swaarste koel in 1in10 243?

Post Reply
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: swaarste koel in 1in10 243?

Post by baboonstalker »

Piet,

Ek weet van manne wat 105 Nosler custom competition's uit 'n 1/10 twist skiet, maar dan gooi jy baie poeier vir spoed en die loop maak dit nie v?r verby 800 skote nie!

As jy Round nose (lees kort) koe?ls skiet kan jy dalk selfs swaarder gaan, maar ek weet nie of jy die tipe 6mm koe?ls swaarder as 100 gr beskikbaar is nie.
P
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: swaarste koel in 1in10 243?

Post by Frikkie Coetzee »

BS

Swaar punte is volop.
Daar is n formule wat vir jou se wat jy kan skiet maar dit blyk maar n rule of thumb te wees. ( Greenhill Formule) Lilja se site het egter n makliker grafiek om te gebruik

Dit is eerder die lengte van die punt eerder as die gewig wat die bepalende faktor is. Swaar koels is langer.

Ek kry nie ligte punte in my 1 in 8 243 loop gestabiliseer nie. Nie eers n 100 greiner nie. Die 1 in 10 skiet weer maklik enigeiets van 80 to 100 gr.

Ek is van opinie dat mens gaan nie sonder werk swaarder as 100gr skiet in n 1in 10 loop nie.

Frikkie
Cradock
User avatar
Jassie
Hero Member
Hero Member
Posts: 549
Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm

Re: swaarste koel in 1in10 243?

Post by Jassie »

Manne

'n Vragie - "bietjie van die topic af" en sorry vir die klein hijack.

Wat is die ligste (kleinste massa) wat in 'n 1-in-10 .243 loop gaan stabiliseer.

Groete
JAS
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: swaarste koel in 1in10 243?

Post by 243Songdaug »

Het al 55grein Sierra's uit 'n 1/10 Vektor geskiet en hulle het mooi geloop.
Dont tell me, show me......
Gerard

Re: swaarste koel in 1in10 243?

Post by Gerard »

Die beginsel van stabiele vlug is dat 'n koeel te lank kan wees maar nie te kort nie.  As 'n loop 'n gegewe koeel stabiliseer, sal dit altyd iets wat korter is stabiliseer.  Wat wel kan gebeur is dat die stabiliteit van die koeel so hoog kan wees (baie kort koeels) dat dit nie draai oor die boog van die trajek nie en dan onaanvaarbare 'spin drift' begin gee. 

Ons praat egter nie hier van normale jagafstande nie en met geen kaliber van minder as 400m nie. 

Die die lengte van die punt (en die berekende gewig van die punt) het wel 'n invloed op stabilitiet, al is twee koe?ls dieselfde lengte en gewig maar, dit is relatief klein en het te doen met die lanseerspoed en waar die punt se gewig die swaartepunt van die koeel plaas.
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: swaarste koel in 1in10 243?

Post by Frikkie Coetzee »

Gerrard

Ek is nie doodseker of ek jou presies verstaan nie.

1. In die algemeen is swaarder punte langer, gegewe die selfde samestelling en vorm . Ronde neus punte is die gewig gewoonlik korter en monometaal punte soos joune lager vir die selfde gewig.
2. Wat ek verstaan is dit die LENGTE van die punt wat jou groefdraai bepaal. Vandaar jou sg Greenhill formule.

3. Jy se nou die lanseer spoed en die swaartepunt is meer krities.

4 Ek dink dat vir meeste van ons sal die swaartepunt eerder deur die vervaardiger en die tipe koel bepaal word en kan ons nie veel daaraan doen nie. Hoe verskil dit tussen n "tangent ogive" en n "secant ogive" byvoorbeeld? Ek verstaan dat die laasgenoende tipies is van bv jou Bergers? Is dit korrek? 

Hoe gaan dit my prakties help om my geweer te kry om die beste akkuraatheid te gee?

Ek verataan jou teorie tot n mate maar ek wil weet hoe om dit in praktyk te gebruik.

Kom ek gee jou n voorbeeld.

My 1 in 8  243/6mm loop skiet nie akkuraat met  100grein punte nie. As ek jou teorie reg verstaan, as ek die spoed sou opstoot KAN dit wel verander en weer akkuraatskiet? (Hy skiet wel baie akkuraat met 105gr lapua Scenars.)

Hoe doen jy dan aan die hand kies mens die korrekte punt vir jou loop?

Vat weer my 1 in 8 as voorbeeld???
Ek het die loop. Hoe gaan ek volgens jou te werk om die regte punt te kry vir my loop as ek in die winkel instap??.Ek verneem graag.

Frikkie
Cradock
Gerard

Re: swaarste koel in 1in10 243?

Post by Gerard »

Kom ons probeer.

1 en 4.  Indien die vorm dieselfde is sal langer punte swaarder wees maar die swaarder punt se meplat sal kleiner wees.  Waar twee punte dieselfde lengte is sal 'n aansnyvorm (secant) ligter wees as 'n tangentale vorm en dus die swaartepunt van die koeel terugskuif.  Die algehele gewig van die twee koeels kan egter steeds dieselfde wees as die skag van die koeel met die aansnyvorm punt effens langer is.  Mens neem aan dat albei koeels plat hakke het.  Ek is nie seker wat jy bedoel met 'n 'korter gewig' nie.  Die lanseerspoed en swaartepunt van die koeel is deel van die ontwerp en is die vervaardger se verantwoordelikheid.

2. Die lengte van die punt bepaal nie die groefdraai nie. Daar is 'n verskeidenheid van faktore wat die spiraal bepaal en Greenhill neem net die lengte van die koeel in ag met geen inset ten opsigte van puntvorm puntlengte of koeelgewig nie.  Greenhill werk net met loodkern, tangentale punt, plat hak koeels.  Dit is van geen nut met enigiets anders nie.  Ongelukkig gee simplistiese formules soos Greenhill, Miller en ander berekenings gegrond in daardie twee, simplistiese resultate.  Gebruik een van hierdie twee om nader aan die waarheid te kom.  http://www.border-barrels.com/drag.htm  Moet op die Border Barrels webwerf gebruik word en  http://www.gsgroup.co.za/wload212.zip kan afgelaai word en op jou rekenaar gebruik word.

3. Ek het nie ges? dat lanseerspoed en swaartepunt meer krities is nie.  Ek het juis ges? dat die invloed relatief klein is en dat die posisie van die swaartepunt verband hou met die lanseerspoed.

Wanneer jy s? dat jou 8" spiraal nie akkuraat is met 100gr punte nie, bedoel jy seker 100gr koeels.  Daar is 'n ander rede voor as die gewig van die koeel.  As die geweer akkuraat is met 105gr Lapua koeels sal dit potensie?l akkuraat wees met enige korter koeel of puntvorm. 

In die praktyk het stabiliteit niks met akkuraatheid te doen nie, daar moet net genoeg wees.  Akkuraatheid is die resultaat van konsentrisiteit en herhaalbaarheid.  Wanneer 'n geweer sensitief is vir korter koeels of baie skerp reageer op verkillende snelhede, dui dit op iets op die geweer wat skort.

Wat die keuse van punt lengte betref, moet dit kort genoeg wees sodat die lengte van die punt, tesame met die lengte van die dop, bymekaargetel, minder is as die lengte van die magasynkas van die geweer.

Koeels met ronde punte word weer hoofsaaklik so gekies dat hulle in die vryboor van die geweer sal pas.
Francois Briedenhann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm

Re: swaarste koel in 1in10 243?

Post by Francois Briedenhann »

Jaco

Ek dink in daai 243 van jou kan enige iets lekker skiet daai roer is darm maar n lekker roer net jamer jy wil hom nie vir my gee nie.Hehehe 

Groete FB
Post Reply