Ek skiet amper my beste vriend dood.
-
Ian
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm
Ek skiet amper my beste vriend dood.
Ek en Cobus la Grange 'n baie goeie vriend gaan jag daar in KOEDOESKOP omgewing. Op die laaste middag van ons jagtrip gaan ons vir oulaas 'n draai loop. Hy vat die hoekkamp en ek die middelkamp (+- 300ha elk). Ek kry 'n mooi Koedoe wat na Cobus se kamp toe loop maar die bul is net te slim vir my. Die besluit om oor die beesdraad te spring in Cobus se kamp in. Ek besluit toe om 'n so rukkie daar te sit by die draad. Ek het seker +- 10 minute gesit en daar kom 'n klompie Koedoe koeie van sy kamp af na my toe. Net 'n rukkie toe spring daar 5 koeie in my kamp in en ek weet dat daar moet 'n bul wees. Die bulletjie kom toe alleen aangestap en gaan staan op die kant van die pad en kyk weg van my die pad op. Ek sit die kruishaar agter sy kop en trek die sneller. Hy slaan neer en ek klim onmiddelik deur die draad en sien Cobus so 80 meter agter die Koedoe die pad op. Ek gaan daar aan die ruk van skok en stap reguit na Cobus toe en vra asof hy aok is. Hy se toe vir my dat hy die pad afgewerk het en eweskiellik kom die bulletjie uit en kyk reguit vir hom. Hy het onmiddelik gehurk en sy geweer op die mikstok geplaas en die kruishaar tussen sy oge. Hy se, toe hy die sneller wil trek val die bulletjie voor hom neer. Hy kon dit nie glo nie want hy het nie geskiet nie maar toe hy my deur die draad sien klim besef hy wat gebeur het. Toe ons die bulletjie gaan ondersoek sien ons dat dit so maklik anders om kon gewees het want die 200gr is agter die kop in en by die regter oog uit.
-
Ian
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm
Re: Ek skiet amper my beste vriend dood.
Ek en Cobus by die bulletjie
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6973
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Ek skiet amper my beste vriend dood.
Dis om van koud te raak.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- Nico Harris
- Hero Member

- Posts: 2474
- Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Re: Ek skiet amper my beste vriend dood.
as mens in aangrensende kampe of areas jag-jag mens weg van mekaar af! en skiet ook wg van mekaar af! as die dier so staan dat hy dit nie toelaat nie LOS jy hom!!!
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Ek skiet amper my beste vriend dood.
Ek dink daar is hele paar lesse te leer uit Ian se storie.Harris30-06 wrote: as mens in aangrensende kampe of areas jag-jag mens weg van mekaar af! en skiet ook wg van mekaar af! as die dier so staan dat hy dit nie toelaat nie LOS jy hom!!!
Dankie dat jy dit deel Ian.
Nico jy is nogal reg met daai tipe van reels.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
-
Ian
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm
Re: Ek skiet amper my beste vriend dood.
Gerhard
Dit neem "GUTS" om so 'n storie te vertel. 'n Mens leer deur ander mense se verkeerde denkwyse en doen en late en dis hoekom ek dit geplaas het sodat ander mense iets daaruit kan leer. 'n Ongeluk gebeur bitter vinnig en ongelukkig kan 'n mens nie die tyd terug draai nie. 'n Baie goeie vriend van my gaan jag in Swartwater en die jaggroep moet mekaar 11h00 by 'n kraal kry wat baie naby aan 'n teerpad verby loop. Die een jagter kom vroeg daaraan en gaan sit bo op
'n teerpaal en wag. Daar kom 'n persoon op die teerpad verby gery en sien daar sit 'n bobbejaan bo op 'n paal. Hy stop en "reverse" , klim uit en skiet die jagter morsdood. My vriend was in 'n toestand. Daar is nog baie sulke stories waar mense hul lewens verloor het so kom ons as jagters maak seker wat die omstandighede is voor ons ons vinger op die sneller sit. Ek gaan seker lank moet buk vir hierdie een. Jagters groete

- C.J.
- Sr. Member

- Posts: 396
- Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am
Re: Ek skiet amper my beste vriend dood.
Ian,
Dit is 'n scray storie en dit gebeur baie. As jy 'n "sogenaamde jagter" sien wat sy geweer uit sy sak uithaal in die bos, en die slot ooptrek en laasjaar se dop val uit moet jy versigtig wees, veral as drank betrokke is! 'n Mens moet leer uit sulke stories uit, jou deel van hierdie storie kan in die toekoms dalk 'n lewe red.
Dankie,
C.J.

CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
- theedge
- Hero Member

- Posts: 5012
- Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Re: Ek skiet amper my beste vriend dood.
Dit is sulke dinge wat n man altyd laat besef - ons het baie om oor versigtig en dankbaar te wees - bly die verhaal het n mooi einde
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !

Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !

- Nuweseun
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm
Re: Ek skiet amper my beste vriend dood.
Dankie vir die deel van jou storie Ian. Goeie bewys dat 'n mens nooit te versigtig kan wees as dit by gewere kom nie!!
Groete
Groete
Lood in die lug, sit vleis op die tafel.
-
Francois Briedenhann
- Sr. Member

- Posts: 452
- Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm
Re: Ek skiet amper my beste vriend dood.
My pa en een van sy vriende het ook so iets met n .22 oorgekom toe skiet my pa sy vriend in die voet agv na mekaar se kante toe skiet.
- Dawid
- Hero Member

- Posts: 1079
- Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm
Re: Ek skiet amper my beste vriend dood.
Ry agter op n voertuig (oop Nomad soos wat ek deesdae het), nog in die dae voor skietrakke, saam mense wat die jagtog wil meemaak en kry die koedoes, se die drywer om te stop,staan vas, geweer van "safe" af, in die skouer, alles in een oomblik. Vat die natrek en skielik is dit swart in my scope.............Eks yskoud en los die sneller. Knapie het opgestaan en wil kyk waarna ek gaan skiet.
Van daai dag af geen oningeligte mense saam op n voertuig nie....almal moet presies weet wat van hulle verwag word.
Van daai dag af geen oningeligte mense saam op n voertuig nie....almal moet presies weet wat van hulle verwag word.
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
- GERT vd M
- Hero Member

- Posts: 650
- Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm
Re: Ek skiet amper my beste vriend dood.
OM nou nie eers te praat van as jou veilgheids knip besluit om op die onmoontlikste tyd en wanneer daar ander mense in die omtrek is, die gees te gee. Jy skrik jou heeltemal lam.
Manne!!! Kom ons se VEILIGHEID EERSTE.
GROETNIS
GERT
Manne!!! Kom ons se VEILIGHEID EERSTE.
GROETNIS
GERT
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
-
ablm468
Re: Ek skiet amper my beste vriend dood.
Gaan jag eenkeer rooibokke op Bothaville, ek my broer en sy baas. Die baas het sy nuwe 243 net die woensdag voor die jag gekry.
Ek en my broer skiet bokke en die baas sukkel aangesien hy nie die geweer gewoond is nie. Die eienaar van die plaas vat ons huis toe sodat ons solank die bokke kan afslag, die baas gaan nog 'n slag uit om weer te probeer. Kom terug met 'n rooibok, ons staan in die oom se erf, ek en my broer aan die passasierskant van die bakkie en die eienaar en die baas aan die anderkant. Die oom van die plaas het nog so 'n foxie gehad wat hier lamges hom gesit het, Die Baas klim van die bakkie af, ek sien hoe laai hy sy geweerr oor, hoy eers die loop in die lug en toe grond toe, toe loop die skoot.
Skiet hy 'n gat soos . sokkerbal in die grond tussen die oom se twee voete, daai foksie spring soos , springbok deur die lug, die oom so bleek soos was, draai net om druk sy hoedjie op sy kop so vas en loop huis toe.
Nodeloos om te s? ons was nooit weer op daai plaas welkom nie en het ook nooit weer saam met die baas gaan skiet nie.
Wys jou moet nooit aanneem 'n geweer is leeg nie, maak seker en hou jou finger van die sneller af!!

- molopohunter
- Sr. Member

- Posts: 476
- Joined: Sun Aug 29, 2010 5:54 pm
Re: Ek skiet amper my beste vriend dood.
N dame hier in Lichtenburg se broer is klomp jare terug so dood geskiet deur die drywer (die broer) wat uit die bakkie geklim hetDawid wrote:
Ry agter op n voertuig (oop Nomad soos wat ek deesdae het), nog in die dae voor skietrakke, saam mense wat die jagtog wil meemaak en kry die koedoes, se die drywer om te stop,staan vas, geweer van "safe" af, in die skouer, alles in een oomblik. Vat die natrek en skielik is dit swart in my scope.............Eks yskoud en los die sneller. Knapie het opgestaan en wil kyk waarna ek gaan skiet.
Van daai dag af geen oningeligte mense saam op n voertuig nie....almal moet presies weet wat van hulle verwag word.
Ruger 10/22, BRNO 22 mod2, Ruger mini 14, CZ 22-250 varminter, Ruger 77/44, BRNO 270, Mauser M96 30-06 straight pull, Remington T/T 308, Ruger 375, Ruger 416, Howa 375 ruger, Baikal 12ga S/S, CZ 12ga O/U, Taurus 9mm PT111, Vector 40s&w sp2, Hoyt.