Poacher, het jy nou lekker gekry?

Post Reply
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Poacher, het jy nou lekker gekry?

Post by Ian »

Ek hoop jy lees die raak, POACHER, SIEK MENS. Het jy nou lekker gekry om die Koedoe dood te skiet om net daar te los. Ons probeer iets opbou in nege jaar en jy kom breek alles af in minder as 'n sekond. Magtig man, as jou vinger jeuk of honger is, hoekom vra jy nie?  Jy moet net een ding onthou, jy gaan jou rieme eendag vasloop en dan gaan daar GEEN genade wees. 
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Poacher, het jy nou lekker gekry?

Post by grumpy »

Ian, jy moet n paar van ons nooi om te kom kuier dan skiet ons met verkykers en soek die manne.

Een voorwaarde is jy moet n graaf he om die lyk te begrawe anders lok dit onnodige aas diere.

Save the animals, shoot a poacher!!!!!
Ek het baie groot vis hoeke wat lyk soos n gaff. Ek hang hom by sy knaters daarop. :police:
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Poacher, het jy nou lekker gekry?

Post by 243Songdaug »

Ai ou Ian. Jammer om te hoor - jy kry ongelukkig sulke idiote oral in ons samelewing - hulle woon en werk tussen ons!

Ken manne wat glo dat as hy 'n koedoe op sy grond kry moet hy dadelik vrek - want sy redenasie is dat as hy hom nie skiet nie skiet die buurman hom m?re!!!
Dont tell me, show me......
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Poacher, het jy nou lekker gekry?

Post by Beretta »

Ian
Ek het nie tyd vir sulke manne nie hy moet verseker in die tronk sit sy naam moet bekend gemaak word en al sy gewere verloor.En ook die grap gatte wat in die pad ry en diere skiet.
Beretta
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Poacher, het jy nou lekker gekry?

Post by Beretta »

Ian
Voor ek vergeet as die Poacher se vinger juk dan moet hy maar in sy boude of neus krap >:( >:( >:(
Beretta
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Poacher, het jy nou lekker gekry?

Post by Hein M. »

Ian,

Weet dit is dalk moeilik, maar vertel 'n bietjie wat het gebeur?  Waar / wat / wanneer / waarmee?

Hierdie tipe ding maak 'n mens sommer die mo*r in...

Mooilloop!

Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: Poacher, het jy nou lekker gekry?

Post by Ian »

Hein, Beretta, 243Sondaug en Grumpy

Daar is 'n grondpad wat die plaas in twee verdeel. Al twee kampe is met 2.4m wildsheining omhein. Die groot wildskamp het nou al die groot diere in. Ons kry die Koedoebul 25m van die draad dood met 'n koe?lwond in die nek. Die persoon het hom summier net doodgeskiet vir lekkerte daarvan en daar gelos. Nou wonder ek watse plesier so 'n persoon uit dit kry. Dit is sulke dinge wat skietysters gee om ons nog net verder te laat ontwapen.  Die plaas is op die Schoemansdrift pad vanaf Parys, omtent reg voor Hadeda Creek. Dit lyk na 30 kaliber punt. (7.62)

Grumpy, 'n graaf gaan nie nodig wees, ons het 'n baie mooi TLB (ek sal later 'n foto plaas van TLB), dankie vir jou hulp. As ek vir 8 ure by 'n karkas kan sit dan ek ek seker deurnag en wag vir die ouens. Dit moet jong manne wees wat se vingers jeuk en verveelt is.

Groete
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Poacher, het jy nou lekker gekry?

Post by Beretta »

Ian
Vingers in die vice lekker gemaklike hammer sodat hy goed gem@@r kan word en dan die saps.Ek sal jou n wed vat hang so n bietjie by die naaste pub/kroeg uit en jy sal hoor wie dit was.Gomgatte bou mos maar moed op voor die tyd.
Beretta
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Poacher, het jy nou lekker gekry?

Post by Gerhard »

Ai Ian,

Dit is groot skade man.

Hoop jy ry die man raak eendag...  :police:
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Re: Poacher, het jy nou lekker gekry?

Post by GreyGhostGear »

Ian,

Lees nou jou hartseer storie saam met die storie van die Renosters by Worcester wie se horings met pangas afgekap is die naweek. Tussen al die kwaad en hartseer wens 'n ou jy kan van die tipe "mense" net een keer in die hande kry! Sterkte daar.
Groete,
Petrie.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Poacher, het jy nou lekker gekry?

Post by BLOK »

Hier by ons op Potch gebeer dit ook gereels dat ek n rooibok of blesbok langs die lyndraad dood kry met n skoot op. Wil my amper verbeel maar ek dink die manne doen dit nie vir die vleis nie maar sommer vir sports. So maand terug wer n springbok gekry teen die draad wat dood le. As hulle vir vleis geskiet het kon hulle die bok net onder deur getrek het maar nee hulle los hom net daar.

Maak n man moedeloos.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
FE
Hero Member
Hero Member
Posts: 566
Joined: Sat Jul 02, 2011 10:21 pm

Re: Poacher, het jy nou lekker gekry?

Post by FE »

Ons het weer die naweek 'n geval gehad waar manne met honde kom jag maak het op ons blesbokke! Gelukkig was my pa op die land en kon hy die bure ontbied vir hulp. Die polisie het darem die manne opgelaai en weggevat!! Die bokke was al so mak dat ons met die quads en trekkers verby hulle kon ry sonder dat hulle eers weg hardloop. Bokke is nou nie eers te sien nie! >:( >:(.
Born to hunt, but forced to work!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Poacher, het jy nou lekker gekry?

Post by Gerhard »

FE wrote: Ons het weer die naweek 'n geval gehad waar manne met honde kom jag maak het op ons blesbokke! Gelukkig was my pa op die land en kon hy die bure ontbied vir hulp. Die polisie het darem die manne opgelaai en weggevat!! Die bokke was al so mak dat ons met die quads en trekkers verby hulle kon ry sonder dat hulle eers weg hardloop. Bokke is nou nie eers te sien nie! >:( >:(.
Bly julle kon hulle vir die SAPS gee...

Hoop die honde is van kant gemaak...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Nuweseun
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm

Re: Poacher, het jy nou lekker gekry?

Post by Nuweseun »

Kerels, dit bly 'n baie groot probleem en altyd hartseer om te hoor!!

Sterkte
Lood in die lug, sit vleis op die tafel.
henslin
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm

Re: Poacher, het jy nou lekker gekry?

Post by henslin »

Probleme hier in ons omgewing. Swaarkry mannetjies wat met honde die wild in strikke in jaag. Maak gebruik van arbeid om dele te patroleer en strikke uit te haal. Vroegaand hoor mens honde blaf en duidelik hoe hulle besig is om wild in die klowe te jaag.
Gryp gou die roertjie en laat waai na die omgewing waar die honde gehoor word. Skielik is die honde stil en geen o? word gewaar nie. Met opvolgwerk die volgende oggend word daar gewoonlik wild opgetel wat in die strikke gevang was. Natuurbewaring word nadergeroep sonder enige resultate en tussen die poachers en boere wat skiet ' om hul oeste te beskerm ' , het geen wild 'n kans nie.

Nou vra ek met trane in my se ogies ' Wat kan mens nog doen om die bietjie wild wat oor is te beskerm ?'

As jy die honde skiet, as jy hulle gewaar, skiet jy gewoonlik op die hanteerder en word jy toegesluit, of die SPCA neuk jou op.
Sit jy gif uit, vreet ander roof en aasdiere dit - wens partykeer van die hanteerders kry dit in.
Loop jy die hanteerder by en gee hom 'n paar klappe word jy ook aangekla.
Kla jy oor die boere wat alles wat leef uitskiet ten koste van sy baie duur plantjies - is jy onsimpatiek en voel niks vir die gemeenskap nie.

As jy huidiglik 'n poacher is het jy die voordeel dat jy altyd volop vleis sal h?, nie nodig het om aan enige vorm van georganiseerde jag te behoort nie, goeie inkomste kan genereer uit die verkoop van vleis, nie nodig het om jou deel aan die ontvanger oor te betaal nie en doen dit ook sommer met ongelisensieerde wapens.

WORD SOMMER 'N POACHER !!!!
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
User avatar
molopohunter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 476
Joined: Sun Aug 29, 2010 5:54 pm

Re: Poacher, het jy nou lekker gekry?

Post by molopohunter »

>:( >:( >:(

Sulke goed maak mens regtig die hel in.
Gebeur net so baie hier in die molopo, dan hoor jy sekere manne brag oor daai area se mooi langplaas koedoes, maar jy kan hom niks maak sonder bewys nie.
Die manne op Vergelee so paar jaar terug 2 manne gevang met n blouwildebees...hulle gestop en gevra: "gaan ons dit hier uitsort of gaan ons polisie toe?"
Die manne het toe maar die hier opsie gevat. Hulle is dik gem..., geweer se loop met hulle bakkie se bullbar gebuig, en id boeke by die kooperasie opgesit vir as hulle weer in die omgewing moet kom.

Deesdae as n bakkie stadig op die paaie hier ry, sms die boere mekaar om die bakkies maar dop te hou. :police:
Ruger 10/22, BRNO 22 mod2, Ruger mini 14, CZ 22-250 varminter, Ruger 77/44, BRNO 270, Mauser M96 30-06 straight pull, Remington T/T 308, Ruger 375, Ruger 416, Howa 375 ruger, Baikal 12ga S/S, CZ 12ga O/U, Taurus 9mm PT111, Vector 40s&w sp2, Hoyt.
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Poacher, het jy nou lekker gekry?

Post by theedge »

Ian - groot skade jamer om te hoor - dink jy moet maar die manne nooi  :police:
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Image
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Poacher, het jy nou lekker gekry?

Post by grumpy »

As dit jou plaas is en ek is saam. Jy loop n draai en as jy terug kom het die man gaval en seer gekry. Shaaim!  ;D Ek kan nie help as hy wil loop en val nie. Jy het mos niks daarmee te doen nie!

Eish, ek sal so man roer. Hy sal sommer sy kos drink as ek klaar is met hom. Laai my net af en ry. Ek sal hom uitsort en ek belowe, hy sal nooit weer in sy lewe poach as ek klaar is met hom nie want hoe gaan hy dit doen met 2 gebreekte kniee en gebreekte arms.

Die weermag maniere sal my seker nooit los nie!!    8)
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: Poacher, het jy nou lekker gekry?

Post by erx »

Jammer om te hoor van die , dis siek!!
Ken 'n oom wat jare terug naby dorp wa ek groot geword het geboer het, sy prag gemsbokke en zebras het altyd naby die hoofpad gewy, eendag kry hy sy skimmel arabier perd krom van die pyn met skoot deur die pens.

Se weer, siek siek!

Groete
erx
User avatar
Pumba30-06
Full Member
Full Member
Posts: 221
Joined: Tue Jun 28, 2011 8:50 am

Re: Poacher, het jy nou lekker gekry?

Post by Pumba30-06 »

Ek is jammer om te hoor Ian, dis altyd hartseer as n dier net gedood word om te dood.
Ek het gisteraand by ons buurman n draai gaan maak toe vertel hy my sy voorman het hom gebel ne gese hulle het n Kudu bul gekry met n groot apses in sy gesig op die plaas ( naby Swartriggens). Johan se toe as hy dink dis te groot om self reg te kom dan moet hy hom maar van kant maak. Toe Pieter die bul weer kry het hy hom geskiet, en die apses oop gemaak om te kyk wat dit veroorsaak het en daar sit die .22 koeltjie toe. Dis was die derde dier wat hulle die jaar verloor aan poachers.
Die sleg is die bliksems skiet nie eers altyd die diere dood nie, maar kwes hulle ook en dan lei hulle eers, want die boere weet nie eers daar loop n gekwesde dier op sy plaas nie.
'Hunting is a bush walk with a purpose"
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Poacher, het jy nou lekker gekry?

Post by Beretta »

molopohunter
Julle manne moet oplet in die klas los die bullbar vir die loop buig kyk na die stoei greep dit is daar waar n mens n loop mooi buig ;D ;D ;D ;D.Ek sal laaik om te sien hoe lyk die manne se gesigte.
Beretta
FE
Hero Member
Hero Member
Posts: 566
Joined: Sat Jul 02, 2011 10:21 pm

Re: Poacher, het jy nou lekker gekry?

Post by FE »

Manne, ek vermoed dit gaan al hoe erger word. Kyk hoe gaan dit op die staduim met die renosters! Geld raak al hoe minder werd, so kos word al hoe duurder!! Maar ons hande is werklik af gekap.  :( :(
Born to hunt, but forced to work!
User avatar
molopohunter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 476
Joined: Sun Aug 29, 2010 5:54 pm

Re: Poacher, het jy nou lekker gekry?

Post by molopohunter »

Beretta wrote: molopohunter
Julle manne moet oplet in die klas los die bullbar vir die loop buig kyk na die stoei greep dit is daar waar n mens n loop mooi buig ;D ;D ;D ;D.Ek sal laaik om te sien hoe lyk die manne se gesigte.
Beretta
;D ;D ;D
Jy sal meer as n loop buig in daai stoei greep, en niemand sal weer aan daai geweer wil raak nie. Ek is die naweek daar dan bietjie hoor of iemand vir my daai ids kan scan.
Ek weet net dis 2 manne van mafikeng en klerksdorp poachers is ook groot kliente hier.
My vraag is hoe kry die manne dit aan die slag huise verkoop sonder permitte. So hulle is net so skuldig. Mens sal dink daar is so n wet stelsel in orde, maar blykbaar vra die slaghuise nie eers vir n dokument nie. So dit spoor die hele poach bedryf aan. Ek weet naby tosca het hulle n man so gevang wat n lewe daaruit gemaak het.
Daar is baie sulke manne, maar om die wetters te vang. :police:
Ruger 10/22, BRNO 22 mod2, Ruger mini 14, CZ 22-250 varminter, Ruger 77/44, BRNO 270, Mauser M96 30-06 straight pull, Remington T/T 308, Ruger 375, Ruger 416, Howa 375 ruger, Baikal 12ga S/S, CZ 12ga O/U, Taurus 9mm PT111, Vector 40s&w sp2, Hoyt.
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: Poacher, het jy nou lekker gekry?

Post by Ian »

HIER KOM GROOT MOEILIKHEID
Gaan lees  Resource lockdown - the recipe for ultimate disaster in Des 2011 se Wild en Jag (bladsy 50). As jy nie Wild en Jag kan kry nie kontak my en ek faks die artikel vir jou deur. Ons sal moet hande vat.
Hoor graag van julle.
Post Reply