Herlaai Data Vir 308 Norma Magnum

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
Johan Van Rooyen

Herlaai Data Vir 308 Norma Magnum

Post by Johan Van Rooyen »

Hallo almal

Hoop almal geniet die veestyd...

Ek is opsoek na data vir die genoemde kaliber.

Ek het tans Hornady 194gr gelaai maar is glad nie tevrede met die penetrasie van die koeel nie... breek heeltemaal op!!

Ek het 'n willebees,gemsbok en rooibok gekwes met die betrokke lading en bygese my skote was goed geplaas. Die rooibok het opgestaan nadat ek hom onderstebo met lood gegooi het en moes hom weer skiet. Met die nadoodse ondersoek op die rooibok het die patroon heeltemaal opgebreek en is nie eers deur die blad nie. Selfde met die gemsbok maar dis ook al wat ek gekry het van die 3 kwesse!!

Ek dink ook om swaarder te gaan op die kaliber want ek skiet net in bosveld en mopanieveld met hom.  Het gedink aan 220gr Rhino.

Gee asseblief julle insette.

Groete
Johan
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Herlaai Data Vir 308 Norma Magnum

Post by Vlakvark »

Johan met wat se Hornadys het jy geskiet sp ,sst,fmj,ntx,varmint
Ek het met SST gekry dat hy baie versplinter het maar die grootste deel van koel het heel gebly en dit was n dood skoot, koel net onder vel aan die ander kant gekry maar soos gese baie versplinter, ek het ook die blad getref met baie vleis skade
Die regterkantste een is die Hornady SST
[img width=560 height=372]http://i799.photobucket.com/albums/yy27 ... CF4628.jpg[/img]
Last edited by Vlakvark on Wed Dec 28, 2011 4:21 pm, edited 1 time in total.
Image
Image
Johan Van Rooyen

Re: Herlaai Data Vir 308 Norma Magnum

Post by Johan Van Rooyen »

Hallo Vlakvark

Dit is hornady BTSP 190gr, ja dis net soos jy hy breek op maar ek het ook net skrapnel gekry in daardie bokke!
User avatar
DanieDegenaar
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 368
Joined: Wed Dec 14, 2011 2:17 pm

Re: Herlaai Data Vir 308 Norma Magnum

Post by DanieDegenaar »

Johan,

Ek lees meeste van die forums net, maar joune het my oog gevang. Net 'n vraag, maar hardloop julle patrone nie teen 'n te hoe spoed nie? Ek skiet self al jare lank met SST 180g en kry dit net soms dat die lood weg breek van die casing af. Dit gebeur meestal met kopskote op vlakvarke en wildebeeste. Ek skiet meestal met my 30-06 Musgrave en sorg dat my spoed nie veel hoer gaan as 2400 fps nie.

Groete

Degenad
30-06 Musgrave
303 Lee Enfield
.22 Bruno
12g Boito
.243WIN Howa
357\.38 Mag
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1179
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Herlaai Data Vir 308 Norma Magnum

Post by Lourens »

Johan,

Die antwoord is defnitief 'n koeel van beter konstruksie as jy teen 'n hoe spoed wil skiet. Sou jy tevrede wees met laer spoed omrede jy net in die bosveld skiet, kan jy die 194gr aflaai na plus minus 2400 fps of dan 'n swaarder koeel skiet wat uit die aard teen 'n laer spoed sal hardloop. Ek ken nie die Norma Mag so goed nie en kan dus nie kommentaar lewer oor ladings ens nie. My keuse sou 'n 200gr Barnes TSX, Rhino, Nosler Partition of Nosler Accubond wees.

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Herlaai Data Vir 308 Norma Magnum

Post by VdWalt »

Daai Norma loop mos maar saam met die 300s se spoed? Ek gaan die jaar iets met
die 300wm en Nosler se 200gr Accubonds skiet.

Dan kan jy ook Hornady se GMX 165gr probeer - jy gaan hulle nie breek nie.
As jy swaarder wil gaan kan jy ook na Barnes gaan kyk - hulle
TSX gaan tot by 200gr  ;D.  Nog iets wat ek iets mee wil skiet - maar daar is nie 'n manier
wat hulle in my magasyn gaan pas nie!! Ek sal die 300 soos 'n enkel skoot moet werk.

Ek kan meer geld op koeels spandeer as op jag!!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Herlaai Data Vir 308 Norma Magnum

Post by tripodmvr »

Ek dink dat die beginladings vir die 300 Win mag -10% as beginpunt kan werk. Lyk my die dopvolume van die 308NM is 10% kleiner as die van die 300WM.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Remingtonfrans
Newbie
Newbie
Posts: 22
Joined: Sun Nov 27, 2011 6:04 pm

Re: Herlaai Data Vir 308 Norma Magnum

Post by Remingtonfrans »

Johann
Ek skiet 300winmag en het is baie lief vir die 200gr Nosler Accubond. Baie akkuraat, uitstekende penetrasie, so dat ek nog geen punt kon herwin om te weeg nie. Baie min vleisskade, selfs op kort, bosveld afstande, en sy gewig beteken hy slaan nog lekker hard op 400 meter met 'n aanvaarbare trajek. Ek stuur hom teen so 2800fps. Ek het selfs al die Sierra 200gr Gameking, spitzer boattail gebruik vir jag doeleindes, ook baie goed gedoen, uitstekende akkuraatheid en vleisskade met lyskote was ook aanvaarbaar. Ek wil volgende jaar speel met Hornady GMX in 150 of 165 gr, sal nog kopkrap en besluit. Enige van daai sal nie teleurstel nie.
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Herlaai Data Vir 308 Norma Magnum

Post by Jean Marais »

Hallo Johan

Ek skiet self al vir jare met my 308 Norma Mag, en wat 'n ongelooflike kaliber. Dis 'n kaliber wat enige tyd net so goed, of dalk selfs beter as die 300 WinMag presteer. (Ek kraak gladnie die 300 WinMag af nie, dis net 'n feit)

Ek het heelwat herlaai inligting vir jou beskikbaar, en het al met baie tipes koe?ls eksperimenteer in "wetpacks", waterbottels en ballistiese klei, om vas te stel hoe elkeen presteer. As gevolg van die kaliber se ho? spoed, is dit noodsaaklik dat jy slegs premium koe?ls gebruik. Gewone sagtepunt koe?ls bars letterlik uitmekaar, en sit jy in meeste gevalle met 'n gekweste bok. Ek bly heeltemal weg van GameKing, ProHunter, Interlock, PMP, Speer Hot core ens vir jagdoeleindes. Omdat hulle redelik goedkoop is, het ek die tipe koe?ls in die begin gebruik om my geweer te leer ken, maar dit het ook nou intussen verander. Gaan kyk gerus op youtube na die video "Federal Premium Bullet Breakdown" Ek dink nadat jy die video gekyk het, sal jou menig dramaties verander oor sagtepunt koe?ls.

Ek self jag net met 3 koe?ls - 180gr Nosler Etip en 180gr Nosler Accubond vir die vlaktes, en Rhino 220gr vir die bosveld. Die rede hoekom ek dit doen is omdat ek die 180gr se trajek al baie goed bemeester het, en in die vlaktes sal ek gemaklik skote van tot 300m met sukses kan skiet. Hierdie tipe koe?ls se vleiskade is ook baie beperk, aangesien ek my ladings beperk tot 'n maks spoed van so 2850 vps. Ek is van mening dat as jy met te veel koe?l gewigte probeer rondspeel, jy net later deurmekaar raak met die verskillende trajekte, en dit lei tot onnodige mis- en kwesskote.

Soos ek reeds genoem het, gebruik ek vir die bosveld die 220gr Rhino koe?l. Dis 'n lekker sterk swaar koe?l wat nie sommer sal wegskram as jy dalk 'n takkie raakskiet nie, en as gevolg van sy gewig, is dit ook heelwat stadiger as die 180greiners, wat heelwat minder vleisskade tot gevolg het. Ek beperk spoed op die koe?ls tot maks 2500 vps. Ek hou ook nie van 'n "spitzer" tipe koe?l in die bosveld nie. Skram te maklik weg as jy 'n takkie of iets dergeliks tref. Rondeneus of platneus koe?ls doen hier die ding vir my. Jy kan gerus gaan google "Round nose vs spitzer" oor die onderwerp.

Ladingdata is soos volg:

Geweer: FN Browning, 24" loop, 1:12 "twist"

Ek gebruik gladnie Magnum Primers nie maar CCI200 of CCI200BR vir al my ladings.

180 gr
S365: 62.5gr
Spoed: 2842
Ogief (Ogive) patroonlengte: 71,8mm
Doppe: Norma
Doplengte: 2,550"

220 gr
S385: 65.2gr
Spoed: 2595 vps
Ogief (Ogive) patroonlengte: 71,8mm
Doppe: Norma
Doplengte: 2.550"

Al hierdie ladings is heelwat onder die maksimum, maar dis altyd goeie praktyk om met so 3-4gr onder bg ladings te begin, en met 1gr op te skuif. Dit sal ook aandui op watter lading jou geweer begin groeppeer. Ek het met bg ladings groeperings van 10-12mm gekry op 100m.

Jy kan my gerus epos indien jy verdere vrae het. Sal graag help.

Groetnis
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Herlaai Data Vir 308 Norma Magnum

Post by Wouter Roets »

Hallo Jean

Eerstens baie welkom hier by ons. Gaan stel jou gerus voor by Nuwe aansluitings en vertel so bietjie meer oor jouself. Jy sal verseker vinnig deur almal verwelkom word en tuis laat voel word.

Die 308 Norma Mag is wat die 300 Win Mag sou gewees het. Ek dink ook die Norma is beter geballenseerd met die langer nek. Dopkapasiteit is wel af en as gevolg daarvan spoed. Die spoed kwessie is maar akedemies en weglaatbaar klein.

Oor die kwessie van rondeneus koeels teenoor spitzers vir bosgebruik gaan ek ongelukkig so bietjie met jou verskil(Jean moet my asb nie verkeerd verstaan nie, hierdie is net gesonde debat en geensins persoonlik nie). Hierdie debat is al baie gevoer, ook hier op die Forum, en die meeste toetse staaf dat GEEN koeel ongeag die vorm, gewig, spoed en deusnee nie beeinvloed word deur obstuksies nie. Daar is ongelukkig nie huidig n koeel beskikbaar wat vrygespreek is van hierdie verskeinsel nie. Met hierdie inligting tot ons beskikking sal dit maar raadsaam wees vir almal om seker te maak dat daar GEEN vesperrings is in jou koeelbaan met n skoot nie. Enige sukses wat verkry was deur iemand is bloot geluk.

So terloops is dit vir my teleurstellend dat n groot vervaardiger soos Nosler met die E-Tip te voorskyn gekom het in die Mono koeel oorlog. Die norm is gegroefde of dryfband tegnologie om die groter wrywing van die dravlak te verlig. By Nosler ontbreek hierdie eienskappe geheel. Dit slaan my stom dat dit nie toegevoeg is nie veral in ag geneem dat hulle n hele rukkie kans gehad het voordat hulle die Mono koeel mark betree het. Ek vermoed dat hulle noodgedwonge n mono moes uitbring met die druk vir loodvrye koeels. Maar die feit bly staan ek skiet liewer E-Tips tekortkoming en al voor ek n konvensoinele koeel skiet!

Groetnis
Wouter 
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Herlaai Data Vir 308 Norma Magnum

Post by Jean Marais »

Hallo Wouter

Ek neem kennis van die spitzer vs rondeneus koe?ls, en jy is sekerlik reg dat all koe?ls op een of ander manier deur obstruksie in die koe?lbaan be?nvloed word. Ek persoonlik het egter werklik beter sukses in die bosveld met rondeneus koe?ls, maar dis soos jy s?, dalk is ek nou meer oplettend en versigtig na dinge in die pad van die koe?lbaan en so aan.

Dis 'n interessante opmerking wat jy maak oor die Nosler E-tip punte, en dis dalk iets om aan te herkou. Sou die koperallooi samestelling van die Nosler koe?ls vs die van die Barnes X nie dalk iets daarmee te doen h? nie. Nosler roem daarop dat die allooi samestelling van hulle koe?ls minder loopwrywing tot gevolg het, en daarom ook minder druk probleme behoort te gee. Die Barnes X allooi is dalk heelwat harder wat die insny van ringe om druk te verlaag noodsaak.

Dis maar my beskeie opinie.

Groete
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Post Reply