7x64 , 280 Rem of 280 AI

Post Reply
jl1904
Full Member
Full Member
Posts: 108
Joined: Mon Jan 02, 2012 1:13 pm

7x64 , 280 Rem of 280 AI

Post by jl1904 »

Dag se manne,

Ek speel met die idee om 'n 7mm kaliber geweer te bou en hoor graag julle opinies oor die 7x64, 280 Rem en 280 AI.

Ek het reeds 'n VZ24 Aksie, weet nie of dit die moeite werd is om eerder 'n Savage of Remington aksie te soek nie?

Die geweer sal gebou word met 'n 26" dik loop (Pacnor/Bartlein) en'n taktiese sintetiese kolf. (enige voorstelle waar ek 'n Manners of Mc Millan kan kry)

Ek beperk die keuse tot die 3 omdat die WSM, Rem Mag en SAUM te rof is op lope, maar ek wil nog steeds 'n 150-160gr punt teen om en by 2950 ft/s kan skiet.

Ek het reeds 'n 6,5x55 Swede, 30-06, 303 en 375H&H en ek dink 'n lekker plat skiet 7mm sal mooi hierby inpas.

Johan
Gamo CFX, .22 Brno, .223 CZ 527, .243 Howa varmint, 6.5x55 Swede, 30-06 Brno, 300WSM Howa, 303 BSA Nr1 Mk3, 375 H&H , CZ 712 semi auto 12br, Marlin 45-70, 9mm Para CZ
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1179
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: 7x64 , 280 Rem of 280 AI

Post by Lourens »

Johan,

Baie welkom by die forum, hoop jy gaan dit baie geniet! Ballisties is die 280 Rem en 7x64 identies en sal ek tussen hulle 2 eerder vir die 7x64 gaan omrede hy baie meer populer by ons is. Ek sou egter as ek een moet kies vir myself die 280 Ackley Improved kies. Dit lyk vir my na 'n bitter lekker 7mm en mens kry ook nou reeds doppe wat klaar gevorm is (Nosler Custom). Jy kan ook jou eie doppe vorm sonder te veel probleme. 7x64, 270 en 30-06 doppe kan hiervoor gebruik word.

Alles hang af van jou aanwending van die geweer en die Ackley bied nie so 'n reuse verbetering op standaard 7x64 ballistiek nie, alhoewel daar ouens is wat reken hulle kom bitter naby aan die 7mm Rem Mag met hom. Dus is dit 'n persoonlike keuse, jy kan nie rerig verkeerd gaan met een van die 2 nie, albei is fantastiese kalibers. Gesels gerus met Stef764 hier op die forum oor die 7x64, hy skiet een en is baie gelukkig met hom. Wouter Roets  het beie ervaring van Ackley en sal jou ook meer daarvan kan vertel.

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
jl1904
Full Member
Full Member
Posts: 108
Joined: Mon Jan 02, 2012 1:13 pm

Re: 7x64 , 280 Rem of 280 AI

Post by jl1904 »

Lourens,

Dankie, ek is geneig om saam met jou te stem as die keuse tusses net die 7X64 en 280 Rem was, is die 7x64 die beter keuse agv die beskikbaarheid van komponente, effens groter dop kapasiteit en 'n skerper skouer.

Ek lees baie goeie goed van die 280AI op Amerikaanse forums, maar dit is dalk omdat die 7x64 nie so geredelik beskikbaar daar is nie, maar ek hoor ook dat hulle baie naby aan die Rem Mag kom met heelwat minder kruit, wat weer 'n langer loop lewe sal lewer.

Dalk is daar iemand op die forum wat 280AI statistiek het met ons Somchem kruit, dit sal goed wees om die twee met mekaar te vergelyk.

Groete
Johan
Gamo CFX, .22 Brno, .223 CZ 527, .243 Howa varmint, 6.5x55 Swede, 30-06 Brno, 300WSM Howa, 303 BSA Nr1 Mk3, 375 H&H , CZ 712 semi auto 12br, Marlin 45-70, 9mm Para CZ
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 7x64 , 280 Rem of 280 AI

Post by tripodmvr »

Ek praat uit monde van my 7x64. Dit is genoeg kaliber vir al die grootwild in ons land uitgesluit die werklike grotes. Hulle kan seker ook ingesluit word as 'n PH as rugsteun gebruik word. Dus vir algemene jag is die' 'n bulletjie. Die 7mm Rem het meer spoed en terugslag en of dit beter is, is 'n ope vraag. Vir algemene jag is die 7x64 'n yster met 'n groot bek. Moet hom nie onderskat nie. Ek sal enige dag 'n 100m bladskoot op 'n Eland maak en veilig daarvan afkom. Dit beteken egter dat premium koe?ls gebruik moet word.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Drenalinjunkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 835
Joined: Fri Mar 04, 2011 8:19 am

Re: 7x64 , 280 Rem of 280 AI

Post by Drenalinjunkie »

7x64 no compromise!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 7x64 , 280 Rem of 280 AI

Post by Wouter Roets »

Hallo Johan?Manne

Eersten baie welkom hier en hoop jy gaan dit geniet.

Jong jy gaan hier n gros ouens kry wat staan by die 7x64 en hulle het baie goeie rede daarvoor. Hy en die 280 Rem is uistekende kalibers, geen argument van my kant af nie. In Amerika raak die 280 ontsaglik populer met goeie rede. Hier by ons is dit die 7x64 wat weer baie gewild is. Balisties is daar nie n rede nie maar die toeloop van sake wat dit veroorsaak het.

Teen die tyd weet die meeste ek is n Ackley fan, met baie goeie rede as ek kan byse. ;D In praktyk is hy n volle 100ft/sek vinniger as die ander twee teen dieselfde druk. Hierdie klink nie na baie nie en balisties is dit ook so maar waar die werklike voordeel inkom is by die feit dat jy n hoer node/sweatspot kan slaan sonder om hoer drukvlakke te hardloop. Dit kan dalk n verskil van 150ft/sek in praktyk wees. Iets wat n mens nie sommer kan ignoreer as jy langafstand skietwerk wil doen nie. Doppe is nie n probleem soos voorheen genoem nie so die besluit is in jou hande.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
jl1904
Full Member
Full Member
Posts: 108
Joined: Mon Jan 02, 2012 1:13 pm

Re: 7x64 , 280 Rem of 280 AI

Post by jl1904 »

Dankie vir die terugvoer manne.

Wouter,

Hoe werk die node ding waarvan jy praat. Ek wil die geweer vir teiken skiet ook gebruik en 100-150ft/s kom handig te pas oor langer afstande.

As ek sou besluit op die 280AI wat se groefdraai stel jy voor vir 150-162gr punte en waar kan mens reamers vir die kaliber kry?

Groete
Johan
Gamo CFX, .22 Brno, .223 CZ 527, .243 Howa varmint, 6.5x55 Swede, 30-06 Brno, 300WSM Howa, 303 BSA Nr1 Mk3, 375 H&H , CZ 712 semi auto 12br, Marlin 45-70, 9mm Para CZ
jl1904
Full Member
Full Member
Posts: 108
Joined: Mon Jan 02, 2012 1:13 pm

Re: 7x64 , 280 Rem of 280 AI

Post by jl1904 »

Dankie vir die info Ludwig,

Die 284 win is ook 'n baie lekker kaliber, op wat se aksie en loop bou jy hom?

Groete
Johan
Gamo CFX, .22 Brno, .223 CZ 527, .243 Howa varmint, 6.5x55 Swede, 30-06 Brno, 300WSM Howa, 303 BSA Nr1 Mk3, 375 H&H , CZ 712 semi auto 12br, Marlin 45-70, 9mm Para CZ
jl1904
Full Member
Full Member
Posts: 108
Joined: Mon Jan 02, 2012 1:13 pm

Re: 7x64 , 280 Rem of 280 AI

Post by jl1904 »

Ludwig,

Laai bietjie vir ons fotos van die nuwe speelding as jy hom eendag kry.
Gamo CFX, .22 Brno, .223 CZ 527, .243 Howa varmint, 6.5x55 Swede, 30-06 Brno, 300WSM Howa, 303 BSA Nr1 Mk3, 375 H&H , CZ 712 semi auto 12br, Marlin 45-70, 9mm Para CZ
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 7x64 , 280 Rem of 280 AI

Post by Arnold »

Johan, laai 'n paar fotos van daai custom 6.5x55 asb.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: 7x64 , 280 Rem of 280 AI

Post by Stefan764 »

tripodmvr wrote: Ek praat uit monde van my 7x64. Dit is genoeg kaliber vir al die grootwild in ons land uitgesluit die werklike grotes. Hulle kan seker ook ingesluit word as 'n PH as rugsteun gebruik word. Dus vir algemene jag is die' 'n bulletjie. Die 7mm Rem het meer spoed en terugslag en of dit beter is, is 'n ope vraag. Vir algemene jag is die 7x64 'n yster met 'n groot bek. Moet hom nie onderskat nie. Ek sal enige dag 'n 100m bladskoot op 'n Eland maak en veilig daarvan afkom. Dit beteken egter dat premium koe?ls gebruik moet word.
Beter kon ek dit nie gestel het nie  ;)
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
LN (Louis)
Full Member
Full Member
Posts: 206
Joined: Fri Aug 27, 2010 5:35 pm

Re: 7x64 , 280 Rem of 280 AI

Post by LN (Louis) »

Stem saam met Stefan en die ander oor die 7x64. Lekker kaliber met genoeg slaankrag. Het laas jagseisoen meer as een maal gesien wat hy, gelaai met 175gr Swift A-frames, doen op bloues en zebras... Maar mens se agternet jeuk mos altyd om is anders as die res te he  :D, en net om hierdie rede sal ek gaan vir die 280AI  8)
Louis.
22 Rem
7x57 Mod Mauser
260 REM
9mm Vektor
12Br x 3
16Br 9.3 x 74 Krupp Combo
jl1904
Full Member
Full Member
Posts: 108
Joined: Mon Jan 02, 2012 1:13 pm

Re: 7x64 , 280 Rem of 280 AI

Post by jl1904 »

Hello Arnold, ek kry nie die Insert image ding dat hy werk nie, hoe maak mens.

Die files is ook te groot om die attach opsie te gebruik.

Help bietjie asb.
Johan
Gamo CFX, .22 Brno, .223 CZ 527, .243 Howa varmint, 6.5x55 Swede, 30-06 Brno, 300WSM Howa, 303 BSA Nr1 Mk3, 375 H&H , CZ 712 semi auto 12br, Marlin 45-70, 9mm Para CZ
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 7x64 , 280 Rem of 280 AI

Post by Arnold »

n Photobucket of dropbox account is die maklikste om die foto op te host. Jy kan dit enige tyd vir my email en dan sal ek dit vir jou opsit.
jl1904
Full Member
Full Member
Posts: 108
Joined: Mon Jan 02, 2012 1:13 pm

Re: 7x64 , 280 Rem of 280 AI

Post by jl1904 »

Dankie Arnold, pm my asb. met jou e-mail adres.

Johan
Gamo CFX, .22 Brno, .223 CZ 527, .243 Howa varmint, 6.5x55 Swede, 30-06 Brno, 300WSM Howa, 303 BSA Nr1 Mk3, 375 H&H , CZ 712 semi auto 12br, Marlin 45-70, 9mm Para CZ
User avatar
GERT vd M
Hero Member
Hero Member
Posts: 650
Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm

Re: 7x64 , 280 Rem of 280 AI

Post by GERT vd M »

Om te gaan vir n 7x64, plaas jou al klaar in n ander klas, so gaan vir hom jy gaan nie spyt wees nie  :P :P :P
                            GROETNIS
                                GERT
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
User avatar
Boesman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 447
Joined: Sat Jun 05, 2010 11:03 pm

Re: 7x64 , 280 Rem of 280 AI

Post by Boesman »

Shoesss, julle praat te veel oor die 7x64. Ons wil darem ook ander kalibers he en het dan onafhanklike motivering nodig. So, vertel vir die owerhede hoe sleg die 7x64 is en dat jy nog ten minste 30 ander kalibers nodig het om vir sy swak prestasie op te maak.  ;D ;D
User avatar
GERT vd M
Hero Member
Hero Member
Posts: 650
Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm

Re: 7x64 , 280 Rem of 280 AI

Post by GERT vd M »

aaggh nou ja wat ookal  ;D ;D
        GERT
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 7x64 , 280 Rem of 280 AI

Post by Arnold »

jl1904 wrote: Dankie Arnold, pm my asb. met jou e-mail adres.

Johan
Ek het die foto's onder Geweer Fotos geplaas.
Post Reply