Dagse manne!
Verskoon maar, ek het gedink ek moet dit net opsit vir die manne wat nie presies weet wat die verskil is tussen 'n draai jakkals (cape fox) en rooi jakkals en bakoor nie of vir die manne wat nou begin met jakkals jag.
Die inligting is nutteloos vir die manne wat die verskil ken, maar daar is regtig mense wat nog nie 'n draai jakkals of bakoor gesien het nie.
Party plekke het nie draai jakke en bak ore nie, maar dis vir as mens gaan skiet in areas waar hulle voorkom.
Hier is 'n foto van 'n draai jakkals, rooi jakkals en bakoor jakkals.
Maak dood seker van identifikasie voor die sneller getrek word. BAIE groot boete as hulle jou vang 'n draai jakkals skiet. Die draai jak het ook 'n baie dik stert. Hy het ook nie die saal op die rug soos die rooi jakkals nie. Hy is baie kleiner en hulle kom baie maklik na die roeper toe.
Die bak oor jakkies is ook skadeloos.
Hoop die foto's kan iemand help met identifikasie in die aand.
Draai Jakkals, Rooi Jakkals en Bak oor jakkals...
- marno
- Hero Member

- Posts: 713
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am
Draai Jakkals, Rooi Jakkals en Bak oor jakkals...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by marno on Wed Dec 14, 2011 12:35 pm, edited 1 time in total.
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Draai Jakkals en Rooi Jakkals...
Dankie hiervoor Marno. Maak die draai jakkals net soveel skade soos die rooi jakkals? Waarvandaan die groot boete indien jy wel n draai jakkals skiet?
Veiligheid eerste manne!
- marno
- Hero Member

- Posts: 713
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am
Re: Draai Jakkals en Rooi Jakkals...
Hallo,BRNO .06 wrote: Dankie hiervoor Marno. Maak die draai jakkals net soveel skade soos die rooi jakkals? Waarvandaan die groot boete indien jy wel n draai jakkals skiet?
Draai jakke sal baie klein lammetjies vang maar hulle maak nie naastenby soveel skade soos rooijakkalse nie.
Dink amper as ek dit nie mis het nie dat Cape Nature die draai jakke op die endangered list gesit het.
Iemand moet maar reg help as ek dit nie reg het nie.
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
- Dawie D
- Hero Member

- Posts: 548
- Joined: Tue Sep 01, 2009 7:52 pm
Re: Draai Jakkals, Rooi Jakkals en Bak oor jakkals...
Marno
Jy sal ook sien al verskil tussen n draai jakkals en n jong rooi jakkals (voor die rooi jakkals die swart op sy rug kry) is die swart streepe agter op n draai jakkals se agter bene.
Jy sal ook sien al verskil tussen n draai jakkals en n jong rooi jakkals (voor die rooi jakkals die swart op sy rug kry) is die swart streepe agter op n draai jakkals se agter bene.
As ek jou sien gaan jy val
- marno
- Hero Member

- Posts: 713
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am
Re: Draai Jakkals, Rooi Jakkals en Bak oor jakkals...
100% Dawie. Net om dit te staaf. Hier is nog 'n foto waar mens die swart op die bene kan sien.Dawie D wrote: Marno