Maak seker die jakkals is dood
-
Ian
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm
Maak seker die jakkals is dood
Oktober maand speel ek steenbok en daar kom 2 jakkalse in en ek skiet die een. Die ander een verdwyn net en ek probeer nog so 45 min om te sien of ek nie hom kan terug roep nie maar met geen sukses. Ek besluit toe om te skuif . Ek klim af om die jakkals te gaan optel en toe ek buk om die jakkals wat plank dwars le op te tel, gee sy net een hap en spring op en wil my net byt. Ek sien toe nou het ek groot moeilikheid. Die geweer is te ver en ek het nou net een verdedigings meganisme," my voete". As sy my storm gee ek haar 'n regter voet en dan huil sy lekker. Elke keer as sy kom skop ek haar en dan huil sy weer. Wel, ek het haar dood geskop maar my voet was desm.......! Toe ek weer op die bakkie klim vee ek met die lig en daar staan ta. Ek haal hom uit en klim af en gaan haal hom. Ek klim weer op en vee weer en daar staan nog een en ek haal die ook uit. Ek het toe die helper (middel) hoog bo deur die skof geskiet en die reun (links) en die ou teef (regs, merk die spene) . Die jakkals distres wat die helper geskree het, het natuurlik die ander twee ingeroep. Wel, ek gaan haal nie sommer weer 'n jakkals sonder my pistool nie en ek dink dit het al met baie ouens gebeur.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- GERT vd M
- Hero Member

- Posts: 650
- Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm
Re: Maak seker die jakkals is dood
Laat my dink aan wat jare terug gebeur het. Ons was 3 pelle wat met my Willys jeep en haelgewere gaan jakkals en hase soek het.
Ons het n oog opgetel in n ongeploegde land wat klaar gestroop was, ek het bestuur met my pelle wat agterop staan. Ek het voet neergesit agter die jakkals
aan en nie lank nie of ons het hom ingehaal, uitgehaal en opgelaai want glo my daai willys was rof, as die jakkals draai kon ek ook maar draai, met ander woorde as jy sy oog optel
en daar is nie drade of spruite in die nabyheid nie kan jy maar se jakkie se handbriek is vas. Met die oplaai het ons eers n slukkie OBS gevat vir die koue en toe weer begin soek maar voor ons weer iets kon gewaar was daar meteens n helse gegil hier van agter af en met die toe stop ek maar en sien toe dat jakkals se kind vir MAARTIN aan die haakseen sening beet het. met n groot gesukkel het ons die jakkals se bek oopgekry en toe sommer met die willys se agterwiel oor sy kop gery en weer opgelaai.
Man, die willys was seker net in derde rat toe gil Maartin weer................... Die volgende dag (Sondag) moes ons haastig n dokter besoek want die rooi streep het al in sy lies getrek en was klaar seer
GROETNIS
GERT

.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
-
Ian
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm
Re: Maak seker die jakkals is dood
Gert
Eina, bloedvergiftiging, ek dink net dat dit moes chaos op die Willys gewees het.
Ou Jack vra my om hom te gaan wys hoe doen ek dit. Soos altyd sit ons 45 minute voor sononder en ek se vir Jack dat hy moet skerp wees. As ek 'n jakkals sien sal ek saggies pssss op die mond dan weet hy ek sien iets raak wat hy nie sien nie. Ek sien 'n jakkals so 120 meter inkom en pssss maar die jakkals was net te vinnig vir Jack. Ons roep maar geen sukses. Ons skuif en begin daar te roep en ons sien 'n jakkals seker 500 meter ver inkom. Die gaan staan so 200 meter en Jack laat val hom met sy 25 06. Die THUD was n ongelooflike harde slag, het geklink asof die pens getref is. Daar kom later nog twee in en Jack laat val hulle ook. Ons besluit om die jakkalse te gaan optel en ek neem die Maglight en so 50m van die bakkie af sien ek dat die eerste jakkals nog lewe, ek draai net daar om en gaan haal die pistool. Daar aangekom is die jakkals baie bevoeterd, ek staan seker so 15 meter van hom af en skiet 5 skote mis maar darem met die 6 de skoot 'n doodskoot. Wel ek is bly dat ek die pistool gevat het want ek of Jack sou sekerlik pakslae gekry het met daardie jakkals. Hy het darem nog twee jakkalse die res van die aand geskiet. Ek sluit 'n foto in van die jakkals wat ek 5 skote met die pistool gemis het. Ek was ook maar lekker bang vir hom.

- Jack
- Newbie

- Posts: 28
- Joined: Wed Nov 30, 2011 4:00 pm
Re: Maak seker die jakkals is dood
Hi Ian
Sal ek daai aand ooit vergeet, ek was op n staduim bang die man storm ons. Ek het daai aand n les geleer om maar die pistool saam te ry en by jou te dra as jy die jakkalse gaan optel. n Gekweste jakkals is een ding maar jy kan dalk nog in n pofadder pof moeder of een van die klein poffertjies vasloop dan is die pistool byderhand. Ek glo ook nie ek skiet baie beter as jy met n pistool nie so ek sal maar die haelgeweer saam vat.
Groete

- marno
- Hero Member

- Posts: 713
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am
Re: Maak seker die jakkals is dood
Ek het nou nie 'n pistool wat ek kan saam dra nie, maar ek vat maar altyd die .22 as ek gaan optel. Kat het so ruk terug vir my geblaas toe ek wil gaan optel, van toe af besluit ek ek dra die .22 saam.
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Maak seker die jakkals is dood
Ek het altyd my 45 ACP by my as ek gaan jakkals roep.
Die pistool gaan altyd saam as ek jakkals op tel.
Het al te veel by jakkalse gekom wat ek met die Hornet geskiet het wat le maar nog nie dood is nie.
Het ook al gehaad waar die jakkals op vlieg en weg hardloop as ek by hom kom.
Die probleem is dan om jakkals, kop lig en pistool mooi op geline te kry.
Man besef nie hoe ver jy agter n jakkals in die nag aan hardloop nie.
Nou het ek moeg geraak daarvoor en die Mosberg pomp en AAA gaan saam as ek jakkalse op tel.
Laat daai bogger nou net weer op vlieg dan kry hy AAA van agter.

FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- Nuweseun
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm
Re: Maak seker die jakkals is dood
Daai is dam nou vir jou 'n lekker handbriek, ek wil sien hoe hardloop hy dan....Gerhard wrote:
Nou het ek moeg geraak daarvoor en die Mosberg pomp en AAA gaan saam as ek jakkalse op tel.
Laat daai bogger nou net weer op vlieg dan kry hy AAA van agter.![]()
Lood in die lug, sit vleis op die tafel.
-
fanie17
- Hero Member

- Posts: 513
- Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am
Re: Maak seker die jakkals is dood
Ek hoop nie jy was raak gebyt nie,as jy begin bang word vir water laat ons weet want dan het jy hondsdol en wil ons nie naby jou kom nie
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara 25-06truvelo