Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

tafjak

Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by tafjak »

Ek wil vandag 'n baie groot klip in die bos gooi en sommer solank 'n bomskuiling bou.

Dit wil al vir my voorkom of ons boere (ek boer ook) 'n groter probleem word as die katte en jakkalse. Kyk 'n jakkals hou mos van 'n plaas met flenter heinings, erosie, onbeheerde lamtye ens. Eintlik was jakkalse nog nooit 'n probleem nie, slegs 'n byvoordeel a.g.v. die gebrek aan samewerking. Gaan kyk maar waar bure saamstaan.

Ek kom al meer agter waar bure nie saamstaan nie, floreer jakkalse en dit veroorsaak nog verdere struwelinge tussen bure. Julle ken mos nou al die gesegde van my koedoes en jou jakkalse, in elk geval in my omgewing. Ek reken dit behoort te lees: ONS JAKKALSE!!!.

Wat se die manne?

Koes-koes groete

Taffie
Last edited by tafjak on Thu Jan 29, 2009 9:02 am, edited 1 time in total.
User avatar
Kruger
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by Kruger »

Taffie

Al koes jy ook gaan dit nie help nie, want jys te groot om te koes, maar dit sal ook nie nodig wees nie, want ek dink jy is nogal reg. Vroeer jare het die boere saamgestaan en jakkalse omtrent uitgeroei. Dis 'n volgende generasie boere wat sonder jakkalse grootgeraak het wat dinge laat slapl? het en nou dat daar weer 'n krisis is, is baie boere onwillig om saam te werk. Eers wanneer hulle erge skade gely het begin hulle wakker skrik. Groete
Winners never quit - Quitters never win.
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by Caller »

Tafjak

Man jy praat weer waar.

Dit is een van die belangrikste boodskappe wat ons as jagters aan die boere moet oordra. Dit is die omgewing (almal) se jakkals en wanneer die boere baklei wen jakkals se kjent alliepad. Ek is ook maar van die ou Boerenasie al boer ek nie self nie. My voorgeslagte was maar almal boere. Seker maar waar die jakkal skietery in my bloed, vannanaf kom.

Caller 
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by WillJak »

Eintlik moet ek seker eerder hier uit bly want ek is nog maar ?n appy, maar ek dink Tafjak is reg ? en daar?s ?n paar ander goete ook oor hoekom die jakkalse nou so oral is.

Ek dink die groot probleme is twee; die eerste ding is die ou Boere nasie ? kyk maar in die geskiedenis ? die manne is gatvol hier uit die Kaap uit weg vir die Ingelse en dis nie lank daarna nie toe skiet hulle oor en weer op mekaar oor die Vaal rivier?.. En die tweede ding met die saamstanery is daar?s altyd iemand op die punt. As 10 plase saamstaan is daar ten minste twee ouens wat grens teen ouens wat nie wil saamwerk nie ? en hulle sit met die groter probleme, so hulle voel nie dis reg nie en so begin die bose kringloop.

Dan is daar die wildsplase, natuur reservate, naweek plase en die mislukte ?groen? pogings om vlekkie te beheer.

?n Ander aspek van die beheer is sekerlik maar menslik, maar die meeste manne wag maar tot daar ?n probleem is voor hulle dit aanspreek. Daar is uitsonderings, en gewoonlik is die ouens meer suksesvol, maar oor die algemeen wag die boer tot hulle hom begin vang voor hy bel ? dan?s die skade klaar gedoen.
Plaas dat die manne beheerprogramme opstel en op ?n vaste afspraak ?n man inkry om vlekkie onder beheer te hou ? al betaal jy hom ?n basiese fooi elke keer as hy uitkom. Aan die einde van die dag is dit baie goedkoper as die skade wat jy ly met die vangery.
Want dis die ander deel van die probleem ? as die jakkalse loop skiet almal, tot die ou wat agter die till werk in die kooperasie. Maar die tye as dit moeiliker gaan (juis die tyd wat beheer die beste toegepas kan word want elke dragtige teef is ten minste 5 jakkies) dan verdwyn die manne ? en dit maak die boere ook negatief teen die prof jagters.
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by Freek »

Willjak, vir 'n so genaamde "appy" raak jy nogal groot wyshede kwyt. Die enigste tyd wat ons boere nasie almal saam gestaan het was op die skip na Sinthelena (hoop my spelling is reg) want daar was nie plek om te sit nie... ;D

Maar dink net watse kans het Vlekkie as ons regtig saam staan, seker twee -  nul en niks.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by WillJak »

Ek dink die oplossing vir die hele ding is in wat Tafjak noem "Ons Jakkalse" - en dit is seker deel van 'n opvoedings proses, maar daar is maar altyd die ou wat dwarstrek. Gelukkig is daar ook die ander kant - boere wat dit op hulself neem en waar die reel is; "As jy vir Vlekkie kry, klop hom, ek sal dit uitsorteer" so as die jakkals oor die draad is, of hy kom van die buurman af in, dan skiet jy hom en die boer betaal jou - en sorteer dit met die buurman uit.

Menslik gesproke is dit seker te veel om te verwag dat die ouens altyd moet saamstaan, maar ons kan seker almal probeer om te help met die opvoedings/opleidings proses.
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
baasjan

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by baasjan »

Willjak
In jou standpunt van opvoeding van die boer en opleiding van die jagter l? die kruks van die saak.

Julle kan die ding so effens verder neem. Hier in ons geweste betaal elke boer 25 sent per hektaar per jaar in 'n fonds in. Gemiddelde plaas tussen 5000 en 6000 hektaar groot. Dan betaal die klub R400 per jakkalsvel aan die boer. Dws. die boer wat "nie jakkalse het nie" help betaal aan dit wat doodgemaak word en die man wat moeite doen ontvang 'n soort van kosteverhaling. Die klub speel tot nou toe na 'n bestaan van 10 jaar darem finansieel nog gelyk.
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by johan »

Dit werk uit op 3.5jakkalse op 5500 ha @jaar,of help my reg?
Julle is werklik baie gelukkig om so min jakkalse te he,hier in die istencape staan sake baie erger as by julle,vra maar die groot gees en jakkals meester TAFFIE,hy sal baie gewig verloor in julle wereld.

johan...QBE
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by WillJak »

Basjan, ons probeer, maar dit gaan soms maar moeilik ? die manne het hier in een van die distrikte ook so klub gehad en dit het heel goed gewerk ? tot van die manne velletjies begin ingee het wat op van hulle ander plase in ander distrikte geskiet of gevang is??

Johan praat ook waar, ek weet nie of daar minder jakkalse by julle is nie en of daar net minder van die ouens is wat laat skiet nie, maar hier kan ek jou s? as voorbeelde; Tafjak het nou die aand een familie geskiet op ?n plaas ? 10 in totaal ? en dit by ?n man wat nogal Anatolies het wat redelik goed werk. Ek self het in die laaste week 3 by een ou geskiet uit een nes, die buurman het 2 uit dieselfde nes doodgemaak vroe?r dieselfde dag aan sy kant van die draad en daar is ten minste nog 1 of 2 van dieselfde nes wat rond dryf. Dan is daar ten minste nog twee dik spanne op sy plaas wat ek al gemerk het en moet by uitkom in die nabye toekoms ? en dit is op so 4000 Ha.

Maar die beginsel wat jy voorstel is wel werkbaar ? die ding is die opleidings/opvoedings proses wat nodig is om almal respekvol te laat saamwerk.
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
baasjan

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by baasjan »

Willjak, Johan.
By ons het ons ook die enkele kansvatter boer --- hy word eenvoudig kort gevat en moet bewys lewer van waar en wanneer of ons betaal nie uit nie. Snaaks hoe 'n man se gesindheid verander as sy buurman en vriend hom bevraagteken.
Ons het beslis minder jakkalse per hektare maar seker maar dieselfde getal per vee-eenheid.
Aan die begin het ons R100 'n vel betaal. die getal velle wat deesdae inkom het met seker 50% verminder  en die prys is nou R400. Wild is by ons nie 'n algemene boerdery nie en beheer is dus makliker. Met die periodieke droogtes gee die jakkals ook pad na groener weivelde.
Daar word wel bereken dat nieteenstaande aktiewe teenmaatre?ls en optrede die gemiddelde boer nagenoeg tussen 5% en 10% van sy lammers verloor. Boere wat teen die parke boer word behoorlik van hul grond af gevreet en daar kan klubs net nie finansie?l bestaan nie omdat die PARKE nie hul deel bydra nie en glo dat hulle net jakkalse teel wat groente vreet.
Meeste van die plase is jakkalsproef omhein wat beheer vergemaklik.
Dit wil tog lyk asof ons positiewe resutate het met ons manier van doen --- maar as hierdie beheer onderbreek word sit ons binne 2jaar met 'n chaos. Daarom dat ons so sterk standpunt inneem en die motiewe van onbeplande en ondeursigtige regulering bevraagteken.

Hier is dan ook net 'n handjievol bekwaam jagters wat deur ons boere vertroetel word  -- die fly-by-nights is uitgewerk en is welbekend sowel as onwelkom.
User avatar
Kruger
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by Kruger »

Basjan ek hoor wat jy s? van die 25c/ha gedeelte. Hier by ons was 'n soortgelyke sisteem en dit het baie goed gewerk - voordat ons baie jakkalse gehad het. Binne enige distrik is ook sekere areas wat deur jakkalse verkies word as gevolg van topografie en plantegroei wat skuiling bied. Kort voor lank wil die ouens in die vlak minder betaal as die in moeiliker areas, want hulle het kwansuis minder jakkalse. Soos die bewaringsgebiede nader gekom het, het wildplase ook meer geword. Dit het gelei tot meer en meer jakkalse wat geskiet is en moes die belading per hektaar ook toeneem. Geen boer het formeel ges? hy onttrek nou aan die klub nie, maar sommiges het net ophou betaal (dalk omdat hulle dit nie meer kon bekostig het nie) en het dan op die betalers begin teer. Dit het weer gelei tot ontevredenheid en kort voor lank was dit die einde van die klub.  Ek het so vinnig 'n sommetjie gemaak en hier is dele waar ledegeld minstens so hoog as R11,00/ha sal moet wees om dit nou te laat werk. 25c/ha is "a walk in the park", glo my julle het nie jakkals probleme nie, daarom werk dit so goed.

Vandag is ons net 'n paar boere wat werklik probeer. Die res slaan oor na beeste, wild, kapaters of hamels om uit jakkie se pad te bly en hulle gronde dra by tot die probleem. Angora kapater is in die werklike moeilike areas eers veilig na sy tweede jaar volbek. Voor dit vreet hulle hom op. Ek is een van die bittereinders wat die geveg nog voluit veg, al verloor ek ook somtyds moed. Ek weet nie hoe lank ek nog kan uithou nie, emosioneel en finansieel. Ek het twee jaar gelede 'n volle 13 lammers gehad wat ek kon bemark op 'n spesefieke stuk grond, dis al. In dieselfde tyd is honderde jakkalse in die omgewing gedood, maar hulle het hul veilige areas waar ons nie die oorsprong kan gaan aanspreek nie en elke jaar kom daar maar weer 'n nuwe span wat kom vreet. Gelukkig het ek ander grond ook in 'n makker gebied, maar in die warm gebied het ek die afgelope jaar 'n gemiddeld van 25/1000ha doodgemaak. Reiskoste uitgesluit beloop dit R15/ha om gelyk te breek. Van my bure is wildboere met "Game lodges" waar gaste astronomiese bedrae betaal om oor te slaap. Hulle geniet dit om jakkalse te hoor skree - die Afrika gevoel. Daarom sal hierdie grond eienaars ook nooit inskakel by 'n soortgelyke sisteem nie, tot dit vir hulle ook te laat is nie. Ons wat met skaap boer weet wat ons getalle is, dus kan ons verliese maklik bepaal. By wildboerdery is dit nie so maklik nie en hulle kleinwild kry baie swaar, maar hulle maak geld met mense,  (akkomodasie, 10 beddens @ 65% besetting en R1500/nag= R3,558 mil) baie meer as wat hulle kon maak uit skaap.

Geen heining is jakkalsproef nie. Jy kan maak wat jy wil, as 'n jakkals wil inkom sal hy. Voeg daarby bosvarke en vlakvarke en 'n jakkals loop regop deur daai jakkalsproef draad, sonder dat hy aan die draad raak.

Wat ek probeer s?, is soos die Engelse s?:"Never judge a man unless you have walked a mile in his shoes." Moet nooit iemand wat al op moedverloor se vlakte is aanspreek as common nie. Jy sou dalk al lankal soos hy gevoel het as jy sy probleme gehad het.
Winners never quit - Quitters never win.
baasjan

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by baasjan »

Kruger
Simpatie ou swaer.
Ek het 'n vriend langs ons Park en weet hoe jy voel. Die man ry 7 lammers met sy bakkie weg --- die totaal van sy lammeroes uit 250 ooie.
Hokaai jy verstaan verkeerd.
Ek het nie na julle boere in die algemeen as common verwys nie. Die jagmanne verwys na boere by hulle wat skelm is en lieg oor hul jakkalse en nie wil saamwerk nie en teer op ander --- en noem nie dat dit darem seker die uitsondering is nie ---dus simpatiseer ek tong in die kies met hulle oor daardie boere waaroor hulle so kla en krap so 'n bietjie hul g---e om hul reaksie te sien. ( Sit en lees dan ook meeste van hul reaksies met 'n bre? glimlag). Ek verwys dan na daardie spesifieke boere waaroor die jagters so kla as common --- om te sien of daar nie reaksie uit daardie oord kom nie. Parasiete en leuenaars is mos common.
Nou het jy gereageer en jy is beslis nie een van hulle nie  -- ek lees jou bydraes en ondersteun jou in vele opsigte in ons gemeenskaplike doel ---- wanneer die tyd aanbreek sal ons  twee oor meeste dinge saamstem.

Kom koop vir jou 'n plaas langs my dan vrek jou jakkalse van die honger in die droogte.

Basjan
User avatar
Kruger
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by Kruger »

Ek haal aan:" wanneer die tyd aanbreek sal ons  twee oor meeste dinge saamstem." Dis nie nodig dat ons eers moet saamstem wanneer jy dink die tyd het aangebreek daarvoor nie. Hou nou op met die ge g....t krappery. Dis nie die doel van die forum nie.
Winners never quit - Quitters never win.
baasjan

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by baasjan »

Kruger
Mooi man?
Ag nee, ek het nie ges? wanneer ek dink die tyd het aangebreek nie.
Met wanneer die tyd aanbreek word bedoel wanneer standpunt miskien geformuleer word en ons ons ondersteuning moet gee of nie. Wat ek werklik glo sal moet gebeur anders bly die forum net by 'n gesprek.
In die tussentyd is my standpunt wel reeds duidelik gestel in my ondersteuning vir Hein se gedagterigting.
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by johan »

Basjan
Ja-nee jyt nou jou kop in n istencapese killerbee nes gesteek ;D
Laat die manne maar klaar steek,hulle bedaar gou weer ;)
Ek vermoed daars nog een of twee wat hul harte gaan uitspoel,byt vas.
Die ding van commen ens het ek ook nie ligtelik gesluk nie,dis genoeg dat die regering van die dag geen respek vir my(en vir jou ook my oom) as boer het nie.Om dit dan nog uit eie geledere te hoor is om van die mur in te word.

Kom nou manne,genoeg!!!stop!!!

johan...QBE
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
baasjan

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by baasjan »

Johan
Dat die manne almal deel is van een nes is beslis so  -- zoem saam en steek saam. Mooi so.
Geen probleem.
My moedswilligheid het voort gespruit as reaksie op die aantyging wat gemaak was uit zoem geledere dat die boer 'n bekende leuenaar, parasiet en dus verneuker sou wees. As boer uit 'n ander provinsie kon ek nie hierdie veralgemening stilswyend aanvaar nie en het dus doelbewus oordrewe met simpatie gereageer om te kyk of daar tog nie uit zoemgeledere 'n erkenning wou kom dat dit slegs die uitsondering is. 'n Boer wat lieg oor jakkalse vir sy eie voordeel hetsy finansieel of anders en tot nadeel van sy buurman en die jagter is 'n eenvoudige ( common ) skepsel ( ter wille van Langbroek ). My standpunt was egter van die begin dat hulle in die verre minderheid is en nie as norm gehou moes word nie.
Die reaksie wat nou kom ter beskerming van die boer se algemene karakter word dus as positief ervaar en as 'n erkenning dat die meerderheid van ons darem nie leuenaars en verneukers is nie. Dankie, al gebeur dit so skaamkwaad.

Ek dink tog jy het deur dit gesien.
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by johan »

Basjan
Ek het beslis deur dit gesien ;D
Die manne(dit sluit ons twee in) is maar soms fyngevoelig.
Ek is al die naam Roerder toegedig op die forum en ek aanvaar dit gelate omdat ek gereeld by n bos vassteek en n klip daarin gooi om reaksie uit te lok,maar oe wee gooi nou n istencapese bynes raak!!
Ag nee wat, ons is almal mooi groot en verstaan dan teen die tyd die konteks waarin die beskrywing common gebruik en bedoel is,dis heeltemal onskadelik.

johan...QBE
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
User avatar
Kruger
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by Kruger »

Basjan vroeer is dit al genoem dat ons self die oorsaak is dat CN en trawante vir ons lag. Wie is ek of jy om te oordeel wie common is en wie nie? Ek weet jy spot net, maar dit polariseer ons net in eie geledere. As jy graag wil krap, krap dan aan CN of Landmark, dan kan ons almal saamstaan en saam krap. Glo dit as jy wil 50% of minder boere in hierdie area is aktief betrokke met ongediertebeheer, die res is wild-, hamel-, kapater- of beesboere, maar dit maak hulle nie common nie. Die punt is daardie ouens moet nog oortuig word om saam met ons te staan en ook te begin ongediertes beheer, maar noem hulle common, dan kan ons vergeet om dit reg te kry.
Winners never quit - Quitters never win.
rednat

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by rednat »

Johan
En geniet ek toe nou ook soos jy die klip in die bos of bynes gooiery met veral die uiteindelike reaksies van die manne. Wys onse vriende is nie dood nie. Ek wou my ook eers liederlik vir Basjan vererg totdat 'n vriend van my die besigheid lees en vir my verduidelik dat Basjan eintlik besig is om  teen algemene kritiek teen  die boer standpunt in te neem.
Sit en kyk graag sulke onderonsies vanaf die kantlyn, dan raak my oge nie vol stof nie en kan ek helderder sien en dink.
Sal in die toekoms jou bydraes mooi en versigtig lees vir daardie klein klippie, want 'n mens wil nie graag 'n verkeerde skoen aantrek nie.
Maar maak gerus so met 'n klippie of twee. Dit gee bietjie kleur en wys sommer wie lees as hulle wakker is. ;D


Rednat
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by Freek »

Raait, haal 3 keer diep asem en kyk om julle rond... seer sekerlik gaan julle iemand sien wat slegter af is as jouself. Dan waardeer jy die feit dat jou las ligter is en jy dra jou pakkie met 'n smile.

Kruger en al ons ander boere hier ek het simpatie met almal van julle, ek weet wat dit verg en ek weet waarteen ons mense baklei. 'n Boer dra 90% van die produksie risiko en moet vierkantig vas kyk in mark neigings, natuur rampe (jakkalse), inset kostes ens. Dit is 'n beroep wat baie van 'n man verg- jy staan op jou eie- en julle is reg, as alles so teen jou begin draai voel dit of jy kan opgee en jou geduld word tot op die uiterste getoets.  Eending is seker my maat enige boerdery is die beroep wat jou die naaste aan jou skepper bring want op jou eie gaan jy nooit, en ek bedoel nooit alles vermag nie. Al hierdie uitdagings versterk 'n man se geloof en bring die besef terug van waar jou krag werklik vandaan kom - nie ek, jou buurman of jou beste pel kan jou help nie, al probeer ons ook hoe hard...ons is ook net mense (en mense stel teleur al word dit nie so bedoel van hulle kant af nie, ons is almal vol foute). Die bietjie raad wat ek julle kan gee (ons almal hier weet dit maar ons almal hier neig om gereeld van die resep af te wyk) is om ons verhouding met ons VADER te behou - HY is die enigste een wat ons in SY hand vashou en as jy werklik voluit op hom vertrou sal hy voorsien maak nie saak hoe moeilik dit gaan nie.

Sterkte manne ek is jare terug saam met my gesin deur al hierdie pyne en ek het gesien hoe word 'n groot man af gebreek tot op die grond, alles verloor, en hoe hy krag kry deur sy geloof by ons Pa om weer op te staan, die stukke by mekaar te skraap en die lewe weer vierkantig in die oe te staar. Dit is nie maklik nie en my beurt kom ook seker nog... :) Moet nooit 'n persoon veroordeel oor sy omstandighede nie, jy was self nog nie in sy skoene nie.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Mountainman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Sun Jan 18, 2009 3:39 pm

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by Mountainman »

Daars hy manne, Freek het so pas die spyker op die kop geslaan.

Ons moet meer bid vir ons regeering en verandering, want dit is slegs die Vader wat dit teweeg sal bring.
Ja, julle lees reg, ek se weer bid vir die regeering, bid dat hulle gelowig sal word, bid dat hulle elke besluit sal neem met God se toestemming en raad.

Dis al van my kant, net my twee sent.
Groete

M

Fear the Government that fears your guns!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by Louis102 »

Net 'n opmerking:

Ons Hemelse Vader moet (met die grootste respek) 'n baie moeilike taak h?!  Ons ou Boerenasie (ek's self een) weet so te s? alles en ons kan bittermin geleer word.  Ons kraai koning op ons eie stukkie grond en word maar moeilik oortuig.  As ons eers standpunt ingeneem het, staan ons by wat ons glo is reg en is onwrikbaar in ons geloof!

Nou hoe maak ons Hemelse Vader nou as die "groenes" ook bid maar hulle "versoeke" en "gebede" klink anders as ons s'n?  Amper soos met skole rugby - albei spanne bid dat hulle moet wen - nou hoe gemaak?  Dan kla ons soms dat ons gebede nie verhoor word nie!

My bede is dat ons almal groot wysheid sal ontvang om dit wat oor ons pad kom op die regte manier te hanteer!

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Mountainman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Sun Jan 18, 2009 3:39 pm

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by Mountainman »

Louis,
Dit wat jy se is so waar van ons boere nasie - ons kon nie eens behoorlik saam staan in die boere oorlog teen 'n gesaamentlike vyand nie!

Ja, jou tweede opmerking is 'n moeilike een om te antwoord, maar ek stem saam oor die wysheid. Ek dink geduld is ook 'n goeie punt om voor te bid. Ek dink dat sonder geduld gaan dit maar moeilik gaan om die groenes, anti wapens en donker groenes te oortuig van ons standpunte.  ;)
Groete

M

Fear the Government that fears your guns!
tafjak

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by tafjak »

As ons bid en vra dat die beste span wen.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Wat is die probleem?: Jakkalse of die Boere

Post by Louis102 »

Ek hou nogal van die idee dat die "under dog" ook somtyds 'n kans staan.  Sal dit nie vervelig wees as die "sterkste" span altyd wen nie?  Dawid was mos nie "sterker" as Goliat nie.  Sy plan was beter, hy was vernuftig, het nie sy vyand onderskat nie en het doodseker by die regte plek om hulp gevra.  Klink na die regte plan.

Die punt wat ek seker wil maak is dat ons in al ons pogings die morele ho? grond moet probeer behou.  Al is dit somtyds baie moeilik.  Ek moet bieg dat ek een van die skuldiges is wat te gereeld 'n slingse plan bedink om my kort termyn doelwit te bereik - en te gereeld vang slim sy baas.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Post Reply