What is the most favourite game animal to HUNT?
-
Ian
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Jammer vir die engels met die opskrif,
Ek lees 'n ruk terug in die African Outfitter die vraag wat aan 'n paar Beroepsjagters gevra is. Ek neem aan nog voor ek verder lees dat al die Beroepsjagters gaan Buffel, Olifant, Luiperd of die Leeu hulle eerste keuse maak maar tot my vebasing kies almal die Koedoebul. Dit is nou "te voet". Ek dink toe by myself dat 'n Koedoejag ook heel bo'aan my lys is en ek deel graag my jagte met julle.
My eerste Koedoebul, 31 Julie 1986 al 5 dae geloop kom ek op hierdie bul af . Ek skiet hom met 'n 220gr 30-06 op die linkerknop en hy slaan net daar neer. Ons slag hom en merk dat 220gr het die knop mooi vergruis en is deur die linkerblad, die hart en aan die begin van die regerblad tot stilstand gekom. Daardie dae het ons maar vir biltong geskiet en die trofeejag het toe net begin en ek het die horings (54" links, 55"regs) laat stein en gemonteer. Natuurlik baie spyt dat ek hom nooit laat opstop het nie.
Ek hoor graag van julle "wat is jou mees gesogste dier om te jag ? " te voet.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- visstok
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm
Re: What is the most favourite game animal to HUNT?
Goeie naand, vir my is die Rooiribbok, my gunsteling. Dis altyd n uitdaging en daar by ons in Dordrecht maak daai berge jou kla! Die bokke is baie goed gekamofleur en het al gebeur dat ek 30m van die bok verby stap en as ek terug kyk die bok sien staan. Vir my is daar ook geen lekkerder biltong nie! Groete visstok
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: What is the most favourite game animal to HUNT?
Ian
Jis jong, lyk my die manne gaan nie veel s? nie, die ou Koedoebul lyk my het die saak nogal verander in die "Most Wanted" kolom.
Snaaks dat al die buitelanders wat ek hierrond raakloop(Ooskaap) gekom het om 5 of 6 spesies te jag nie veel omgee as hy darem net 'n Koedoe geskiet kry, die res is bysaak.
Mooiloop
Jis jong, lyk my die manne gaan nie veel s? nie, die ou Koedoebul lyk my het die saak nogal verander in die "Most Wanted" kolom.
Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
-
Flip Fouche
- Hero Member

- Posts: 584
- Joined: Mon Nov 29, 2010 5:26 pm
Re: What is the most favourite game animal to HUNT?
Wat van n mooi Springbok ram op n Kalahari sandduin??
Groete
Flip
Groete
Flip
.22 K Hornet Anchuts
204 ruger
.243 AI Savge
.2506 Zastava
6.5 Creedmoor Howa
.308 Musgrave Mod 80
300wsm Savage
12 Boor Maverick Pump Action
204 ruger
.243 AI Savge
.2506 Zastava
6.5 Creedmoor Howa
.308 Musgrave Mod 80
300wsm Savage
12 Boor Maverick Pump Action
-
Ian
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm
Re: What is the most favourite game animal to HUNT?
Visstok, Flip en Tafjak
Ribbokjag is ook hard en lekker, ek het al 'n paar keer daar in Tarkastad hulle gaan jag maar daar is jy verseker van hom. Die Springbokke het ek al in Askam te voet probeer jag maar moet se "hulle was te slim vir my en die sand het my klaar gemaak".
Taffie, dit is seker hoekom hulle hom die Skim van Afrika noem.
Jaar in en jaar uit soek ek weer 'n mooi bul en 16 jaar later skiet ek die 50 duimer. Ek het hom in die kop geskiet met 'n 150gr Game Kingk 30-06, 110meter.
Ribbokjag is ook hard en lekker, ek het al 'n paar keer daar in Tarkastad hulle gaan jag maar daar is jy verseker van hom. Die Springbokke het ek al in Askam te voet probeer jag maar moet se "hulle was te slim vir my en die sand het my klaar gemaak".
Taffie, dit is seker hoekom hulle hom die Skim van Afrika noem.
Jaar in en jaar uit soek ek weer 'n mooi bul en 16 jaar later skiet ek die 50 duimer. Ek het hom in die kop geskiet met 'n 150gr Game Kingk 30-06, 110meter.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Ian
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm
Re: What is the most favourite game animal to HUNT?
Presies 24 uur uitmekaar op die 28 Mei 2002 skiet my broer Johann die 55" bul met die ou staatmaker 7*57. Hy het hom mooi in die middel van die nek geskiet op 'n afstand van 125 meter.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Jaco Alberts
- Full Member

- Posts: 119
- Joined: Tue Sep 13, 2011 7:07 pm
Re: What is the most favourite game animal to HUNT?
Naand almal,
Alle spesies wat ek jag, jaag die adrenalien vlakke lekker op en bly spesiaal. Maar die gemsbok is vir my baie spesiaal. Ek sal dae lank na 'n uitgeslape bul loop en soek, veral as ek sy "nommer "het.
groete
Jaco
Alle spesies wat ek jag, jaag die adrenalien vlakke lekker op en bly spesiaal. Maar die gemsbok is vir my baie spesiaal. Ek sal dae lank na 'n uitgeslape bul loop en soek, veral as ek sy "nommer "het.
groete
Jaco
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Ian
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm
Re: What is the most favourite game animal to HUNT?
In 2003 skiet ek 'n worsbulletjie en in 2004 op die 1 ste Mei skiet ek een van daardie diknek bulle warvan almal droom. 18 jaar se harde werk betaal toe uiteindelik.
Storie is by "Natuur neem 64" Koedoebul"
Storie is by "Natuur neem 64" Koedoebul"
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Ian
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm
Re: What is the most favourite game animal to HUNT?
Jaco
Jy het my nou sommer laat besluit dat ek die jaar weer 'n Gemsie moet gaan soek. Moet se dat hulle nou ook nie maklik op die voete is nie. Weet jy van plekke waar ek Springbok en Gemsie kan gaan skiet? Verkieslik Kalaharie.
Groete
Jy het my nou sommer laat besluit dat ek die jaar weer 'n Gemsie moet gaan soek. Moet se dat hulle nou ook nie maklik op die voete is nie. Weet jy van plekke waar ek Springbok en Gemsie kan gaan skiet? Verkieslik Kalaharie.
Groete
-
Jaco Alberts
- Full Member

- Posts: 119
- Joined: Tue Sep 13, 2011 7:07 pm
Re: What is the most favourite game animal to HUNT?
Ian,
Ek jag feitlik al my gemsbokke in Namibie, Okahandja distrik. Ek het wel vir jou 'n kontak vir springbok en gemsbok in Brey en Vostershoop se wereld. Ek sal vir jou kontakbesonderhede gee, indien jy sou belangstel om in bg. wereld te wil jag, PM my maar.
Dan is daar Molopohunter wat ook op die forum adverteer het, hulle jag ook redelik na aan die kalahari as ek reg verstaan.
groete
Jaco
Ek jag feitlik al my gemsbokke in Namibie, Okahandja distrik. Ek het wel vir jou 'n kontak vir springbok en gemsbok in Brey en Vostershoop se wereld. Ek sal vir jou kontakbesonderhede gee, indien jy sou belangstel om in bg. wereld te wil jag, PM my maar.
Dan is daar Molopohunter wat ook op die forum adverteer het, hulle jag ook redelik na aan die kalahari as ek reg verstaan.
groete
Jaco
- visstok
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm
Re: What is the most favourite game animal to HUNT?
Ek het nog nie koedoe gejag nie, glo dit sal n besonderse jag wees! My uitdaging vir hierdie jaar is n groot takbok ram, kon nog net kleintjies kry. Daai groot ramme se sintuie is ekstra skerp, om een te voet in daai klowe en berge te soek gaan lekker wees! Ver loop, moeg word, moedeloosheid, seur bene en voete, maar dit is mos wat die jag lekker maak, en dan die voorreg om so pragtige dier te kan jag! Groete visstok
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
-
Ian
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm
Re: What is the most favourite game animal to HUNT?
2005 is ek nie so gelukkig nie, 8 dae se harde werk maar die bulle is weer te slim vir my. My vriend Jan Rikus se geluk het gedraai en hy skiet 'n 59 3/8 duimer met die 300 WM. Besondere mooi trofee, merk die diep draaie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Born2Late
- Sr. Member

- Posts: 255
- Joined: Tue Oct 18, 2011 9:38 am
Re: What is the most favourite game animal to HUNT?
Ek is mal oor n rooibok.In die widtuin stop ek by elke troppie wat my nie so gewild maak by die familie nie.N mooi diknek ram laat my hart vinniger klop.Die groot bokke jag ook lekker ,maar n rooibok het n spesiale plekkie in my hart.
Labore Et Diligentia.
With labour and diligence.
With labour and diligence.
-
Ian
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm
Re: What is the most favourite game animal to HUNT?
In 2006 skiet ek twee worsbulletjies van een draai net vir lekker vleis. Nou nie iets oor om huistoe te skryf.
Op die 11 Mei 2007 stap ek windaf om windop te kan werk. Kom tot by wildsheining en en loop teen die heining vir 300 meter en sien 'n dier so 500 verder. Ek kyk deur die teleskoop en sien dit is 'n bul. Soos murphy dit wil he sien ek dat hy na my toe loop en ek gaan le plat op my maag met die geweer oor my rugsak. Nou is hy so 400 meter en kom rustig teen die heining aangestap. Op so 150 meter besef ek dat hy nie van my weet nie en dat ek hom sal moet briek op 'n manier. Ek dink toe onmiddelik aan kiss of death en op 110 meter roep ek een keer kiss of death. Hy steek onmiddelik vas en hy lig sy neus hoog in die lug en ek sien sy nostrels gaan groot oop om te probeer ruik wat nou hier in die pad le. Ek plaas die kruishaar aan die onderkant van die V en trek die sneller.

Beer (Christo)
- Hero Member

- Posts: 1150
- Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm
Re: What is the most favourite game animal to HUNT?
Die 'arm man se buffel' (blouwildebees) is vir my ook 'n gunsteling.
Jy weet as jy die sneller trek, moet jou skootplasing reg wees. Indien nie, gaan jy uitvind of jy goeie kwaliteit stapskoene het

- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5023
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: What is the most favourite game animal to HUNT?
Dit is nou 'n moelike een en ek dink dit hang bitter af waar jy die bok gaan skiet ook.
Ek sal wat wil gee om weer rooiribbok suid oos van Aliwal noord te gaan skiet in daardie berge.
Eland bul in die mopanies.
Koedoe bul in goeie berg wereld soos waterberg en soutpansberg.
Gemsbok in die kalahari asook springbok
En so kan ek nog bysit
Maar ek moet se ek hou nie blesbok jag nie maak nie saak waar nie.
Op die oomblik is bosbok nogsteeds my gunstelling met die kleinwild.

.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
-
Ian
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm
Re: What is the most favourite game animal to HUNT?
Op 14 Junie 2008 het ek die oggend 'n sessie gewerk met geen sukses en die middag by 14h30 is ek weer in die veld. Hier by 17h00 is ek moeg geloop en ek gaan sit onder 'n boom en eet 'n naartjie. Seker so 5 minute gesit en ek gewaar horings wat blink deur die takke. Die bul loop rustig deur die bos van links na regs en gaan staan in 'n oopte en kyk weg van my so 80 meter. Ek is toe alreeds op my mikstokke en plaas die kruishaar waar die nek en kop bymekaar kom en die 200 gr Game King haal sy lewe uit hom uit. Ek besef toe dat dit darem die skim van die diere is en hoe bevoorreg 'n mens kan wees om hom te kan jag.
In 2011 is ons vier jagters wat die Waterberge daar by Tolwe werk maar ons het geen sukses gehad. Wys jou maar net hoe slim hierdie diere is.
In 2011 is ons vier jagters wat die Waterberge daar by Tolwe werk maar ons het geen sukses gehad. Wys jou maar net hoe slim hierdie diere is.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Ian
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm
Re: What is the most favourite game animal to HUNT?
Beer
Ek moet met jou saamstem dat die bl wildebees seker een van die taaiste diere is as jy hom verkeerd skiet. Het hulle al geoes en moet se hy bring jou gou terug aarde toe.
Frederik
Soos die een beroepsjagter se, hang alles af van waar in die wereld jy jag. Om 'n Lord Derby Eland in die DRC te gaan jag is seker een van my grootste drome maar 'n mens moet ook besef dat daar net 'n paar permitte uitgeryk word en dat dit blerrie duur is. Gelukkig verskil almal se smaak want anders was daar nie Koedoe's vir my om te jag nie maar hy bly vir my persoonlik nommer 1.

Last edited by Ian on Tue Jan 10, 2012 8:13 am, edited 1 time in total.
-
Ian
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm
Re: What is the most favourite game animal to HUNT?
Beer, hier is een vir jou, het hierdie Bl wildebees bekruip tot 160 meter. Hulle was 4 bulle bymekaar en dit was maar moeilik (baie oge). Ek het die 200 gr Game King laag agter die blad ingesit en dit het gelyk of hy gedart is. Hy het so 30m ver gekom en wydsbeen gaan staan met sy neus op die grond. Ek het so 80 meter nader gegaan en gesien dat daar baie bloed uit sy neus kom. Besluit toe om hom gou te verlos met 'n agter die oor skoot. Was ek nou teleurgesteld met hierdie bul se vleis. GroeteBeer wrote: Die 'arm man se buffel' (blouwildebees) is vir my ook 'n gunsteling.
Jy weet as jy die sneller trek, moet jou skootplasing reg wees. Indien nie, gaan jy uitvind of jy goeie kwaliteit stapskoene het
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Beer (Christo)
- Hero Member

- Posts: 1150
- Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm
Re: What is the most favourite game animal to HUNT?
Hi Ian
Mooi bees. Snaaks dat die vleis nie reg was nie. Wonder of dit met widing te doen het. Ek het al myne in meer bosveld gebied geskiet.
Groete
Mooi bees. Snaaks dat die vleis nie reg was nie. Wonder of dit met widing te doen het. Ek het al myne in meer bosveld gebied geskiet.
Groete
-
Ian
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm
Re: What is the most favourite game animal to HUNT?
Beste Beer
As jy na die veld kyk se dit baie. Dit was daar in Lichtenburg se klipveld en ek sal nooit weer 'n Bl willdebees daar skiet nie want die weiding het verseker 'n aandeel daar in. Die bloues in die bosveld het heeltemal 'n anderste smaak (dag en nag verskil). Groete

Vlakvark
- Hero Member

- Posts: 2325
- Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am
Re: What is the most favourite game animal to HUNT?
Ian
Ek het n Bl wildebees Tussen Brits en Thaba geskiet in 1992 Daai vleis net so vir my tuinboukundige gegee.
Hy was baie tevrede met die baas maar ek was nie gelukig nie hoe se hulle Sh## happens

- Christiaan
- Jr. Member

- Posts: 81
- Joined: Wed Jun 08, 2011 1:05 pm
Re: What is the most favourite game animal to HUNT?
Hi Ian,
Ek geniet nogal die uitdaging om rooi ribbokke in daai rante van die oos vrystaat te jag. Tweede op my lys is elande in die Noord Kaap. En dan n rooibokram in die bosveld.
Ek wil nog baie graag n Koedoe bul in die Oos Kaap gaan probeer plattrek.
Groete,
Christiaan

222 Rem
7x64 Brenneke
308 Win
12 Br O/U
9mm
7x64 Brenneke
308 Win
12 Br O/U
9mm
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5023
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: What is the most favourite game animal to HUNT?
Ja die bloues is ook maar lekker om te skiet veral as dit ruig is.
Dit was my eerste bok wat ek met my 375 H&H geskiet het in 1995 en ek het toe besef dit beteken die nie dat die goed net gaan omval nie.
Ek was seker oor my skoot plasing en die bul het weg beweeg van die trop in 'n klein opening waar ek hom kon dop hou hy het ook so wydsbeen gaan staan en lank geval om finaal om te dop.
Toe ons om slag was sy borskas net vol bleod en die het soos waterval daar uitgeloop ek het net die hart gemis maar longe was op 270gr SP hornady interlock.
Dit was my eerste bok wat ek met my 375 H&H geskiet het in 1995 en ek het toe besef dit beteken die nie dat die goed net gaan omval nie.
Ek was seker oor my skoot plasing en die bul het weg beweeg van die trop in 'n klein opening waar ek hom kon dop hou hy het ook so wydsbeen gaan staan en lank geval om finaal om te dop.
Toe ons om slag was sy borskas net vol bleod en die het soos waterval daar uitgeloop ek het net die hart gemis maar longe was op 270gr SP hornady interlock.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
-
Jaco Alberts
- Full Member

- Posts: 119
- Joined: Tue Sep 13, 2011 7:07 pm
Re: What is the most favourite game animal to HUNT?
Middag almal,
soos ons maar elkeen 'n sagte plekkie het vir die een wildsoort wat jy graag jag en soos vroeer genoem, is gemsbok vir my baie spesiaal om te jag. Maar soos Frederik tereg genoem het, het elke jaggebied sy eie uniekgeid en spesie wat dit spesiaal maak. Daar is vir my niks lekkerder om daai diknek, 45kg rooibokram in die Derdepoort, Nietverdiend en Sentrum wereld te jag nie. Blouwildebeeste het ek vreeslik lekker gejag in die Polokwane distrik, by die artappelboere naby Blouberg vir 4 jaar. Swaar bulle daar geskiet, 148kg, 151kg en 154kg op een trip. Springbok jag ons maar hier by ons rond in die omgewing, maar wil baie graag daai 32kg+ ramme elders in die kalahari of Namibie jag.
Eland het ek eintlik verspreid gejag, tog het die Vergelegen / Mareetsane gebied vir my gesog geraak, daar nou al paar koeie geskiet van ver oor die 200kg. Dan, ja dan my 28 jaar in Namibie ( bos ) die gesogde Oryx en koedoebul ! In die beginjare het ek nagte omgedroom oor daai koedoebulle, maar gemsbokjag tevoet het die wedloop gewen....Wanneer my pad kruis met 'n 180kg + koedoebul, sal ek hom graag jag, anders loop ek om hulle opsoek na daai alleenloper gemsbokbul, hy laat my wakker le saans
lekker om die manne se stories so te lees.
Ian,
Het jy die kontak details gekry wat ek gestuur het vir die moontlike gemsbokjag in Vostershoop ?