My eerste nag met FX3

Post Reply
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

My eerste nag met FX3

Post by Raven »

Ek kon toe nie wag om Vrydag nag te gaan jag, en dit draai toe so uit:

Alles opgestel en die FX3 begin sy ding doen... so 20 minute later kom jakkie hallo se, en ek se "goodbye" vir hom.
Ek bly toe op dieselfde staanplek vir 'n nog so 30 minute, en sien daai ogies so op 200 meter van my af. Nou dit was defintief 'n ou skelm, wat lig-sku was, want hy het net daar omgesit en pad gegee. Ek skuif toe so 4km verder en roep toe vir jakkie teen die grensdraad in die buurman se veld in.
So 2 geskiet met die nuwe FX3(Dankie Francois)

Maar hoe nou gemaak met daai lig-sku jakkals, hy moet ek kry

Saterdag aand kry ek niks wat wil inkom maar hulle antwoord my net op mooihuil. Na 40minute pak ek op en volg daai jakkals vir so 2km, maar hy bly en gaan net verder weg van my af, wil glad nie kom hallo se. EK het saterdag net gejag in 'n 3km radius waar hulle 'n ooi gevang het die vorige aand(vreet ook net by die nek en borskas, niks agter by boude nie)

Ek hoop die slim manne kan bietjie raad gee.

Groete Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: My eerste nag met FX3

Post by JACQUES BOTHA »

RAVEN
no insult maar toe hy op 200m ogies wys en draaimoes jy hom in die hol geskiet het mater....skiet hulle so naby as moontlik  en 200m is kla naby genoeg....(vir n raam) op die stoel kan jy dalk so bonzai bewe uitpak.....(die laaste deel is net n grap)
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: My eerste nag met FX3

Post by Raven »

Jaques,
Daai jakkals op 200 meter het my nie eens kans gegee om die slot toe te druk toe is hy al weg tussen die bosse.  ???
As ek daai jakkals in die hardloop mis geskiet het, sal ek hom net nog meer skelm maak, so ek wil hom eerder op 'n nuwe manier probeer uit oor le.

Miskien nog invest in Night Vision, maar ek weet nie mooi watter een om te koop(beste waarde vir geld)  ;)
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
boeta
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm

Re: My eerste nag met FX3

Post by boeta »

Raven

Jou slot moet altyd toe wees

N bakkie se regter voorwiel werk goed vir so n jakkie

Boeta
An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: My eerste nag met FX3

Post by Dawie »

Raven

As ek die goed jag is my roer altyd gelaai en op safe,  dis 'n ander storie as jy bokke jag.  Ek weet nie hoe voel die ander manne nie,  miskien te onveilig as ou met 'n raam skiet?

Dawie
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: My eerste nag met FX3

Post by WillJak »

Raven, my 2c se waarde - as dit dit werd is!! Die ligsku ou sou ek so 600-900 m van die vorige staanplek skuif in die rigting waarin hy die ander aand padgegee het - rondom VOLMAAN - 'n lekker bos of holte soek om die bakkie te camo, my windaf kant baie mooi skoon hou en hom dan roep - en min en vinnig lig. Soms as die maan so helder is pla die lig hulle nie so baie nie. As jy sy oog optel, maak die lig dadelik dood en kom dan terug na hom toe met 'n BAIE flou lig - soek sy oog deur die scope.

Die ander ouens vermoed ek het jou probeer weglei van hulle nes/leplek af. Vat 'n peiling van die vangs af in die rigting waar hulle jou die eerste keer geantwoord het, project vir jou 'n waypoint so 2.5km in daai rigting, gaan sit daar, sommer vroeg, sit vir ten minste 40min stil en roep dan - eers 'n kossie en later Vlekkie 3 of Jakkalshuil - maar moet dit nie oordoen met die jakkalsroepe nie. As jy naby die nes is antwoord hulle jou dalk van daar af - of kom hulle in om te kyk vir 'n gelukkie so vroeg in die aand. As hulle jou op een plek bly antwoord, of hulle antwoord en skuif na 'n ander plek en hou aan om daar te antwoord is die kanse goed dat hulle by die nes is.
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: My eerste nag met FX3

Post by Raven »

Wiljak,
Dankie vir die raad, ek waardeer dit baie.

Net nog een vraag, as die jakkals jou aggresief terug antwoord(nadat ek hom gevolg het), wat doen ek dan??
1. Met watter klanke probeer ek hom nader kry?
2. Gaan ek nog nader van waar hy roep?
3. As hy aggresief antwoord, beteken dit hy is dalk naby sy nes en wil dit nou beskerm?

Groete Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: My eerste nag met FX3

Post by WillJak »

Raven, dis moeilik as die jakkals so maak. As hy die eerste keer weghol terwyl hy jou antwoord (gewoonlik so WAH WAH blaffie) kan jy hom of los vir so 4 tot 6 weke en dan weer probeer, anderkant waar hy jou laas geantwoord het. As die tyd druk, sit vir so 10 minute doodstil en dan kyk jy of jy so 1.5km verby hom kan skuif daar waar hy laas geantwoord het en in dieselfde rigting. As die wind nie heeltemal reg is nie, sit die roeper dwars op die wind van die bakkie af en bv tussen jou en die leegte of randjie of wat ookal hy gaan gebruik as sy roete. En gebruik eers 'n ander roep as die een waarop hy jou geantwoord het. Watter roep is moeilik om te se, as jy 'n enkel jakkals gebruik het probeer weer een, as hy vir jou weggehol het op 'n groep jakkalse (soos bv Vlekkie 9) probeer eers 'n enkel jakkals soos Jakkalshuil. As hy jou antwoord bly stil vir so 5 tot 10 minute en begin dan saggies met 'n kossie.

As jy 'n goeie peiling het en jy kan ry tot daar, ry na die jakkals toe en probeer so naby aan jou peiling ry as moontlik maw so reguit as jy kan na waar hy geroep het. Oor die aggresief antwoord - ek dink nie dit beteken noodwendig hy is by die nes nie - my ondervinding is as hulle van die nes af antwoord bly hulle of antwoord van die nes af of hulle kom in asof hulle wil mes steek. Enigste manier is ry soontoe en kyk. As jy hulle nie kry daar nie, roep weer van daar af en probeer iets soos 'n jakkals distress tussen in.

Daai ligsku ou ook in jou vorige post - sit reg - as jy sy oog optel, probeer iets soos Bakoorjakkals baklei, of Katjakkalsbaklei of klein jakkals distress en kyk of dit nie sy aandag van die lig aflei nie. Ek het nou so rukkie terug 'n skelm ou reun so geskiet - hy't gestop anderkant die draad so 350m van my af - toe probeer ek Jakkals distress maar hy tjank net saam - toe gooi ek Katjak baklei en toe daai kat so die 3de keer se "Miaau" toe kom daai man in dat ek hom amper nie gestop gekry het nie.
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: My eerste nag met FX3

Post by Raven »

Dankie vir al die hulp , ek sal laat weet oor 2 weke wat ek regkry.
My bloed kook nog bietjie baie oor my laaste verliese op die plaas  >:(

Groete Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
boeta
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm

Re: My eerste nag met FX3

Post by boeta »

Raven

Laat weet ek sal help,ek soek werk ;D Ek is ni pro ni maar sal my bes probeer,het reeds nog ni my nuwe telescope op jakkie gerig ni,brand om dit te doen,sal mede forum members help.

Boeta
An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: My eerste nag met FX3

Post by Raven »

Boeta,

Ek is weer op die plaas so in 2 weke, maar jy iste duur man  ::)
Jy is enige tyd welkom om my te kom help.Dan kan ek sommer 'n paar "tips' optel by jou.  8)
Ek sal in kontak bly met jou.

Ek het gisteraand 'n jagplaas buite windhoek gekry wat ek ook moet jakkals jag 2de week in October.
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: My eerste nag met FX3

Post by Francois Marais »

Raven

Ek wily self nou nie nooi nie, maar is daar nie dalk plek vi my op daai trip nie????  Laat weet bietjie.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: My eerste nag met FX3

Post by Raven »

FM

Van watter "trip" vra jy nou, die een na my plaas of die een hier naby whk.
Na my plaas toe sal ek jou enige tyd saamvat, vir die ou hier naby whk sal ek moet hoor wat se hy.

Groete
R
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: My eerste nag met FX3

Post by Francois Marais »

Raven

Maki saki, daar waar die skote klap wil ek by wees.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Post Reply