Ek wil graag 'n klein debat hier begin, en hoop van harte dat ek nou nie op die brandstapel voor 'n jakkals jagters vuurpeleton geplaas gaan word nie.
Ek het nou die dag 'n "post" geplaas van jakkalse wat ek met die "trailcam" afgeneem het. Ek het raad gevra en Peet het ingestem om my te kom help roep en dan kan ek bietjie skiet. Ek het egter nou met my vrou gepraat, en sy dink nie dis 'n goeie idee nie.
As ek net bietjie agtergrond kan skets. My vrou is 'n veekundige en 'n boer van beroep. Sy hanteer al ons produksie en dag tot dag bestuur van ons boerdery en kwekery. Ek daarenteen doen die praktiese gedeelte, soos instandhouding ens. My vrou is glad nie 'n "bunnyhugger" of deel van "greenpeace" nie, maar:........
Ons boer met 'n klompie Kalahari Reds. Hulle wei bedags buite, maar slaap almal op kraal(elektriese omheining) Die ooie wat swaar dragtig is, lammers wat suip en speenlammers loop almal in veilige kampe rondom opstal. Ons het nog glad nie probleme met die jakkalse gehad nie. Ons gooi ons hoenders wat vrek in die veld. So tot dusver het hulle nog net daarvan gevreeet en nie eers naby ons hoenderhokke gekom nie.
Moet mens hulle nou skiet as hulle nie 'n probleem is nie? Ons het gisteraand 'n lekker gesprek gehad. My vrou en haar vriendin(vee-arts) en haar man wat se pa 'n vee-arts op die platteland is. Die gesprek het gedraai na: Indien jy die natuur versteur (soos genoem, waar nie 'n probleem is nie) sal die jakkalse aanpas en meer kleintjies en meer gereeld kleintjies kry. Is daar waarheid in dit? Wag ek eers en sien of ons sonder probleme kan aangaan? As mens eers begin skiet, sal mens seker maar altyd moet aanhou? Ek reken vir iemand wat graag skiet, is dit mos puik plan, te?l so jou eie "moving targets"
Ek hoor graag van julle
GRoetnis
Douw



