Klip innie bos oor Maanhaar jakkie(interessant)

User avatar
Problem Animal Control
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Tue Sep 15, 2009 8:16 pm

Klip innie bos oor Maanhaar jakkie(interessant)

Post by Problem Animal Control »

Manne
Net iets wat ek ondervind het en waarmee ek met kenners verskil.Maanhaarjakalse jag ook en het net aan my bewys dat n mens nie als moet glo wat die manne met die dik brille en wit jasse se nie.Ek het lank op n plaas swartruggies gejag,soveel so dat hul onder beheer gebring is en toe kom ons agter dat die maanhaar familie n jagpak gevorm het en begin weer skade kry in n spesifieke kamp waar hul volop is.Daar is toe n paar geskiet net om hul te laat weet hul moet stop en so het dit gebeur,so een les wat ek geleer het is dat hul getalle ook in verhouding gebring moet word.
Groette
PAC
9mm S&W
9mm Norinco
.38Spl Luger
.38Spl Luger
.22BRNO
.22Krico
.22Hornet
.44Magnum Ruger
.410
12Br CBC
12Br S&W
12Br S&W
.303BSA
.308BRNO (ou betroubaar)
Ruger Mini14 223

Solank daar lood in die lug is,het ons hoop!!!!
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Klip innie bos oor Maanhaar jakkie(interessant)

Post by JACQUES BOTHA »

pac MAN
sAL JY SO GAAF WEES EN BIETJE UITBREI OOR DIE SKADE WAT DIE MAANHAAR VEROORSAAK HET AS JY NIE OMGEE NIE.
EK HET OOK AL N N MAANHAAR GESKIET EN TOE STOP DIE PROBLEEM VIR N RUKKIE, EK VRA MYSELF EGTER SOMS AF OF DIE ROOIJAKALS WAT DAAR VANG NIE NET VIR N WYLE VAN VANGPLEK GESKUIF HET TOE HY AGTERKOM HIER WORD GESKIET OP DIE PLAAS NIE, OF DALK HET HY STADIGER AS DIE MAANHAAR INGEKOM EN TOE DIE SKOOT KLAP SY GAT AF GESKRIK EN SO 3 DISTRIKTE VERDER GAAN STOP EN WEER DAAR GEVANG NIE..
EK SE ALTYD  TEORIE EN PRAKTYK KAN VERSKIL...
JY KEN DIE GRAOP VAN N TEORIE IS ONS MILJOENERS EN N PRAKTIYK SIT ONS MET N ONSEDELIKE DAME IN DIE HUIS..... 
Shoot straight and tell the truth!
Ambessa

Re: Klip innie bos oor Maanhaar jakkie(interessant)

Post by Ambessa »

Hallo almal
JACQUES wrote:...SO GAAF WEES EN BIETJE UITBREI OOR DIE SKADE WAT DIE MAANHAAR VEROORSAAK HET AS JY NIE OMGEE NIE...
Maanhaarjakkalse (Proteles cristatus) is eintlik die kleinste van die huidige lewende hienas, alhoewel hulle nie aasdiere is nie. Soos elders gemeld is hierdie diertjies gespesialiseerd om grasdraertermiete te vreet - kyk tandjies. Slagtande is egter skerp vir verdediging. Vreet soms ook ander insekte.

Die vermoede is dat waar hulle by 'n vangs opgemerk word hulle eintlik op soek is na insekte (maaiers)?

Laat weet julle ervarings...

Ambessa 
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Klip innie bos oor Maanhaar jakkie(interessant)

Post by Louis102 »

As ek my waarneming mag deel - kyk na hulle mis ("stront" op goeie afrikaans).  Ek het nog nooit Maanhaarjakkals-mis by my te?gekom met hare, wol, vleis of bene in nie.  Net vol rysmierkop-doppies.  Hier loop heel party van die "gedroggies" hier by en ek bekyk hulle doen en late nogal aandagtig.  Behalwe vir die gate onder die drade kan ek nie getuig van ander skade wat hulle my nog gemaak het nie.  Het ook nog nooit gesien dat hulle 'n "pak" vorm nie.  In teeltyd mag daar wel 'n paar mannetjies agter 'n wyfie op hitte aan wees.  Hulle planne sluit egter nie skaapvang in hierdie situasue in nie - lus of is dit nou lis, het die oorhand.  Ek het hulle al by meer as een geleentheid in hierdie situasies dopgehou, hulle is so besig met binne gevegte en wyfie se guns wen dat hulle nie eers moeite doen om te vlug nie.

Slegs my ervaring - sal laat weet indien ek iets anders opmerk.
Goeie dade oortref goeie woorde.
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Klip innie bos oor Maanhaar jakkie(interessant)

Post by Ja3 »

Never say never, ...maar die jag pakke weet ek nie sommer van nie. Miskien jags pakke..
Soos oom Am verwys het na die v?rlangse verbintenis aan die Hi?na, mag hulle
miskien seker 'n helder oer-oomblik beleef. Moet s? hy neig meer na die brunnea as gevlekte crocuta, wat
ook maar hoofsaaklik alleenlopend is teenoor gevlekte se bende gewoontes, alhoewel die mannetjies ook baie alleen loop.

Wolhaarstorie of Maanhaarstorie?
Ambessa

Re: Klip innie bos oor Maanhaar jakkie(interessant)

Post by Ambessa »

Hallo Louis102
Louis102 wrote:...mis ("stront" op goeie afrikaans).  Ek het nog nooit Maanhaarjakkals-mis by my te?gekom met hare, wol, vleis of bene in nie.  Net vol rysmierkop-doppies.
Dankie.

Goeie waarneming om na die "scat" te kyk. Op kampus  ;) sal ouens ook na faeces verwys... ;D

Ambessa
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Klip innie bos oor Maanhaar jakkie(interessant)

Post by Freek »

Ja3, ek hou van jou verwysing - "Jags pakke..." rysmiere is seker 'n ander form van 'n afrodisiak. Het nog nooit maanhaar probleem by wilds en vee boere tee gekom nie.

Klink my daar steek iets in rysmier as stapel voedsel... hou maar net die maanhaartjies dop  ;) ;D Een van die mooi dae sal ons seker die nuwe gevorderde produk op die apteek rakke teekom
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Klip innie bos oor Maanhaar jakkie(interessant)

Post by Louis102 »

Ambessa wrote: ...Goeie waarneming om na die "scat" te kyk. Op kampus  ;) sal ouens ook na faeces verwys... ;D...
Ai, die manne met die geleerde terme.  Waar kan "scat" en "Faeces" nou goeie afrikaans wees?  Smeer dit bietjie aan die bo-lip (veral 'n jakkals s'n) en julle sal agterkom daar is net een naam wat "faeses" korrek beskryf en dit is nie "scat" nie.  Die korrekte woord begin wel ook met 'n "S" en eindig wel ook met 'n "T".
Goeie dade oortref goeie woorde.
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Klip innie bos oor Maanhaar jakkie(interessant)

Post by Freek »

:) wie kan nou hiermee verskil?
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Ambessa

Re: Klip innie bos oor Maanhaar jakkie(interessant)

Post by Ambessa »

Hallo Louis102
Louis102 wrote:...Smeer dit bietjie aan die bo-lip (veral 'n jakkals s'n) en julle sal agterkom daar is net een naam wat "faeses" korrek beskryf en dit is nie "scat" nie.  Die korrekte woord begin wel ook met 'n "S" en eindig wel ook met 'n "T".
... ;) bevrees jy verwar die met hoenn-derr-mis - word vertel dit werk goed op die bolip.

Andesins pleinweg drolle of stront. Net nie .a. nie... ;D

Ambessa
Ambessa

Re: Klip innie bos oor Maanhaar jakkie(interessant)

Post by Ambessa »

Hallo Freek
Freek wrote:...Het nog nooit maanhaar probleem by wilds en vee boere tee gekom nie...
Dankie op die maanhare...

Glo daar is makliker en aangenamer oplossings as dit waaraan jy dink...

Ambessa
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Klip innie bos oor Maanhaar jakkie(interessant)

Post by Freek »

Oom Ambessa ek sal so hoop ja... ;)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Klip innie bos oor Maanhaar jakkie(interessant)

Post by Christo »

Die muti is seker ook dodelik gewees om 'n RSM se snor soos 'n maanhaar te laat krul.  ;D . Hulle het hoeka gelyk asof iets onder hulle neuse ruik soos ..........

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
CHRIS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm

Re: Klip innie bos oor Maanhaar jakkie(interessant)

Post by CHRIS »

Maanhaar is hier in my kontrei baie sensitiewe punt.
Een aand by buurman gejag toe 5 maanhare die skaap in hoek van kamp vasgedruk het. Di slim manne het ges? die maanhare hardloop agter n trop skaap aan omdat die skaap die goggas opjaag en maanhare dit dan makliker vang. ???

Ek het spesifieke plekke waar maanhaar eerste opdaag as jy roep. Ek sit partykeer van my jakkie se stront by my roeper en een aand het maanhaar omtrend gespin en gepiepie by die jakstront dws hy was nie bang vir ander jak nie.

Het ook al maanhare gevang in hokke wat kat en hokke wat jak piepie as lok middel in gehad het. (daardie hok vang nie weer iets anders as maanhaar nie)

die punt dat hy nie maler tande het nie, wel n hond kou ook nie sy vleis nie

groete Chris
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Klip innie bos oor Maanhaar jakkie(interessant)

Post by Louis102 »

Chris
CHRIS wrote: ...die punt dat hy nie maler tande het nie, wel n hond kou ook nie sy vleis nie...
Kon jy al konkrete bewys vind dat hulle wel vleis eet en/of skaapvang?  Ek sal graag wil weet, want hier is heelwat van hulle by my.  Dat hulle nie bang vir jakkals se kind is nie, is wel so en hond se kind moet sommer ook passop, hy kan baklei.  Kon julle agter kom of daardie "pak" van 5 maanhare wel skaap gevang het?  Kon julle vassstel of daar nie dalk net baie termiete in daardie spesifieke kol was nie - dat die maanhare agter hulle aan was dalk?  In al my tyd hier op die plaas en baie, baie dae en nagte in die veld het ek nog nooit so iets te?gekom nie.  Dan is ek ook, byges?, nog nie te oud om iets te leer nie.

My vermoede is dat draaijakkalse en groukatte meer dalk skade aanrig as die maanhare.  Sommige draaijakkals vang doodseker klein lammetjies, dit het ek al belewe, maar van groukat is ek nog nie 100% seker nie.  Het al bytplek aan die keel van lammers gekry wat die ervare manne reken is groukat.  'n Groukat vang wel groot vlakhase sonder 'n probleem en het duidelik die vermoe? om lammers te vang.  Of hulle dit wel doen en hoe gereeld is 'n ander vraag.
Goeie dade oortref goeie woorde.
Ambessa

Re: Klip innie bos oor Maanhaar jakkie(interessant)

Post by Ambessa »

Hallo Chris
CHRIS wrote: Maanhaar is hier in my kontrei baie sensitiewe punt...  ...die punt dat hy nie maler tande het nie, wel n hond kou ook nie sy vleis nie 
Stem saam met Louis102.

Die blote feit dat hulle baie nuuskierig is, klaarblyklik nie bang vir ander roofdiere van hulle eie grootte is nie en ook lekker aggresief kan voorkom, beteken nog nie hulle vang skape of bokke of ander kleinwild nie.

Vergelyk die tande van 'n rooijakkals (hondagtig) met die van 'n maanhaar en jy sal die groot verskil sien.

Kyk spesifiek na die mis.

Ambessa
boeta
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm

Re: Klip innie bos oor Maanhaar jakkie(interessant)

Post by boeta »

Het eendag een in hok gevang en my hond sien toe kans vir hom,was dit nou vir jou n ding hy baklei soos min en agresief

Boeta
An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
Ambessa

Re: Klip innie bos oor Maanhaar jakkie(interessant)

Post by Ambessa »

Hallo Boeta
boeta wrote:...in hok gevang en my hond sien toe kans vir hom,was dit nou vir jou n ding hy baklei soos min en agresief
Presies. Hulle sien blykbaar vir baie kans, dit kan dalk meer 'n brawade (show of bluf) as werklike aggressie wees...

Ambessa
User avatar
CHRIS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm

Re: Klip innie bos oor Maanhaar jakkie(interessant)

Post by CHRIS »

Oom Louis

Het nog nie 1 oopgesny om tekyk wat die pens inhoud is nie. Na ek die pak (5) geskiet het was dit wel vir 2 mnde stil maar weereens kan dit die skote gewees het wat die rooijak bietjie vir wilder het . die wat ek in die hok gevang het het ek ore gemerk om tekyk of ek hulle weer in selfde hok vangof in ander hok. ek het 4 gemerk en nooit weer gesien nie.

Ek het al die klank opgeneem ook maar ek dink jy sal a leeu bang maak met daardie knor van maanhaar.

Groete Chris
Ambessa

Re: Klip innie bos oor Maanhaar jakkie(interessant)

Post by Ambessa »

Hallo Mac / Gerhard / Biker
Mac wrote:...natuurbewaarder tot daardie slotsom gekom het, behoort hy onmiddelik sy pos te verloor... ...Sal ook graag wil hoor hoe hy dit besluit het.
Stem...
Ambessa wrote:...Maanhaarjakkalse (Proteles cristatus)... ...nie aasdiere is nie... ...gespesialiseerd om grasdraertermiete te vreet - kyk tandjies. Slagtande is egter skerp vir verdediging. Vreet soms ook ander insekte... ...Die vermoede is dat waar hulle by 'n vangs opgemerk word hulle eintlik op soek is na insekte (maaiers)?
Self gesien hoe jaaroud skaap (Dorpers en Merinos) se koppe grusaam deur 'n bruin hi?na vermink is.

Ambessa
Last edited by Ambessa on Sun Apr 18, 2010 9:46 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Kruger
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm

Re: Klip innie bos oor Maanhaar jakkie(interessant)

Post by Kruger »

Ons moet net onthou, niemand kan die natuur waarborg nie. 'n Paar jaar gelede verloor my buurman angora bokkies op groot skaal. Na 'n ruk vang hy 'n maanhaar met bokkie in die bek in slagyster. Einde van die skade. Toevallig? weetnie.....
Winners never quit - Quitters never win.
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Klip innie bos oor Maanhaar jakkie(interessant)

Post by Mac »

Kruger,

Al weer ek en jy met die ou maanhaartjie. Ek stem saam dat daar geen waarborg is nie, maar dat hyena die koppe pap byt is 'n bekende feit, en ek sal my ........ op 'n blok sit dat geen maanhaar dit sal reg kry met 'n grooterige lam nie. Daai ou wang spiere van hom is effe junior daarvoor, of hoe?
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
Kruger
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm

Re: Klip innie bos oor Maanhaar jakkie(interessant)

Post by Kruger »

Geen twyfel nie Mac. Ek het nog nooit beweer hy kan 'n kop pap byt nie, want ek glo nie dit is moontlik nie. Al wat ek se is dat hulle nie altyd so onskuldig is as wat algemeen geglo word nie.
KL
Winners never quit - Quitters never win.
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Klip innie bos oor Maanhaar jakkie(interessant)

Post by Mac »

Kruger,

Dan stem ek en jy nou saam. Ek glo ook nie hy is heeltemal onskuldig nie, enige dier sal omtrent enigiets eet as dit grondstowwe of elemente bevat wat hy benodig.

Mooi bly,

Mac.
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
frinam
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Thu Mar 12, 2009 9:03 am

Re: Klip innie bos oor Maanhaar jakkie(interessant)

Post by frinam »

Naand almal, ek deel graag die volgende wolhaar/maanhaar storie met jul en sien uit na jul kommentaar. So 'n paar nagte gelede het iemand per ongeluk 'n maanhaar op 'n gruispad hier naby my doodgery. Twee nagte gelede het my buurman se voorman langs dieselfde roete tuiswaarts gekeer en toe op twee jakkalse afgekom wat aan die maanhaar staan en vreet het. Hy het die storie opgewonde aan my buurman vertel wat sy storie as 'n infame leuen afgemaak het. Gister oggend kry my buurman se werkers 'n maanhaar in 'n gat onderdeur die jakkalsdraad, wat met 'n jakkalskanon doodgeskiet is. Hul neem toe die "lyk" en stel 'n slagyster by die dooie maanhaar. Vanoggend sit daar 'n groot jakkals teef in die slagyster en sy het definitief aan die dooie maanhaar gevreet. Dit wil dus voorkom dat ons in hierdie omgewing in Namibie verseker jakkalse het wat selfs aan dooie maanhare sal eet. Enige iemand anders met soortgelyke ondervinding? Verder wil ek net noem dat die jakkalse in ons omgewing ook al kleintjies het. By twee poste hul spore opgetel en sal more die teelgate begin soek en verdere detail deurgee. Duitswes groete-Frinam
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll  just kill you.
Post Reply