boor Miroku
40 S&W Glock
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Skade in die Steenkamps Berge

Post by Geno »

Daai wat die ribbekas met vel- en al skoongevreet is lyk vir my ook na rooikat se werk.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Skade in die Steenkamps Berge

Post by BLOK »

Manne ek wil amper se dit is n luiperd wat hierdie skade aangerig het, as mens kyk hoe diep en wyd die bytmerke op die nek is is dit redelik wyd en baie diep amper te vir n rooikat, daai ribbe bene wat so op die punte gekou is is ook wat ek verstaan tipies van luiperds in die kalahari haina sou nie die punte alleen afgekou het nie maar groter stukke afgebyt het ook die vel wat nie geeet is nie en die derms wat nie geeet is nie. Ek wonder net was daar nie krapmerke ook aan die perd nie.

Maar my twee sente, ek weet nie waar Steenkamps berge is en of daar luiperds in die onmiddelike omgewing is nie, maar ons moet onthou dat vandag daar min plekke oor die land is waar die manne nie rond beweeg nie. Nie lank terug nie het hulle baie skade in Potch om mooirivier aangerig en ek het al een aan die agterkant van Krugersdorp se wildtuin gekry tussen die plotte. Hulle het n vermoe om oral aan te pas.

Sal graag wil hoor wat se die luiperd kenners.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Dawie D
Hero Member
Hero Member
Posts: 548
Joined: Tue Sep 01, 2009 7:52 pm

Re: Skade in die Steenkamps Berge

Post by Dawie D »

Manne

Moenie rondloper honde weggooi nie. Hulle kan ook n aandeel hier he. Daai gevreetery was morsig
As ek jou sien gaan jy val
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Skade in die Steenkamps Berge

Post by BLOK »

Dawie, Waar wat jy se maar ek dink tog die oorspronklike was n luiperd en dat die morsigheid maar agterna plaasgevind het deur jakkalse of honde.

Soos ek se eks glad nie n ekspirt en sou laaik as die luiperd jagters dalk kan inset gee.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Skade in die Steenkamps Berge

Post by Gerhard »

Die boer is al op die grond van die vroee 70's.

Hy en sy mense is elke dag op die plaas doenig en het nog nooit in die tyd luiperd gesien of luiperd skade gehaad nie. Selfde met rooikat waar n paar maande die eerste een gesien is op n buur plaas in n baie lang tyd.

Hy verdra ook nie honde op sy plaas nie agv sy skape en het ook nie skade gehaad die laaste paar jaar agv honde nie.

Daar is wel jakkalse en BH wat daar voor kom.

Onthou BH loop n baie groot loop gebied veral in daai berge.

Ek self het  BH, maanhaar jakkals, jakkals en tierbos kat in die berge gekry.

Ek s? nie dit is onmoontlik dat dit n luiperd was nie maar wel hoogs onwaarskeinlik.

Mens kan baie sit en spekuleer wat verantwoordelik was vir die vangs.

Maar dit bly wel skade vir die boer en sy familie.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Skade in die Steenkamps Berge

Post by Francois Marais »

Gerhard

Ek dink nie dis Luiperd nie, hy sou die karkas probeer toemaak het, sou ook eerste aan die boude gevreet het, ek dink dis BH, wat doodgebyt het, en miskien bietjie gevreet het, en die Jakkalse het kom veesvier na die tyd.......

My 2c.....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
sakkievanheerden
Full Member
Full Member
Posts: 199
Joined: Wed Jul 14, 2010 8:16 pm

Re: Skade in die Steenkamps Berge

Post by sakkievanheerden »

Gerhard
Sou rooikat nie ook aan die boude gevreet het nie??
Groete
Sakkie
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Skade in die Steenkamps Berge

Post by Gerhard »

Sakkie,

Rooikat sou gevreet het soos FM hier bo geskryf het.

Hier is n foto van n rooibok wat deur rooikat gevreet is

[img width=560 height=394]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... okkill.jpg[/img]
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Post Reply